GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ons nuwe stoof is kosjer!

Nuusbrief uit Israel 2

Egon skryf:


“Dis lente in die Boland,
die winter is verby ...”

Diť woorde uit ’n kindertydse liedjie draai nou al dae lank in my kop. Veertig jaar later en 8 000 km verder onthou ek dit steeds. Miskien is dit die groen en die blommetjies wat my so baie aan Worcester in die lente herinner. Miskien is dit die seemis wat soos die mis om my huisie in Onrus ruik. Miskien is dit bloot die wete dat dit Paasfees is en ek ver van my kinders is.

Hier bring die lente die voorbereidings vir Pesach, of Pasga. Almal maak huis skoon, eet die laaste chometz op, want vir die ag dae van die Pasgafees mag daar geen meelprodukte van enige aard in die huis wees nie — niks wat kan rys nie.

Studente vertel gretig hoe hulle skoonmaak en voorberei, want die familie uit VSA, of Netanya, of waar ook al, kom kuier en alles moet reg wees. Hulle vertel oor die disse wat voorberei moet word; elkeen voel vurig oor haar resep vir die tradisionele feesgeregte se voorbereiding. Dit lei amper tot struweling in die klaskamer. Diť lentefees is ook die groot saamkuiertyd vir families en kos speel ’n belangrike rol.

Die skoonmaakgogga byt en ons maak vir ’n vale skoon: elke rak in die kombuis word afgewas, elk hoekie in die woonstel word gestofsuig — “net ingeval daar ’n krummel geval het!”. Ons maak nuwe gordyne en herrangskik die meubels. Voorbereidings vir Pesach is die verskoning om van alles waarvan jy nie hou nie, ontslae te raak en te koop wat jou hart al lank begeer — net so lank dit “kosjer vir Pesach” is!

Ons besluit om nie uitnodigings vir die seder (Pasgamaal) te aanvaar nie, maar om die ou dames wat ons ken, oorlewendes uit die Holocaust, te nooi om die aand saam met ons deur te bring. Hulle is baie opgewonde.

“Ek sal die matza kneidellach (kluitjies in hoendersop) bring,” belowe Nora, saam met wie ons vier jaar gelede Auschwitz, waar sy meer as een Pesach deurgebring het, besoek het. Daardie kuier het ’n sterk band tussen ons gevorm — nie net oor die deel van die verskrikking wat sy daar beleef het nie, maar omdat sy op daardie reis die aard van ons verhouding besef het en haar aanvaarding gewys het — die eerste onder ons vriende.

Ek besef die spyskaart sal ernstige aandag moet geniet.

“Maar ek kan nie ordentlik kos maak op hierdie stoof nie! Die oond werk nie en die gasbranders lek!”

“Dis Pesach,” sÍ my geliefde, “en amper jou verjaarsdag. Ons koop ’n nuwe stoof!”

Die skoonmaak word vir eers vergeet en ons twee gaan dorp toe. By die eerste winkel sien ek ’n baie mooi stoof met twee oonde — een turbo, een gewoon.

“Hoeveel?” vra ons gelyk

Die verkoopsman kyk ons met belangstelling aan. “Dis ’n kosjer stoof,” sÍ hy.

“’n Kosjer stoof?” vra ek en bekyk die stoof met nuwe oŽ.

“Ja, die een oond is vir vleis, die ander is vir melkdisse, en dis ongelukkig 500 sikkel meer as die normale stoof.”

Nou besef ek dat wat ons ’n dubbeloond-stoof noem, noem hulle kosjer en ’n enkeloond is normaal.

Ons besluit om ook by ’n ander handelaar te kyk. Vol selfvertroue loop ons in, kyk rond en vra: “Ons soek ’n kosjer stoof!”

Die man staan nie eers op van agter sy lessenaar nie, maar bekyk ons twee op en af in ons jeans en gemaklike skoene — nie eers Doc Martins nie! “Vir wat soek julle ’n kosjer stoof? Dis net verpligtend vir die ‘dati’iem’.”

Judy hou skielik haar lyf so butch as wat sy kan en verklaar in duidelike Duitse Hebreeus: “Miskien lyk ons nie vir jou ortodoks nie, maar as sy ’n kosjer stoof wil hÍ, dan sal sy een kry!”

“Hmmm. Die gewone stoof, wat daar by die deur staan, is 1 800 sikkels, maar ek kan dalk nog voor Pesach vir jou ’n wit kosjer stoof vir 3 400 sikkels plus ’n 100 sikkels vir aflewering kry!”

Die aanbod is beswaarlik ’n antwoord werd en ons loop uit die winkel.

“Wel, dis duidelik ons is geweeg en te lig gevind! Duidelik gaan hy nie sy kosjer stoof aan twee dykes verkoop nie!” sÍ ek.

“Ek het jou gesÍ: mense sien wat hulle wil sien, maar nie almal hou van wat hulle sien nie!”

Terug by die eerste handelaar word ons vriendelik gegroet.

“Ons sal die kosjer stoof vat, maar wat kos aflewering en kan ons dit vir seker kry voor Pesach?”

“Aflewering is verniet vir julle! Natuurlik kan julle dit voor Pesach kry — dis dan eers volgende week. Sal vanmiddag vyfuur in orde wees?”

Wow! Wie of wat ons is , is duidelik nie vir hom ’n probleem nie. Terwyl ons betaal, wens almal ons geluk en ’n geseŽnde Pesach toe! “Geniet! Geniet!” sÍ hulle.

Vyfuur stiptelik staan ’n vriendelike jong man met ons nuwe kosjer stoof voor die deur.

“Ons het gewonder of jy dalk die ou geleende stoof tot onder kan vat, want ons moet dit terugbesorg aan die oorspronklike eienaar.”

“Dis nie ’n probleem nie. Waarheen moet dit gaan?”

Ons verduidelik dat dit net twee blokke ver is.

“Ek vat dit sommer vir julle! Geen probleem nie! GeseŽnde Pesach.”

“En vir jou! Baie dankie!”

Al sien sommige die waarheid, pla dit hulle nie. In die gees van Pesach wil hulle nie ander hul vryheid om lief te hÍ, ontneem nie!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.