GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As jy marsjeer in Spanje

Nuusbrief 4

Egon skryf uit ’n hittegolf in Duitsland oor haar besoek saam met haar vier kinders en Judy aan Spanje.

13 Junie: Die tweede Gay Pride March in die geskiedenis van Jerusalem. Ons kon nie daar wees nie. Maar ons het geweet van die planne om die optog anders te maak. Dit sou begin met die bedevaartgebed en eindig teen sononder met ’n kort Shabbatdiens. En nog meer: dit is met ’n week uitgestel en is begin met twee minute stilte as eerbetoning vir een van die leiers wat op 11 Junie saam met 15 ander deur ’n terrorisbom vermoor is.

Aangesien ek en Judy ’n week later in Spanje sou aankom om saam met my vier kinders vakansie te hou, het ons gehoop om aan die Barcelona Pride March op 28 Junie deel te neem.

Ons arriveer die 27ste in die stad van Miro, Gaudi en Picasso en gaan soek inligting by ’n buro. Die meisie daar vertel dat die optog Saterdagaand om 10 by Placa Universitas plaasvind — snaaks, die Rough Guide skryf dit begin altyd om 6 nm! Ons besluit dus om die Saterdagoggend met Gaudi se onvoltooide Sagra Familia Katedraal te begin. ’n Vriend uit Suid-Afrika het bo by een van die torings uitgeroep: “Holy Shit!” Ons kan maar net met ’n amen beaam. Dis ’n verstommende skepping!

NŠ die tyd sit ons in die Placa van waar ons die katedraal kan geniet en drink ’n yskoue cervesa (bier). By die tafel langsaan sit tien Engelse vrouens in pienk T-hemde waarop geskryf staan “Maureen’s Girls” en die datum 28 Junie 2003. Ons wonder: sien ons hulle vanaand by die optog?

Orals om ons dreun die stad iets skrikwekkends. Gou ontdek ons dat dit hierdie naweek ook die jaarlikse internasionale saamtrek van die Harley Davidson-liefhebbers is. Ongeveer 13 000 mense en 6 000 motorfietse is ingeskryf. Die fietse is oral. Meestal is hulle groot swart masjiene met hul kenmerkende silwer vlerke op, maar af en toe sien mens ’n rooie en selfs een maal ’n heeltemal goue fiets. “Lust” kry ’n ander betekenis vir my en die seuns; Judy en my dogter, Tamar, skud net hulle koppe.

NŠ al die gerondloop wil ek net ’n slapie vang voor die aand se verrigtinge. Ek en die kinders plof op ons beddens neer terwyl Judy iets by ontvangs wil gaan uitvind.

Die volgende oomblik bars sy by die kamer in. “The march is in front of the hotel! Come!!”

Ons skrik verwilderd wakker.

“Wake up! It’s on. NOW! Downstairs!” roep sy ongeduldig uit toe ek verdwaas bly sit.

Ek trek vinnig die spesiale reŽnboog-T-hemp aan wat ons vir die geleentheid gemaak het, gryp my kamera en volg haar holderstebolder by die kamer uit.

“Kom julle ook,” roep ek vir die kinders, “en bring asseblief my kameraflits!”

“Waar is dit?” wil Tamar weet, maar ek is halfpad by die trappe af en te gejaagd om te antwoord.

Sy vind dit vir haar ma en dan vind sy haar ma tussen die gemaal van mense voor ons hotel. Want buite, met baniere en gejuig, is die Barcelona Pride March in volle swang. En ons het amper daardeur geslaap! Ons straatjie in die hart van die Barrio Gothic is van kant tot wal vol reŽnboogvlae en baniere, geskryf in Spaans/Katalaans — wie sal weet! Hier is nog ’n groot taaloorlog ook aan die gang! ’n Oomblik trek my Israeliese hart inmekaar: duisende deelnemers en skaars ’n polisieman te sien. Dan sug ek verlig: ek is in Spanje. Ek begin foto’s neem, min wetende dat drie weke later, ure na ons uit Alicante vertrek het, die eerste van vier terroristebomme daar sal afgaan. Met Judy digby my is dit duidelik dat ek nie ’n buitestaander is nie en poseer paartjies en ander vriendelik vir my. Waar ons gebroke Spaans en hulle gebroke Engels dit toelaat, probeer ons so bietjie gesels. Dis duidelik ’n baie plaaslike aangeleentheid en ons hoor amper geen Engels nie. Terselfdertyd vind optogte in ander Spaanse stede plaas, sowel as in Berlyn en Amsterdam. Die deelnemers sing uit volle bors, maar ons verstaan nie die woorde nie. Niemand met wie ons probeer praat se Engels is goed genoeg om die tekste te vertaal nie.

My kinders staan langs die straat en bekyk die lot so. Wanneer hulle ons twee sien, gee hulle vir ons die “thumbs up”-teken. Ek wonder wat Joshua in Ben se oor fluister dat diť so lag. Toe ons verby hulle is, gee Judy vir my ’n groot druk — baie ongewoon vir haar in die openbaar — en verseker my: “They’re OK!” Ja, ek dink ook so.

In die Placa Juame kom die optog tot stilstand en maak almal hulle op die eeue oue klipplavleisel gemaklik. Dan begin hulle weer te sing. Daar is toesprake en die oorhandiging van ’n spesiale dokument aan ’n duidelik belangrike mevrou. Die skare juig en klap hande. Ek neem nog ’n paar foto’s.

“Take those two women,” sÍ Judy.

“Why? They look just as ordinary as we do!”

“That’s the point!” dring sy aan en ek besef sy het gelyk. Die meeste deelnemers is nes ons: sommiges ouer, sommiges jonger, maar almal verlang na die reg om te lewe en lief te hÍ en aanvaar te word nes hulle is. Een of twee van die manne is spesiaal vir die geleentheid aangetrek — een gorgeous crossdresser is baie bly toe ek hom afneem! Maar die meeste mense is nes ons — doodgewoon.

Die volgende dag besoek ons die Miro Museum op Montjuic nie ver van die Olimpiese village af nie. Een van die groot pawiljoene daar is die middelpunt van die Harley Davidson-saamtrek. Ek staan nog so verdiep in die bestudering van ’n Miro-skildery toe een van my seuns my gryp: “Ma, vat jou kamera en hardloop. Die finale optog van die Harleys kom voor die museum verby.”

Ek hardloop by die deurwag verby — ja, hy sal my weer inlaat — en af na die rand van die breŽ pad. Die grond vibreer soos die 6 000 voluptuous monsters omtrent vier diep stadig verby dreun. So na aan die kant van die straat as wat ek durf, gaan ek plat sit om foto’s te neem. Ek soek daardie een fantastiese foto wat die opwinding van hierdie oomblik sal uitbeeld. Ek kry skoon hoendervleis. Dis mooie masjiene en die eienaars gloei van trots en genot. Hulle kom van oral en die meeste dra die naam van hulle tuisklub agter op hul swart leerbaadjies geborduur. Hulle is oud en jonk, mooi en lelik, mans, vrouens en selfs kinders in sywaentjies. Die atmosfeer is elektries.

En dan sien ek hulle — die twee vrouens van gisteraand op hul groot swart brulmasjien! En ek dog hulle is net so ordinÍr soos ons!

Judy, ek soek jou op ’n groot swart brulmasjien!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.