GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

En ons het hom Lammie genoem

Douwlina du Plessis

Die kind het soos sy oupa Lambrecht gelyk toe hy gebore is. Dis ook na hom wat hy vernoem is. Jacobus Lambrecht de Winnaar.

Soos hy ouer geword het, kon almal sien dat hy nie 'n Lambrecht- f 'n De Winnaar-man is nie. Oupa Lambrecht het hom steeks gehou en die mannetjie se mofferigheid ontken tot op sy sterfbed. Daar het hy vir Susanna ingeroep.

"Sanna, kind, jy moet na Lammie kyk. Hy is anners as die anner kannetjies."

Hy ws anders. Sommer so van kleins af agter Sanna aangetou kombuis toe en koekies gebak. Hy sou so 'n ruk met die ander seuns speel. Nou, seunskinders is soos jong honde. Hulle speel nou alte lekker, maar netnou kry die speelbyt knyp in. Dis nou maar 'n mansding. Die sterkste reun in die trop word al vroeg deur die gestoei uitgewys. Sodra die ander mannetjies begin tande wys, dan verdwyn Lammie kombuis toe.

So 'n seun se pa het nou nie veel om mee saam te praat met die ander boere by die vendusies nie.

"Haai, die Gertkind van my het nou span gekry laas naweek. Griekwa nou!"

"Ek hoor ou Hakie Swartvlei se mannetjie het so geroer met die uitslae by die Landboukollege op Glen. Voorslag-boerkind."

"Myne maak hierdie jaar klaar op kweekskool en die jongste het 'n helse pos gekry in Londen. Hy s net 'n jaar daar en hy kom koop vir ons nog 'n stuk grond. Cash!"

Daar is nie 'n man wat sommer gaan s: "My Lambrecht ontwerp rokke vir 'n lewe" nie. Never! Jy staan eenkant van die manne en as hulle o gooi in jou rigting en uitpak oor hulle seuns, dan vertel jy van jou meisiekind wat joolkoningin is. Veral as jy weet Hakie Swartvlei se meisiekind het nie eers onder die eerste drie ingekom nie. Daarvoor lyk haar mond te veel na Bekkie Swartvlei, haar ma, s'n. Nou nie dat Bekkie 'n lelike vrou is nie. Dis net daardie yslike mond.

En jy strip moer as jy hoor jou vrou vertel in detail hoe jou seun vir di en di 'n trourok gemaak het. Dit was te "sweet" hoe die blommemeisies gelyk het en hoe "stunning" die bruid was, praat sy haar mofkind agterna. Dit lyk of die son heeldag jou gesig beetgehad het, so rooi word jy, maar die dames om die tee- en koektafel koer saam. Koer, al sien jy Mevrou Dominee loer onderlangs vir Lang Gert Jacobs se vrou. Di knipoog so fyn dat al die rimpels om haar o, ten spyte van die facelift, in haar make-up verskyn.

Jy loer een aand met 'n halwe oog na die televisie en daar staan jou seun lewensgroot, met 'n oorring in die een oor en 'n stud deur een neusvleuel, maar erger nog, met 'n "vriend" aan die arm. Verstik byna in vuurwarm koffie, brand jou mond s dat jy deur toe hol om buite te gaan uitspoeg. Later sluip jy katvoet in, maar die nuus trek al by die weervoorspelling. Jy slaak net 'n sug van verligting, dan lui die foon drie kortes en 'n lange.

"Haai, Adolf, het Lammie nie 'n mooie man geword nie? Het jy daai rok gesien wat hy ontwerp het? Ja-nee, hy het die eerste prys Londen toe verdien."

Van die wenrok en die Londen-toe-ganery weet jy niks en gee maar vir Lammie se ma die foon aan. Dis net "stunning", "fabulous" en "sweet" die hele gesprek vol en jy loop eerder uit voor jy skande maak op die nuwe mat in die voorkamer. Dis om van te kots, man! "Fabulous", "stunning", my alie. Dis 'n verdomde skande.

Dis toe dat die mannetjie dit in sy kop kry om te kom groet voor hy Londen toe vertrek. Wat maak mens met so 'n ventjie? Sy ma sing in die kombuis, maak huis skoon dat die kombuiskat stoor toe trek. Die telefoon lui en lui. Drie kortes en 'n lange, drie kortes en 'n lange. Die omgewing se vrouens koop nuwe rokke vir die affre wat hulle rel. Wil nou nie afskeep lyk teen die rokke waaraan Lammie gewoond is nie. Hulle worry oor blessitse rokke en jy worry of die vriend saamkom. Hemele behoed my!

*

Die mannetjie l toe common sense aan die dag en daag sonder sy "vriend" op. Adolf se bloeddruk is klaar hoog omdat vyf van sy beste ooie die vorige nag gesteel is, en toe hy besluit om die diewe voor te sit, wil die ventjie agterna piekel. Natuurlik wil hy weier, maar sy ma se donker o is al klaar poele van verwyt, en hy knik maar sy kop. Hy voel aardig toe hy die skielike blydskap op die man se gesig sien. Susanna draai haar kop weg, maar nie voor hy trane in daai mooi o gesien het nie.

"Ons loop sodra dit donker is. Dra ordentlike loopskoene. Vat vir jou 'n geweer uit die kas."

Die kind lyk simpel met die geweer in sy sawwe hande.

"Los maar die geweer en hou net jou o oop en jou bek toe. Jy rook ook niks. Ek wil nie wyd en syd verkondig ons is daar nie."

Tobelo skud sy kop: "Haai, Jere, meneer ..."

"Tobelo, jy soek my nie! Nie vandag nie. Jy skud verniet jou kop soos 'n donkie met bosluis in die ore."

Chapman die skaaphond draf ligvoets saam. Hulle gaan by donker hompe bees verby. Hulle moet aanstoot rivier toe. Dit is daar waar die skaap hou. Die Damaras slaap onder die lae doringbome teen die rivier. Wilde goed, die Damaras, maar vra min onderhoud. Tel nie eintlik bosluis op nie.

Chapman steek skielik vas. Hulle ook. Luister. Hy hoor net Lammie se harde, onfikse asemhaling. Verdomde jappie mofgat! Die nag l stil oor die veld. Sterre verdof agter 'n wolkerige hemel. Die hond staan steeds met een voorpoot gevries in die lug.

"Chappies hoor seker 'n springhaas."

"Die Chapman is nie stupid nie."

Lammie urineer agter 'n bos. Trap 'n dro tak raak. Dit knars deur murg en been. Verdomp! Hy loop sommer van boosaardigheid tussen die bosse uit, voel Chappies teen sy bene skuur om voor hom in te beweeg.

Die oomblik toe hy tussen die bome uit beweeg, slaan 'n magtige hou hom teen sy skouer. So hard dat hy val. Het iemand hom met 'n stuk hout geslaan? Maar hy hoor die naklank van die skoot.

"Meneer! Fok, Lambrecht, hulle het hom geskiet!"

Tobelo kniel langs hom. Ruk sy eie geweer na sy skouer, skiet sonder korrel, val self bebloed terug wanneer 'n koel hom tref. Bloed waaier oor Adolf se gesig.

"Tobelo!" Geen antwoord van die stil figuur nie.

Chappies begin wild blaf. Waar is die hond en Lammie? God weet, Susanna maak hom dood as Lammie iets oorkom. Hy soek-soek met sy linkerhand na die geweer, sy regterarm een blok willose pyn. Die swart nag word 'n donker spiraal. Hy moenie nou bodder om flou te word nie. Susanna is alleen by die huis. Haar kind is by hom, sy fokken verantwoordelikheid.

Skielik is Lammie daar. Sy gesig 'n wit kol in die maanlig. Hy tree oor Adolf, raap sy geweer op. Vuur weer en weer.

"Julle bliksems!"

Adolf weet nie hoe lank die skietery aangehou het nie. Iewers tussen pynnewels deur hoor hy die nag stil word. Vreeslik stil. Net die jongman se sidderende asemhaling klink op. Die hond is ook stil. Sou hulle sy hond geskiet het? Dan voel hy 'n nat, warm tong sy seer skouer lek. Hy druk die kop teen hom vas, dankbaar dat die dier lewe. Tobelo l soos hy geval het. Hy bewe van pyn terwyl hy 'n hand uitstrek na hom. Dank God stilweg toe 'n growwe hand om syne sluit.

Lammie staan steeds gebukkend oor hom. Die man moes hom met sy eie liggaam probeer verskans het teen die koels.

"Pa? Pa, is jy oukei?"

Adolf weet nie eintlik of hy oukei is nie. Hy voel bewerig, maar te hel met die twee jonges, hy vrek eerder voor hy dit erken.

"Ja, Lambrecht, ek's reg."

Maar hy bly sit-l totdat Lambrecht hom op sy voete help. Tobelo kom ook regop, steier effens. Adolf leun swaar op sy seun wanneer hulle die terugtog aanpak.

Tobelo tel met een hand die gewere een vir een op. Druk dit moeisaam onder sy gesonde arm in. Skud sy kop ongelowig.

"Hel, maar die Lambrecht het hulle moer toe geskiet!"

"Hy's mos nie verniet 'n De Winnaarman nie, magtig!"



LitNet: 19 Augustus 2004

Oor die skrywer:

DouwlinaDouwlina du Plessis - Skryf nou jou eie CV as jou hele selfbeeld, rigting en strewe so poef in die vuil politieke lug verdwyn en jy skielik 'n spesie is on the brink of extinction. As iemand my tien jaar terug sou vra om my CV te skrywe, sou ek heel eerste myself as 'n dokter beskryf het. Nie 'n GP, nie'n algemene praktisyn nie, maar 'n huisdokter. Iemand wat kampvegter was vir geregtigheid en die draak kon aanvat ter wille van my mense se gesondheid. Toe was dit die Mediese Fondse. Die nuwe draak, die Wetgewing, het my geleer wat die woorde first do no harm beteken. Het op Kovsies gestudeer. Daarna drie jaar 'n draai gemaak in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks as dokter.

Ek het in 1998 by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) aangesluit nadat die destydse Keur, tans Vrouekeur, my kort skets oor my grootmaakkind se selfmoord geplaas het. Ek het aan die vereniging se jaarlikse landwye wedstryd vir prosa begin deelneem en eers opgehou nadat ek in 2001 die eerste prys gewen het met die verhaal "Nag sonder einde". Die vorige jaar is "Donderweerkind" tweede geplaas.

In September 2002 kry ek 'n wisseltrofee van die BSV vir die mees sensitiewe hantering van 'n kontroversile saak met "Sonneblomvrou", en in 2003 hulle wisseltrofee as die mees diverse skrywer nadat ek 'n paar gedigte gepubliseer gekry het, en kortverhale in Landbouweekblad, Taalgenoot, Loslyf en Gesundtheid asook bydraes vir die rubriek "Blaaskans" in Huisgenoot. Ek het ook aan 'n dokumentr gewerk, "Help my, hoor my" wat deur Kyknet aanvaar is.

Ek hou van verskeidenheid, maar verkies die kort-kortverhaal. Ek het dan ook 'n tweede prys by Klets, 'n e-postydskrif, gewen met die verhaal "Keerpunt". Ek het vanjaar aan die ATKV/ Woordwoekeraars se wedstryd deelgeneem, derde plek gekry en is aangewys as die skrywer met die meeste potensiaal.

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie verhaal. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.