GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In die gees van St Valentyn

Nuusbrief uit Israel 9

Egon-hulle vier fees oor alles wat goed is in hulle lewens:

Ek en Judy het mekaar op 13 Februarie 1999 ontmoet, en nou het ons besluit om dit ons herdenkingsdatum te maak vir alles wat goed is in ons lewens.

Hierdie jaar besluit ons om dit te vier deur die dag aan die oewer van die See van Galilea, of soos hy hier bekend is, die Kinneret, deur te bring. Die oggend spandeer ons by die warmwaterbron waar die magic tussen ons vyf jaar gelede vlamgevat het. Ek onthou dit soos gister: die eerste aanraking van ons hande toe sy my in die water nader trek; die eerste sien van haar kaal lyf blink onder die stort. Dit het nog maande geduur voor dit betekenis gekry het, maar ons gaan terug na waar die eerste gewaarwordings begin het!

Die dag is perfek. Die son skyn, maar die bries is fris en herinner aan die voorspellings van storms, wat veronderstel is om teen die middel van die dag op te steek. Ons sit langs die swembad, voer die altyd teenwoordige katte nes ons gedoen het vyf jaar gelede. Ons speel in die warm water, maar hou een oog op die ligte wolke. NŠ ’n paar uur trek dit toe en steek ’n stormwind op. “Kyk hoe vinnig verander die see,” merk Judy op, “nes dit in die Bybel beskryf word!” Vanuit die warm swembad kan mens oor die see uitkyk en skielik raak dit wit met branders. Ons besluit genoeg is genoeg. In die storte is ons alleen en vier ons daardie eerste skaam-skaam loer vir mekaar van vyf jaar gelede deur foto’s te neem. Ons vertel mekaar van die gedagtes en verwonderinge wat ons daardie dag gehad het.

Vanaf die spa ry ons om te gaan koffie drink by Beit Gavriel, ’n pragtige kultuur- en konferensiesentrum op die suidelike oewer van die See van Galilea. Die naam beteken “huis van GabriŽl”. Soos die Sherover Promenade in Jerusalem, waar ek en Judy op ons eerste date foto’s van die Ou Stad gaan neem het, is Beit Gavriel vernoem na Gavriel Sherover, en beide plekke is deur sy moeder ter nagedagtenis aan hom gebou. Die mense vertel dat hy gay was en die eerste persoon in Israel wat aan VIGS gesterf het (dit verskyn ook in ’n ander artikel op die net), maar die bestuur van die sentrum wil dit nie bevestig nie.

Sedert die eerste keer dat ons daar was, is dit een van ons geliefkoosde plekke. Daar is altyd een of meer puik kunsuitstallings. Vandag is ons nie mal oor die skilderye nie, maar die foto-uitstalling laat my wens ek was die fotograaf. Dis opwindend. Daar is ook ’n beeldhou-uitstalling van ’n skare by ’n sokkerwedstryd — sien my foto’s. Ons stap deur die tuine langs die see en kyk hoe ’n bont visvanger sy aandete in die vlak water vang, terwyl ’n malagietvisvanger stil tussen die riete sit en die veranderde wÍreld bekyk. Daar was lanklaas so baie water hier. Later die middag sien ons ook ’n witborsvisvanger tussen die riete sit.

Ons drink ons koffie op die stoep met ’n asemrowende uitsig oor die see. In die weste lÍ Tiberias, ooswaarts die Golan-hoogland, wat vandag goudgroen in die laat middagson skyn. Voor ons lÍ die See van Galilea, waar die laaste jagte huiswaarts beweeg. Soveel geskiedenis het hier afgespeel deur die eeue heen, en ek wonder wie almal al oor hierdie waters geseil het of hier visgevang het.

’n Oomblik lank druk Judy my hand.

“Kyk die donker wolke. Ons moet huiswaarts keer voor die groot reŽn kom. By die huis sal dit lekker snoesig en warm wees, veilig teen die weer!”

Ja, dink ek, dis ’n weerspieŽling van ons lewe hier. Daar is stormwolke en koue fronte wat ons landjie bedreig — lees maar die nuus — maar saam vind ons veiligheid en die krag om die uitdagings aan te pak. En daar’s genoeg van hulle!

Ons begin noordwes huis se kant toe ry, maar toe ons by die kruispad kom, waar ons moet kies tussen die direkte roete en die een via Vered HaGalil, kies ons die langer roete. Vered HaGalil is ’n gastehuis met ’n puik restaurant, bekend vir sy vriendelike atmosfeer en sy pekan-en-appeltert. Teen die tyd dat ons daar kom, begin dit reeds donker en koud raak, en ons deel eers ’n geurige lensiesop — baie Bybels — voor ons ons verlustig aan die pekantert, warm bedien met roomys, en groot koppies stomende koffie. Reg langs die ontvangs van die restaurant, wat ook dien as ontvangs vir die gastehuis, is die perdestalle. Vered haGalil is ook bekend vir sy perdryskool, en gaste kan te perd die voetheuwels van die Golan-hoogland verken. Die hele ontwerp en versiering van die restaurant herinner aan hierdie ander aspek — dit voel amper asof jy Írens in Engeland kan wees, en op ’n dag soos diť, as dit koud en triestig geword het, voel dit nog meer so.

Met ’n gevoel van genoegdoening pak ons die pad huis toe aan. In die donker flikker die liggies van die verskillende moshavs, kibboetsim en Arabiere-dorpies, en besef ’n mens hoe dig bevolk hierdie land is.

Binne ’n uur is ons tuis — niks hier is baie ver nie — net voor die groot reŽn uitsak. Vannag rys die Kinneret weer ’n paar sentimeters, maar ons is warm en snoesig onder ons verekombers. Die lewe is goed vir ons twee toe ons die dag se vieringe tuis volbring.

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks: letterkundige kommentaar, of ’n e-pos oor die tema. Vertel hoe jż so ’n verlies hanteer. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

LitNet: 16 Maart 2004

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.