GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Waar’s ’n hawe vir die hart?

Egon se nuusbrief uit Israel 5

Egon en Judy se Europese vakansie loop ten einde. Maar nou land hulle aan in plekke in Spanje en Duitsland waar hulle graag sal wil woon.


’n Paar jaar gelede sit ’n paar van ons en gesels oor waar ’n gay couple openlik en gemaklik kan woon.

“Kaapstad is nie ’n slegte opsie nie, maar dit hang af van jou werksomstandighede,” sê Francois, wat as onnie in ’n noordelike voorstad woon, maar in ’n suidelike een werk.

“Wat van Nederland met hulle nuwe wetgewing?” vra ek.

“In Amsterdam, ja,” vertel Jacqui, wat agt jaar daar gewoon het, “maar die platteland is maar erg behoudend. Oorweeg liewer Greenwich Village NY.”

Pelle trek na San Francisco, met sy geskiedenis van gay-aktivisme, maar ontdek gou die voorstede is maar baie plattelands.

Ons reisgids vir Spanje verseker ons: “Spain is a very gay-friendly country.” En so beleef ons dit ook. Veral in die stede.

Maar een Vrydagaand teen sonsonder is ons in ’n klein vissersdorpie en stap ons saam met die helfte van die dorpsbevolking langs die kaai. Die lug is soel en aangenaam ná die hitte van die dag. Ek en Judy loop rustig hand aan hand tot sy skielik sê: “I think that man is about to spit at us!” Skynbaar is die platteland orals eenders.

In Torremolinos aan die suidkus bly ons in ’n klein pension. Dis geleë aan die wandelgang wat van die koopgebied afkronkel tussen huise en stalletjies deur na die strand. Van ons stoepie kyk ons uit oor die teëldakke na die see — die eerste aand hang die maan soos ’n groot silwer bal oor die water. Dis idillies. Maar in die middel van die nag skrik ons wakker van ’n rumoer onder ons venster.

“Gay bars! Gay bars!” skree dronk jongmanstemme. “Where are the homos? Gay bars!” Lank ná hulle stemme in die nag verdwyn het, lê ek nog wakker en wonder.

Die volgende oggend lui ons die klokkie van ’n pension langs die strand. Daar’s ’n reënboogplakker in die venster.

“Yes?” sê ’n stem met ’n noordelike aksent oor die interkom.

“We would like information,” verduidelik Judy.

“We’re full,” kom die antwoord.

“Yes, but we just want information for a next visit,” dring Judy aan.

“We’re full.”

“Can I help you?” vra ’n vriendelike Engelse stem agter ons.

So onthou ons Brian, wat hom agt jaar gelede hier gevestig het en sedertdien sy pension, hoofsaaklik vir gay mans, hier langs die kus bestuur. Hy vertel dat hulle werklik selde probleme ervaar, en toe ons noem van die vorige nag se stemme, meen hy dadelik dat dit dronk toeriste moes gewees het. Die mense wat om hulle woon, is vriendelik en aanvarend. In die plaaslike toeriste-inligtingskoerant word gayshows langs die kerkbasaar en die komediant by die British Bulldogs Bar geadverteer.

Brian vertel ons van Mighty wat al dekades lank kroeë, veral vir lesbians, bestuur. Laat die aand besoek ons haar in haar kroeg. Sy is ’n opvallend mooi vrou met ’n diep stem en ’n gemaklike lag. Sy vertel ons van die plaaslike opset en gee ons die name van die ander kroeë waar die meeste van die lesbians kuier. Later ontmoet ons Maja uit België. Sy bestuur haar kroeg al nege jaar lank en sê sy hoop sy hoef nooit uit Torremolinos pad te gee nie. Maar ná ’n baie duur bier gee ons pad, want Maja lê by Judy aan, dis iets verskrikliks, en Judy voel glad nie gemaklik daarmee nie. Alhoewel ek die vrae vra, praat sy net met Judy en dans asof betaal voor haar rond.

Buitekant raak ons aan die lag. “Wel, my skattebol, ek is nie die enigste een wat dink jy’s stunning nie,” terg ek haar.

Ons besluit klubs en kroeë is nie vir ons nie en gaan drink ’n bier langs die strand. Miskien is Spanje eintlik net ’n paradys vir die gaytoeristebedryf en expats — ons kry geen gevoel vir gewone mense hier nie.

Ná die kinders na SA teruggekeer het, gaan ons ’n maand lank familie en vriende in Duitsland besoek. Waar Judy se mamma in ’n klein dorpie naby Heidelberg woon, geld die plattelandse reël en mag niemand weet ons is ’n couple nie. Maar ons hoor op die nuus dat die burgemeester van Hamburg gay is en al jare lank openlik saam met sy vriend woon. Hierdie feit was deel van sy verkiesingsveldtog. Nou is hulle betrokke by ’n baantjies-vir-boeties-skandaal, maar die feit dat hulle gay is, is nie deel van die probleem nie. Wow!

In Hanover loop ons ons voete af agter Nikki de Saint Phalle se Nanas en ander kleurryke, asemrowende kunswerke aan. Dood van die moeg sak ons neer in gemaklike stoele in ’n koffiekroeg met ’n pragtige uitsig op die ou katedraal, en bestel sterk melkkoffie en kaaskoek. Dan kyk ons rond en besef dat al die kelners, die bestuurder en meeste van die klante gay is. Paartjies sit diep in gesprek — sommige verlief tot oor hulle ore, en ander is duidelik gevestigde couples wat gereeld hier kom. Binne ontdek ek ’n tafel met gayliteratuur en -inligtingsblaaie. As ons nog twee dae kon wag, sou ons aan Hanover se gayparade kon deelneem. Interessant genoeg is daar geen uiterlike teken soos ’n reënboogvlag dat dit ’n gaykoffiekroeg is nie!

Ons vakansie eindig by pelle in München.

“’n Baie gay-vriendelike stad,” verseker Olivia ons. Nouja, dit het ons al tevore gehoor, maar ons kan nie help om op te let nie dat klubs, koffiekroeë, hotelle en winkels vir gays oral in die middestad te vinde is — reënboogvlae fladder oral in die wind. Op straat merk mens dat gay paartjies net soos enige ander nie bang is om hul liefde te wys nie.

“Ja, dis waar,” verseker die bestuurder van die Deutsche Eiche ons. Dié kroeg/restaurant en hotel is bekend gemaak deur die groot Duitse rolprentregisseur Fassbinder. Hy vertel dat München een van die min Duitse stede is waar die gaygebied in die middestad geleë is — nie aan die buitewyke soos in Berlyn nie, en ook nie in die rooiligbuurt soos in Amsterdam nie.

Hy stuur ons om Carla van Carla’s Bar te ontmoet. Reeds met die nader stap groet sy ons vriendelik en nooi ons om saam met haar en Michaela ’n bier te geniet. Sy bestuur haar kroeg al agtien jaar lank en stem saam: München is ’n gay-vriendelike stad. Terwyl ons in die laatmiddagson sit en gesels, groet elkeen wat verby kom. Sommige stop vir ’n geselsie — duidelik is nie almal gay nie.

Later die aand vertel ons ons vriende van ons dag en kom ons gou uit hul reaksies agter dat Carla ’n soort mentor vir baie van die gay girls is.

“Ek het al in verskeie Duitse stede gewoon — Freiburg, Stuttgart — maar hier wil ek bly so lank as wat ek kan. Hier voel ek veilig,” sê Olivia.

“Ja,” beaam ek, “dit voel vir my ook of ek hier sou kon woon. Dis nie net die gay-issue nie, maar dis ’n pragtige groen stad, kultuurryk en tog vol pret.”

“Ek hou van München,” stem Judy saam, “wie weet ...”

“En daar’s altyd plek vir twee Engels-onnies,” terg Olivia ons.

Die volgende oggend, terwyl ons vliegtuig na Israel opstyg, vat Judy my hand.

“Ons moet meer dikwels vir Oli-hulle kom kuier. Dit lyk tog asof München se Nazi-geskiedenis iets van die verlede is.”

“Pas my,” sê ek, “maar nou kan ek nie wag om by die huis te kom nie.

Soos die ou gesegde lui: oos wes, tuis bes!”

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.