GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As jy kies om ’n gay Israeli te wees

’n Vriendin vra Egon of dit nie sentimentele waansin en masochisme is nie:

Nuusbrief uit Israel 11

Wat laat ’n mens jou land van geboorte verlaat, veral as jy geliefdes agterlaat? Sekuriteit? Geld? Vrees? Ek glo vir elkeen wat dit doen, is die antwoord anders en kompleks.

Volgens die Hebreeuse kalender is dit vandag presies vyf jaar sedert ek daardie besluit geneem het. Alle vakansiedae word hier bepaal deur die Hebreeuse kalender. Sewe dae na Pasga gedenk ons die Jode wat in die Holocaust gedood is, en sewe dae daarna is die Gedenkdag vir die Gevalle Soldate — 21 782 het sedert 14 Mei 1948 gesterf toe hulle hul land verdedig het. Omdat my besluit om te immigreer so nou verband hou met die gedenkdag, vier ek dit op hierdie spesiale dag op die Joodse kalender eerder as volgens die Gregoriaanse kalender.

As die son sak vanaand en die eerste sterre gesien kan word, begin die Dag van Onafhanklikheid en vier ons Israel se 56ste bestaansjaar. Op hierdie gedenkdag, sowel as sewe dae gelede, toe ons die Holocaust herdenk het, blaas die oorlogsirene twee minute lank en die hele land kom tot stilstand. Vyf jaar gelede is ek saam met honderde andere in die hartjie van Jerusalem tot stilstand geruk deur die geween van daardie sirene. In ’n land soos Suid-Afrika, waar oorlogsirenes nog nooit oor sy stede of dorpe hul boodskap van die vyand-voor-die-deur uitgebasuin het nie, is dit moeilik om jou voor te stel hoedat die geluid die murg in jou bene laat sidder. En dan kyk jy na mense se gesigte en sien jy as ’t ware hoe die herinnering aan gevalle geliefdes oor hul rol. Dis toe dat elke druppel Joodse bloed in my are uitgeroep het: Hier hoort ek!

Op Holocaustdag dink jy aan ouers en broers en susters; as jy jonger is, aan oupas en oumas wat dood is voor jy gebore is — in my geval oupa Ernst se suster en haar man in Auschwitz. Maar vandag is dit nie net ouers of ooms nie, maar elke jong mens ken ’n pel of ’n boetie van ’n pel wat dood is.

Vanoggend het ek, saam met honderde dorpsgenote, die diens in die plaaslike militÍre begraafplaas, om die draai van ons woonstel, bygewoon. In ’n land van macho mans in ’n wÍreldstreek van nog meer macho mans, sien jy hoe mans in uniform, ouer, gevestigde mans in ghrÍnd pakke en mans in vuil oorpakke mekaar ’n drukkie gee. Voor my raak een man die ander se wang sag aan en albei knik: hulle verlang na dieselfde makker! En ek weet dit wat my vyf jaar gelede laat besluit het om my land en kinders te verlaat om hier te kom wortel skiet, is nog net so geldig as toe. Ek het wel nie ’n seun in die stryd teen terrorisme verloor of op die oorlogsveld nie, maar ander het: my vriendin Klari, Holocaust-oorlewende, het haar enigste seun verloor; my vriendin Dina haar nefie; my student Towa haar broer en nefie. Elkeen was net so oulik soos daai twee seuns van my wat op die Stellenbosch-kampus rondloop — die verskil is net, hulle is dood.

Ek weet mens kan jou kind in ’n ongeluk of deur siekte of deur ’n skietvoorval (soos in die geval van my neef op Stellenbosch) verloor, maar dis die verskriklike getalle van ons mooiste, begaafste jong mans wat ons in hierdie nimmereindigende oorlog teen terreur verloor, wat dit so erg maak. En ek skryf “mooiste, begaafste” manne, want dis by die elite-eenhede, wat die gevaarlikste werk moet doen, dat die meeste sterftes voorkom  ...

Onse Danie hier op LitNet vra my, toe hy hoor van my vriendskap met Klari en ander Holocaust-oorlewendes: skryf vir ons oor die Joodse gay mans en vroue wat deur die Nazi’s vermoor is. Ek begin rondvra en kry keer op keer dieselfde antwoord: “Om Joods te wees was genoeg rede om vervolg en uitgeroei te word — jou seksualiteit was dan nie meer ’n issue nie!” Daar was natuurlik gay en lesbiese Jode wat vermoor is, maar hulle het met die Ster van Dawid op die arm gesterf.

Oor die ontstaan van die pienk driehoek as simbool vir homoseksualiteit tydens die Nazi-vervolging voor en ten tye van die Tweede WÍreldoorlog kan mens baie skryf. Hitler se kontroversiŽle verhouding met homoseksueles en homoseksualiteit is ’n komplekse een en ek wil dit nie hier bespreeek nie. Die internet is vol daarvan.

Maar wat ek vandag weer besef het terwyl ek daar tussen oud en jonk, ryk en arm, vooraanstaandes en onbekendes gestaan het, is dat ek my uit eie keuse gevoeg het by twee van die mees vervolgde groepe ter wÍreld en in die geskiedenis: Jode en gays! Geen wonder ’n vriendin het my eendag verseker ek ly aan ’n soort sentimentele waansin en masochisme nie.

My liewe vriendin, indien jy hierdie brief lees, wil ek jou tog verseker dat toe daar vanaand buite Jerusalem op Berg Herzel, die hoof militÍre begraafplaas, twaalf fakkels vir die twaalf stamme van ou Israel aangesteek is, was ek dankbaar en trots om deel te mag wees van die nuwe Israel, wat sy taal en identiteit weer nŠ twee duisend jaar in die lewe geroep het. Dit was ’n moeilike besluit. Ek het baie gehuil uit verlange na my kinders, maar in hierdie stukkie aarde, waar soveel geskiedenis hom oor soveel duisende jare reeds afgespeel het, voel ek hoe ek wortel skiet en kan blom soos nog nooit tevore in my lewe nie.

En dan vier ek die land se 56ste bestaansjaar uit volle bors saam en, juis vandag, sommer ook my eie vyftigste verjaarsdag — 26 April.

Naskrif: Die oggend van Onafhanklikheidsdag sit ek en Judy by ’n strandkafeetjie en hou die skare vierende Israeli’s dop. Ons wag almal vir die vertonings deur die vloot en lugmag ter ere van die dag. Judy sien hoe hou ek ’n vrou dop en sÍ laggend: “Ek ken haar. Sy lyk kompleet soos ’n dyke, maar eintlik is sy gelukkig getroud — man en vier kinders.”

Ek sug hartseer: “As die helfte van die vrouens wat hier soos dykes lyk, lesbies was, was hierdie land Dyke’s paradise!”

“Hei, jy het reeds jou dyke!” sÍ sy kammakastig kwaai.



LitNet: 11 Mei 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks: letterkundige kommentaar, of ’n e-pos oor die tema. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.