GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skoknuus uit Israel

Egon se nuusbrief uit Israel 8

Egon skryf op 29 Januarie 2004:

Vandag is een van daardie dae dat die teenstrydighede van die lewe in Israel my lam maak.

Die groot nuus hier is die uitruil van gevangenes: Israel gee 60 lyke en 29 nie-Palestynse gevangenes, insluitend Mustafa Dirani en sjeik Abed el Karim Obeid, oor in Duitsland, en 400 Palestynse gevangenes wat direk in die Wesbank vrygelaat is, almal met direkte verbintenisse met dade van terreur. Maar Israel ontvang een lewende man en drie lyke — drie soldate wat in Oktober 2000 oor die grens ontvoer is. Ron Arad, die Israeli-lugmagkaptein, wat in 1986 in Suid-Libanon gevange geneem is, maar sedert 1989 in Iran in aanhouding is, bly gevange. Die prys op sy kop is skynbaar nog hoŽr, maar nou het die Duitsers die onderhandelinge vir sy vrylating oorgeneem. Die rede? Te kompleks vir my brein!

Maar die uitruil van mense en lyke is nie al nuus vandag nie. As dankie vir ons moeite ontplof nog ’n bom in Jerusalem se Azzastraat, een van my geliefkoosde strate vanweŽ sy interessante klein winkeltjies en puik restaurante. Tien mense is in die ontploffing dood, terwyl 50 beseer is. Die verband tussen die twee gebeure? Wel, afhangende van hoe mens dit benader, dalk geen verband nie, maar die ironie is dat beide gebeure tussen dieselfde partners afspeel. Dit laat mens wonder ...

Intussen vier hulle op die strate van die Wesbank en Gaza: gee die Jode een lyk en ons kry meer as 100 lewende manne!

Terwyl die wÍreld baie te sÍ het oor menseregte in Israel, veral tov ons verhoudings met die Palestyne, is een van die ander ironieŽ dat daar na raming 300 Palestynse gay mans in Israel skuiling soek. Anders as in Israel, waar die Wet op Sodomie reeds is 1988 afgeskaf is, is dit nog onwettig in die gebiede onder bestuur van die Palestynse Owerheid en word die doodvonnis gewoon deur die familie en gemeenskap toegepas wanneer ’n gay egpaar op heter daad betrap word. Nou lewe baie van hierdie jong mans hier, meestal onwettig, uit vrees vir hul lewens: as die Israeli-polisie hulle ontdek, kan hulle teruggestuur word en wag marteling verseker, en moontlik die dood, op hulle. Hulle vrees ook dat hulle families sal ontdek waar hulle in Israel is en hulle dan hier sal kom vermoor. Aguda, die grootste Israeli-gay-organisasie, onderhandel tans met die owerhede om vlugtelingstatus aan hierdie mans te verleen. Wat die saak verder kompliseer, is dat van hierdie mans getuig het dat hulle deur terreurorganisasies genader is: “Word ’n suicide bomber of ons maak jou gaystatus alombekend en kan jy die gevolge dra.” Dis nie juis veel van ’n opsie nie! Gevolglik is die Israeli-polisie hulle ook nie goedgesind nie: hoe weet jy wie is ’n opregte vlugteling en wie is ’n potensiŽle terroris?

Ook binne ons eie ortodokse gemeenskap is dit nie kosjer om gay te wees nie. In ultra-ortodokse gesinne gebeur dit nog dat, as ontdek word dat ’n man of vrou gay is, hulle deur die familie verwerp word. Sulke gesinne mag selfs sjiva sit — die Joodse gebruik waar die familie sewe dae lank na die dood van iemand in rou tuis bly. Goddank, hierdie gebruik vind minder en minder plaas namate die gesprek oor gay-issues meer openlik word en die waarde van die gesin steeds sentraal aan die gemeenskapslewe bly. Daar is selfs sekere van die Ortodokse rabbi’s wat bereid is om vir gays wat nog steeds hul geloof wil bly beoefen, in die bres te tree en daaroor op die nasionale televisie praat. Dit alles beteken nie dat jy as gay persoon van aanvaarding alom verseker is nie, maar dat jy wel die geleentheid gegun word om jou lewe te lei soos jy wil.

Na aanleiding van ’n vorige nuusbrief skryf ’n jong vriendin aan my: sy kan sien dat ons as gay couple uit ’n ander era kom, want ons let op na wie vir ons kyk. My antwoord bevestig dit; maar, meen ek, dit het ook baie te doen het met waar mens woon en watter beroep jy volg. Wat jy in Kaapstad of Tel Aviv kan doen, kan jy gewoon nie in Upington of Netanya doen nie — verseker nie in die Wesbank of Gaza nie.

Ja-nee, die lewe hier is vol teenstrydighede en probleme, maar ten minste is ons nooit verveeld nie en weet ek verseker daar sal volgende maand weer iets interessants wees om vir LitNet te vertel!



2 Februarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.