GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Noodroep van n seun - 'n voorval in die Israelse smeltkroes

Egon se nuusbrief uit Israel 29

Daar word dikwels geskryf van Amerika as die Groot Smeltkroes van die wreld, maar dan moet Israel die Klein Smeltkroes wees.

Die woord smeltkroes het so n harde klank so ongenaakbaar, onverdraagsaam, so genadeloos. Die Engelse melting pot klink meer na n pot om n geurige bredie in te kook of warm, troostende sop op n koue wintersaand; of dalk na n fondue-pot vir die smelt van kaas en wyn en knoffel om saam met stukkies suur witbrood te eet en rooi wyn te drink. Nee, die woord smeltkroes het geeneen van hierdie konnotasies nie, en miskien is dit goed so, want om aan te pas in n nuwe land is ook nie aldag so knus en warm en maklik nie.

Ek kyk die ander dag na my een klas: twee studente kom uit Roemeni, een uit Irak, een uit Tunisi, een uit Holland, een uit Rusland, n plaaslike Arabiese vrou en n ander een hier gebore van Marokkaanse ouers. Die klas is nie uitsonderlik nie. Ons woonstelblok is soortgelyk: Russe, Roemenirs, Oekraners, Argentyne, Marokkane, n Duitser en n Suid-Afrikaner, en darem ook di wat hier gebore is.

Teoreties kan ons almal mekaar verstaan, want ons moet almal Hebreeus leer, maar in die praktyk werk dit nie so nie: die ouer Russe praat Russies of Jiddisj, die Suid-Afrikaner praat Engels of Afrikaans, die Argentynse man praat Spaans en die res praat Hebreeus met n aksent wat hulle herkoms verraai. Maar daar is meer as net taal wat tussen die verskillende groepe staan. Dis kultuur, waardes en sosiale gewoontes wat soms die gaping groter maak. Die jonger geslag oorkom van hierdie probleme as hulle hul verpligte jare in die weermag doen. Maar steeds is daar soms groot verwydering tussen mense, met die meegaande probleme van vereensaming en onvermo om te assimileer.

Vat byvoorbeeld ons bure. n Dertienjarige seuntjie woon saam met sy ma, n nie-Joodse, Russiese blondine. Sy is geskei van die pa, n Russiese Jood wat lyk asof hy direk uit n anti-Semitiese propagandaplakkaat ontsnap het, en die kind is tussen die twee gevang. Wat die een in die ander gesien het, is moeilik om te raai, maar hulle was lank genoeg getroud om n kind te maak en nou word daar oor en rondom hierdie kind geveg. Die situasie is nie besonder oorspronklik nie, maar hier is wel bykomende faktore: die familie sit in Rusland; die ma as nie-Jodin is glad nie geassimileer nie en het geen ondersteuningstrukture hier nie. Van wat ons kan aflei, ook nie in Rusland nie. 'n Mens kry die idee sy probeer ook nie sulke strukture ontwikkel nie. Die kind weet nie eintlik wat hy hier maak nie, vrees reeds die dag dat hy as gebore Israeli diensplig moet doen. Nou haal hy sy frustrasie en woede op die samelewing om hom uit die afgelope weke is ns sy teiken. Eers het hy net die skakelaars van die outomatiese ligte afgehaal en in die tuin gegooi, of saans, wanneer sy ma laat werk (sy werk tot middernag skofte in die fabriek) die musiek kliphard aangesit dat mens dit in jou bed kan voel. Toe begin hy ons krag afskakel of ons water by die hoofkraan toedraai, en so het dit erger en erger geword. Met die besonderhede sal ek niemand nou verveel nie, maar die situasie het so sleg geword dat ons vroer in die week nie in die woonstel kon klasgee nie. Ook ons bure begin ly onder die seun se frustrasies. Natuurlik het sy ma eers ontken dat hy skuldig is, al het hy self dit erken selfs voor die polisie, wat ook nou al diep by die saak betrokke is. En die ander middag betrap Judy en sy ma hom tegelyk dat hy nie net die krag afskakel nie, maar die kragbord met seepwater gooi. In die gesprek wat tussen ons vier volg, daag hy ons uit: Vind vir my n oplossing dat ek nie elke dag, veral saans, alleen sonder toesig is nie. Ek willie alleen by die huis bly nie! Selfs toe Judy saam met hom en sy moeder by die polisie was, het hy hulle prontuit gevra: Wat kan julle doen om my te help?

Ek bespreek die saak met een van my studente. Sy is senior maatskaplike werker by die Departement van Volkswelsyn, of wat hulle dit ook al hier noem, en sy gee my min hoop.

Die instroming van soveel Russe met min werklike kontak met die Joodse tradisies en Judasme het baie probleme meegebring, meen sy. Baie gesinne waar net een ouer Joods is, het gekom nie omdat hulle Sioniste is nie, maar omdat die lewe in Rusland moeilik was en hulle nie hul probleme daar kon oorkom nie. Hulle het gehoop in n nuwe land sal daar nuwe geleenthede wees, maar hulle het nie besef hoe moeilik die lewe hier is nie. Baie van hulle sukkel erg! vertel sy ons in die klas

Ja, meen een van die ander, n onderwyseres vir spesiale onderwys, mens kry daai soort probleme ook onder die Ethiopirs!

Wat kan jy verwag? vra 'n student. Baie van die Ethiopirs het jare in kampe, beswaarlik beter as konsentrasiekampe, buite Addis Abeba gesit en wag vir toestemming om Israel toe te kom. Hulle pas ook swaar aan, veral die ouer geslag. Di wat met die eerste aliya gekom het, vaar veel better. (Sy verwys na die groot Operasie Moses, waardeur 8 000 Ethiopirs tussen November 1984 en Januarie 1985 deur die Israeliese lugmag in geheime aksie na Israel gebring is. In Mei 1991 het Operation Solomon 14 200 Ethiopirs binne 36 uur na Israel gebring n hul jare lang wag in kampe.)

So het elke groep met sy eie emosionele las en kultuur gekom en vir sommige is dit moeiliker as andere hoe beter mense voor die tyd ingelig was, hoe meer realisties was die verwagtings en hoe makliker die aanpassing.

Iemand het nou die dag aan my gevra of ek, wetend wat ek nou weet, dit weer sou doen (na Israel immigreer), en my antwoord was ja-nee. Ek was nog nie een oomblik spyt dat ek gekom het nie, maar hoe groot die kultuurskok ook al was, was dit vir my makliker as vir my blonde Russiese buurvrou. Met my liewe partner en n opleiding wat vir my interessante werk moontlik maak, is dit vir my n uitdaging wat hanteerbaar en meestal aangenaam is. Die nee is eintlik maar klein: ek is bly ek het nie voor die tyd geweet hoe baie ek my kinders, veral my dogter in haar grootwordjare, sou mis nie; hoe verlammend die verlange soms sou wees nie. Maar daardie "nee" word uitgekanselleer deur die trots waarmee ek aanskou hoe sterk en onafhanklik sy geword het en hoe vreugdevol sy haar lewe lei.

Vir my is die assimilasieproses by tye, soos vir elke nuwe immigrant in enige land, erg frustrerend, maar nou die dag bewoord my Russiese vriend Alex, wat saam met my in die taalskool was, dit vir my so mooi: Ek dink dit was vir my bedoel om hierheen te kom; die hele geskiedenis van Rusland het daartoe gelei en ek is net n klein stukkie stof wat deur die verloop van wreldgebeure meegevoer is om op hierdie stukkie aarde te beland. En ek is tevrede met my lot, want dit is vir my goed hier!

Dit klink half Bybels en ek moet met Alex saamstem: die lewe is vir my goed hier. Juis daarom sal ek en Judy moet kyk in watter mate ons n positiewe bydrae kan lewer om ons buurseun se lewe te vergemaklik.

Dit het nou n gemeenskapsprojek vir almal wat hier woon, geword. Daar word petisies opgestel om aan die maatskaplike dienste voor te l sodat sy saak prioriteit sal geniet. Die jong mans praat ernstig met hom oor sy toekoms en van die ou tannies druk n koekie in sy hand. n Paar aande het hy van 21:00 tot amper middernag by ons gebly sodat hy nie so alleen hoef te wees nie. Aangesien mens hom nie een oomblik alleen kan laat nie, word allerhande peuselwerkies wat om die eetkamertafel gedoen kan word, afgehandel. Eers het hy en Judy al die skoene ons sn n hulle sn gepoleer, en nou blink al ons houtdiere uit Afrika ook. Snaaks hoe die lewe jou dinge laat doen wat jy altyd vir later los! Nou die aand het ek en hy saam sop gekook en was ek verbaas om te sien hoe handig die kind in die kombuis is en hoe netjies hy werk. N al die vullis wat hy op die trappe uitgegooi het, was dit nogal n verrassing.

Maar toe bars die bom! Hy kom soek vir Judy en ek wil hom nie inlaat nie, want sy is in die badkamer. Hy stamp my uit die grond uit en ek is geen liggewig nie! en hol reguit badkamer toe. Gelukkig was een van die bure betyds en hy is weer hier uit. Toe verklaar hy oorlog teen ons: f hy kan kom en gaan soos hy wil in ons woonstel, f dis oorlog. Nouja, daar was geen keuse nie: Judy verduidelik dat ons nie oorlog soek nie, net vrede en stilte, maar vir hom is dit nie onderhandelbaar nie: hy wil vrye toegang h! En so, n nog n reeks voorvalle, moes ons die ander aand aanskou hoe ons buurseun tussen twee polisiekonstabels hier weggelei word met sy ma n blonde stertjie agterna. Dit was n verskriklike hartseer oomblik.

Ons trek binnekort na n groter, meer geskikte woonstel. Ons wag om te hoor of die hof vir die kind n oplossing sal kan vind, sodat ook hy met groter vreugde hier te midde van die blomme en die natuurskoon, die probleme en die uitdagings sal kan woon. Mens sou graag wil sien dat ook hy saam met my en Alex en Judy kan uitroep:

Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval,
Ja, my erfenis is vir my mooi.
(Ps 16:6)
Ek ontvang graag reaksies op Egon se nuusbrief. Stuur dit aan dbbotha@mweb.co.za. Noem haar naam en die betrokke teks se opskrif. Ons plaas dan jou reaksie onder "Menings van ons lesers" en ek stuur jou mening ook direk aan Egon.

DANIE BOTHA


LitNet: 11 April 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.