GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Storie vir Kersfees

Egon se nuusbrief uit Israel 16

Een Sabbat-oggend was ons twee nog diep onder die vere toe die telefoon lui. Ek kreun: "Moenie antwoord nie!" maar Judy herken die telefoonnommer en antwoord. Ek lei af sy praat met Edith, een van die ou dames wat sy soms met briewe ensovoorts help; sy belowe om binne vyftien minute daar te wees.

"Ek dog die Sabbat is heilig," sÍ ek teleurgesteld toe sy uit my arms uit die bed opstaan.

"Dit is, maar Edith is oud en wil hÍ ek moet nou kom om haar te help. Draai om, dan slaap jy nog! Ek bring vir jou tee in die bed sodra ek terug is," belowe sy.

'n Uur later vertel sy vir my oor 'n koppie tee waaroor die haas was. Eintlik kon dit gewag het, maar ou mense wil dinge doen sodra hulle daarop besluit het en in diť geval was dit tog belangrik. Judy vertel my dat Edith finaal besluit het om aansoek te doen om restitusie-geld uit Duitsland vir die pyn en lyding wat sy as gevolg van die Holocaust verduur het. Judy moes die aansoekvorms in Duits vir haar invul, dws vertaal en die eintlike skryfwerk doen. Judy het al verskeie oorlewendes hier so gehelp en ken al die prosedures.

Edith kom uit RoemeniŽ. As kind het sy polio gehad en was lank in 'n gipsverband, maar sy het leer loop en het 'n gewone skool bygewoon. Sy was 'n slim dogter en was reeds op universiteit as ingenieurstudent toe die oorlog uitgebreek het.

Gedurende die oorlog het sy beskerming in die huis van 'n Nazi-offisier gevind, waar sy as huishulp gewerk het. Dis onduidelik uit haar vertellinge of hy besef het dat sy Joods is. Eendag op straat het 'n soldaat haar aangerand, nadat hy wel besef het dat sy Joods is, en sy is ernstig beseer. Tydens die voorval is haar heupe verder beskadig. Sy vertel ook dat sy 'n tyd lank in 'n konsentrasiekamp in Oostenryk was. (RoemeniŽ was die tuiste van ongeveer 760 000 Jode in 1939; omtrent 420 000 is agvNazi-beleid in die land vermoor, terwyl ongeveer 100 000 na die kampe gestuur is - die meeste na Auschwitz.) Sy het die kamp oorleef en nŠ die oorlog huis toe gegaan, waar sy haar studies aan die universiteit suksesvol voltooi het. Later was sy as ingenieur verbonde aan RoemeniŽ se eerste kernreaktor. As gevolg van haar besering en gestremdheid het sy nooit getrou nie. Dat sy nie kon kinders hÍ nie, was veral 'n groot hartseer in haar lewe. Sy het na Israel gekom reeds toe sy afgetree was, omdat sy 'n spesifieke operasie benodig het wat hulle nie vir haar in RomeniŽ wou of kon doen nie.

Die aansoek waarmee Judy haar gehelp het, is eers afgewys, maar meer as twee jaar later kry sy onverwags die geld. Ons is baie bly om dit te hoor, want soos alle RoemeniŽrs wat in die tyd van die kommunisme hierheen gekom het, mag sy net 70 kg bagasie saam met haar gebring het en geen foto's nie! Sy moes haar woonstel en al haar besittings net so agterlaat - dit was regeringsbeleid. Dus woon sy hier op die minimumstaatspensioen in 'n ekonomiese-behuisingskema. Ons verwag dat sy die geld dadelik sal gebruik om vir haar 'n nuwer driewielkarretjie vir gestremdes te koop.

Ons gaan kuier om die goeie nuus te vier.

"Ek is so bly julle kon kom. Ek het baie goeie nuus om julle te vertel. Ek het besluit om die geld na RoemeniŽ na 'n skool vir blindes te stuur. Die kinders benodig spesiale rekenaars wat met hulle kan praat en ek het die rekenaarprogram opgespoor en bestel."

Sy straal van die geluk en is verontwaardig toe ons nie reageer soos sy verwag het nie. Ons vra na haar "Rolls-Royce", soos sy haar driewielkarretjie noem, wat al oud is en probleme gee. Behoort sy dit nie te vervang nie?

"Nee, julle verstaan nie. Ek is oud - 84 hierdie jaar. Ek het baie pyn. Hulle sÍ hulle kan my nie help nie. Maar die kinders ... hulle het hulle hele lewe nog voor hulle. Met die rekenaars wat my geld kan koop, kan hulle 'n beter opvoeding kry en dus 'n beter kans op die lewe. Dis wat ek wil hÍ!"

"Maar, Edith, dalk kan jy weer Europa toe gaan na een van die gesondheidsklinieke."

"Nee, ek is te oud en in te veel pyn. Maar die kinders ... Ek wil hulle help!"

Ons kyk met verwondering na haar. Dis die eerste keer dat sy so openlik oor haar pyn praat. Een maal te vore het sy selfmoord probeer pleeg juis vanweŽ die pyn, maar nooit weer daarna verwys nie. Sy woon alleen en het net een neef, wat nie hier plaaslik woon nie. Soos baie ander ou mense wat die Holocaust oorleef het, het sy min familie en is baie alleen. Sy doen al haar eie besigheid en gaan swem gereeld in die swembad van een van die hotelle: die eienaar het haar spesiale vergunning gegee sodat sy nie hoef te betaal nie. Sy glimlag altyd en geniet dit om mens in haar klein woonstelletjie te onthaal vir 'n smaaklike ete van gevulde kool met fyn aartappels, 'n tamatie en komkommerslaai. Daar is gewoonlik vrugte vir nagereg en altyd 'n bottel Roemeense pinot noir.

Vir die eerste keer sedert sy na die land gekom het, het sy geld om haarself mee te bederf en nou wil sy dit vir die blinde kinders in RoemeniŽ stuur sodat hulle lewens kan verbeter.

"Weet julle, die Roemeense regering ontken al die jare dat die Holocaust enigsins RoemeniŽ ook beÔnvloed het, maar dis nie waar nie. Ek weet! Nou wil ek hÍ dat hierdie Christenkinders moet weet dat daar Jode in Israel is wat vir hulle omgee en vir hulle iets goeds wil doen! Dis baie belangrik en daarom het ek dit gedoen. Ek het in elk geval al die geld gestuur. Kyk die mooi bedankingsbrief wat ek van die hoof gekry het! Alles net betyds vir hulle Kersfees!"

Ons lag skielik met die besef dat sy eers gewag het tot die daad gedoen is voor sy vir iemand vertel het - nou kan ons haar nie van plan laat verander nie! Wat 'n merkwaardige ou dame!

Dit alles het 'n jaar gelede gebeur - en toe die ander dag ...

'n Ander ou tannie vir wie Judy met 'n soortgelyke aansoek gehelp het, skakel ons. "Judy, ek het my geld uit Duitsland gekry. Ek wil van dit skenk aan iemand in nood. Sal jy dit vir my hanteer?"

Toe Judy die telefoon neersit, is daar trane in haar oŽ. "Ons sal nou hierdie geld kan gebruik sodat Edith daai nuwe behandeling vir die pyn kan kry! So sorg die een vir die ander. Is dit nie wonderlik nie!"



LitNet: 15 Desember 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.