GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Egidius, was jy gay?

Danie Botha

In Maart 1989 doen Hennie Aucamp navorsing vir sy bloemlesing Wisselstroom — HomoŽrotiek in die Afrikaanse verhaalkuns (Human & Rousseau 1990). By Etienne Britz van die Dept Afrikaans/Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch doen hy navraag oor die Middeleeuse gedig “Egidius”. Hy wou weet of ’n mens dit as ’n gay-gedig kan lees:

Egidius

Egidius, waer bestu bleven?
Mi lanct na di, gheselle mijn:
Du coors die doot, du liets mi tleven.

Dat was gheselscap goet ende fijn:
Het sceen teen moeste ghestorven sijn!
Nu bestu in den troon verheven
Claerre dan der zonnen scijn:
Alle vruecht es di ghegheven.

Egidius, waer bestu bleven?
Mi lanct na di, gheselle mijn:
Du coors die doot, du liets mi tleven.

Nu bidt vor mi, ic moet noch sneven
Ende in de weerelt liden pijn.
Verware mijn stede di beneven.
Ic moet noch zinghen een liedekijn:
Nochtan moet emmer ghestorven sijn.

Egidius, waer bestu bleven?
Mi lanct na di, gheselle mijn:
Du coors die doot, du lirets mi tleven.

Op 12 April 1989 antwoord Etienne uit Rozendal.


Aan Hennie Aucamp, Dept Opvoedkunde, Universiteit, Stellenbosch

Beste Hennie

Baie dankie vir jou brief met sy boeiende vraag ivm “Egidius”.

Dit sweef my voor die gees dat K Heeroma, kenner van die Gruuthuse-handschrift (’n groep gedigte wat aan Jan Moritoen [ca 1355-1416] toegeskryf word), Írens beweer of geÔmpliseer het dat Moritoen se “Egidius” dalk na ’n gayverhouding kan verwys. Ek kan diť hersenskim egter nie na ’n werklike artikel of boek herlei nie. Dit klop eintlik ook nie met wat ek van Heeroma se studie van die Gruuthuse-handschrift en van “Egidius” weet nie. Volgens Lina Spies het A P Grovť glo eendag in sy klas gesÍ dat daar vandag ’n neiging mag wees om “Egidius” as ’n gay-gedig te lees — het die spook dalk dŠŠr begin loop?

Heeroma se groot uitgawe en studie van die Gruuthuse-handschrift (E J Brill, Leiden 1966, beskikbaar in die Gericke-biblioteek) verwys op p 172 ev en weer op p 213 ev na “Egidius”. Uit allerlei ontdekte bronne en uit die opbou van die Gruuthuse-handschrift sťlf kon Heeroma die biografiese situasie waaruit “Egidius” ontstaan het, rekonstrueer.

Heeroma vertel van ’n driehoeksverhouding, ’n “drievoudig verbond”, tussen Jan Moritoen (die digter, die “ic” in die Groothuse-handschrift), sy vriend Egidius en laasgenoemde se minnares, Mergriete. Die drietal het in die tweede helfte van die veertiende eeu naby Brugge gewoon.

Jan skryf hoofse liefdesliedere, waarby hy sy vriend Egidius se geliefde, Mergriete, as liefdesvoorwerp in gedagte het. Sy gevoel jeens Egidius is egter nie jaloesie nie — Egidius word voorgehou as ’n “vrolijke vriend en zanger te midden van een vrolijk zingende en musicerende vriendenkring” (volgens Heeroma) en “sijn roke was lidens medecijne” (volgens die dertiende gedig in die Gruuthuse-handschrift). Egidius se vriendskap was vir Jan dus soos die geur van die roosboom of “egglentier” — dit was ’n balsem vir sy liefdeslyding, net soos die musiek, die wyn en die onsterflike “geur” van Maria sťlf.

Jan en Egidius is mede-sangers of -instrumentaliste binne ’n groep musici. Hulle is boesemvriende wat mekaar met hulle vriendskap opvrolik en vertroos, maar albei is ook — Jan oŽnskynlik meer vir literÍre doeleindes — amoreus op Mergriete gerig.

Egidius word later siek of kom in elk geval iets noodlottigs oor in Oktober 1386. Wanneer hy op sy sterfbed lÍ, dra hy dit aan sy vriend Jan op om vir sy “fonteine” (Mergriete) te sorg. Niemand ken Mergriete immers beter as Jan nie, en Egidius verwag dat sy ou vriend “in rechter duecht” na sy geliefde sal omsien.

Mergriete verkeer nŠ Egidius se dood egter in ’n geestelike krisis. As “fonteine” bly sy vir Jan geslote: sy ignoreer sy toenadering. Uiteindelik trek sy haar in ’n klooster terug. Die hoofse hulde wat sy van Jan ontvang het terwyl haar minnaar Egidius nog geleef het, is moontlik een van die dinge wat haar omkrap, maar ’n mens weet natuurlik nie wat alles in haar koppie aangaan nie.

Pas as Mergriete haar innerlike konflikte in die klooster opgelos het, kan sy Jan se hoofse attensies beantwoord en weer as “fonteine” vir hom gaan vloei.

“Egidius” is uiteraard nŠ Egidius se dood geskryf. Waar die “ic” (Jan) in die gedig sÍ “ic moet noch sneven / Ende in de weerelt liden pijn. / Verware mijn stede di beneven. / Ic moet noch zinghen een liedekijn” verwys hy volgens Heeroma na die moeilikhede waarmee Egidius hom agtergelaat het: die probleme met die “geslote fontein”, Mergriete, die liefdesverdriet wat hy as hoofse minnaar in die hele situasie moet verduur (en wat uitdrukking vind in die liedere wat hy vergeefs sing) ens. Die “gheselscap goet ende fijn” in “Egidius” verwys in die konteks van die Gruuthuse-handschrift na die drie vriende wat so gelukkig saam verkeer het, nie net na Jan en Egidius nie — so beweer Heeroma altans.

Sou jy meen, Hennie, dat daar met hierdie biografiese toeligting nog ’n kans oorbly dat Jan en Egidius ’n gayrelasie gehad het? Ek kan my nie voorstel dat Heeroma in ’n ander geskrif so iets sou beweer het nie — hoe sou dit by die biografiese verhaal wat hy gerekonstrueer het, aanpas? Of het Heeroma dalk later (nŠ 1966) ontdek wat Mergriete so vreeslik ontstel het nŠ Egidius se dood? Ek weet werklik nie.

Afgesien van wat Heeroma skryf, kan ek my moeilik voorstel dat ’n Middeleeuse gedig ’n agterhaalbare homoseksuele strekking kon hÍ. Homoseksualiteit is in die Middeleeue beskou as ’n doodsonde waarop die doodstraf gerus het. Spesifiek sodomie is gesien as ’n demoniese perversie. Die Rooms-Katolieke Kerk, wat direkte juridiese mag uitgeoefen het, het homoseksuele na die galg of die brandstapel gestuur. Indien ’n hoofse digter dus ’n homoseksuele liefde vir ’n man gekoester het, sou hy dit so moes verbloem het dat dit nie uit sy geskrifte agterhaal kon word nie. ’n Mens kon dit eenvoudig nie waag om in die Middeleeue ’n herkenbare homoseksuele gedig te skryf nie!

’n Ander faktor om in gedagte te hou, is dat die intense gevoelsverbintenis tussen Jan en Egidius waarvan die gedig getuig, aansluiting vind by ’n ou tradisie in die Middeleeuse kultuur en literatuur. Die idee van twee “boesemvriende” of “bloedbroers” kan byvoorbeeld terug na die Franse chanson de geste gevoer word, na Roland en Olivier (“Roland est preux et Olivier est sage”: die twee kamerade korrigeer en vul mekaar aan en vorm so ’n hegte, onderling-onderskragende paar). Die idee van “twee kamerade deur dik en dun” het ’n etiese lading gedra, nie ’n erotiese of amoreuse lading nie. (Let in hierdie verband byvoorbeeld op die religieuse aksent in “Egidius”.)

Die hoofse vriendskapskultus is volgens ’n hoofstuk in Friedrich Heer se The Medieval World so ver gevoer dat twee boesemvriende soms dieselfde klere gedra, pande (byvoorbeeld ringe) uitgeruil en selfs in een bed geslaap het. Selfs Desiderius Erasmus skryf Írens van ’n boesemvriend in VenesiŽ met wie hy sy bed gedeel het. Daar bestaan in die Middeleeue ook ’n genre van vriendskapsbriewe tussen monnikke, waarin ’n bepaalde vriendskapsretoriek tot groot emosionele uiterstes gevoer is.

Kortom, die sielsverbintenis tussen twee vriende wat in “Egidius” tot uitdrukking kom, hou in die eerste plek met ’n bekende vertakking van die Middeleeuse lojaliteitskultus verband — dit sou vir die Middeleeuse leser waarskynlik geen homoseksuele relasie gesuggereer het nie.

Hennie, miskien beskik jy oor kennis aangaande die gaylewe in die Middeleeue (wat natuurlik wel moes bestaan het) en kan jy tekens hiervan in “Egidius” aandui. Dit sou my uitermate interesseer en ek sal my baie graag deur jou laat inlig.

Sou ’n leser wat onkundig is oor die Middeleeuse kultuur en oor die biografiese agtergrond van “Egidius” vandag ’n gay-lesing aan diť gedig kon heg? Ek twyfel, maar sal my ook graag van die teendeel laat oortuig.

“Gay” beteken vir my in die eerste plek seksuele aangetrokkenheid en verliefdheid tussen mense van dieselfde geslag, nie onderlinge kameraadskap of die “sielsverwantskap” wat ’n mens ook buite ’n liefdesverhouding kan ervaar nie. En waar is die spore van ’n homoŽrotiese liefde in “Egidius”? “Mi lanct na di” is tog ’n gevoel wat ’n mens vir jou broer, jou vriend, selfs vir jou oupa kan koester. Nee, “Egidius” lyk vir my na die klag van iemand wat sy boesemvriend eerder as sy minnaar aan die dood afgestaan het. Maar soos ek reeds gesÍ het: ek staan oop vir oortuiging. As jy iets teenoor hierdie konserwatiewe lesing van my kan stel, sal ek baie bly wees om van jou te hoor.

Dit interesseer my dat daar vandag ’n neiging kan bestaan om “Egidius” as gay-gedig te lees. Het die opkoms van die gaykultuur nie dalk ’n versperring opgewerp voor ’n suiwer begrip van ’n gedig soos “Egidius” nie? Bring die gay-fobie van die straightgemeenskap en die ontmaskeringsbehoefte van die gaygemeenskap nie dalk mee dat ’n mens te gou ’n gay agter elke bos sien nie? Ek wonder of jong mense met hulle tipiese neiging om op skool of universiteit intensiewe vriendskappe met ťťn bepaalde lot- en geesgenoot aan te knoop, dit nog kan waag om hulle emosionele belewenis van so ’n vriendskap in ’n gedig uit te beeld sonder om onder verdenking te kom? Waarom word daar byna nooit meer gedigte soos “Egidius” geskryf nie? Is dit omdat daar ’n neiging bestaan om selfs ’n gedig soos “Egidius” as gay-gedig te lees?

Vriendelike groete

Etienne Britz

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.