GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Sy wou ’n seun wees om ’n meisie lief te mag hê

Egon se nuusbrief uit Israel 7

Is dit ’n seun of ’n dogter?

Dis die eerste vraag wat die ouers van ’n nuutgebore babatjie gewoonlik hoor. Die antwoord is gewoonlik maklik om te gee.

Die vraag het die ander aand deur my gedagtes geflits toe ons by vriende die nuus op die televisie kyk — in hierdie land luister mense dikwels elke uur nuus vanweë die sekuriteitsituasie. Daar was onder andere ’n berig oor ’n jong persoon wat in die hof vir “sexual harassment” verskyn het! Met my onvoldoende Hebreeus kon ek nie die berig vinnig genoeg volg nie en uit die beeldmateriaal was ek buitendien nie seker of dit ’n jong man of meisie was nie. Ons gasheer dui toe aan met die wuif van die hand dat dit nie interessant is nie — “One of those!”

Eers later besef ek dat die ding wat my so sterk opgeval het, is dat die jong persoon, miskien agtien of negentien jaar oud, op ’n druppel na lyk soos die hoofkarakter in Boys Don’t Cry. Ek en Judy surf die net om te kyk of ons êrens meer inligting kan kry, maar sonder haar naam vind ons niks nie.

Met die soek deur die internet ontdek ons wel ’n ruimte van Amnesty International wat net op menseregte en gays gerig is. Dit laat my weer eens besef hoe bedreigend die wêreld kan wees vir die persoon wat nie volgens die aanvaarbare norme van die samelewing wil of kan leef nie. Die vervolging van gay mans en vroue nie meer as 100 kilometer van my af nie in die gebied onder PBO-beheer, laat my asem wegslaan; om nie te praat van wat gebeur in die vele Moslemlande dwarsoor die wêreld nie, of wat van Zimbabwe? Ek beveel hierdie webruimte aan vir alle lesers van Gay@LitNet: http://www.amnesty.org.au/hr-conference/background.htm.

Ek bel ’n prokureursvriendin en vra haar oor die saak. Sy antwoord dat sy nie kennis dra daarvan nie, maar sy voeg wel by: “The Supreme Court has taken a decision in principle to apply the law on sexual harassment extremely strictly regardless of sexual orientation.” Sy gee my wel leidrade tot mense wat my dalk sal kan help.

Uiteindelik vind ek die nodige inligting deur die Jerusalem Open House, ’n organisasie soortgelyk aan Triangle in die Kaap, met hul kantoor in die hartjie van Jerusalem. Hulle bied professionele dienste soos berading en regshulp, asook ’n bymekaarkomplek vir sosiale geleenthede. Ons het al van hulle funksies bygewoon. Hulle verwys my na ’n vrou wat betrokke is by die saak hier in die Haifa-gebied, 20 kilometer af in die pad van waar ek woon. Sy vul my in oor die agtergrond van die hofsaak.

Drie tienermeisies was seksueel betrokke by ’n 20-jarige meisie/seun genaamd Chen Alkobi. Chen is ’n Hebreeuse naam wat vir mans of meisies gebruik word, soos Toni of Alex in Engels. Alhoewel Chen soos ’n jong man aantrek, is sy biologies vroulik. Toe die ouers van die drie meisies die ware toedrag van sake ontdek en druk op die meisies — tussen 17 en 19 jaar oud — sit, ontken hulle dat hulle geweet het dat Chen ’n meisie is. Hulle wou voorkom dat hulle gestigmatiseer word as lesbies, en daarom is hulle hof toe. Hier was nie sprake van fisieke dwang nie, maar van wanvoorstelling: die meisies het ingestem tot seksuele verkeer, omdat hulle geglo het Chen is ’n man. Dis hoe die hofsaak begin het. Chen het deurgaans volgehou dat hulle die waarheid geweet het.

Halfpad deur die hofsaak, wat langer as ’n jaar aangehou het, skryf een van die meisies ’n ope brief in ’n nasionale dagblad waarin sy erken dat sy altyd die waarheid geweet het, maar dat sy onder druk van haar ouers en agv jaloesie op die ander twee besluit het om met die saak voort te gaan om sodoende Chen te straf. Haar brief stuur skokrillings deur die saak, want skielik verander dit alles. Tog word Chen uiteindelik tot ses maande gemeenskapsdiens gevonnis. Tydens die hofsaak was sy amper ’n jaar onder huisarres.

Wat hierdie saak so hartseer en interessant maak, is die vrae wat ontstaan rondom die issue van transgender. Wanneer is biologiese geslag belangriker as die persoon se belewenis van sy/haar eie seksualiteit en omgekeerd? Waar staan die howe tov die seksualiteit van die transgender-persoon? Wat is die gemeenskap se reaksie en verantwoordelikheid teenoor so ’n persoon?

Die debat op die internet tussen die twee Danies het duidelik uitgewys dat die wêreld en belewing van homoseksualiteit vir die gewone heteroseksuele persoon simplisties en sonder nuanse is. Hoeveel te meer is die wêreld van die transgender-persoon vir die meeste van ons ’n onsekere een. Ek weet wie ek is: ek woon met gemak in my liggaam as vrou en, ná 25 jaar van getroude lewe met ’n liewe, goeie man, is ek dankbaar om die heerlikheid van ’n liefde met ’n ander vrou, wat net so gemaklik met haar lyf as vrou is, te kan beleef. Ja, ons is gay en daaroor het Danie Sanger en sy soort baie te skryf — net jammer hulle gebruik die Bybel met soveel onkunde! Maar ek en my geliefde weet wie ons is en ken ons Hemelse Vader op ’n wyse wat my sonder twyfels laat.

Chen Alkobi se gesig op televisie sal my altyd bybly, want vir haar is die wêreld een geweldig bedreigende plek. Die gemeenskap het haar verwerp en hulle verwerping duidelik uitgespreek. Sy is op onsimpatieke wyse deur die pers blootgestel in ’n oomblik dat haar privaatheid beskerm moes word. En hoekom? Want sy het sonder diskresie liefgehad. Ja, miskien kan mens hier praat van promiskuïteit, maar verseker nie meer as onder die meeste van haar tydgenote nie. Haar enigste misdaad was dat sy ’n seun wou wees sodat sy ’n meisie kon liefhê. En daarvoor wou die gemeenskap haar tronk toe stuur. Êrens moet ons weer kyk na ons waardes van menslikheid en erbarming en onthou dat ons beskawing gebaseer is op die reg van die indiwidu waar dit nie die goed van die gemeenskap benadeel nie. Chen wou net haar reg as seksuele mens uitleef sonder dat sy iemand wou seermaak, doodmaak, besteel of bedrieg.



10 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.