GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Geure en herinneringe

Egon se nuusbrief uit Israel 28

My nooi is in n nartjie,
my ouma in kaneel,
daars iemand ... iemand in anys,
daars n vrou in elke geur!
- Uit: "Sproeiren" deur DJ Opperman

Eintlik is dit nie heeltemal waar nie; daars n mns in elke geur. Vandag nog, as ek Yves St Laurent Paris for Men ruik, verlang ek na my liewe vriend Bruce wat so gestry het teen sy gayheid omdat hy geval het vir die storie dat dit hom vir God onaanvaarbaar maak. Hy is dood aan kroniese longontsteking voor ek hom kon vertel van die wonderlike ommekeer in my lewe: dat ek op n vrou verlief is. Hyt dikwels by ons kom eet en dan het ek onbeskaamd my neus in sy nek begrawe, want min mense kan parfuum so goed dra soos Bruce.

n Paar jaar gelede ontdek ek n boek, Aroma: The Cultural History of Smell deur Constance Classen, David Honer en Anthony Synott. Elke hoofstuk behandel n ander aspek van reuk en sy sosiale geskiedenis en rol, maar elke boek in die boekwinkel mag nie huis toe gaan nie en so het ek nog nie al die nuanses van die reuksintuig ontdek nie.

Maar die gedigrefrein som dit in elk geval so mooi op, en is dit nie waar nie? Geure is herinneringe. Dit verplaas jou summier na n ander plek, n ander tyd. Dit bring emosies wat diep begrawe is, borrelend uit jou binneste na vore, sonder waarskuwing, sonder om verskoning te vra. Dis daar. Jy onthou skielik.

Elke somer as ek voor die opwasbak staan en mango's skil, onthou ek die eerste somer dat ek di vrugte in grootmaat geet het. Dit was in Nelspruit en snikheet warm soos dit slegs in die Laeveld kan word. Ek was swanger met my meisiekind en ons het pas n nuwe huis gekoop. Om te verhoed dat ek my rug verder ooreis, het my liewe man my na my ma gestuur terwyl hy, vriende en my wonderlike huishulp, Sofie, in die nuwe huis ingetrek het. Ek en Skoonma hulle het daardie Kersfees by ons kom kuier het mekaar herontdek daar voor die opwasbak terwyl ons een mango na die ander verslind. Vandag nog onthou ek die hitte, die swangerskap en die groenslang wat regop teen die muur kon opseil. Skoonma het my bederf, pa en seun het gebraai, en origens het ons in die nuwe swembad gesit en gesels totdat die middagdonderstorms ons die huis ingejaag het reguit wasbak toe om nog n paar mango's te geniet.

Sedert ek hier woon, bring my kinders en vriende vir my Vyf Rose Earl Grey-tee uit Suid-Afrika en ons twee is nou al totaal verslaaf daaraan. Skielik is ons voorraad op en begin ons soek. Die Israeliese Earl Grey is so vaal dat mens beswaarlik weet wat jy drink. Ons gaan verken die Russiese supermark waar daar meer Russies geskryf en gepraat word as enige ander taal, sodat ek dikwels geen id het wat voor my is nie. Dankie tog vir mooi verpakkings met kleurfoto's. Gisteraand het ons die sesde variasie op die tema van Earl Grey-tee gekoop en uitprobeer, maar steeds tref daardie heerlike geur, as die kookwater die blare laat uitswel, nie ons reuksintuie nie. Niks ruik-proe so lekker soos regte Earl Grey-tee n n lang dag op jou voete nie!

Volgende keer as ek uit Suid-Afrika terugkom, bring ek honderd pakkies, s ek gefrustreerd.

Jy moet maar begin spaar daarvoor, meen Judy.

Die ander ding wat ek altyd geniet as ek in Suid-Afrika is, is mieliepap en maltabella-pap. Ek kook dit nes my Sofie my geleer het, en dan vergryp ek my daaraan. Die kinders kyk my aan asof ek mal is. Mieliepap is nog aanvaarbaar, maar maltabella?! Liewe hemel, bewaar ons, s hul gesigte. Die ander dag sien ek mieliemeel in my geliefkoosde speserywinkel, waar jy al wat droog is, uit groot sakke kan koop.

Dis weliswaar heldergeel mieliemeel, maar die verlange en die lus kry die oorhand en ek koop. N gisteraand se Earl Grey-teleurstelling gaan ek myself vanoggend troos en bederf met mieliepap. Judy kry so n ver weg blik in haar o.

Uitkamp op Koetsi

Sy het mieliepap op Koetsi in Botswana leer eet. Daar het sy ook Afrika met sy groot oop leegtes en stofpaaie leer liefkry. Dit was haar eerste ervaring van kamp in die bos. Ek onthou nog haar gesig toe sy vra waar is dan die toilet en ons gee vir haar n graaf en papier en s: Sorg dat jy alles mooi begrawe! Daardie eerste nag was ysig koud. Die kwik het tot onder vriespunt gedaal en ons het alles wat ons kon, aangetrek en op ons gepak, maar steeds het ons koud gekry. Die volgende oggend het die manne die vuur vroeg aan die gang gekry en gou was die water aan die kook. My seun het tee gemaak en ek mieliepap. Die son het opgekom en die wreld het vinnig warmer geword. Vir Judy, wat sedertdien meermale in Afrika getoer het en dikwels pap daar geet het, bly mieliepap die ding wat jy op n vuur gaarmaak in die hoop dat dit jou van binne sal ontdooi.

Met al hierdie herinneringe kom staan sy dig by my voor die gasstoof vanoggend toe ek die pap begin maak. Ons haal diep asem, maar

Nee, s sy, dit ruik snaaks.

Dit ruik verseker nie soos in Afrika nie, stem ek saam.

Dalk sal die vols dit geniet, wonder sy. Sy hou nie daarvan om enigiets wat nog eetbaar is, weg te gooi nie, maar hoe definieer mens eetbaar?

Ons kan kyk. Hierdie vols was nog nie in Afrika nie. So, dalk weet hulle nie van beter nie! Ek sny vir ons die mango!

Goeie idee, glimlag sy, die reuk van somer, al is dit winter. Wanneer kook jy blatjang?

Dis darem fantasties hoe vinnig n Duitse Israeli kan leer wat lekker is! Ons Mrs Balls is juis op en nie een van die kinders kom hierdie jaar kuier nie. Dus, voor die laaste mango's verdwyn, sal ek moet blatjang kook soos hulle dit in die Bo-Kaap doen. Dit saam met falafel en blaarslaai op n pitabrood is net die regte ding as mens in die Hulavallei die trekvols op pad terug uit Afrika gaan kyk!

Ek trek haar teen my vas.

Die pap in Koetsi was verseker lekkerder, maar toe kon jy nie so digby my staan nie. Mens kan nie alles h nie!

Sy lag. Goeie genade, jys reg. Toe was ons twee nog diep in die kas! Vergeet die pap. Kom!

Die mango-blatjang moet maar eers wag.




LitNet: 21 Februarie 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.