GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar's die gayhoofstad van Brittanje?

Egon en Judy ontdek iets baie besonders in Londen en Brighton

Sommige stories moet eers gedistilleer word voor mens hulle kan vertel. Van ons belewenisse in Engeland tydens Pessach - einde April - val in diť kategorie.

In Israel vier ons die eerste aand van Pessach ůf saam met vriende en familie in die huis ůf soms saam met hulle in 'n gemeenskaplike "seder", soos wat die pasgamaaltyd bekend staan. Toe ons begin beplan om Londen toe te gaan, was ons vraag: Waar vier ons die pasgamaal? Ons soek op die internet en maak kontak met rabbi Janet Burden van 'n sinagoge in Sentraal-Londen. Sy waarsku dat hulle bietjie afwyk van die tradisionele liturgie, maar as ons daarmee gemaklik is, is ons welkom - ook as gay couple. Ons is ook elders heen genooi vir 'n tweede seder die volgende aand - iets wat net in die diaspora voorkom - maar besluit een so 'n aand is genoeg.

Ons word vriendelik welkom geheet en beland aan 'n tafel saam met 'n interessante versameling mense: 'n finansiŽle konsultant, 'n verslaggewer vir Time, 'n huisvrou en 'n dame met vele kwale en siektes! Ons geniet die aand en glimlag soms net bloot vir hulle onortodoksheid. Aan die einde gesels ons met een van die leiers in die gemeente en terwyl ons so gesels, kom Janet oor na ons.

"Indien julle deur nog so 'n aand kan sit, is daar mŰreaand naby Marble Arch 'n tweede seder waar omtrent 80 persent van die mense gay sal wees. Julle mag dit dalk interessant vind."

"Kom gerus," moedig Donald ons aan, "ek is aan diens by die deur en sal sorg dat daar iemand is om na julle om te sien."

Toe ons eers in die koel buitelug is, sÍ Judy: "Ek kan nie glo ons het nou net ingestem om te gaan nie! Mens sou sÍ een sessie van vier uur is genoeg!"

"Ek dink dit gaan pret wees. Verseker iets anders om vir Danie van te skryf," troos ek haar.

Ons gaan. Ons ontmoet ongelooflik interessante mense. Dit voel asof elkeen interessanter as die vorige is. Daar is ouer gays wat al jare in vaste verhoudings is. Daar is jong lesbiese paartjies - twee, om presies te wees - wat kinders saam het. Daar is paartjies waar net die een Joods is en die ander hom of haar verwonder aan die hele tradisie wat met soveel kleur en fleur uitgeleef en geniet word. Ons gesels en wissel adresse; ontdek dat ons vriende gemeen het en dat ons belangstellings deel. Dis 'n verstommende aand en as ons vier, amper vyf uur later uitstap, voel ons effe oorweldig deur alles wat ons beleef het: die warmte en aanvaarding wat ons gesien het; die soeke om aan 'n eeue oue tradisie 'n meer moderne gesig te gee sonder om die essensie van geloof en verwondering te verloor.

Wow.

Ons kuier nog 'n paar dae in Londen en trek dan af na Seaford, waar my skoonsus bly, om bietjie saam met haar te kuier. Die hartlikheid en liefde is heerlik en ons geniet elke oomblik van saam wees. Maar Sus moet werk en so stuur sy ons vir die dag Brighton toe: "The gay capital of the UK, my darlings. Go and hit the place!"

Met ons pienk kaart wat sy vooruit vir ons in die hande gekry het, haal ons die bus na Brighton. Die 25 kilometer vat bietjie meer as 'n uur, want dit stop by elke klein gehuggie en soms sommer in die middel van nÍrens klim tipies prenteboek Engelse tannies op. Alles baie tradisioneel en vroom - lyk dit vir ons.

En dan is ons in Brighton en begin ons soek na "die gayhoofstad van die VK", maar, wragtie, dit kruip goed weg! Op die ou end vind ons een kroeg en drink maar 'n biertjie saam daar en gesels met die kroegman - hy vertel ons dat daar nou net eintlik een plek is waar die girls ontmoet en ons vertrek op soek daarna. Tot op hede bied die sinagoge 'n beter storie vir Danie as die "gayhoofstad"!

Ons stap deur 'n oop tuinplein met 'n groot fontein in die middel. Aan die ander kant sien ons mense met ballonne, maar sonder om regtig te kyk, besluit ons dat dit seker 'n kinderpartytjie is. Dis eers as ons by 'n buitekafee sit om koffie te drink dat ons besef: maar dis grootmense.

"Daai lang girl is mos glad nie 'n vrou nie," sÍ Judy skielik. Ek sit my bril op. "Verseker nie," stem ek saam en ons besluit om te gaan uitvind wat aan die gang is.

Ons staan so al op die rand van die groep en vra-vra, maar eers wil niemand iets sÍ nie. Dan besluit ek om meer direk aan 'n man, wat meer simpatiek en oop lyk, te vra waaroor dit alles gaan. Dit is seker 'n groep van kort op dertig mense, elk met 'n ballon, en noudat ons nader staan, kan ons sien elke ballon het 'n kaartjie met 'n boodskap op.

"Ons vriend is dood en nou gee ons hom 'n soort 'send-off'," sÍ hy onseker.

"Mag ek vra hoe hy dood is?"

"Wel, dis moeilik," begin hy, maar iemand anders val hom in die rede: "Daar gaan 'n ondersoek wees, so, ons kan nie nou praat nie!"

Ons beweeg uit respek 'n bietjie weg, maar hou steeds alles dop. Die blondine met die lang bene sit musiek op en iemand spreek 'n woord, maar ons kan dit nie hoor nie. Dan laat hulle die ballonne los en van die ballonne begin opstyg in die laatmiddaglug. Almal kyk op, party waai, party vee trane af, party omhels mekaar, een huil openlik, maar niemand troos hom nie. Van die ballonne wil nie opstyg nie, maar sak tussen die blombeddings neer. Dis verskriklik hartseer - so asof nie eers die afskeid lekker wil uitwerk nie.

As die meeste weg is, tel ons een van die ballonne op. Ons lees:

Dear Phil

We had our moments. Just wish you could have phoned me.
Anyway I hope you've found peace and happiness where you are now!

Lots of love, Nora.
Phil het selfmoord gepleeg, besef ons. Ons praat verder met een van die mans wat agtergebly het oor die gay scene in Brighton. Dit klink nie meer so vrolik nie. Hy sÍ vir ons waar die ontmoetingsplek vir die lesbians is en ons stap soontoe.

Ons besluit ons het nou eerder bier as koffie nodig. Toe ons instap, sien ons daar is meer mense hier as in enige van die plekke wat ons tot dusver besoek het en die atmosfeer is vriendelik en ontspanne.
Brighton Posters

Groot plakkate versier die mure. Die kroegman is van Wes-Indiese afkoms en ons gesels lekker met hom. Sy baas is 'n kwaai dyke en hy verdwyn vinnig om verder van die ander kliŽnte te bedien.

Wanneer Judy van die toilet af terugkom, glimlag sy breed.

"Sien jy die jong vrou daar anderkant? Sy't gemaak asof sy my nie sien nie en toe ek haar ligweg op die skouer klop om verby te kan gaan, sÍ sy: 'Princess, touch my bum, not my shoulder!'"

Ek draai om om na haar te kyk net toe sy omdraai om te kyk waar Judy is. Sy kom dadelik oorgestap en vra om verskoning - sy't nie besef Judy is saam met iemand nie. Ons raak aan die gesels. Sy vier vandag haar 32ste verjaarsdag, vertel sy, maar is eintlik baie hartseer. Sy en haar partner van agt jaar is uit mekaar en hul huis is vandag verkoop. Sy gaan padgee uit Brighton - terug noorde toe van waar sy kom. Sy probeer vol grappe en dinge wees, maar die hartseer lÍ vlak.

Later begin ek met 'n ouer vrou gesels. Sy sÍ ek lyk soos 'n maatskaplike werker en eers ontken ek dit. "Hoe sal jy weet?" vra ek.

"Omdat ek een is en ek kan ander altyd herken!"

"OK, ek was jare lank een, nou gee ek Engels in Israel." Ons gesels lekker. Ons vertel haar van die ballon-episode en sy antwoord dat daar baie probleme in die gay- sowel as die breŽr gemeenskap is: "Lots of substance abuse. Suicide is not uncommon here!" Sy skilder nie 'n gelukkig prentjie nie. "As jy jou verhouding wil behou, is dit beter vir jou om nie by die kroeŽ en klubs uit te hang nie," meen sy. Dis dieselfde storie as wat ons in MŁnchen gehoor het.

Ons klim op die bus terug Seaford toe na my skoonsus se snoesig-verwelkomende woonstelletjie. Net toe die bus wegtrek, sien ons "Prinses" uit 'n ander kroeg kom - sy loop onseker en lyk nog meer mistroostig as vroeŽr. Hoe anders as die mense en verhoudings wat ons by die seder in Londen ontmoet het. Ons sit styf teen mekaar in die bus asof ons uit ons saamwees troos wil put.

"Daar was iets ergs hartseer aan Brighton, nie waar nie?" merk ek teenoor Judy op.

"Elke mens het 'n punt van waarheid in jou lewe nodig, iets waarin jy glo en wat groter is as jy self," meen sy, en ek kan sien haar gedagtes is vol van alles wat ons beleef het.

Ja, dit herinner my aan wat Nietzsche gesÍ het: dat die mens wat 'n hoekom in die lewe het, enige hoe kan hanteer. Die ding wat my uit hierdie ervarings in Brighton bybly, is dat die mens sonder 'n hoekom gewoon geen rede tot 'n sinvolle lewe het nie. Die deelneem aan rituele en die soeke om aan ou tradisies nuwe sin te gee, help dat ons 'n hoekom buite ons self - groter as ons self - vind. Dis nodig om te kan oorleef in die harde realiteite van ons dag!



LitNet: 26 Julie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.