GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

 

Johann Rossouw

“Ek het teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO geswot van 1989 tot 1992. Het BA en BA Hons in Semitiese tale.Van 1993 tot 1996 was ek student in Pretoria en voor ek my finale eksamen kon skryf, is my “gayheid” gediagnoseer. Ek is summier gevra om die kerk te verlaat. Paar maande later begin werk as junior klerk by ’n finansiële maatskappy, myself met die “corporate ladder” opgewerk tot assistent-CEO van die maatskappy. Suid-Afrika se ekonomie het ’n duik gevang en die maatskappy het gesluit. Werkloos en met baie skuld Taiwan toe gekom as ’n expat. Is nou amper nege maande hier. Skryf is ’n stokperdjie en ek dink nie ek is ’n tweede André P Brink, Coetzee of Koos Prinsloo nie.”

Sewe maande in Taiwan

Johann Rossouw se eerste nuusbrief

Hier is my eerste skrywe vanuit Taiwan. Hopelik nie die laaste nie, want daar is so baie om te vertel. Ek hoop net ek onthou alles.

Wel, dit voel soos gister. Ek klim op ’n 747 Jumbo Jet op pad na ’n vreemde land. My emosies is só deurmekaar. Ek dink aan Madonna se liedjie, “Vogue”: “... strike a pose, there’s nothing to it ... Vogue.” Ek “vogue” in die vliegtuig vir al wat dit werd is, maar die trane lê vlak. Mans huil nie! Bog! Jy is ’n man en mans wys nié hulle gevoelens nie. Bog, sê ek, loutere snert. “En Jesus het geween.” Wat meer wil jy nou hê? Die trane rol! Fok die ge-”vogue”! Ek huil! Ek is bang vir die onbekende. Ek weet nie wat vir my voorlê nie. Dis menslik. Vrae maal deur my kop. Wat kan ek verwag, hoe lyk dit werklik daar? Werklikheid is anders as die opgesmukte toerismefoto’s.

Ná twaalf ure van loutere hel klim ek deurmekaar en moeg in Hongkong af. Baie modern, baie skoon en baie georganiseerd. I’m impressed! Dit vat baie om ’n Gemini te impress. Nou wag ek vir die volgende vlug na Kaohsioeng.

Die vlug na Kaohsioeng ... Net toe ek dog dit was twaalf ure van hel, klim ek op ’n vliegtuig wat ontwerp is vir die gemiddelde Asiaat. Waar moet hierdie Wes-Transvaalse plattelandse seun met sy bene heen? Die eerste blik vanuit die vliegtuig: silwer goed op rye en rye dakke. Wat kan dit wees?

Hier is ek nou in Taiwan. Die rye en rye silwer goed op die dakke is watergeisers. Weird. Lewe is so anders. Skaars 200 meter van die aanloopbaan af is rye en rye huise. Hoe hou hulle dit uit?

Ek dink aan my gaylewe in Suid-Afrika. Is dit een van die redes waarom mens Taiwan toe kom? Om weg te kom van die stereotipiese gaylewe in die Weste? Is gaylewe anders in Taiwan? Aangesien gays nie in Taiwan aanvaar word nie, wil ek graag weet: Wat nou? Gaan ek selibaat in Taiwan verkeer, of gaan ek gaylewe proe met ’n Oosterse uitkyk? Wie weet?

Ek besluit toe die beste sal maar wees om die internet te probeer. Jip, dit werk! Ek ontmoet dosyne mans, almal op soek na die foreigners. Ek is in gay paradise!

So dóg ek toe. Vlak lê die emosies van die meeste Taiwannese mans wat ek ontmoet. My selibaatskap gaan voort.

Toe, eendag in Mei, ontmoet ek hom! Hy is wel nie die langste man wat ek al ontmoet het nie, maar sexy en hy is in die vloot (hoe gay,nè?).

Hy behandel my soos geen ander man in Suid-Afrika my behandel het nie. Hy is gaaf, bedagsaam, ongelooflik goed in die bed en, om alles te kroon: myne!

Hy is myne! Ons is gelukkig. East meets West, en dit werk! Dit voel soos ’n scene uit The wedding banquet. Ongelooflik as jy daaraan dink. Dis fabulous en een dag is lekkerder as die ander een.

Een van die dae gaan ek in Suid-Afrika kuier. Meneer Hsiao kom saam. Ek wil hom clubs toe vat, dat hy die Suid-Afrikaanse gaylewe kan ervaar. Wat sal hy dink van die gaylewe in Suid-Afrika? Die “vryheid” waarmee dit gepaard gaan? Wat sal hy sê van die “vryheid” wat ons ervaar in Suid-Afrika?

Sewe maande in Taiwan en ek het opgehou om te “vogue”. Ek het geen poses meer nie. Ek het die ware “ek” vier maande gelede ontdek.

Gucci, Armani en Issey Miyake is vae herinneringe. Daar is egter meer winkels vir Gucci, Armani en Issey Miyake in Taiwan as in die hele Suid-Afrika. My Suid-Afrikaanse vriende in Taiwan en my lover is vir my kosbaar soos goeie rooi wyn.

Hoe kan ek sewe maande opsom? Lang werksure, weird omstandighede en baie vasbyt. Oomblikke en gebeure wat jy met niemand in Suid-Afrika kan deel nie. Deurdruk en kners op die tande.

Maar die lewe is minder gejaagd vir my. Ek sien dinge in ’n ander lig. Die lewe in Taiwan is glad nie sleg nie. Inteendeel, nog ’n paar jaar en ek kan ’n boek skryf oor My seven years in Taiwan. Daar gaan ’n fliek gemaak word. Brad Pitt as ek (sy opvolg van Seven years in Tibet), my vriende in verskeie rolle, en my lover — gespeel deur homself.

Wel, my sewe maande in Taiwan was ’n ondervinding, ’n tydperk van groei en grootword. ’n Tydperk van mens word in ’n vreemde land en kultuur, waar gay wees net nóg ’n deel vorm van die wye spektrum van mens wees. ’n Land waar daar geen aanmerkings oor jou gayheid gemaak word nie, hoe onaanvaarbaar dit ook al mag wees. I don’t care, ek gee nie meer om wat mense sê en dink nie. Dis my lewe en ek is gelukkig om mens te wees op die Ilha Formosa (Pragtige Eiland) en my lewe te deel met my ander Suid-Afrikaanse vriende en my lover.

Ek hoop om al my wedervaringe met ander te deel. Baie interessanthede en gebeure.

2 Desember 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.