GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Vyf gedigte

Pieter du Plessis

Aand

Hy sit by sy geelhouttafel
en volg sy aandritueel.
Hy eet, lees Bybel, streel die kat;
hy wonder hoe dit gaan met sy vrou.

Ek word wakker van sy geroep
met my handpalm om jou
sweet-warm manlikheid.


Gesprek met Ma

Ek bel vroeg die oggend om te sê:
"ek is besig om plaatkoekies te bak" "is die stoof dan die regte
temperatuur?"

Die meel is bietjie baie en my
lover sê hy proe net bakpoeier "ouma Hettie se resep is
maar steeds nog die beste!"

Om sesuur die oggend op te
staan is ‘n absurde gedagte "die honde huil ons al
vyfuur in die oggend
wakker"

soos ‘n vernuftige bakker laat
brand ek die eerste twee swart "gebruik maar ou
sonneblomolie
om jou pan te smeer"

“onthou jy die dag by die 4x4 wat ons so lekker kon lag
ons het flapjacks gebak die hele goddelike dag”



soos ‘n draak in die tuin

die horlosie teen die muur lê aan net so na tien
as jy my bel en sê jou laaste sessie het baie geld verdien
maar ek is in die bed en ignoreer jou beleid
dat jy wil kom kuier met jou stories by die venster uit.

jy sê presies wat jy wil doen as jy my deur oopstoot
en ek wat lê en wonder wie is wenner van die loot
jy`s rof en onbeskof en jou hande hou my vas
jy like dit om te neuk in die bed van ‘n ander klas

jou boodskap in die oggend laat my bloos
my lendelam knieë en herinnering heeltemal voos.


Apartheid

Altyd hierdie skeiding waar jy ook al gaan
of jy nou sit en klets of buite by die vuur moet staan:
Die in twee skeur van Sy kleed voor die kruis.
Dan ry ek terug en dink aan die harde werk môre
maar iewers verloën ek myself dat ek happy is
in ‘n tweestryd, nie aan een kant vir apartheid beskore.


Kamer 106 - sonder 'n sambreel

Jy`s my studio-stop
as die koue reën in my lyf kom kruip
dan speel jy 'n klavierkonsert    sonder 'n sambreel

    jou akkoorde dans deur my kop
    en verdryf die solo inhibisies van die dag.

    Jou hande
is druppels op 'n dam
om met afwisseling harder en sagter op die note te reën.

    Jou voet
tik die tyd af wat dit gaan vat
om my met jou te versoen
om    agter die persoon
    agter die klavier

te kom
te leer ken

En    vanaand hoop ek
dat jy my sal kan lees
net soos die vergeelde bladsye
van jou noteboek
    vanaand hoop ek
dat jy my kamer                kan verander
net soos jy jou studio         kan verander
in 'n woud waar die druppels op ons reën.


PIETER DU PLESSIS: "Ek is ‘n oud-Potchefstromer wat in die omgewing grootgeword het en daar studeer het. ‘n Jaar terug het ek besluit om die Mooirivier se water te verruil vir die son en see in Gordonsbaai. Ek werk al drie jaar as ‘n agent in eiendomme, terwyl die Kaap my nog eers leer rooiwyn drink. Ek beoog om in die toekoms verder te studeer." Pieter du Plessis



LitNet: 16 Mei 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.