GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Nee, Ilze, nee

Jean Meiring

Soos ek dié inkige stukkie ongeloof-en-woede pen, wonder ek waarom ek my tyd so rojaal kripwaarts stuur. Maar, ek gaan maar voort. Dalk sal die semi-anonieme Ilze eendag wel die lig van die rede en van Christelike medemenslikheid — sy beroep haar op daardie geloof, nie ek nie — sien.

Of dalkies het sy dit reeds gesien, en is die feit dat sy haar familienaam verswyg, ’n teken van hoe skaam sy vir haar eie uitgediende (en sommige, soos ek, sou selfs aanvoer agterlike) standpunt is.

Dit gaan in haar betoog oor die vraag of gays (lees: moffies) mag trou (lees: mag perde koop). Ek wil nie self dié uiters komplekse kwessie aanroer nie, maar gewoon my keurig en met sorg verswarte oogwimpers (!) oor haar argument (sic) se wankelmoedige premisse rol.

Ilze sê: “Gays kan sê wat hulle wil, dat hulle hulself nie kan help nie, dat hulle ’n ‘genetiese defek’ het of ’n sielkundige probleem: ek glo dat hulle besluit om gay te wees — ’n besluit miskien net omdat dit die mode is.”

Ilze, waar begin ’n mens? Verskoon tog as ek skoolmeesteragtig oorkom; dis maar één van my sondes. Daar ís egter ’n eeu se navorsing en intellektuele vordering tussen jou posisie en die hede. ’n Eeu waarin ons baie geleer het oor hoe die samelewing verskille tussen mense verstaan en verwerk.

In kort: die maghebbers (die meerderheid) definieer en rig sake so om die minderheid te marginaliseer en te ontmagtig. Die dwingelandy van die patriargie vereis dat vroue en “afwykende” mans — beide ewe veel van ’n bedreiging — op hul plek gehou word.

In diens van dié bestel word al die grondtekste van die samelewing natuurlik as karperde ingespan. Die Bybel word so uitgelê om die patriargie te stu. Dit wil sê, dit word totaal uit historiese en kulturele verband gehaal en sonder enige mate van konsekwentheid gebruik om die samelewing se heersende norme te begrond.

Maar, die besef hiervan onder die wat lees, is al so grys soos jou God. En die psigiatrie tipeer die idee dat homoseksualiteit ’n siektetoestand is, al lankal as onjuis. (Gaap.)

Ook die idee van homoseksualiteit as ’n genetiese defek is natuurlik ’n uiters komplekse en problematiese een. Weet jy, Ilze, dat wetenskaplikes redelik eenstemmig is oor die wye verspreiding van enkelgeslag-bejoeksheid onder diere? Dat dít lank as aggressie of spelerigheid gelees is, deur reguit wetenskaplikes.

As jy honde het, weet jy dit egter seker self. Nee, Ilze, hulle is nié vies vir mekaar nie, en, nee, hulle is nie gewoon net goeie Afrikaner-honde wat hulle base se rugby wil nadoen nie.

En wat die strooihalm-argument van “hulle kies om so te wees; dis mos die nuutste mode” betref: Alsiende Ilze, sê tog vir my wanneer ek gekies het om gay te wees. Was dit op drie of vier, toe ek vir die eerste keer van ’n andersheid bewus geword het? Maar, Ilze, selfs jy sal tog kan sien dat ’n peuter, wat nog nie eens kan stem nie, sekerlik ook nie so ’n keuse kan uitoefen nie. O wee. Wat nou gemaak?

Maar, as jy by my en my broers en susters se siele kom, Ilze, raak jy lélik. Wil ek vir jou sê: Hou jou hanne tuis, sussie, hier torring jy met ’n swaard van Damokles wat eindelik en hels op jou hoof gaan neerdonder.

Ek het tussen Christene grootgeword en is mos nou al gewoond aan julle oordeelvellende empatieloosheid. Julle praat van Jesus soos van pistole. Was Jesus nie die een wat met die uitgeworpenes omgegaan het nie? Was hy nie die een wat hom oor die uitgeskuifde minderhede ontferm het nie? Julle vergeet so graag.

En in dié Jesus-lose Christendom is liefhê ’n sielvernielende bedryf! Ilze, in kort: Sies.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.