GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Boord

'n liriek

Johann Slabbert

En soos jou sinne oopspat waar dit tref
Drup die betekenis daarvan bitter op my tong …
Jou sinisme is soos gal
Wat opstoot in my keel
Daar's 'n pappery op die grond
Waar jou woorde val
Jou woorde val

En vrank is die vrugte van jou verbeelding
En jou gees
En die boorde van jou hart
Is skraal en vaal …
En selfs die Boom van Kennis
By wie jy roem jy bid
Is nou dor en uitgehol
Sy takke kaal
Wat het gebeur?

Ek wonder
Waar het jy vergeet
Van menswees
Van bloed en sweet?
Weerloos in die koue winter
En uitgelewer aan die son;
Maar ekstase in die lentereën
As bloei beteken dat jou lote blom!
As bloei beteken dat jou lote blom!


En vir elke kinderdroom wat jy ontpit
En dan argeloos in stukke opsny vir genot
Eet ek stadig elke skyf
Laat dit invloei in my lyf
Sap wat uit die vesels bars
Visioene wat daarin ronddryf

En ek vra jou om te probeer onthou
Van die wêreld wat ons beloof het
Ons eendag nog gaan bou
In die koelte van ons droomboom
Met 'n grassie om aan te kou
Ons was jonk en vol idees
Wat het gebeur?
Waar is jy nou?




LitNet: 17 Februarie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.