GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lente, pasga en  ... kos!

Nuusbrief uit Israel 10

“As jy net hierdie gunsie vir my kan doen voor ek jou sien, belowe ek jou ek betaal jou soos altyd!” sÍ my lover vir haar eks oor die telefoon.

“En presies hůť betaal jy haar altyd?” vra ek verontwaardig toe sy die telefoon neersit.

“Ek kook vir hulle twee,” sÍ sy vroom.

Wanneer ek aan haar tafel gaan sit om nog ’n heerlike maaltyd te geniet, kan ek nie daarmee stry nie. Sy’s ’n puik kok en gebruik altyd net die beste bestanddele.

Gisteraand toe ek my weeklikse aankope in die plaaslike shuk — mark — gaan doen, onthou ek skielik daardie gesprek van jare gelede en dink: ja, kos sal eintlik ’n goeie onderwerp vir ’n nuusbrief uit Israel wees. Al my moffievriende kook graag en goed!

As jy in Israel woon, kan jy kla oor die politiek of oor die veiligheidsituasie of selfs oor die prys van wyn — goeie wyn is volop, maar dikwels baie duur. Daar is wyn uit Europa, veral Oos- Europa, wat goed en onder omstandighede nie te duur is nie, maar goeie plaaslike wyn is werklik baie duur — ver bo wat ons kan bekostig. Maar oor die plaaslike varsprodukte mag mens onder geen omstandighede kla nie. Ons ekwivalent van Fruit & Veg is seker so groot soos ’n rugbyveld, met berge vars groente en vrugte wat uitroep om gekoop te word. Al is daar veertien betaalpunte, staan daar steeds aand nŠ aand lang toue mense wat wag om te betaal! Daar gaan amper nie ’n maand verby dat ek nie iets sien wat ek nog nooit te vore gesien het nie. Daar’s eiervrug wat lyk asof hulle opgevryf is soos die koper in my ouma se huis altyd blink gevryf was — party is lank en slank, ander rond en bonkig, die klein ligperses is nou net verby. Daar is rooi uie en wit uie en groen uie; soetrissies in minstens ses skakerings van groen, geel, oranje, rooi. Daar is lang rissies met verskillende grade van brandvermoŽ en as jy onverhoeds aan die “verkeerde” een byt, verstaan jy presies hoe warm die hel gaan wees!

Gisteraand was die groot, rooi, vlesige tamaties minder as R2 per kilo, maar daar was ook heel klein kersietamaties vir slaai en effe groteres wat ek vir konfyt en blatjang kook gebruik. Die soorte slaai is heerlik en ek geniet dit om minstens een onbekende faktor huis toe te bring. O, en moenie vergeet van al die soorte groenbone nie — diť ken ek nog nie almal nie en daar’s nie altyd iemand wat Engels praat en aan my kan verduidelik hoe om dit voor te berei nie. Gisteraand sien ’n vrou ek koop preie en vertel my in groot detail hoe sy dit voorberei — ek was so spyt dat sy slegs Arabies gepraat het!

Nie net bring die lente ’n nuwe verskeidenheid groente op ons rakke nie, maar in die Joodse wÍreld is dit DAAI TYD van die jaar. Vir ons Joodse lesers hoef ek nie een woord verder te skryf nie, hulle weet: in die lente werk alle Jode hulle gedaan. Hier word nie “spring cleaning” gedoen nie, maar “pessach cleaning”.

Rondom die pasgafees is daar meer tradisies as wat jy jou kan verbeel. Dis ’n verwarrende, emosiebelaaide tyd, want elke gemeenskap het sy eie tradisies van hoe om hierdie groot taak aan te pak. Die belangrikste taak, wat alle gemeenskappe hier deel, is om die huis van alle vorme van “chametz” te reinig. Chametz is enige graanproduk wat kan reis. Die instruksies soos gegee in Levitikus 23: “ ... die fees van ongesuurde brood  ... Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet” — dit word op ’n menigte wyse geÔnterpreteer, wat uiteindelik beteken dat ons alle graanprodukte uit die huis verban: brood, koek, beskuit, pasta (o, hoe ly Judy nie — ’n hele week sonder pasta!). Die meeste Joodse bakkerye maak toe vir die sewe dae en baie kroeŽ bedien geen bier nie! Ons Arabiese bure doen goed met pittabrood-verkope aan nie-onderhoudende Jode!

Maar dis die tradisies rondom die tafel, so sentraal aan alle Joodse feeste, waar die verskille werklik na vore tree. Elke fees word gekenmerk deur die kosse wat geŽet word. As jy byvoorbeeld in September praat van kaaskoek, kyk almal jou skeef aan — weet jy nie dat kaaskoek tydens Pinkster bedien word nie?! Selfs vir Jom Kippoer — die groot dag van versoening en vas — word daar dae tevore reeds beplan wat voor die vasdag geŽet moet word en hoe die vas gebreek moet word. Met al hierdie klem op kos, meen Judy dis nie verbasend dat sy met elke jaar in die land amper ’n kilogram opgetel het nie!

In ons Engelse klasse word resepte en spyskaarte vurig bespreek. Toe ek nog ’n groentjie hier was, vra ek eendag: “Hoe berei mens charoset voor?” Dis tradisioneel ’n mengsel van gekapte appels, dadels en neute wat deel is van die pasga-maal.

“Eenvoudig,” vertel Natan, ’n gebore Israeli, en begin verduidelik.

“Is jy laf!” roep Shulamit verontwaardig uit — sy’s ’n Jodin uit een van die Arabiese lande — en begin hom teregwys.

“Julle is albei verkeerd,” sÍ Aron uit RoemeniŽ waardig en met gesag. “My ma het altyd  ...”

Sů maak mens van Jan en Esmť mag vir Afrikaners gewerk het in die jare sestig en sewentig, maar glo my, hier bestaan nie so ’n ding nie!

Nou het ek geleer en ek vra versigtig: “Vertel my, Aron, hoe het julle dit gedoen in RoemeniŽ?”, gevolg deur “En, Naomi, wat was die tradisie in Irak?”

Claudia Roden gee in haar merkwaardige The Book of Jewish Food ses resepte vir charoset en nie een stem ooreen met enige van die resepte wat my studente gebruik nie. “Hoe-my-ma-gemaak-het” word skielik tydens die feeste ’n heilige maatstaf waarvolgens die voorbereidings gedoen moet word. Die dag wanneer ek aftree, sal ek genoeg stof hÍ vir ’n boek getiteld Sů maak my ma en die resepte sal van die hoogste orde wees! Ook minstens tien variasies vir aartappelkoekies vir Chanoeka!

Ons studente glo vas twee Engelse onnies wat so alleen saamwoon, kry nooit kos nie en van nou tot nŠ Pinkster dra hulle kos aan — genoeg om ons manne op die grens te voer! Ons sÍ baie dankie en versprei dit verder onder van ons oudstudente — bejaarde alleenlopers sonder gesinne, wat sukkel om alles by te bring op hul ouderdomspensioen.

Dis nie dat ons hierdie geskenke van kos nie waardeer nie. Dis net dat ek graag my nuwe soort groenbone wat ek gisteraand by die shuk ontdek het, wil gaarmaak, en dan is daar nog ’n pak of twee pasta wat voor 5 April as die pasga begin, opgeŽet moet word! En preie en humussop is op die spyskaart vir mŰre-aand!

Humus-en-preisop
Was en sny drie groot preie op. Plaas in ’n pot met soveel knoffel as waarvan jy hou — ek gebruik so 4-5 huisies — en ’n bietjie vars olyfolie — ekstra “virgin” is regtig nie nodig nie — ’n swaarder, geuriger Arabiese-tipe olyfolie is beter.

Panbraai dit lig en voeg 1 teelepel fyn komyn en 1 eetlepel groentesoppoeier by. Bedek met kookwater en kook tot preie sag is.

Voeg een blik “chickpeas” by en kook vir nog 5 minute. Vermeng tot romerig en roer dan ’n halwe koppie verkrummelde feta by.

Voeg nou eers sout en peper na smaak by. Sprinkel met fyngekapte gedroogde hisop en geroosterde sesamsaad.

Betei’awon! Sm



LitNet: 08 April 2004

Jy kan jou reaksie stuur aan dbbotha@mweb.co.za
Danie Botha

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.