GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Girl interrupted

Joan Hambidge

Hulle soek jou op
die straight girls
met hul handsakke vol lipstiek, maskara
en verwagtinge. Hulle kry jou nie klein
nie. Jy word nie beheer nie. Jy bly in jou eie ruimte,
sonder aanhangsels of ’n verlede wat ’n voordeurklokkie lui.
Of kibbel oor onderhoud of bybetalings.
Jy is méér as die voorskrifte wat hulle in hul handsakke dra.
Miskien is jy iets soos ’n verkeersboete
of dalk ’n aanmaning oor ’n onbetaalde rekening.
Jy verloor gou jou aanloklikheid
wanneer hul jou skouertas begin uitpak:
hulle vind hierin ’n tarotstel,
’n paspoort vol vreemde stempels,
dalk ’n foto van ’n vorige minnares
of ’n liefdesbrief. Alles tekens van ’n bestaan
buite die raamwerk van vrouetydskrifte
se “Hoe weet jy jou geliefde het ’n ander lewe?”.
Hulle sien die littekens oor jou bors.
Hulle verlaat jou ook
uiteindelik vol verwyt
oor jy boonop van hierdie misverstand,
hierdie kortstondige verbintenis,
’n opstandige vers maak.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.