GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

“Sê nou gays mag trou ...”

“Fantasties wonderlik!”
“Walglik en verwerplik!”
“Wat van biseksueles? Bigamie vir hulle?”

Daar is baie vrae met min antwoorde wat nou in my kop aangaan. Ek het seer en is kwaad. Hoe kon hy dit aan my gedoen het? is die retoriese vraag wat elke twee sekondes oor en oor teruggespeel word in my. Hoekom, wil julle seker weet. Wel, my gay het getrou. Ek is nie gay nie en het ek nooit verwag dat my man dit is nie. Ons het ’n wonderlike verhouding gehad en dikwels was ons beste vriende/inne. Nooit in my wildste drome sou ek ooit kon sê dat daar enigiets fout met hom was nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen gays nie, solank dit nie my man is nie.

Ek dink nie daar is regtig iets fantasties daaraan om gay te wees nie. Ek sien dit as ’n toneelspel van emosies wat so deurmekaar is dat net die regisseur weet wat daar aangaan. Elke gay persoon is plain common, net deurmekaar en gebruik hulle lewenstyl om aandag te trek na hulleself. Ja ... ja, ek weet ek klink soos ’n totale “gayophobe”, maar eintlik kry ek gay mense baie jammer. Hulle is alleen en al wat hulle ooit in hulle lewe wil hê, is net liefde en aanvaarding. Die meeste mense streef na liefde en aanvaarding, en die meeste mense kry dit, maar om gay te wees, sit jou in ’n glashuis wat gedurig met klippe gegooi word.

My gay is baie gelukkig in dié sin dat ons ’n dogtertjie het en hy sal altyd omring word deur haar en sy sal lief wees vir hom soos alle dogtertjies vir hulle pa’s is. Maar daar is baie gay mense wat dit nie het nie, omdat die wet sê hulle sal nie goeie ouers wees nie. Hulle mag dan tot nou toe nog nie eers getrou het nie, wat nog gepraat van kinders hê. Ek spot met my gay en sê vir hom dat dit die enigste rede is hoekom hy met my getrou het.

Wat van bigamie en biseksueel? Wel, dan kan ek my gay seker ook in hierdie katagorie sit, want hy was tog getroud met ’n vrou en dit terwyl hy eintlik hou van die mense aan die ander kant van die draad. My gay sê hy is wel “in touch” met sy seksualiteit, maar die vraag is: hoekom moes hy eers trou om uit te vind dat hy gay is?

Jacky Dry

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.