GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Goeie adres ook vir gay moeders oor vyftig

Egon en Judy by ’n feministekongres

Nuusbrief uit Israel 12

Toe ek en Judy ’n couple geword het, wou ons uitvind wat in die gay-scene hier in Israel gebeur. Ons het allerhande weŽ gevolg om kontak te maak met ander lesbians, maar dit het gelyk asof daar nie werklik deure is wat kan oopgaan nie. NŠ my trek hierheen was daar die kontak by ons gereformeerde sinagoge en so een of twee kontakpunte, maar nie veel meer nie. In elk geval was ons besig met huis opsit en om vir my ’n plek oop te grawe in die arbeidsmark.

Maar soms gebeur die onverwagte en een ding lei tot die volgende sonder dat mens dit bewustelik beplan. In Desember, toe my meisiekind hier gekuier het, is ons saam met die plaaslike duikklub Dahab toe. Omdat ek ’n bietjie tyd saam met my kind wou geniet, het Judy ’n kamer met die enigste ander vrou in die groep, Dena, gedeel. Om en by die tweede dag sÍ Dena dat sy dink dat ek en Judy met haar ma, Gila, en diť se partner goed oor die weg sou kom. “Julle het baie met mekaar gemeen,” vertel sy. “Sy en haar partner, ook Judy, hou ook van  ...” Dadelik besef ek dat sy vir my probeer aandui dat sy verstaan dat ons ’n couple is en so gebeur dit dat ons ’n paar maande later Gila en haar Judy oor ’n smaaklike ete ontmoet.

Ons ontdek dat ons inderdaad vele belangstellings deel, onder meer boeke en vroue-issues. Gila stel voor dat ek vir hierdie nuusbrief ’n onderhoud voer met Rauda Morcos, ’n Palestynse lesbiese aktivis, en sy gee my haar eposadres.

Die ontmoeting met Rauda (oor haar skryf ek later veel meer) lei daartoe dat ek en Judy hierdie naweek ’n klein deeltjie van die vyftiende feministe-kongres bywoon. VanweŽ ons vol program kon ons net ’n paar uur daar wees, maar uit hierdie ervaring leer ek baie. Die tema van die kongres is die bemagtiging van vroue, veral ekonomies. Die Arabiese en Palestynse vroue praat openlik oor hul smart en swaarkry as gevolg van die politieke situasie en die voortdurende geweld. Die Arabiese vroue wat stalletjies het, word begelei deur mans uit hul gesinne wat moet toesien dat hul kontak na buite binne aanvaarbare perke geskied. Vir ons as vry Westerse vroue is dit ’n hartseer gesig. Dan is daar ook die lesbiese vroue soos Rauda wat reeds teen hierdie perke gerebelleer het en wat nou namens haar susters “behind the veil” in die bres tree. Soos sy dit verwoord: “We are women, we are Palestinians, and we are gay: triply oppressed.”

Die kongres vind plaas in ’n opvoedkundige sentrum Givat Khaviva, vernoem na Khaviva Reich, ’n jong vrou “who was sent as paratrooper during the Second World War to Slovakia where she was caught and executed by the Nazis”.

Daar is verskillende werkseminare aan die gang in Hebreeus en die program is vol interessante onderwerpe. Orals op die grasperke sit en lÍ klein groepies vroue rond, diep in gesprek.

Ek raak aan die gesels met Batya, ’n Amerikaanse Israeli wat reeds ses jaar saam met haar partner woon. Albei was vroeŽr getroud en het seuns. Met Batya se egskeiding het haar eks ’n hofsaak teen haar gemaak en so het sy twee jaar lank toesig oor haar drie seuns verloor. Vandag woon haar jongste (13) by haar, haar oudste (21) verdeel sy tyd tussen haar en haar eks, maar haar middelkind (17) is terug Amerika toe en woon by sy tannie. Ek en sy deel ons hartseer om so ver van ’n mens se kind te wees.

Nieteenstaande haar onsuksesvolle hofsaak glo Batya dat Israel nogtans ’n goeie adres vir gay couples is. “Look at the cup and see it’s half full!” meen sy.

Ruthi nooi ons om by haar nuwe groep in Haifa aan te sluit: ’n ondersteuningsgroep vir vroue oor vyftig. “Ons is in ’n ander fase van ons lewens met ander behoeftes,” sÍ sy. Ek ontdek dat sy en Aviva, wat die groep saam met haar stig, maatskaplike werkers is en hulle vertel my van die programme wat in die lewe geroep is om jong gays te begelei deur die proses van “uit die kas kom”. Daar is ook berading vir hul ouers, en ek stel dadelik belang om by die program betrokke te raak. Ons spreek af om nŠ die somer bymekaar te kom.

’n Jong vrou met ’n kaalgeskeerde kop probeer ’n maankalender aan ons verkoop. Sy verduidelik dat, net soos die maan, ’n vrou se lewe deur ’n 28-dae-siklus beweeg en ons ons lewens daarom in ritme met die maan moet beplan. Judy lyk erg skepties en ons koop liewer ’n koppie sterk Arabiese koffie en ’n stuk wortel-en-sjokolade-koek. ’n Ruk lank verlustig ons ons daarin om te kyk na al die vroue wat rondbeweeg, met mekaar gesels en soms flirt. “’n Goeie rede om jou Hebreeus te verbeter!” sÍ Judy toe sy my frustrasie van nie kan verstaan wat alles gesÍ en geskerts word nie, oplet.

Amper al die vroue met wie ons praat, meen dat die lekkerste deel van die kongres is om net ’n klomp vroue alleen saam te wees. Vir die gay couples is dit ’n geleentheid om ander te ontmoet en oor gemeenskaplike issues te gesels. Die kontras tussen ons vryheid en die tekort daaraan van die Moslemvroue, wat met arendsoŽ deur hul mans dopgehou word, was skerp en pynlik. Ek kon nie help om te wonder wat deur hul gedagtes gaan nie.

Die son sak in ’n ontploffing van goud, brons en pienk oor die Middellandse See terwyl ons by die hek uitry. Volgende jaar is ons terug, met meer Hebreeus (ek) en tyd om alles te geniet en aktief deel te neem.



LitNet: 14 Junie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur ’n e-pos na dbbotha@mweb.co.za.

DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.