GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oorwinning in hoogste hof vir gay- ťn kinderregte

Egon se nuusbrief uit Israel 17

"Kom gou. Daai couple gaan nou saam met die kinders op televisie wees. Kom!" roep Judy my wakker.

Ek strompel uit my warm bed. Watter couple? Watter kinders? Wie is so belangrik dat ek so vroeg moet wakker word?

Ek klouter langs Judy op die bank en probeer fokus kry op die klein vierkantige skermpie. Die vroegoggendnuus is net verby en die aanbieder van die tydskrifprogram wat op die nuus volg, begin 'n gesin voorstel. Soos ek begin wakker word, besef ek dat daar twee ma's en geen pa is nie. Nou is ek regtig wakker en weet ek hoekom Judy my so woes uit my slaap geruk het.

Die jaar het begin met deurslaggewende nuus vir die gaygemeenskap in Israel. Op 10 Januarie het die hooggeregshof 'n beslissing ten gunste van Tal and Avital Yaros-Hakak van Tel Aviv gemaak, waarvolgens hulle mekaar se kinders mag aanneem. Die beslissing gee nie erkenning aan die verhouding van die twee vroue as 'n "same-sex couple" nie, maar gun hul bloot die reg om mekaar se kinders aan te neem. Dis 'n belangrike stap vorentoe.

Voor my op die skerm sit twee professionele vrouens en drie seuns, die kinders gebore uit hierdie verhouding. Tal en Avital is reeds vyftien jaar saam en het gekies om saam 'n gesin te begin.

Tal het twee seuns, Ar'el, veertien jaar oud en sy kleinboetie Yuval; en Avital is die moeder van tienjarige Yahel. Hulle het met behulp van die spermbank swanger geword. Tal is hoof van die Departement Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Tel Aviv, terwyl Avital betrokke is by kankernavorsing aan die Departement Gesondheidsdienste. Beide vroue het doktorsgrade.

Twee dinge staan uit in hierdie televisie-onderhoud: die simpatieke wyse waarop reguit en soms moeilike vrae gestel word en die ontspanne wyse waarop dit beantwoord word. Dit is veral opvallend met hoeveel openlikheid die seuns die vrae beantwoord met betrekking tot hoe die hofsaak en beslissing hulle affekteer. Die oudste wys gou daarop dat twee ma's vir hulle 'n absolute feit en realiteit is, waaraan die hof nou bloot erkenning gegee het. Hulle as seuns het nog nooit getwyfel aan die liefde en toewyding van hulle twee ma's nie.

"Maar as jy by maats kuier en jy sien hulle saam met hulle pa, wat gaan dan in jou kop aan?" vra die onderhoudvoerder.

"Niks in besonder nie." Hy lig effens sy skouers. "Dit maak hulle gelukkig en my opset maak my gelukkig!"

"Maar wat dink hulle as hulle by jou huis kom kuier?" gaan sy voort.

"Niks. Hulle is gewoond daaraan - dis soos hulle ons ken!"

"Onthou," voeg sy moeder, Tal, by, "in 'n stad soos Tel Aviv is daar baie vorme van die tradisionele gesinstruktuur."

"Ja," vra die ondehoudvoerder, "maar is jy nie bekommerd oor wat dit aan jou seuns se ontwikkeling gaan doen om sonder 'n manlike rolmodel groot te word nie?"

"Jou eerste aanname is reeds verkeerd," meen die professor in maatskaplike werk. "Daar word reeds twintig jaar navorsing in veral Amerika gedoen oor alternatiewe gesinstrukture en daar is geen verskil in die ontwikkeling van kinders uit hierdie soort huishoudings in vergelyking met die tradisionele gesin nie. Dis die liefde en erbarming wat bestaan of nie bestaan nie wat die deurslaggewende faktor is. Tweedens is jy verkeerd om aan te neem dat omdat daar geen pa is nie, daar geen manlike rolmodelle is nie. Daar is ooms, neefs en huisvriende."

Vir Yuval - 'n snipperige agtjarige outjie - is die lekker van die saak dat al sy maatjies hom nou al op televisie gesien het en dat dit duidelik vir hom nuwe status onder hulle gegee het. Op die vraag wat hierdie maatjies verstaan van die hofsaak, meen hy dis seker nie veel nie, maar dat hulle nou al gewoond is dat hy twee ma's het. Die feit dat hy die middelpunt van soveel positiewe aandag was, is duidelik vir hom lekker en hy gesels gemaklik met die kamera. Yahel vertel skaam-skaam dat die onderwyseres 'n volle uur gebruik het om alles, ook alternatiewe gesinstrukture, mooi aan die klas te verduidelik en hulle daarop gewys het dat elke mens die reg het op sy eie lewenstyl. Terwyl vrae aan hom gestel word, kyk hy kort-kort na sy ouer broer, wat hom met 'n glimlag aanmoedig.

Hier voor my sit 'n gesin wat wÍreldwyd nuus gemaak het met die oorwinning wat hulle behaal het: nie slegs vir gayregte nie, maar ook vir kinderregte. Hierdie hofbeslissing onderskryf - dit het regter Saviona Rotlevi duidelik gestel - die reg van die kind op beskerming op 'n wyse wat in sy belange tel, al is dit teenstrydig met die vooroordele van 'n groot deel van die samelewing. Die belang van die kind moet te alle tye voorrang geniet.

Soos ek na hierdie gesin kyk, sien ek dat hierdie beginsel hier bewaarheid is. Die kinders voel gemaklik genoeg om openlik oor interne huisreŽlings te gesels. Hulle besluit watter ma die kwaaiste een is. Daar word onderling gekommunikeer met mekaar op 'n wyse wat die liefde en trou tussen hulle almal duidelik weerspieŽl.

In 'n stadium sÍ die onderhoudvoerder: "Julle is duidelik gelukkig met die beslissing. Hoe het julle gevier of gaan julle nog vier?"

Voor een van die ma's kan antwoord, sÍ Ar'el: "Ons het pizza bestel ..."

"Seker 'n gesinspizza," val die onderhoudvoerder hom in die rede en almal lag.

"Ja," gaan Ar'el voort, "en ons gaan Vrydagaand in 'n restaurant verder vier!" Hy lyk baie opgewonde en in sy skik. Die lewe klink vir hom goed!

Dat die stryd wat in 1997 in die Ramat Gan, Tel Aviv se gesinshof, begin is, nie vir die twee vroue maklik was nie, is voor die hand liggend. Avital stel dit so: "Dis geen ligte saak om te besluit om die lewe so te lewe en nie weg te kruip nie. Om 'n maat (partner) te vind en kinders binne hierdie soort gesinstruktuur in die wÍreld te bring, is nie maklik nie." Maar toe die kamera 'n terugblik toon van die oomblik nŠ hulle die beslissing in die hof gehoor het en mens die vreugde en opgewondenheid op hul gesigte sien, weet jy ook dat dit die moeite werd was.

Terwyl die onderhoud ten einde loop, loer ek vir Judy en sien sy het ook trane in haar oŽ. Sy is so lief vir kinders dat sy my kinders soos haar eie aangeneem het, maar, ongeag alles wat sy al vir hulle gedoen het, geniet sy geen wetlike status in hul lewe nie. My kinders is in elk geval vandag te oud dat die hof so 'n beslissing oor hulle kan uitspreek. Hulle is reeds vir hulself regsverantwoordelik. Die verbintenis tussen hulle is dus gebaseer op liefde en trou en daarvan is daar, goddank, genoeg!

Later die oggend wanneer ek by die oubaas vir wie ek "char" aankom, vra hy my of ek die interessante ding op TV gesien het.

"Waarna verwys jy?" wil ek onskuldig weet.

"Na die onderhoud van die twee vrouens en hul drie seuns."

"O, dit, ja. Wat dink jy daarvan?"

"As dit vir die kinders goed is, is dit seker in orde. In Hebreeus het ons 'n gesegde wat jy sou kon vertaal as: 'Indien wel, dan wel.' Dit beteken maar eintlik net dat as jy die ding aan die gang gesit het, beter jy dit reg voltooi. Die kinders lyk heel oulik en goed aangepas - glad nie moffierig nie!"

Dan hy skink vir ons twee koffie in.

Is dit nou om te vier of is dit bedoel as boeretroos?

Ek vra liewer nie! Net dankbaar vir sy positiewe houding!



LitNet: 2 Februarie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.