GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Wolk breek

Jacob Meiring

Ek het die sagte reŽn geruik voor ek dit gehoor het. Nat grond die reuk van swart truffels. Die laaste lig van 'n somersdag het deur die hortjies van die groot skuifdeure op die houtvloer kom rus. Martin het hom na my toe gedraai, my hande in syne gevat, en stil maar ferm gesÍ: "Now the past is washed away."

'n Paar minute later het die laaste van die handjievol gaste opgedaag: my ma, twee susters en swaer. Binne die kapel het ander vriende reeds gewag, asook Martin se suster, wat 'n paar dae vantevore uit Switserland vir die seremonie ingevlieg het. Ekself was die vorige twee dae redelik senuweeagtig. Eers die lang opry van Tsitsikamma waar ons vakansie gehou het (en ek benoud dat ons om die een of ander rede nie betyds gaan wees vir die seremonie naby die Magaliesberge nie), toe 'n afspraak saam met my gewese vrou by 'n kindersielkundige om die detail te bespreek van my dogter se komende kuier (ek wat my eie vrese moes besweer dat sy dalk nie hierdie keer op haar eie sal kan kom kuier nie). Toe die afwagting van die seremonie, my familie se teenwoordigheid daar en al die herinneringe van hoe moeilik dit by tye die laaste tien jaar gegaan het, hoe ons met mekaar geworstel het, so onlangs nog as twee weke gelede.

"Now the past is washed away" ... en ons stap in die laaste druppels van die vyf-minute-reŽn oor na die kapel. Ons trek ons skoene uit en sit dit langs die ander skoene neer wat gedwee in 'n rytjie staan. Ek is nog benoud, maar daar is 'n ligtheid wat onderlangs dans. In die kapel is 'n effens ongemaklike stilte: die vreemdheid van die situasie, van mense uit ons wÍrelde wat mekaar vir die eerste keer ontmoet, van gereformeerde mense wat sonder skoene in 'n ekumeniese kapel sit, van twee mans wat met mekaar gaan trou. My vriendin, en ook die predikant, lees uit 1 Johannes 4:12: "Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik." God se liefde het baie kleure, en as ons sy liefde wil beperk bloot tot 'n paar basiese kleure, net tot sekere soort liefdesverhoudings, beperk ons God. Die liefde wat ons vir mekaar het, is 'n getuienis vir ander van God se liefde en met ons liefde steek ons in hierdie wÍreld 'n kers op vir die liefde van God.

Saam stap ons in die rondte en steek elke gas se veelkleurige kers aan. In Bloemfontein steek my dogter ook haar kers aan wat ons vir haar daar gelos het. My ma se oŽ is nat gehuil.

Die seremonie is oor en die warm son sak oor Afrikagras en -water. My idee van 'n staan-staan-vingerete word 'n tafelfees met sjampanje, rooiwyn en eetgoed.

Nege-uur is dit klaar. Doodmoeg ry ons terug stad toe. Ons is getroud. Weliswaar nog nie volgens 'n spesifieke wet in 'n wetboek nie, maar in stilte en eenvoud voor God.

Ses en dertig uur later land ons in ZŁrich. Dis vroegoggend. Die stad is stil en koud onder die laaste wintersneeu. Martin se ouers kom haal ons by die lughawe en ons gaan eet ontbyt in sy suster se woonstel.

Die volgende vier dae is 'n deurmekaar gejaag van 'n tweedehandse motortjie en 'n paar nuwe meubelstukke wat gekoop word, 'n fassnacht-karnival in Lucerne, my meubels en sy meubels wat van twee verskillende dorpe na ons nuwe woonstel getrek word ... en ek wat tussendeur my eie onsekerhede moet hanteer. Die Maandag begin hy werk en ek sit in 'n nuwe woonstel in 'n klein dorpie; nuwe kultuur, nuwe taal (net toe ek Frans onder die knie gekry het, nou weer Switserse Duits), nuwe skoonfamilie en die uitdaging om weer nuwe vriende te maak en met 'n nuwe beroep te begin.

In Bern het ons 'n afspraak by 'n prokureur wat spesialiseer in regsaangeleenthede vir gays. Hy verseker ons dat die kanse baie goed is om my verblyfpermit oorgeplaas te kry van een kanton na 'n ander, gebaseer op die sterkte van ons verhouding. Van vriende en familie moet ons "getuigskrifte" insamel (ons moet kan bewys dat ons mekaar wel al langer as 'n jaar ken en dat hierdie 'n ernstige verhouding is). Twee vriende skryf elkeen 'n brief; daar kom ook een van my susters, van sy suster en 'n lang handgeskrewe brief van sy ouers. Martin moet selfs kan bewys dat hy finansieel onafhanklik is. Dan moet ons ons vroegste briewe se koeverte met datumstempels op insluit (en dit terwyl die meeste van ons korrespondensie per sms was, maar wat ongelukkig nie "bewys" kan word nie). Dit is die naaste wat ons op hierdie oomblik aan amptelike erkenning van ons verhouding sal kan kom. In 2005 is die kanse goed dat daar wel federale wetgewing ingestel sal word wat ons verhouding amptelik sal erken as gelyk aan diť van heteroseksuele huwelike. Tot dan moet ons deur hierdie kwesbare tyd gaan en deur hierdie amper vernederende prosedure om te bewys dat ons wel 'n geldige en gelykwaardige verhouding het aan dit wat as die norm beskou word. Hoe bewys mens in elke geval liefde?

Weke later. Ek sit in die sneltrein tussen Lausanne en ZŁrich en skryf. Re?ndruppels streep diagonaal teen die venster waaragter landskappe verbyflits. Dan 'n woud met denne- en lindebome in briljante skakerings van groen. Daarna koringlande gestippel met die eenvoudige rooi van papawers; "les coquelicots" ... kartelende, soet Franse woorde daarvoor. Dan die Alpe verder agter. Die laaste wit van wintersneeu wat rus op die bombastiese grys graniet. Ek het uiteindelik my nuwe verblyfpermit bekom. 'n Verlenging op grond van die sterkte van my bestaande permit en die kanton wat kennis neem van ons verhouding. Wat 'n verligting. Mens voel so blootgestel om in 'n land as "foreigner" te bly sonder die beskerming van 'n wet, al was dit ook net weer vir die drie maande. Miskien is dit 'n illusie, hierdie slakskulpdun wetlike beskerming, hierdie soeke na wettige en publieke erkenning van wie ek is en hoe ek leef.

Dit is in elk geval 'n proses wat van binne na buite evolueer, 'n proses wat begin by selfaanvaarding, selfrespek. Op die einde voel ek maar nog uitgelewer aan die wispelturigheid van sosiale vooroordele en publieke opinie. En die wete dat die houding van die samelewing so maklik beÔnvloed kan word soos wat die ekonomie fluktueer en politieke en godsdienstige ideologie? mekaar oor en weer aanhits en be?nvloed.

Ek is half onwillig om terug te dink. Nie omdat ek nie wil nie. Nie omdat ek die verlede wegsteek ůf dit wil ignoreer as 'n stuk geskiedenis van my wat ek nie in die gesig wil staar nie. Maar omdat hierdie storie met pyn, skuldgevoelens, selfverwyt en soms selfhaat, bitterheid, harde woorde, stil trane, vrees, wroeging en wrange humor, en momente van volmaakte harmonie, geluk, lag en gesels, homself in my lewe ingeskryf het. Nou is dit bloot deel van my en daar is gebeure wat ek sukkel om te onthou, dinge wat nou nie meer soveel saak maak nie, maar ook gebeure wat, al is dit geÔntegreer, ek nie graag weer wil oopmaak nie. Ook omdat liefde en hoop op die ou end heelwat harder praat as die seerkry en woede van die verlede. Die seerkry was in elk geval nie net myne nie.

Hierdie storie het baie karakters: my ma en pa, broer en susters. Die vrou met wie ek eers getroud was. Atleties, toegewyd, aantreklik en gelowig. Ons dogter. Dan die man met wie ek tien jaar lank in 'n verhouding was. Die talentvolle, kwesbare kunstenaar, passievol, temperamenteel en eksoties. So kring dit uit: hulle ouers, broers, susters, oumas. Vriende wat daar was ... vriende wat gebly het; vriende wat gevlug het. Ek dink aan die lied: "... die mense wat ek liefhet, groei op my soos mos ... ek met my moskombersie ..." 'n Storie met 'n moskombersie. En hoe hierdie kombers gekrimp en gegroei het. Dit klink effens soetsappig. Tog is dit die pynlike realiteit van skei en opbreek. Die verlies van die ander mense wat so kosbaar was.

Nou is daar Martin. Die empatiese humanis met sy groot hart, breŽ hande en sagte oŽ, die een donkerbruin en die ander 'n groen-bruin. 'n Man wat glo so eenvoudig soos wat dit is om 'n glas water te drink. 'n Helder, eenvoudige en suiwer handeling. 'n Natuurlike gelowige. Dit verstom my. Iewers op my reis het ek besef dat ek doodeenvoudig nie die "gawe van geloof" ontvang het nie. Ek sukkel om te glo. As kind het die wysheid van Salomo my beÔndruk. God (die manlike, NG-weergawe) het my geÔntimideer. Ek kon nie dit wat ek waargeneem het rondom my, konsolideer met dit wat gepreek is nie. Nou glo ek wel dat liefde 'n geweldig transformerende potensiaal het. Verder is ek stom.

Dit wat ek in myself bespeur het, 'n beskeie seksuele ontwaking, 'n laat rypwording - ook dit kon ek nie met hierdie manier van glo versoen nie. Die mans wat gepreek het, was doodeenvoudig nie geloofwaardig nie. Hulle het met soveel bravade en outoriteit oor God gepraat, maar gestamel as dit by die lyf kom. OngeÔntegreerde, lomp lummels. Liggaam en siel was in hierdie teologie vreemdelinge van mekaar, maar het sy lÍplek diep in die gelowiges se psige gevind. In myself is hierdie tweespalt deur geweldige ... gewelddadige skuldgevoelens effektief in plek gehou. Met die ontdekking van my seksuele "andersheid" was die wroeging witwarm-intens. Ek het myself gehaat en geminag. Nou wonder ek: is dit nie een van die redes waarom ons land in soveel geweld, onverdraagsaamheid en haat deurdrenk was nie? Nog is nie? Die liedesgebod is eenvoudig: jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself. 'n Geloof waar jy jou eie lyf nie eers kan omhels nie, lei tot selfhaat. Hoe kan dit lei tot liefde vir jouself en ander?

Bokant ons bed hang 'n illustrasie geraam in 'n dik wit houtraam. Dit illustreer 'n toneel in Patrys-hulle: 'n Wolkbreuk. Vyf seuns, van hulle in hulle laat tienerjare, het in die rivier gaan swem. Toe die water afkom, het een in die middel van die rivier aan 'n rots geklou. Een van die ander seuns, met wie hy nie juis goed oor die weg gekom het nie, het 'n leerbelt om sy middel vasgemaak, 'n tou daaraan geknoop en ingeswem om hom te gaan red. Diť illustrasie in die boek was die eerste visuele bevestiging van my seksuele aangetrokkenheid tot ander seuns. Ek was jonger as tien. Hoe het hierdie boek by die sensors in die vyftigerjare verby gekom? Miskien omdat twee van die drie jonger seuns op die wal sulke Middeleeuse lendedoeke gedra het (kan nie juis onthou dat ons of my pa-hulle sulke onderklere gedra het nie). Die ouer seun wat aan die rots vasklou, is van agter geteken. 'n Lieflike, kaal lyf. Gespierde rug en boude. Sy redder, ook kaal en gespierd, geteken van die kant, een been diskreet opgelig. Vir my is dit 'n ikoon. Van die mooiheid van die lyf en van my seksualiteit. Van toenadering en versoening.

'n Detail van 'n illustrasie in Patrys-hulle deur EB Grosskopf, JL van Schaik, Pretoria, 25ste druk, 1956. Die kunstenaar word nie vermeld nie, maar is moontlik AM, Luyt wat die omslagtekening onderteken het. Die illustrasie verskyn met die goedgunstige verlof van NB-Uitgewers in Kaapstad.













Jacob Meiring:
"Ek is 38 jaar oud. Ek bly die afgelope paar jaar in Switserland, maar die landskap van my hart is die Karoo en Graaff-Reinet. Ek het teologie en antropologie studeer, maar uiteindelik 'n loopbaan opgebou in die onthaalbedryf. Nou is ek verder op reis."



LitNet: 1 Julie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.