GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Vissi d’arte

Joan Hambidge

Op die speelgrond
in standerd vyf
sien ek haar stap
my eerste geliefde
- met wie ek leer tongsoen
en gevaarlik gevry het - met ’n nuwe
maatjie aan haar hand:
weg van my.

Hierna het ek telkemale
daardie scène herhaal, letterlik
en figuurlik. Dit via Freud
begryp. Maar steeds my geliefdes
een vir een verloor:
aan ’n minnaar, aan ’n minnares,
aan die dood, selfs een ingeboek
in ’n gestig. In my verbeelding
soveel post mortems gehou.

Die film van my liefdesverwording:
met Lara, Scarlet O’Hara, Blanche Dubois, Holly Golightly.
Met my hart wat al hoe swaarder, seerder
word. Geweeg en te swaar bevind:
die skrif is teen die hart.

Weer en weer op daardie speelgrond
geland: die toneel bekyk -
gepause, gerewind, gefastforward,
maar onmoontlik om dit uit te wis.

Met ons twee breek hierdie film finaal.
Ek kyk na al die rolle footage op die vloer.
Die sleg gerepeteerde film
van ons liefde. Ek speel Stanley Kubrick
en vervaardig Eyes wide shut.
Ek klim onder Nicole Kidman en Tom Cruise
se velle in. A, hier sien ons dat hulle instinkmatig
weet van die skeuring, die opbreek. Hierom ’n masker
vir hom. ’n Oop en bloot toneel vir haar.
Wat is werklik, wat is verbeeld? Wat moet in,
wat moet uit? Boots die lewe dalk die kuns na?
Is Kubrick se kennis van skaak dalk handig gebruik:
met ’n skaakmat vir beide?

Ons film is klaar vertoon
toe jy alle kontak ophef,
ons name rol reeds oor die doek,
die musiek speel: “Softly I will leave you”
en ek verlaat - finaal - daardie toneel
uit my pynlike, vernietigende, verdrietige jeug.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.