GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Trou is hoesgoed aangee drie-uur in die oggend

Elsabé Niemandt

Ek word elke oggend saam met haar wakker, dié meisie van my. Ons hare is meestal ewe veel verslaap en ons het dieselfde intensiteit “oggendmond”. Nie een van ons twee is goeie “wakkerworders” nie, want ons is naguile wat daarvan hou om laataand op ons boude om die koffietafel te sit, elk met ’n glas wyn of wat ook al, altyd besig om hierdie wêreld (en die volgende een) se probleme op te los.

Ons het dieselfde budget en droom tydig en ontydig oor daai droomhuis wat een van die dae ons s’n gaan wees. Met ons werk het ons net twee aande in die week af, en sorg dus dat een van daardie kosbaarhede op mekaar gespandeer word. Niks is té avontuurlik vir ons nie, niks te vervelig nie; ons sal byna enigiets doen, solank ons op hierdie aande lank en aanhoudend in mekaar se oë kan staar en kwaliteittyd kan deurbring.

Aangesien ons albei vrouens is, verstaan ons pms baie goed, al het ons aanvanklik, toe ons nog by mekaar vlerkgesleep het, hoog en laag gesweer dat pms vir “poppies” is. Nou troos ons mekaar se pms met warm tee en baie TLC. (Dit wil voorkom asof ons intussen poppies geword het!)

Ons baklei gereeld, want ons is twee sterk individue. Maar die opmaak is altyd ’n wenner en nie een van ons twee hou daarvan om dit te mis nie. Ons trap mekaar raak voor die stoof om mekaar se gunsteling kosse te berei en maak snags liefde asof dit die eerste keer is dat ons aan mekaar raak.

Sien, ons IS getroud, want trou sit nie in die sertifikaat met die paar handtekeninge op nie. Trou is nie die kerk of die blommerangskikkings nie. Dis ook nie die klere wat jy daardie dag aantrek of die gratis sjampanje wat jou vriende verorber nie.

Trou is in jou hele menswees: jou kop, jou psige en jou dade. Trou is wat jy in haar oë sien by ’n partytjie wanneer sy haarself net so effens op haar tone lig om jou oor die see gesigte raak te sien waar jy en ’n groepie ernstig oor die nuutste manewales van ons minister van gesondheid smaal. Trou is die blomme wat ek aandra wanneer ek drooggemaak het en een of ander seermaakding gedoen het. Trou is die facials wat ons mekaar gee en die dringende rugkrap wanneer die jeuk jou laat rondspring asof jy breakdance.

Trou is ’n GROOT guns vra en nie eers twee keer wonder of dit gedoen sal word nie. Dis haar by die deur kom haal met ’n vet druk wanneer sy laat gewerk het, die hoesgoed drie-uur in die môre aangee wanneer my bors al seer gehoes is, en die voucher vir dromlesse wanneer sy al verlief geneem het met die feit dat sy nooit sal leer speel nie. Dis trou.

Nie alle gays WIL op die tradisionele manier trou nie. Ons hoef nie straights se goed te doen om vir onsself of ander aanvaarbaar te wees nie. Daarmee sê ek nie dat gays wat trou (of wil trou) aanvaarding soek nie. Net dat mens nie nodig het om die amptelike seremonie te hê om inderdaad getroud te wees nie.

As trou vir jou die ultimate ding is, doen dit! Maar moenie soos ’n moeilike kind rondloop en tantrums gooi omdat een of ander wetgewing jou verbied om dit (op hulle manier) te doen nie. Trou met jou girlfriend of boyfriend! Maar, om hemelsnaam, trou eers in die psige, en sorg dan dat jou emosies getroud is en hê dan die dade wat by die trouery pas. Bou die fondamente. Kommunikeer. Wees prakties lief.

En as een of ander wet dan nog steeds vir jou voorskryf dat jy nie mag trou nie, lag in jou mou, want hulle GATTE! Jy’s REEDS getroud!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.