GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

’n Vyftigste verjaardag in Griekeland

Egon se nuusbrief uit Israel 6


“Anyway I want a cat. I want a cat. I want a cat now. If I can’t have long hair or any fun, I can have a cat!” kerm die Amerikaanse vrou in Ernest Hemingway se kortverhaal “Cat in the Rain”.

Hierdie stukkie word gou deel van my en Judy se taal en as die een die ander ’n idéé mét klém hoor uitdruk, dan weet jy nou is die Amerikaanse vrou ook hier. Werk maar liewer saam!

Ná ons somer saam met kinders, familie en verstommend baie stres in die hitte van Europa besluit Judy skielik eendag dat sy iets baie spesiaals vir haar vyftigste verjaarsdag verdien. Hierdie jaar val dit in die middel van die groot vakansiedae van Joom Kippoer en die Loofhuttefees, en pryse hier is skrikwekkend hoog.


Idilliese uitsig oor Santorini
“I think I want to go to the Greek Islands,” verander gou in “I want to go to Crete and Santorini! And I want to go now!” Ek herken die stem van die Amerikaanse vrou en besef dat om die toestand van ons finansies of ander praktiese probleme aan haar uit te wys, sinloos is. En wie wys ’n uitnodiging na die Griekse eilande van die hand? In elk geval sal sy katte en pret in groot maat daar kan geniet.

Met behulp van die Internet is ons binne dae bespreek en op pad. Vlugte uit Israel land om die een of ander rede dikwels nog voor sonop in Europese stede, en ons is in die bus vanaf die lughawe na Athene toe die son nog opkom op die eerste Saterdagoggend in Oktober.

Ná ’n dag van ver stap in die stad — om die Akropolis en deur die straatjies van Plaka — is ons dankbaar die aand vir ons kajuit in die veerboot na Kreta. ’n Ou tannie in swart deel die kajuit met ons. Gou slaap ons soos klippe.

Dis die klank van die enjins wat in trurat gegooi word om te kan dok en die hele skip soos ’n Spaanse bul laat brul wat ons wakker maak. Ons trek vnnig aan, gryp ons rugsakke en verlaat die boot. Dis nog donker buite en daar’s net ’n paar liggies en een bus wat wag. Ons klim op. Wanneer ons die ou hawestad van Chania binnery, begin die eerste lig van die nuwe dag breek en ons stap af na die hawe om ontbyt te eet en te wag dat ons pension — ’n ou herehuis met sewe kamers digby die prentjiemooi hawe — oopmaak.

Ons vriende Olivia en Karen uit München het Kreta voorgestel, want hulle sou dieselfde tyd daar wees, en ons het Chania gekies vanweë sy geskiedenis en Joodse konneksie. In 2001, sestig jaar nadat die hele Joodse gemeenskap tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor en die sinagoge vernietig is, is daar weer vir die eerste maal in die herboude sinagoge dienste gehou. Dis alles die werk van een man, wie se familie lank gelede daarvandaan gekom het, maar hulle reeds voor die oorlog in Brittanje gevestig het.

Dit is ’n belewenis om saam met besoekers van drie vastelande Joom Kippoer daar te vier. Dit is die heiligste van die Joodse feeste. ’n Mens vas 26 uur lank en bring die meeste van die dag in gebed tuis en in die sinagoge deur. Soos alle Joodse feeste begin dit met sononder die aand tevore — in hierdie geval, ons eerste aand in Chania.

Ons almal ontmoet mekaar voor die tyd in ’n restaurant om ’n laaste maal te geniet voor die vas begin. Ons voel dadelik deel van hierdie groep mense. Die meeste het mekaar nog nooit tevore ontmoet nie.


Een liewe gelowige kat wat die hele Yom Kippur
saam met ons deurgebring het
Ons deel in die vyf dienste, beginnende met die Kol Nidre. Die gemmer sinagogekat skyn ook baie religieus te wees, want sy verlaat nooit haar plek op haar kussing voor in die sinagoge nie, maar slaap ongestoord deur al die gesing, gelees en gebid. Om die een of ander rede voel almal dit maak die geleentheid meer spesiaal! Ná die lang dag breek ons almal weer saam die vas. Ons gesels en ruil adresse met beloftes van oor en weer kuier. Ons twee word duidelik as couple aanvaar en kry uitnodigings na so ver as Hawaii en Londen, sowel as na Netanya hier in Israel. Ander beloof hulle kom kuier ook vir ons.

Op die Internet het ons agtergekom dat Kreta en ons ander bestemming, Santorini, verskeie hotelle en gastehuise het wat spesifiek gay-georiënteerd is. Olivia en Karen bly in so ’n “vrouehuis” aan die suidkus van die eiland, en wanneer ons ’n dag saam in Chania deurbring, vertel hulle ons daarvan. Dis ’n ou plaashuis tussen die olyfboorde, wat deur ’n Duitse lesbiese couple gerestoureer en in ’n gastehuis net vir vroue omskep is. Hulle wou gehad het ons moes ook daar bly, maar vanweë die sinagoge in Chania het ons daarteen besluit. Hulle vertel dat hulle dit baie geniet — dis stil en naby ’n pragtige strand. Die gaste gaan hul eie gang gedurende die dag, maar die meeste eet saans saam en dis werklik baie gesellig. Miskien by ’n volgende geleentheid …

Ons spandeer een dag in die hoofstad van Kreta, Heraklion, om die ou Minoïese paleis van Knossos te besoek. Ná ons eers die puik museum in die stad besigtig het, wil ons die bus soontoe haal, maar verdwaal op pad na die bushalte. Judy vra rigting van ’n jong man in ’n koerantkiosk.

“The bus leaves from Lion Square,” verduidelik hy.

“Where is Lion Square?” vra ons tegelyk.

Hy kyk ons ’n oomblik stip aan en met die waai van ’n slap gewriggie sê hy: “Oh, we’re like that, are we?! Straight down that street and then to the right, darlings!”

Ons loop laggend weg en vind die bus maklik. Knossos stel ons nie teleur nie.

Drie en ’n half duisend jaar gelede het ’n groot vulkaniese uitbarsting die groot eiland van Santorini vervorm, sodat dit vandag eintlik ’n reeks groter en kleiner eilande om die krater is. Twee van hierdie eilande is bewoon. Die hawe waar die groot veerbote aankom, is bloot ’n platform uit die rotswand gekap, met die steilste pad na bo wat ’n mens dadelik aan die Swartbergpas herinner! Die hoofdorpies — Thira, Imeroviglia en Oi — lê op die rand van die krater en in die donker lyk hul liggies soos pêrelhalssnoere wat in die hemel hang.


Die begin van ons groot hike van ongeveer 11km, die einde
is die punt wat jy oorkant die baai sien
Die aandveerboot van Kreta na Santorini dok kort voor middernag, maar soos beloof, wag ons vervoer na ons gastehuis vir ons. Sodra ons aan die hekkie raak, kom ons gasvrou uit om ons te verwelkom. Ons voel dadelik tuis en gelukkig om daar te wees. Ons kamer is gemaklik en smaakvol ingerig, maar niks berei ons voor vir die uitsig wat die volgende oggend op ons wag nie. Ek word wakker en maak dadelik die binnehortjies van die venster oop: die son stroom in en voor my lê die eiland met die blou-blou see aan twee kante, wit huisies en wit kerkies met blou koepels en baie kruise! Vinnig is ons uit die bed en op pad om ons nuwe tuisplek te verken. Een dag huur ons ’n motortjie en ry die eiland plat. Op ’n ander hike ons van ons dorpie al met die rand van die krater na Oi om “the world’s most beautiful sunset” — volgens brosjures — te sien. Dis ’n 10-11 kilometer stap, die pad soms nie meer as ’n meter wyd nie, maar altyd is die uitsigte asemrowend mooi. Die sonsondergang oor die wit kerkies en huisies wat teen die berg vasklou, is pragtig en ons geniet dit baie — maar die mooiste ter wêreld? Nee, na ons mening hoort daai eer aan Afrika — die Okavango, Etosha, Tafelbaai …


Sanotorini is bekend vir
sy sonsondergange
Verskeie kere sien ons gay couples hand aan hand stap. Dit laat my skielik dink aan Neil Diamond se liedjie: “Money talks but it can’t …” In die afgelope twee jaar was daar in Athene ’n groot hofsaak teen homoseksualiteit, maar die toeris met geld kan maak soos hy wil — veral op die eilande. “Solank ons mense hul gedra, voel ons vere vir die tekort aan moraliteit van die buitelanders,” skyn die houding te wees. Ons geniet die vryheid terwyl ons kan; volgende week is ons tuis en moet ons ons weer gedra — geen handjies vashou en sulke nonsens nie!

Ek is bly Judy wou haar vyftigste hier en nêrens anders vier nie!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.