GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Heather van Feathers

Christa van Vuuren

Feathers is ’n gayklub in New York met ’n kroeg onder en ’n kroeg en dansvloer bo. Sondagaande nŠ middernag vind ’n show op die dansvloer plaas. Teen die dak hang ’n yslike rooi hoŽhakskoen vol blinkers wat in die rondte draai. Heerlike plek vol atmosfeer en pragtige manne. Op ’n aand is Christa saam met haar gay vriende daar. Heelwat drankies later gebeur dit  ...

Heather het sommer al die eerste aand my voete onder my uitgeslaan. Sy kom heupswaaiend agter die gordyne uitgetrippel op haar rooi stilettos, haar rokkie nousluitend om haar wulpse kurwes, haar gesig volmaak gegrimeer, haar lang kunswimpers wat fladder.

Sy wieg op die maat van “I will survive” van Gloria Gaynor, sing vir ’n gehoor wat wild hande klap. Ek loop vorentoe en druk ’n noot in haar bra, streel met my vingers oor haar fluweelvel, eet haar op met my oŽ. I am totally smitten. Ek fluister: “You are SO gorgeous.” Haar wimpers knipper in my rigting en sy maak ’n soenbekkie met haar volmaakte lippe.

Did you think I’d crumble
Did you think I’d lay down and die
Oh no, not I
I will survive
Oh as long as I know how to love
I know I will stay alive
I’ve got all my life to live
I’ve got all my love to give
and I’ll survive
I will survive (hey-hey).

Kaal arm in die lug lipsynch sy, sluk tussendeur aan ’n cocktail, trek aan haar sigaret. Die mans raak mal, almal wil aan haar raak, druk geld in haar bra, gooi die note onder haar stilettos. Sy trippel daaroor heen, wieg en swaai, wuif met die hand met die lang rooi naels.

It took all the strength I had
not to fall apart,
kept trying hard to mend
the pieces of my broken heart
and I spent oh so many nights
just feeling sorry for myself
I used to cry
But now I hold my head up high
and you see me
somebody new
I’m not that chained up little person
still in love with you
and so you felt like dropping in
and just expect me to be free
and now I’m saving all my loving
for someone who’s loving me.

Ons klap hande. Iemand tel die geld op en gee dit vir haar. Sy maak hier en daar oogkontak en sien my waar ek tussen Evan en Joe staan. Sy knipoog na my en sÍ met haar hees stem: “I smell pussy Ö”

Heather, wat eintlik John is, die barman van Feathers.

He will survive.

CHRISTA VAN VUUREN woon sedert 1997 in New York. Sy is ’n binnehuisversierder, en ma van twee seuns. Sy skryf:

Ons het in 1997 New York toe getrek, groen en nie gewoond aan hierdie metropolitaanse atmosfeer nie, vol vooroordele en kritiek. Intussen het ’n deur op ’n nuwe wÍreld oopgegaan. Rooikappie loop in die woud rond sonder om bang te wees vir die wolf. Ons het geleer daar is nie wit en swart nie; alles is skakerings van grys.

New York is soos ’n dier wat asemhaal en leef. Ons het die World Trade Center sien val. Ons het die dier sien treur en rou en opstaan uit die as en vrees. Ons leef ’n ander lewe, een wat ek nooit sal wil verruil nie. Die Amerikaners is wonderlike mense met oop en warm harte; moenie almal meet aan GW Bush se fanatiese idees nie. Ons neem deel aan optogte teen die oorlog, saam met duisende Amerikaners, ons werk saam om hom nie weer verkies te kry nie.

Ek behoort aan ’n Human Rights-organisasie om huwelike tussen gays gewettig te kry: www.hrc.org/index.html

Een van Heather/John se gesegdes:
“I am late, it took me an hour to put my make-up on, and another hour to strap down my dick.”



LitNet: 08 Junie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur jou e-pos na dbbotha@mweb.co.za.

DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.