GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

EEN NAG

'n liriek

Johann Slabbert

Daar's soveel doeke om te skilder
So baie wat ek vir jou wil sê
So baie wat ek met jou wil deel
As jy hier by my lê

Daar's soveel beelde om te beitel
Soveel liedjies om te skryf
So baie stories vir die nagte
Wat ons saam die slaap indryf

Maar ek val oor my woorde
En ek hamer vergeefs op my klavier
Die verf loop ineen
En die kleure word vuil
Die marmer versplinter
Waaragter ek wou skuil

En ek wens
jy kon nog net
een nag by my bly
Ek wens ons kon vir oulaas tot ligdag vry
maar jy gaan weg
Ek weet jy moet,
as dit lig word moet ons groet
Ek beloof jou hier vannag
dat ek vir jou sal wag.


Hoe moet ek te werk gaan
Om in woorde te beskryf
Dat ek wil oplos in die niet
Saam met jou asem by jou indryf
In jou binneste gaan lê
'n Rukkie deel word van jou lyf
Hoe moet ek te werk gaan
Om gedigte op jou vel te skryf?

En ek wens
jy kon nog net
een nag by my bly
Ek wens ons kon vir oulaas tot ligdag vry
maar jy gaan weg
Ek weet jy moet,
as dit lig word moet ons groet
Ek beloof jou hier vannag
dat ek
vir jou
sal wag.





LitNet: 17 Februarie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.