GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoe lf die Bedoeene?

Egon se twee nuusbriewe uit Israel: 26 en 27

Die skooljaar begin en studente registreer. Daar is baie ou gesigte, maar ook nuwes. Judy kom by die huis. Ons het vier kinders uit een gesin. Bedoeene. Kom al die pad van Aramshe! Mama kom ook sommer saam om te sorg dat alles reg verloop!

Arab el Aramshe is n Bedoeene-nedersetting digby die grens met Libanon en die meeste mans dien in die Israeli-weermag. Hulle is goed gentegreer hier in die noorde, in Galilea, of soos Judy dit stel: gentegreer deur die dood! Baie van die mans sterf langs hul Joodse makkers in die verskillende militre aksies wat deel uitmaak van 'n mens se lewe hier.

Voor die groot vakansiedae van Oktober Joom Kippoer en Loofhuttefees nooi Mama ons om te kom kuier. Ons het n tent op pad na Aramshe naby Keshet-grot waar ons koffie en Arabiese geregte bedien, vertel sy.

Natuurlik, tref dit Judy skielik, dis hoekom jy en jou seun vir my so bekend lyk ons het al daar gestop vir lekker sterk koffie!

Keshet-grot is n groot grot in die voetheuwels van die bergreeks wat ons skei van Libanon en is sedert ek en Judy mekaar leer ken het, een van ons geliefkoosde plekke om te gaan stap en foto's te neem. Die dak van die grot het ineengestort en n brug gelaat oor die opening. Van bo af is daar n asemrowende uitsig vanaf Maalot in die ooste, waar terroriste jare gelede 21 studente en 5 volwassenes vermoor het, tot by die Middellandse See en Naharija in die weste. Voor ons l die verskillende klein moshavs en kibboetse tussen goedversorgde landerye. Hierheen het Judy my op my eerste besoek aan die noorde in 1999 gebring. Dis toe dat ek besef het dat sy my lewe sou verander.

Ek het gekyk na die smal paadjie wat lei tot die burg met sy honderde meter val aan die een kant.

Ek is te bang, het ek ges.

Syt lief gelag en ges: Nonsens, jy kan en daar bo is wonderlike foto's om te neem! Tot my algehele verbasing ek het dit reg gekry. Op pad het ons n trop bergbokke gevind wat so mak was dat, toe ek saggies fluit, een nader gekom het, my hand besnuffel en toe teen n rots opgeklim het om aan my kuif te kan knabbel. Dit was so n verrassende ervaring. En Judy het hier ontdek dat die belofte dat daar n goeie fotosessie voorl, my kan kry om amper enigiets te doen.

Die brug van Keshet-grot

Die volgende Shabbat besluit ons om by ons studente in hul "restaurant-tent te gaan kuier. Ons word hartlik verwelkom en gaan sit op die kussings op die vloer en begin gesels met die familie, wat kom help en groet.

Koffie? vra Mama en ons knik terwyl een van die familie ons vertel dat hy sy meestersgraad in politieke wetenskap aan die Universiteit van Haifa behaal het en nou hoop om sy D in die VSA te gaan doen. Intussen gee hy geskiedenis in een van die plaaslike skole. Met die gesels kom ons agter hoekom Mama so gretig is dat haar kinders presteer en Engels goed magtig moet wees.

Stil sit Ishmael, een van die seuns in die familie, koffie voor ons neer en dan bring Mama platbrood wat sy op die vuur gebak het en waarop zaatar, olyfolie en suur witkaas bedien word. Daarmee saam kry ons n bord tamatie en komkommer in skywe gesny en versier met die bitter olywe wat so tipies van die Arabiese kookkuns is.

Mama se stoof
Mama
Pitabrood met kaas

Wat ons onder meer interesseer, is die feit dat al die kinders tipiese Arabiese name het: die seuns is Ishmael en Nissem, die dogters is Jasmien, Ranien, Mama is Nuhad; die familienaam is Ali. So, waar kry die derde dogter, Nancy, haar naam?

Ahh, s Mama, dis n mooi maar hartseer storie! Luister, dan vertel ek julle.

Waar is my bandopnemer? dink ek en trek vinnig my notaboekie nader.

Daar by die hek is n gedenkplaat vir Amir Meital wat in 1988 in Libanon gesneuwel het. Het julle dit al gesien?

Ja, s Judy, daars nog n gedenkplaat vir hom daar bo by die grot.

Reg, knik Mama. My man het in die Golani-brigade gedien en Amir Meital was sy offisier. Toe Nancy gebore is, het my man besluit om n groot viering ter ere van haar geboorte te hou. Tradisioneel word dit net by die geboorte van seuns gedoen. Maar Johnson dis nou my man se naam, lag sy, besluit hy wil dit vir sy dogter gee en sedertdien is dit algemene gebruik onder die Bedoeene hierlangs. In elk geval, ons het n skaap geslag en dit was n groot partytjie. Amir het ook gekom en toe hy die babatjie sien wat maar n paar dae oud was, s hy: 'Sy is so mooi dat julle haar Nancy na Nancy Reagan moet vernoem, want di was ook baie mooi toe sy jonk was!' En net daar besluit Johnson dat ons so sal maak. Dus het Amir Meital vir Nancy haar naam gegee. Hys net daarna dood 9 Desember 1988. Nancy is op 28 Oktober 1988 gebore!

n Oomblik sit ons almal stil.

My oudste seun is ook nou in die Golani-brigade, s Mama met n trotse maar half hartseer glimlaggie. Ons gaan elke jaar op vir die Gedenkdag vir die Gevalle Soldate naby Hedera waar die graf van Amir Meital is!

Gedenkteken vir Amir Meital.

Kom neem n foto van die gedenkteken, stel Ishmael aan my voor en ons stap saam soontoe en neem die foto. Toe ons terugkom by die tent, het Mama op die Arabiese trom begin speel. Sy sing vir ons. Dis asof ons skielik in n fliek ingestap het en my kamera kry lekker!

Ja, vertel sy later, ons is net op shabbat oop, maar mense kan die tent bespreek vir partytjies en vieringe en dan bedien ons volle Arabiese etes en ek sing en speel vir hulle. Dis groot pret!

Mama speel op die tromme en sing
Kinders in die tent

Ja, dit kan ons glo. Miskien maak ons so as ons weer iets belangriks wil vier.

Intussen was dit n spesiale dag wat my bietjie meer insig gegee het in die diversiteit van mense wat hier in Israel woon. Volgende week gaan ons juis na Arad diep in die Negebwoestyn na n Bedoeene-fees, want dis een van die etniese groepe wat in gevaar is om hul kultuur en tradisies te verloor.

Hul land het hulle klaar verloor, want sien: die wreld raas oor die Palestynse issue asof daar vir hulle geen uitkoms is nie, maar vir die Bedoeene is dit klaar te laat. Hulle is die werklike slagoffers van die opstel van grense met heinings en grensposte, van die vasstel van lande en burgerskap. Eeue lank was hulle die vryburgers van die woestyn, wat sonder politieke verteenwoordiging en mag in klein bendes deur die woestyn beweeg het, op soek na geskikte weiding vir hul diere. En juis omdat hulle nie in mag en politiek belanggestel het nie, is hul land weggeneem en kan hulle nie meer soos oor millennia heen deur hul woestyn trek nie. Omdat hulle die slagoffers van Arabiese sowel as kolonistiese Europese belange is, is dit in niemand se belang om hulle te beskerm nie. Arabiese olie regeer.

Deesdae is daar n nuwe bedreiging: Al-Qaida begin hul kampplekke in die byna onbereikbare plekke van daardie onherbergsame landgebied oorneem om as opleidingskampe vir hul eie euwels te dien, en die Egiptiese regering het nie die wil om iets daaraan te doen nie.

Die Bedoeene-kultuur is ryk aan tradisies; die aspek waarmee ons dalk die bekendste is, is hul borduurwerk. As jy weet hoe om dit te "lees", kan jy deur na n vrou se rok te kyk, weet presies waar sy vandaan kom en wat haar sosiale stand is. Uit die aard van die saak het hulle n groot kennis van die woestynplante vir medisinale gebruik sowel as vir kos. En dan is daar die musiek en storie vertel en ...

Dis n raar en eksotiese kultuur: dit mag nie verlore gaan nie.

Egon se nuusbrief, vervolg

Soos ek laas geskryf het, besluit ek en Judy dat ons verlede naweek die Bedoeene- fees buite Arad, een van die stede in die Negebwoestyn, sal bywoon. Ons ry reeds Donderdagmiddag af soontoe, sodat ons vroeg die volgende oggend vir die opening daar kan wees.

Toe ons by ons oornagverblyf aankom, kyk die man ons verbaas aan en s: Jammer, ek het n couple verwag.

Ons is n couple, s ek vinnig voor Judy nog eers kan dink hoe om die situasie te benader. Hy lig so half sy skouers en wys ons n kamer.

In orde? vra hy.

Ek bekyk die twee enkelbeddens en skud my kop: Nie rrig nie!!

Met n glimlag wys hy ons n kamer met n dubbelbed.

Dankie, s ek vriendelik en Judy gee hom n groot glimlag.

Julle is alleen vanaand in die gastehuis, s hy, so, geniet dit! Hy vertrek in sy groot Jeep.

Dankie, jyt dit goed gehanteer. Ek is nog soms skaam om sommer so prontuit te s ons wil n regte dubbelkamer h!" s Judy en ek word met n drukkie beloon.

Die volgende oggend vroeg is ons uit. Dis ongelooflik droog hier. Die wreld lyk asof dit mooi netjies gekam is nie n bossie te sien nie. Toe ons by Arad Park by die feesterrein kom, kan Judy nie vinnig genoeg parkeer nie, want ons wil net foto's begin neem. Daar is twee parkeerareas: een vir voertuie en een vir kamele, perde en donkies.

Geparkeerde donkies
Ook kamele word geparkeer

By die tweede staan n man met n plan van die bome en die metaalpenne wat in die grond vasgeslaan is en vir elke ruiter word n plek aangestip. So iets het ek nog nooit gesien nie. Vinnig besef ons dat hierdie dag aan stof gekenmerk sal word. Ons is dankbaar die wind waai nie, want elke dier wat beweeg, skep n klein stofwolkie wat gelukkig weer rondom hom gaan l.

Base van kamele.

Orals sit en staan groepe mans rond daar is min vrouens te sien en ons let op dat, soos ons tussen die groepe deur beweeg om foto's te neem, ons fyn dopgehou word.

Ons betaal toegang by die hek en gaan in na die eintlike terrein. Daar is stalletjies kos en handwerk wat my nogal aan n groot kerkbasaar laat dink net die kos en ware te koop verskil effens. Hier is dit ook die vrouens wat besig is om handel te dryf, buiten een manlike verkoper wat op n druppel soos Osama bin Laden lyk. Weird, merk Judy op, en hy lyk ook so kwaai!

"Osama bin Laden"
Borduurwerk

Ons vergeet summier ons het al ontbyt geet toe ons by die laffa-stalletjie kom. Laffa is n soort Arabiese pannekoek. Dis anders as die pannekoeke wat ons by kerkbasaars en straatfeeste eet deurdat dit met n gesuurde deeg gemaak word. Die vrouens vat n stukkie deeg, pluis dit uit en dan swaai hulle dit om en om totdat dit so groot soos n groot, baie dun pizza is. Dit word gaargemaak op n onderstebo wok wat oor n vuur of gasbrander staan hier in die woestyn maak hulle vure. Soos die dag verloop, is ons geskok om te sien hoe maklik hulle sommer die jong groen bome uitpluk om nog 'n bietjie vuur te maak, al is dit net om by te sit en gesels. Geen wonder die woestyn bly groter word nie!

So maak 'n mens laffa.

Maar terug by die laffa. Binne sekondes maak die deeg blasies en moet dan blitsig van die pan afgehaal word, anders brand dit weg die deeg is so dun. Die groot "pannekoek" word middeldeur gevou, met suur witkaas, olyfolie en zaatar bedien nes by ons Bedoeen-vriende in die noorde van Galilea. Die kaas is regtig suur en goed gesout en saam met die gladde smaak van die olyfolie is dit n heerlike kombinasie. Deesdae eet die kinders dit soms liewer saam met n sjokolade-smeer.

Met n laffa in die hand en olyfolie wat konstant dreig om by ons kenne af te loop, dwaal ons tussen die verskillende tente deur. In elke tent word n ander aspek van die Bedoeene se leefwyse verduidelik. Judy vertaal so vinnig as wat sy kan en ons probeer al die indrukke absorbeer. Deurgaans bly ons bewus van die feit dat daar baie meer mans as vrouens ronddwaal. Teen die middel van die dag is daar ook Joodse Israeli's en TV-joernaliste met groot, vet kameras orals te sien.

Daar word n optog van kameel- en perderuiters aangekondig en almal storm om dit te sien. Resies is op die program belowe, maar die Bedoeene het daarteen besluit: Eers mremiddag, s die kameel-parkeerbeampte vir ons. Die optog is kort en amper gouer verby as wat mens kon sien, maar ons kry tog n paar goeie foto's. Daar is n sekere teleurstelling in die lug almal het na die resies uitgesien.

Maar vervolgens is daar n optrede van die Joods-Arabiese musiekgroep Rababa-Tor. Die Joodse musikante kom uit Kibboets Lahav en die ander uit die Bedoeene- dorpe Kseifeh en Rahat in die Negebwoestyn. Hulle werk saam om n interaksie tussen Bedoeene-musiek en die Hasidiek-tradisie te bevorder. Wat veral interessant is, is dat die brug tussen die twee musiekkulture geskep word deur n Arabiese toonskaal wat dieselfde as die Hasidiek-toonskaal is. Hasidiek-musiek is nou verwant aan Klezmer, die musiek van die godsdienstige Jode uit die Oos- Europese ghetto's. Die atmosfeer in die tent is warm en almal geniet die konsert baie. Vir ons is dit die hoogtepunt van die dag.

Daar is ook optredes van die ouer lede van die Bedoeene-gemeenskap wat tradisionele "hofverrigtinge" uitbeeld en ander tradisionele musiek maak.

Die son begin sak en skielik is dit die einde van die dag se program en begin mense vinnig die terrein verlaat: in motors en bakkies, op kamele, perde en donkies. Ons is verbaas: die program het ges dat matrasse beskikbaar sal wees om daar in die tradisionele tente te oornag. Ons probeer uitvind, maar almal is baie vaag. Een man kyk ons met belangstelling aan en s: "Kom bly in my tent. Ek sal julle beskerm. Hier sal julle veilig wees.

Maar ons besluit om met die rooi sonsondergang eers nog foto's te neem van die vertrekkende kameel- en perderuiters.

En dan verdwyn die son agter die woestynsand en n koue luggie speel om ons rond. Ek is skielik bewus daarvan dat buiten n paar vrouens wat spesifiek saam met mans is, is ons die enigste twee vrouens oor. Ek kyk vraend na Judy en skielik s sy: Onthou jy daai fliek Boys dont cry? In hierdie gemeenskap sal hulle lesbirs net so behandel. Ek is bang.

En ek is nou so vol stof dat ek nie weet hoe ek dit het nie. In elk geval lyk dit nie daar gaan regtig vanaand kos gemaak word nie en ek is nou lus vir iets warms.

Daar is geen krag hier vanaand nie, waarsku een organiseerder ons in die verbygaan. So, kry julle goed bymekaar. Hoop julle het sterk flitse gebring!

Ons kyk net vir mekaar, klim in ons motor en vertrek saam met die laaste kameel. Ons voel teleurgesteld dat ons nie die nag in die woestyn kon deurbring nie, maar besef ook dat ons nie lus het vir bang wees nie. Dis jammer, maar die wet van die woestyn is duidelik n vrou hoort onder die beskerming van haar man of die mans van haar familie.

Dit laat mens ook sekere van die Bybelse wette beter verstaan, meen Judy in die ry. In hierdie wreld was daar nie plek vir twee vrouens om onafhanklik van mans te lewe nie. Ek is so ontsettend dankbaar dat ek nie by hierdie gemeenskap ingebore is nie! Sy druk my hand vlugtig en konsentreer op die pad.

Vrydagaande is die verkeer swaar en vinnig. Vier uur later is ons tuis. Nog nooit het ons woonstelletjie so welkom, knus en aantreklik gelyk nie. Terwyl ek onder die stort staan, loop die stofmodder oor my gesig. Nee kyk, ek wil geen Bedoeene wees nie. Ek hou van my gemak!


LitNet: 10 Januarie 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.