GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Vrede by die "toring van Babel" in Israel

Egon vertel van die wonderlikheid van al die tale om haar en Judy

Nuusbrief uit Israel 15

Elke week lees Jode die wêreld deur dieselfde stuk uit die Tora ofte wel die Bybel. Hierdie week se stuk handel oor die vloedgeskiedenis tot by die toring van Babel en die verwarring van tale as straf vir die mens se arrogansie. Maar soms is so 'n verwarring van tale eintlik baie mooi.

"Genoeg van die 'fresserei'" sê Judy ná sy my op en af van die badkamerskaal gejaag het. Die inligting wat die skaal gee, is duidelik te skokkend vir woorde, maar wat kan mens verwag ná drie maande rondom die kospotte van Egipte - Suid-Afrika - selfde kontinent -selfde ding! "Oefening, dis wat ons nodig het," gaan sy voort in haar beste onnie-stem. "Môreoggend om sesuur gaan ons oefenprogram begin!"

"Kan nie," kap ek lui terug. "Ons kan nie toegang tot die gym bekostig nie!" Goddank, dink ek stil.

"Nonsens! Ons kan swem in die see. Tussen die rotse aan die einde van die promenade en die punt van die keermuur is 'n ruim 100 meter en jy sal sien hoe baie mense daar oefen."

"Ek kan nie!" kerm ek. "Ek kan nie train in die see nie!"

"Nonsens." In haar stem hoor ek my kinders se stemme: "Ma, jy's 'n loser. Wil jy vet bly?!"

En sowaar, net voor ses die volgende oggend lui die wekker en jaag sy ons uit die bed na die kar en so land ek half aan die slaap op die strand. Maar my oë gaan vinnig oop - die gesig voor my is idillies. Voor my lê die klein baai so plat soos 'n spieël en daarop dryf 'n klomp gekleurde hoede en swempette.

Dit lyk soos 'n groot water aërobiese-oefening-klas wat daar op en af oefen, gesels en lag. Die watertemperatuur is soos lou badwater en ons swem rustig uit om tussen die twee punte van die baai te oefen.

Dis ongelooflik mooi en rustig. 'n Wyle kan mens vergeet van die oorlog in Azza, die kwaai brief van die bankbestuurder, en my baas wat dreig om my Engelse klasse vanweë te min studente te sluit. Aangesien hy die een is wat volgens sy bui van dag tot dag besluit wat te min of genoeg is, word my inkomste erg bedreig. Maar nou laat ek my nie toe om daaraan te dink nie. 'n Kort rukkie lank vertoef ons in die paradys. Bo die water is al die gekleurde hoede/pette van die vroegoggendse vergadering, en onder die water, wat so helder is dat dit moeilik is om afstand te skat, swem duisende klein silwer vissies. Elke dan en wan kry hulle lus vir vars lug en dan vorm hulle silwer strepe oor die blou water. As jy lank genoeg op een plek bly, kom groteres met 'n swart kol op die stert en knibbel aan jou voete - dit voel nogal kielierig.

Ons swem meer as 'n halwe kilometer voor Judy aandui dat dit vir 'n beginslag genoeg is. My arms voel soos jellie, maar ek voel gelukkig en tevrede. Terwyl ons stadig uitstap, luister ons na al die gesels om ons.

"Luister fyn," sê Judy. "Hoor jy die Roemeniërs daar anderkant gesels? Na links is die ou Jekkes. En natuurlik kan jy darem nou al die Russies herken!"

Jekkes is die noemnaam vir die Duitsers wat ons dorp in 1933 gestig het. Hulle het mekaar formeel op hul titels van die ou land aangespreek - byvoorbeeld Herr Doktor - terwyl hulle op die lande geswoeg het. Die woord jekke kom van die Engelse woord jacket, want hulle het altyd baadjies gedra. Vandag impliseer die woord dat iemand afstam van die ou pioniers, of dat die persoon baie presies en puntenerig is.

Ek luister fyn soos ek gemaan is en glimlag. Deesdae hoor mens Argentynse Spaans ook tussendeur. Daai mooi vrou met die bolla op die kop wat so flink haar arms op maat van haar eie musiek oefen, kan net van Spaanse afkoms wees. Maar die man met die witter as wit vel en geen haar op sy lyf nie kan net 'n Rus wees. Al praat hulle nie, leer mens tog die nasies onderskei.

Maar wat doen hulle dan?
Swimming prohibited
Sandy

Aan die begin kon ek skaars die tale uitmekaar ken. Ek onthou vroeg in ons vriendskap moes ons 'n vriendin op die lughawe gaan afhaal. Soos ons deur die toenemende verkeer ry, gesels ons rustig. Skielik begin Judy "vloek".

"This kak is terrible! We're going to be late!"

By die vierde of vyfde herhaling vra ek: "Where did you learn to swear like that in Afrikaans? Or is it also Dutch?"

Sy kyk my verward aan.

"Kak," sê ek verontwaardig, "the traffic is bad but why keep calling it shit? Is that necessary?"

Dan raak sy aan die lag. "Not 'kak'. 'Pkak' - the Hebrew word for traffic jam!"

Kort ná my aankoms hier as nuwe immigrant gaan ek Hebreeuse klasse toe en kom ek weer eendag gefrustreerd en verward by die huis. Ek weet sowaar ons het nie vandag oor die verkeer in die klas gepraat nie, maar elke tweede woord wat van die ander studente sê, is "kak".

"Relax," troos Judy my, "in Russies beteken dit 'wat?' Hulle verstaan skynbaar net so min soos jy!"

Terwyl ek na al die tale om my luister, onthou ek die insidente en glimlag. Nou verstaan ek al heelwat meer Hebreeus, al is ek te skaam om veel te praat. Die water is so heerlik dat nóg ek nóg Judy wil uitklim om die dag se werk te begin, maar ons moet.

Dan hoor ek die een ou tannie sê vir die ander: "Hab vergessen liknot lechem!" Die Duitse deel beteken: "het vergeet"; die Hebreeus, "om brood te koop".

"Ach so!" troos een vriendin in Duits.

'n Ander een troos: "No problem! Ha makollet petuach." (Die winkel is al oop.) Almal glimlag tevrede.

Die dag is mooi, die water net reg, die vissies swem en oomblikke lank is ons wêreld die paradys en die Babelse verwarring van tale het 'n bietjie kleur bygedra.

En ons sing terwyl ons afspoel onder die strandstorte:

Summer time and the livin' is easy
Fish are jumpin'
And the dubie dudu ...

Ken iemand die res van die woorde? In enige taal!



LitNet: 05 November 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.