GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

"Ná die laatmiddag hoëveldreën" en nog ander gedigte

Sara Holmes

Ná die laatmiddag-hoëveldreën

Ná die laatmiddag-hoëveldreën
voel ek jou oral om my heen
Ek sien jou in die maan se straal
wat deur die Golf se nat ruit dwaal
Ek sien jou in die nat, swart vlekke op teerstrate
In die oggendure is jou plek altyd verlate
as ek agter jou rug wil inkruip
en in jou oë wil versuip
sê dat ek jou liefhet
ten spyte van enige verset.

27/12/04

Volmaakte Eenheid

en al kan ek jou
in woorde vasvang
pleeg ek net verse
poog ek net uitdrukking
kan ek net smag
na die essensie
van jou skoonheid
en sal my vers net wag
op die verwekking
van my volmaakte fantasie,
maar in my verse
kan ons nie verlang nie
is ons altyd saam
en is daar sekerheid
dat ek en jy in wese
sonder om te reken
of te raam
as volmaakte eenheid
kan bestaan.

14/01/05

Tydelike Afskeid

jou hande ruik na lemoene –
'n teken van die winter
en die naderende koue nag.
jou mond proe na sigarette
in jou oë sweer 'n splinter –
die seer van 'n laatmiddag.
jou woorde klink soos trane
wat begryp, anders as gister,
voorspel my terugkoms 'n lang wag.

10/07/05

Omdat ek jou liefhet …

omdat ek jou liefhet
meer as woorde
meer as kommas en punte
op die regte plek
sonder aksent-
en uitroeptekens
meer as vorm
rym en dwang
vryheid, verse
musiek of sang
en eenvoudig, enkelvoudig
bly dit ver
van woorde hang –
jou liefde laat my stom.

26/07/05




LitNet: 23 Augustus 2006

Stuur asseblief jou reaksie na gaylit@mweb.co.za. Meld die opskrif of nommer van die brief. Ons plaas dit graag onder "Menings van ons lesers".

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.