GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Bronx Blues

Joan Hambidge

Ons sit, twee ou dykes,
in die Bronx
met ’n drink in die hand
ons harte bewaar verlore liefdes
soos katakombes
vir mummies toegewikkel
in ou balsemende lap
Ons kyk na die ander
wat hang oor die snoekertafel
en op die draaiende dansvloer
is daar ’n bottel wat breek:
iemand het iemand se girl afgevry.
Die klein jagse straight kelnerin
met ’n ringetjie deur haar naeltjie
flankeer gevoel- en verbeeldingloos met ons
(’n tip is immers haar doel voor oog),
terwyl die kroegman gewetenloos
nog ’n dubbel vir die dykes inskink.
Die neonligte buite flikker wanhoop,
verlange en verdriet. ’n Trassie wankelstap
na die badkamer op maat van “I will survive”
en ’n behulpsame taxibestuurder dra
’n dronk lipstiek dyke met smeermaskara uit.
Wie is volgende? Wat is volgende?
Ons kyk na die draaiboek van ons teleurstelling
en die afwesige regisseur sou kon waarsku
teen oordaad, herhaling, selfbejammering
en ander slordige vergrype. Maar nee.
Die aand is nog jonk. En die hoop beskaam
nie toe ’n wulpse rent piece haar sitmaak
neffens ons. “What’s your name? What’s your number?”
Op die maat van Gloria Gaynor verlaat ek die kroeg,
so moeg en gatvol en wrewelig vir hierdie fokken gewroeg.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.