GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Die Hangkas Haas

Hennie van Greunen

’n Uittreksel

Die Hangkas Haas, ’n gaykabaret, is vir die eerste keer opgevoer tydens die KKNK 2004. Vanaf 15 tot 26 Junie bied Wordsmith’s Theatre Factory dit in die Kunstekaap aan. Daarna sal dit op verskeie plekke elders in die land te sien wees. Cornel van Zyl, Dorette Potgieter, Melanie le Roux, Robert Koen en Thomas Channell is die spelers, Liriekeraai se Pedro Kruger versorg die musiek en Marion Holm van Die Casper Rasper Show- en Sussie is nou suur-faam hou alles glo onder beheer.

Die hangkas-haas laat weet: “So, susters en broers, kinks and queens, broeiers en bloeiers, as julle nora is, gaan tannie julle bella! Die show is beulah!”

Bo van links tot regs: Robert Koen, Melanie le Roux, Cornel van Zyl
Onder: Thomas Channell en Dorette Potgieter
Foto deur: Annelize Langeveldt

Tussen Stikland en Bellville

DIE VERTELLER SE ENERGIE IS FRANTIC. SY DRING DAAROP AAN DAT ALLES IN HAAR LEWE “AMAZING” IS, MAAR ONDER DIE PATOLOGIESE GLIMLAG EN OPWAARTSE INFLEKSIES SKUIL DIE SKERPIOENE.

LINDIE: Dit was like so amazing, I mean, ek was soos in op hierdie trein? Like tussen Stiklandstasie en Cape Town? Die girl het oorkant my gesit, gladde bene onder haar kort swart rompie. En sy was like seriously gorgeous. Nou die wa was soos in byna leeg, net so paar sad cases wat vloer toe gekyk het asof hulle small change verloor het. Maar die chick het my uitgecheck. En hei, ek het teruggecheck.

Okay, so daar sit ons, en like, ek weet wat sy wil hê. En ek check haar straight in die oë, my eyebrows slightly lifted. Ek meen, ek het soos seriously geen fokken clue wat die next step is nie. Ek meen like, hallo! Virgin. Dis nie asof die skool vir ons enige iets sê nie. Ek meen, like Ms Williams, sy’s nou ons like lifeskills teacher, sy gee like boekies uit oor seks, maar dis ’n pot snot, ek meen soos in Biology. Eeew, daai like drawings van die mans se tools is vir my soos in totally eew.

Maar eendag like na die klas, nè, toe gaan ek na haar, nè, en like sê: “Ms Williams, ek soek info op, like, lesbians.” Haar hol het like totally uitgeval. Ek meen seriously, haar hol het like so uitgeval dat sy omtrent die skool se beige teëlvloer gelike crack het. Mens kan sweer ek het like vir haar gevra om my te doen. Eew! En net daar sleep sy my reguit na die ACSV-onderwyseres, I mean puh-lease! En dié gaan net daar op haar knieë, wat ek toe dog is like kinky, maar nee, sy begin like seriously bid vir my sondes. En ek’s soos: “Watter sondes?” I mean ek’s soos ’n straight A student, wel ek was tot laas jaar, dié jaar sukkel dit soos in seriously. Anycase, hier staan ek, ’n appie lesbian, met ’n biddende bitch voor my. Like what the fuck?

Ek meen, ek was soos in kringleier laas jaar, en ek like like van religion en so aan, maar sy pis my af. En voor ek myself kon keer, toe sê ek vir haar: “Well, like while you’re down there ...” She was like so not amused!

Maar like, waar moet ons like leer van hoe en wat en so aan? I mean ek kyk Will and Grace, maar like, in die eerste plek is dit net mofgatte en like, no sex, ek meen daai twee queens moet like so frustrated wees, want like hulle het nooit boyfriends nie. Ek dink dis like omdat die mense dit nie wil sien nie. Mens kan like moffies op TV hê, but God forbid dat hulle like in die buurt intrek. En toe like Ally McBeal daai like gorgeous Chinese chick soen, ek meen my ma-hulle was soos in seriously pissed. My ma. Ek dink my pa het dit nogal gelike.

So, toe’s ek op die like train, met hierdie like totally hot chick wat vir my kyk asof ek like ’n stuk creamcake is, wat ek toe omtrent al was. En ek decide, look it’s now or never en ek skuif oor en gaan like sit langs haar en kyk in haar oë. Ek meen, like, sy moet met my chat en like sê wat gaan aan. Want like sometimes, voel ek, ek’s die enigste lesbian in die wêreld en dis soos in lonely. Nou, ek check haar in die oë en smile seductively. Soos ek met my pa doen as ek wil like geld hê. En het sy like betaal! Ek meen, ek sit nog so en smile, toe is haar een hand onder my top en haar ander hand by my skirt in. Nou I swear haar hande was heel normaal, maar ek dink sy was soos in a serious seekat, daar was hande en vingers orals en like ek is amper dood. My oë was op die stasies soos hulle verbyvlieg en like die chick was like besig met my lyf! In die Kaap het almal afgeklim, sy’t like vir my gesmile en my hare gestreel en hier kom die truth: ek kon nie opstaan nie, ek meen like seriously, my bene was lam. Ek het gesit op daai trein tot hy weer terug is Stikland toe. Die antie oorkant my moes like dink ek was soos in totally crazy, want ek het my bene gevryf en like totally net probeer opstaan.

Nou droom ek like saans oor die girl. Ek het laas naweek weer die trein gevat like stad toe, maar sy was soos in so nie daar nie.

Ek het like Maandag met my ma gepraat, want sy is like só my beste vriendin, ek meen sy sê altyd: “Like, ek en Lindie is nie ma en dogter nie, ons is like beste vriendinne.” So toe sê ek vir haar: “Like Ma, ek het like ’n issue en like, ons praat nog altyd baie straight oor dinge. Ma, ek dink, like, ek’s ’n lesbian.” En sy was like stil. En sy’t like by my kamer uitgeloop en like op haar bed gelê en huil. Ek het like seriously kak gevoel. Ek het like na haar geloop en gesê: “Wow, Ma is so easy, ek joke net, ek’s tog nie ’n vieslike lesbian nie, ek like daardie Maree-outjie in die Engelse klas.” En sy’t like ophou huil.

Ek het like in my diary geskryf, like: “4 April 2004. Today I started hating myself.” Want wat ek is, is like vuil, want like niemand wil met my praat nie. So wat ek is, is like seriously dirty. Maar ek weet vandat ek like kan onthou, dat ek vir girls like. Maar ek’s so nie upset nie, want, like ek het baie pels en like die onnies like my, en like volgende week is like my 14th birthday en my ma-hulle het like gesê ek kan almal nooi wat ek wil, money’s like no option. Hulle het like klaar al die bure se seuns genooi en ek dink dit gaan like cool wees. So, as jy vir my soek, like naweke, ek’s like op die trein tussen Stikland en Bellville.

Verdere vertonings:

  • Bloemfees - 15, 14, 16 Julie
  • Kalfiefees - Sondag 08 Augustus, 8pm
  • Kolligfees - Durban 27 Augustus



    HENNIE VAN GREUNEN was aanvanklik onderwyser (Engels en voorligting) aan die Hoërskool Brackenfell, daarna direkteur: korporatiewe betrekkinge van Cape College. Tans is hy voltyds skrywer, regisseur en vervaardiger van teaterproduksies. Hy het al ses teaterstukke vir tieners geskep waarvan Lara Smit: Boernooi die jongste is. Vir volwassenes het hy nagenoeg twintig stukke geskep — binne enkele jare. Pedro Kruger, Margit Meyer-Rödenbeck, Trix Pienaar, Sarah Theron en Marion Holm is van die kunstenaars wat al in sy stukke opgetree het. Om slegs enkeles te noem: Dowwe Dolla 1-IV, Blougat (De Kat Slurpie-prys 1998 vir teks/liriek), Jong Dames Dinamiet (Anglogold/Smeltkroes-prys 2002), Anna se engel en Op die vrou af.




    LtiNet: 04 Junie 2004

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks: letterkundige kommentaar, of ’n e-pos oor die tema. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.