GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Berlyn steeds geliefde stad vir gays

Egon se nuusbrief uit Israel

Ma, ons handbal-span is genooi om aan die Patillebeker-toernooi in Gotenburg, Swede deel te neem. Ons is die enigste span uit SA wat genooi is! n Geweldige eer!

S laat weet my seun uit Stellenbosch my. Ons bestudeer die betrokke webruimte en besef dit is inderdaad n groot eer. Dit is die grootste toernooi van sy soort ter wreld en omtrent 800 spanne neem deel. Al wat van die span vereis word, is dat hulle hul eie reiskostes dra die res borg die organiseerders. Maar handbal is nie rugby of krieket nie, die span is te wit en die universiteit stel dus nie belang om sy span te help nie. Ons klompie ouers besluit om maar ons kinders te ondersteun in ons geval beteken dit ek en Judy...

N die tyd nooi ons hulle vir n roots-besoek aan Berlyn sodat hulle kan sien waar hulle Duits-Joodse oupa vandaan kom, s Judy. Die seuns is baie opgewonde en aanvaar dadelik die uitnodiging. Ja, maar nou is dit nie regverdig nie, meen Judy verder, ons moet maar vir dogtertjie ook nooi!

S gebeur dit dat ek en my geliefde n onvergeetlike week saam met my drie kinders in Berlyn deurbring. Ek kan my stamboom in hierdie stad naspeur na 1777 en ene Yehudah Roth sy voornaam het dieselfde stam in Hebreeus as Judy sn! Uit hierdie stad het my oupa Ernst in Junie 1939 van die Nazi's na Kaapstad ontsnap. Hy het sy eksvrou met hul twee kinders, my pa en tannie, agtergelaat in die geloof dat hul Lutherse status hulle teen hul Joodse bloed sou beskerm. Ouma Hella was nominaal Luthers en die kinders is in 1935 gedoop. Oupa Ernst se suster en swaer het dit nie oorleef nie, maar is in Auschwitz vermoor. Sy ander broer het spoorloos verdwyn. In my hart is baie vrae rondom die hoes en waaroms van my pa se jeug.

Ma weet natuurlik Berlyn is n gay-vriendelike stad. Ek hoop hierdie keer gaan julle twee bietjie kuier! s my seun op ons eerste dag. Hys natuurlik reg. In die jare twintig en dertig was Berlyn bekend vir sy oop en aktiewe gaylewe. Skrywers soos Christopher Isherwood, Stephen Spencer en WH Auden, wat deel van n groep gay skrywers gevorm het, het almal n tyd lank in Berlyn gewoon. Hulle was tot die stad aangetrokke onder andere vanwe sy gay-vriendelike houding en seksueel liberale lewenstyl. Die musiekblyspel Cabaret is gebaseer op Isherwood se The Berlin Stories. Dit was in 1934 dat Hitler, moontlik agv die invloed van die homofobiese Heinrich Himmler, gays by die wetgewing teen Jode en sigeuners ingesluit het en hulle verplig het om n pienk driehoek te dra. Vandaar die ontwerp van die homogedenkblad in Amsterdam.

Berlyn  'n collage

Op ons eerste dag saam in Berlyn beleef ons n bootvaart op die Spreerivier. Toe ons by die munisipale gebou verby vaar, vertel die gids: Hierdie gebou heet die Rooi Stadshuis vanwe sy rooi bakstene en nie vanwe die politiek van die vorige regime nie. Anders sou dit vandag die Renboog-stadshuis wees. Hy verwys na die feit dat die burgemeester van Berlyn, Klaus Wowereit, soos sy eweknie in Hamburg en Parys, n uitgesproke gay is. Daar word selfs bespiegel dat Bertrand Delane van Parys dalk op pad is na die Franse presidentskap.

Na my mening is Berlyn een van die mees opwindende stede in Europa, indien nie in die wreld nie. Sondagaand woon ons n Bach-uitvoering van die Thomanerkoor uit Leipzig in die Berlynse domkerk by. Die asemrowende skoonheid van die gebou, die suiwerheid van die akoestiek en die kwaliteit van die sang besorg ons n onvergeetlike aand. Ons aand van klassieke Spaanse dans by die Staatsoper was 'n hoogtepunt vir my seuns wat betref die prag en praal van die gebou n die dans. Dinsdagaand los ons die kinders om hulself te vermaak nie moeilik nie! terwyl ons na n konsert van Diana Ross gaan. Dis n pretaand en die gehoor, wat oorwegend gay mans is miskien 70 persent bly op hulle voete en dans die volle program deur. Me Ross ken haar gehoor in Berlyn en maak dit duidelik dat die liefde wedersyds is. Ons geniet dit om te sien hoe openlik gay couples hul verhoudings hier uitleef. 'n Mens sien dit ook op straat, in die supermarkte en in die teenwoordigheid van renboogvlaggies in kafees, restourante en klubs dwarsdeur die stad selfs om die draai van waar ons bly! Iets van die twintiger- en dertigerjare is terug.

Een aand wil my dogter gaan salsa dans en ons almal trek op na die Kulturbrauerei in die noorde van die stad. Toe ons daar aankom, is daar omtrent honderd pare besig om salsa te dans, en die soel Spaans-Amerikaanse klanke vul die lug. Om die dansvloer sit baie meer mense wat dophou terwyl hul gesels, eet en drink. Binne minute kom vra n jong man om met my dogter te dans en ons besluit haar broers kan na haar kyk. Ons dwaal weg en ontdek n vroueklub skuins oorkant die straat. Die eerste ding wat ons tref toe ons by Freizeitheim Club-Bar instap, is die ontspanne atmosfeer. Dis die soort plek waar jy stop om n koeldrank, n koffie of n bier te drink op pad huis toe van die werk, of n n aand in die teater vir n "nightcap", of sommer net om jou pelle te ontmoet, te gesels of n bietjie te dans. Ons sit by die kroeg en hou die drie kelnerinne dop: hulle is vriendelik en bekwaam en skep die mees interessante mengeldrankies. Orals sit paartjies of klein groepies vroue en gesels. Baie van hulle is duidelik plaaslik en ken die personeel goed, terwyl ander, soos ons, besoekers aan die stad is. Een groepie vroue kom uit Australi en n ander praat Frans. Ons is nie die oudste daar nie en my dogter sou ook nie die jongste gewees het nie. In der waarheid wou sy kom kyk het hoe kuier so n klomp vrouens saam, maar die salsa het te hard geroep. Die blondine wat optree as DJ is cute en het n woord vir elkeen wat verby stap. Ons geniet die aand!

Natuurlik besoek ons ook museums soos die Pergamon en die nuwe Joodse Museum met sy indrukwekkende argitektuur ons neem foto's van Tessa Uys se ma se klavier wat verlede jaar n amper 70 jaar van sy tuiste in Pinelands na Berlyn teruggekeer het!

Joodse Museum  'n collage

Gay paar in die Joodse Museum Ons stap af in Unter den Linde en besigtig die Humboldt Universiteit en die ander imponerende geboue aan weerskante van hierdie bekende straat tot waar dit doodloop in die Brandenburghek.

Brandenburghek: nou en toe

Van daar is dit n kort entjie na die omstrede nuwe monument ter herdenking van die Vermoorde Jode van Europa, nagenoeg ses miljoen van hulle. Dit het die grootte van vier voetbalvelde en is in die hart van die stad om die Duitse volk se diep berou oor die Holocaust uit te druk. Die argitek, Pieter Eiserman, beskryf die 2 700 betonblokke as 'n wapperende koringveld die beeld was vir my nie so duidelik nie. As mens eers op die perseel kom, voel dit na niks ek was teleurgesteld, maar dan, soos wat jy tussen hierdie blokke inbeweeg en die vloer onder jou rys en daal, begin dit jou insluk n gevoel van verlatenheid en beklemming neem oor. Onder die plein is n inligtingsentrum met oa verwysings na Hitler se bunker wat presies hier gele was.

Ons vat die kinders na die Orangenburger Strasse Sinagoge met sy museum. Dis n indrukwekkende gebou, al staan net die helfte nog, en sy goue koepel is een van die stad se bekende landmerke. Dis in die ou Joodse gebied gele, n omgewing wat onder die Kommuniste totaal verval het, maar nou herleef as die sentrum van alternatiewe kuns, klubs, restourante en teaters. Ons gaan kyk ook waar hulle oupa grootgeword het en ontdek dat sy huisbaas se seun, vandag n ou man, nog leef en my pa goed onthou. Wat hy my vertel, verander baie van my idees en bring nuwe insigte.

Brandenburghek 2

Ons drink elke dag n bier op n ander plein en verkyk ons aan die geboue wat verrys waar die berugte Berlynse muur die stad jare lank in twee verdeel het.

Linkstrasse 31, waar oupa Ernst voor sy vertrek gewoon het, is nou n wolkekrabber van glas en metaal.

Daar is geweldig baie om te sien en ons besluit almal volgende keer bly ons langer.

Hier wil ek n maand of twee net kom ws, s ek vir Judy. Ek wil gaan stap in die Botaniese Tuin nie ver van waar Pappa grootgeword het nie; ek wil gaan roei op die Wannsee soos wat sy kindertydse vriend ons vertel hy gedoen het; ek wil gaan kyk waar sy skool was; en saans wil ek in Freizeitheim-klub of een van die ander n bier gaan drink en ontdek hoe leef ons susters in hierdie gay-vriendelik stad.

Joodse gedenkteken

Wie weet, meen Judy, dalk kan ons een somer hier kom bly. Miskien is daar iemand in die Joodse gemeenskap wat graag wil uitruil en twee maande langs die Mediterreense see in Israel wil kuier. Mens weet nooit! En sy glimlag lief.

Sedert sy in my lewe is, glo ek selfs dit is moontlik!




LitNet: 11 Oktober 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.