GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sonnette oor kuns en erotiek: Hittegolf van Hennie Aucamp

Andries Visagie

Program vir Afrikaans en Nederlands
Universiteit van Natal (Durban)

Daar is diegene wat beweer dat Hennie Aucamp sy kreatiewe hoogtepunt in die jare sewentig en tagtig bereik het en dat sy werk sedertdien nie van dieselfde hoŽ gehalte is nie. Dit is wel waar dat hy nie meer so aktief op die gebied van die kortverhaal is nie, maar sy bedrywigheid op ’n verskeidenheid ander gebiede is verbluffend: hy skryf gedigte, liedtekste, aforismes, dagboeke, biografiese portrette, fabels, toneeltekste, kabarette, akademiese artikels en nog baie meer. Die gehalte van hierdie bydraes vervul ’n mens gereeld met ontsag, soos nou ook weer met sy besonder goeie sonnette in Hittegolf. Ek wil die mening waag dat Hittegolf Hennie Aucamp sal vestig as ’n Afrikaanse digter van formaat en dat hy voortaan nie bloot beskou sal word as ’n kortverhaalskrywer wat ook af en toe ’n gedig skryf nie. Gerrit Komrij het met sy bloemlesing van die Afrikaanse poŽsie, Die Afrikaanse poŽsie in ’n duisend en enkele gedigte, reeds erkenning gegee aan Aucamp se prestasies as digter deur elf van sy gedigte op te neem. Digters soos Opperman en Breytenbach moes tevrede wees met net tien gedigte elk.

In Hittegolf bring Aucamp ’n hele aantal van sy literÍre belangstellings byeen, naamlik die erotiek, die skone kunste, die ervaringswÍreld van gays, die Duitse lied uit die eerste helfte van die twintigste eeu en ook die biografiese portret van kunstenaarsfigure. Die sonnette word ’n ryk bron van kennis deurdat daar telkens verwys word na kulturele hoogtepunte uit die Europese, Amerikaanse en Suid-Afrikaanse geskiedenis. As leser word jy aangemoedig om verder te gaan lees en te verken.

Op verstegniese gebied bied die sonnet aan Aucamp die moontlikheid om ook sy belangstelling in die kwatryn en die aforisme te kombineer: Hittegolf is ’n versameling Engelse sonnette wat telkens bestaan uit drie kwatryne en ’n rymende eindkoeplet. Die koeplette kan in hierdie bundel dikwels as selfstandige aforismes gelees word; vergelyk die slotreŽls van die bundel uit “Marmer en vlees”:

O gryp, o geniet, voor vlees verwelk,
en peesters plooi tot moeŽ kelk.

Dit is net in enkele gevalle dat die belerende en moraliserende inslag van die aforisme die sonnet laat stol tot ’n voldonge feit (sien “Baron Von Gloeden [1856 — 1931]”) terwyl die sonnet juis wil talm en met die slotwoorde nuwe beginne wil oopskryf.

Met sy slim gekose rymwoorde slaag Aucamp daarin om bykomende betekenisse te aktiveer wat die gedigte verder verryk. Deur “dood” en “skoot” as rymwoorde te kies in “Aretino lag hom kis” word die woord “doodskoot” ook opgeroep:

Op die end lag die digter hom letterlik dood:
die grap was ’n skuinse, deurtrokke van skoot.

’n Verband word geskep tussen lewegewende semen (“skoot”) en die dood. ’n Grap oor semen word Aretino se doodskoot.

In ’n voetnoot by die gedig oor Pietro Aretino (1492 — 1556) word aangedui dat diť verloopte edelman se sestien Sonetti Lussuriosi die voorloper was van Aucamp se wulpse sonnette. ’n Afrikaanse voorloper is uiteraard Johann de Lange met sy onvolprese Nagsweet waarin hy die homoŽrotiek op ’n gedurfde manier in die Afrikaanse poŽsie oopgeskryf het.

In “Snuffelgids”, een van die sterkste gedigte in Hittegolf, tree Aucamp in gesprek met De Lange se “Tongnaai”-gedigte. Anders as by De Lange word die erotiese verkenning van die anus in “Snuffelgids” ook ’n soektog na ’n primordiale aardsheid wat enige godsdiens voorafgaan. Die anus word beskryf as “die onsiende Oog” in teenstelling tot die niks onsiende Oog van God. Hierdie verdraaiing (en afwysing?) van God se niks onsiende Oog sluit aan by die “jy” se ontdekking van “die soute van in die Begin” — ’n verwysing na die woorde uit Genesis: “In die begin was die aarde woes en leeg”. Die anus as dom, onsiende Oog bied toegang tot ’n oerervaring van die natuur voor die koms van die Christelik-JudaÔese godsdiens en ’n God wat dikwels bestraffend met sy niks onsiende Oog neerkyk op die mens se vleeslike genietinge. In “Die Muse Pyn” verwys Aucamp na die skilders Courbet en Schiele vir wie die manlike en vroulike geslagsorgane die begin van die wÍreld beliggaam. Metafisiese teorieŽ oor die skepping van die wÍreld word van die hand gewys en die biologiese skepping waarby die geslagsorgane betrokke is, word by uitstek die metafoor waarmee die begin van die wÍreld voorgestel word.

Binne die konteks van die homoŽrotiek in Hittegolf is dit nouliks verbasend dat die ontbloting van die penis dikwels voorgehou word as die oomblik van volle waarheid. In “Die swemgat”, ’n besinning na aanleiding van die Amerikaanse skilder Thomas Eakins se skildery van manlike swemmers, word die skilder gekritiseer vir sy onwilligheid om die naakte swemmers se penisse uit te beeld:

Nou is Die swemgat nog ’n doek
wat na sy eie waarheid soek




















Swimming deur Thomas Eakins

Die oordeel in “Jean Cocteau” oor diť Franse skrywer en visuele kunstenaar se eksplisiete sketse van “saterseuns” is veel gunstiger. Die kyker kan hom verlustig aan die “speelding” wat Cocteau hom aanbied: “in beddings krulle kwyl die piel”. Aucamp se keuse vir die onbeskroomde volkse woord “piel” ondersteun hier die aandrang op spel en die afwesigheid van verhulling by Cocteau.

Die ontbloting van die penis as gebiedende waarheidsmoment word in die skitterende “Sint Sebastian (1934)” gestel teenoor die gekunstelde toneelspel van Sebastian, wat deur die spreker as ’n manlike prostituut beskou word:

Sint Sebastian (1934)
by ’n skildery van Alfred Courmes

Hy staan soos hoeveel male afgebeeld
in tempera, olie, houtskool, ink;
maar hier, opsetlik kru gedink,
word hy poseur; en skynverveeld

wag hy, geplaas teen ’n marinewerf -
die volmaan as sy lamp en aura —
op die ultieme klant of laura
vir wie hy elke nag moet sterf.

Sy vak eis kwistig rekwisiete:
van kousophouers tot tricot,
en speelgoedpyltjies vir ’n rite
geŽnsceneer deur Jean Cocteau.

Maar Basjan mag nooit end-uit kul:
hy můťt hom wys — sy boerelul.

 

Saint-Sťbastien
deur
Alfred Courmes


In die eindkoeplet wil die spreker met sy plat taal en die onpretensieuse volkse naam “Basjan” ’n einde maak aan die veelvoudige gekul in die gedig. Courmes se gekunstelde voorstelling van die Heilige Sebastian as matroos en poseur, die spreker se fantasie oor Sebastian as prostituut en uiteindelik ook Sebastian se gekunstelde “rekwisiete” moet (letterlik) aan die man gebring word. Die “boerelul” is die naakte waarheid. Soos elders in die bundel is daar in hierdie sonnet ook ’n profanering van religieuse gegewens. Die heilige is hier ’n prostituut; die godsdienstige “rite” word ’n seksuele verleidingstruuk, en anders as by Sint Sebastian, die heilige martelaar, sterf Basjan nie vir God nie, maar vir “die ultieme klant of laura”. (Die woord laura is ’n gayterm vir “minnaar”.)

Ook die donkerder verskyningsvorms van die erotiek word in Hittegolf in oŽnskou geneem. In “Fragmente (1999)”, “Manslag”, “Artemisia Gentileschi (1593? — 1652)” en “Lykskouing” word die erotiek van geweld onder woorde gebring. Soos so dikwels in die bundel is dit ’n kunswerk wat in “Manslag” die aanleiding is vir die digterlike besinning. Die spreker sien tydens ’n besoek aan ’n gay-stoombad ’n plakkaat van ’n skildery deur Evan Oberholster wat die gemutileerde liggame van vyf mans uitbeeld. Sy hieropvolgende waarnemings van die seksbeluste mans by die stoombad word dan gekleur deur Oberholster se representasie van geweld:

Karkasse pruil. Gedagteloos die kop:
’n jagter is bloot tot reflekse beperk.
En kry hy die snuf, raak hy dikwels berserk:
sy doelwit ’n voŽl, aan ’n lyf vasgestrop.

Die mens se vergeefse strewe “na gehele” word gefnuik en hy kan die liefdesmaat slegs “ten dele” ken (“Fragmente [1999]”). Die seksuele genot word uiteindelik net toegespits op fragmente van die liggaam wat as geheel onoorsigtelik bly. Die seksjagters in “Manslag” se aggressiewe aanvaarding van die fragmentariese aard van die seksuele ervaring kom neer op ’n gewelddadige verontmensliking van die seksmaat. Die “slaghuis-sindroom” in die gedig is uiteindelik verwant aan die “Lustmord“ waaroor die digter bespiegel in “Fragmente (1999)”.

Die meeste sonnette in Hittegolf is erotiese gedigte, maar nie almal is uitgesproke homoŽrotiese gedigte nie. Tog kan verreweg die meeste sonnette beskou word as uitdrukkings van ’n gaysensibiliteit soos Aucamp dit in “In ’n ander sleutel. Die gayliedteks in kabaretverband” elders op LitNet uiteensit. Oor die eeue heen moes gaykunstenaars hulle wend tot ’n verskeidenheid maskerings- en verskansingstegnieke om uitdrukking te gee aan hulle seksuele geaardheid. OŽnskynlik onskuldige gegewens het dikwels definitiewe gay-ondertone. Hierdie tegnieke is steeds deel van die gaytradisie, al is daar tans ’n sterk aandrang, soos by Aucamp, om ook openlik oor homoseksualiteit te skryf. In sy artikel oor die gayliedteks laat Aucamp hom soos volg uit oor een van die kenmerkendste uitdrukkings van gaysensibiliteit: “’n Vorm van gaysensibiliteit wat hom by talle gays aanmeld, is die identifikasie met, ironies genoeg, meesal vrouegestaltes; geen gewone vroue nie, let wel, maar vrouens wat hulle nie aan sosiale of ander afbakenings (hoef te) steur nie; sterk vroue, meer as lewensgroot of, na die negatiewe kant toe, maatskaplike verskoppelinge.” Identifikasie met die prostituut en die diva is bekende voorbeelde van hierdie verskynsel. In Hittegolf is Marlene Dietrich, Leni Riefenstahl, Zarah Leander en Hildegard Knef die divas wat met ’n deernisvolle oog beskou word. In “Sickert en die Music-Hall” vergun Aucamp hom ’n kort besinning oor die ooreenkomste tussen die diva en die prostituut:

Maar dra ook ’n diva ’n grand chapeau
moet ’n ryk klant sy sak skud: ’n grand cadeau.

Die gemaskeerde gaysensibiliteit kom die mooiste na vore in “Die woestynheilige”. Die woestynheilige herinner aan die Bybelvertaler St. Hiernonimus, wat hom vir ’n tyd lank in die woestyn afgesonder het en in die Christelike ikonografie dikwels deur ’n leeu gesimboliseer word. Aucamp se woestynheilige het in ’n grot sy visioene opgeskryf en is deur ’n “maanhaarleeu” opgepas. Die leeu het die heilige egter gewond en na hierdie vergryp op die vlug geslaan. Tog het die heilige steeds bly hunker na die dier wat beskryf word as “heraldies en pragtig”. Die leeu keer uiteindelik terug, “sy droefheid en rou ’n waas rondom hom”. Die konvensies van die gaysensibiliteit maak dit vir die leser moontlik om sadomasochisme raak te sien in die verhouding tussen die heilige en die vermenslikte maanhaarleeu. “Die woestynheilige” bied interessante vergelykingsmoontlikhede met Antjie Krog se vertaling van ’n Boesmanverhaal, “die leeu en die jong man” deur Dia!kwain, opgeneem in Met woorde soos met kerse. In diť gedig is daar ook suggesties van sadomasochisme in die leeu se obsessie met die jong man wie se trane hy eenkeer gelek het toe hy die jong man gevang het.

Hittegolf is vol uitdagings vir die literÍr-geÔnteresseerde leser. Is dit byvoorbeeld moontlik om “Berlin van damals: nůg ’n fiksie” te lees as ’n bedekte reaksie op Koos Prinsloo se gewraakte verhaal oor Aucamp, “A Portrait of the Artist”, in Weifeling? Die nawoord in Hittegolf is verder ’n boeiende opstel oor die verbande en verskille tussen erotiek en pornografie. Die nawoord word ook ’n pleidooi vir die bevryding van die Afrikaanse sekswoordeskat. Aucamp verdedig hier op ’n oortuigende manier die insluiting van platvloerse sekswoorde in sy eie sonnette.

Sommige gedigte in Hittegolf dra te swaar aan die ensiklopediese erudisie wat keer op keer ten toon gestel word. Die oorvloed name uit die kunswÍreld skep weliswaar nuwe intertekstuele verbande, maar versteur soms die ritme en fokus van die gedigte. Desondanks was Hittegolf een van die aangenaamste leeservarings wat ek in 2002 gehad het. Aucamp se sonnette is tergend mooi en ryk aan betekenis. Hy het ook bewys dat die Afrikaanse sonnet plooibaar genoeg is om terselfdertyd stylvol en skunnig te kan wees.

Hennie Aucamp. 2002. Hittegolf: wulpse sonnette met ’n nawoord. Kaapstad: Homeros. ISBN 0 624 04112 3. Prys: R79,95.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.