GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hou die gasmaskers en oranje sokkies reg

Egon se eerste nuusbrief uit Israel


Ek het ’n jaar gelede op ’n helder, sonnige wintersdag as nuwe immigrant hier aangekom. N die uitreik van al die amptelike dokumente wag die huurmotor, verskaf deur die regering, om my na my nuwe tuisdorp te neem. Terwyl ons noord ry vanaf Ben Gurion-lughawe, wonder ek wat l voor: Sal ek kan werk kry? Sal die vrou wat vir my in haar hart en woonstelletjie blyplek gegee het, dalk berou kry omdat sy hierdie deurmekaar vrou uit Afrika ingenooi het? Sal die gemeenskap ons aanvaar? Hoe groot is die antigay-gevoel regtig? Of is daar meer aanvaarding as wat sy my laat verstaan het? As hulle uitvind wie/wat ons is — is daar ’n moontlikheid dat ons dan sonder werk sal sit?

Die huurmotorbestuurder vra my oor die alleen immigreer na Israel. “You left your three kids behind?” vra hy geskok. In hierdie land is kinders heilig, kosbaar, en word daarom eindeloos bederf — onthou, hulle moet een van die dae army toe en dis rede genoeg om toe te gee vir alles en nog wat. Ek probeer verduidelik van goeie skole op Stellenbosch en seuns wat nie kans sien vir diensplig doen in ’n vreemde land nie, en hy kyk na my met o wat s: Ja, so, nou moet my seuns jou beskerm terwyl joune in die son sit!


Verlede jaar se lente by ons in Israel.
Vanjaar is dit tien maal mooier

Ek besef: hier is niks eenvoudig nie. Die weg wees van my kinders af is nie maklik nie, maar daar kom ’n punt in elke mens se lewe dat jy besluite moet neem wat ’n uitwerking op jou sowel as jou geliefdes sal h. Dis ’n prys wat betaal moet word as ’n mens eerlik met jouself en jou God wil lewe.

Toe ek uit die kas en die huwelik geklim het, het ek geweet dit sal nie maklik wees nie. Maar dit het ook die pad oopgemaak om my lewensdroom te bewaarheid: om te kan woon in die land waarvan die geskiedenis vooruit geskryf is — Israel.

En nou is ek hier: gasmasker langs die bed; my venster reg sodat ek dit met een vinnige beweging kan versel teen ’n moontlike biologiese of chemiese aanval; water en beskuitjies netjies gestoor onder die bed. Ek gee Engelse lesse vir volwassenes en studeer Hebreeus. (Kon die Liewe Vader nie ’n makliker taal gekies het nie?!) Maar nieteenstaande die gasmaskers en die oorlog, is ek gelukkig hier en ontdek ek daagliks nuwe dinge.

My vriendin is my senior kollega. Sy gee Engels al langer as 18 jaar hier. Ek dink sy is ’n soort instelling in hierdie dorp. Orals waar ek kom, gaan deure vir my oop. Sy het f vir die persoon voor my Engels gegee, f vir die se kind, ma , suster — glo my, imand in die familie het wel in ’n stadium Engelse lesse by my Judy geneem. Tydens my besoeke aan haar die afgelope paar jaar het baie van die studente my leer ken as haar pel uit Afrika. Nou is ek hier — sak en pak! En almal verwelkom my. “Welkom in Israel!” hoor ek daagliks en ek wonder of die welkom sal hou.

Met een van haar klasse behandel Judy ’n teks oor Vigs, en in die loop van die gesprek spreek een student haar sterk uit teen homoseksualiteit — “Dit walg my!” Kort daarna word ons juis genooi na hierdie student se huis vir ete, en Judy waarsku my: “Gedra jou! Jy het nou gehoor hoe sy oor die issue voel!” Toe ons die aand daar aankom, word ons vriendelik verwelkom. Ander lede van die familie is ter ere van ons genooi.

Sodra die geleentheid hom voordoen, trek my gasvrou my opsy.

“Ek is tog so bly dat jy hier is!”

“Dis vir my ook ’n heerlike voorreg,” antwoord ek en dink sy verwys na die ete.

“Beplan jy en Judy om saam na ’n groter woonstel te trek?” vra sy. Judy se eie woonstel is 40 vierkante meter.

“Ja,” s ek versigtig.

“Ag, ek is so bly. Ons is almal baie lief vir haar en was altyd bekommerd dat sy so alleen is sonder enige familie hier. Sy het ’n spesiale maat nodig!” verseker sy my.

En ek besef dat mense sien wat hulle wil sien! As jy dinge nie in hulle keel afdruk nie, sal hulle die onaanvaarbare aanvaar en jou selfs daarmee gelukwens. Moet dit net nie ’n naam gee nie!

Ek ontdek die 2-shekel-winkel (een shekel, of sikkel, is ongeveer R1,50) waar mens ’n groot verskeidenheid nuttige dinge en absolute gemors vir net twee shekels kan koop. Daar vind ek die wonderlikste, helderste sokkies en ek koop drie paar: een oranje, een pienk — die soort pienk met ’n naam wat nie polities korrek is nie — en een sonneblomgeel. Ek het ’n paar veelkleurige sandale en besluit om hulle die aand na my gevorderde Engelse klas te dra saam met die oranje sokkies. Ons werk aan ’n teks oor drome en die interpreteer daarvan — dit sal ’n lekker openingsgesprek vir die klas uitlok.

“Hoe sou julle my kombinasie van sokkies en sandale interpreteer? Wat vertel so ’n keuse julle van my?”

“That you’re a very gay person!” antwoord Noga spontaan. Dan bloos sy sodra haar woorde haar tref. “No! No! I don’t mean that! I didn’t mean anything wrong, Egon. I’m very sorry!” Die hele klas skater van die lag. Ek gebruik die geleentheid om te praat oor die veranderende betekenisse van woorde en dat ’n taal nie staties is nie! Moet versigtig wees.

N die klas kom vra sy weer om verskoning. In haar o kon sy my nie ’n erger ding toegevoeg het nie, en tog sal sy dit nooit oorweeg om net vir my of net vir Judy vir ete te nooi nie! Mense sien wat hulle wil sien!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.