GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die ongedanste dans: Twee laaste briewe van Johan van Rooyen

Johann de Lange

Johan van RooyenEk het die eerste keer van Johan van Rooyen kennis geneem toe ek 'n Engelse gedig van hom in Standpunte te lese gekry het. 'n Uitstekende gedig. En die digter was duidelik ook van die geneentheid. Ek het 'n gemeenskaplike vriend gevra om my aan Johan voor te stel, maar di wou nie. Pleit & skimp het nie gehelp nie. Uiteindelik het ons mekaar wel ontmoet. Ek kan nie meer presies onthou hoe & waar nie. Dit kon by 'n boekbekendstelling gewees het, of hy kon dalk ingestap het by Exclusive Books in Sunnypark waar ek destyds gewerk het. Ewenwel, ons het onmiddellik gekliek. Johan was gulhartig, warm, 'n vrye gees. Hy het 'n unieke manier van praat gehad, sy eie manirismes, gunstelingwoorde soos "toes". En hy was luidrugtig. Sy rookomfloerste stem & lag was uitbundig.

Oor sy gedigte het hy min gepraat, behalwe om te s dat hulle moeilik kom, & dat hy nie weet waar die meeste van hulle is nie. Iewers in bokse of lers. Ek het hom aangepor om op soek te gaan, want ek was honger vir nog meer, & ek het gedink hulle behoort gebundel te word. Elke dan & wan het hy my een in die hand gestop wat ek sorgvuldig in 'n ler gehou het totdat daar genoeg sou wees vir 'n bundel. Maar dit het nooit gebeur nie. Iewers in die chaos van my studeerkamer l daardie ler nog steeds & wag.

Johan was 'n rustelose gees. Hy het gou verveeld geraak die oomblik as hy iets bemeester het. Hy was nie een wat op sy louere kon rus nie. Altyd nuwe uitdagings, altyd aan die beweeg. Hy was stigter-redakteur van De Kat, later ook redakteur van Tuinhuis en Lantern (later Vuka). Hy was een van die mees begaafde mense wat ek ooit ontmoet het, iemand van wie jy kon leer. Van musiek, skilderkuns, boeke. Hy had 'n feillose oog vir gehalte, & 'n versamelpassie wat van die huis in Pretoria wat hy met lover Riek gedeel het, die wonderlikste eklektiese plek denkbaar gemaak het. Wat ek na baie jare steeds onthou, is 'n verslaande antieke spiel met 'n somberswaar houtraam & twee reusagtige Vlaamse kaste.

Johan was pret om mee saam te wees. Ek onthou 'n kort vakansie by sy houthuis op Boknes - toentertyd nog deur sy pa gebou met die dik kratplanke waarin trekkers destyds op die spoorwe vervoer is. Onderweg soontoe het ons 'n aand by die Podlashucs in hulle pragtig gerestoureerde huis in Port Elizabeth oornag. Etienne Leroux het sy roman Sewe dae by die Silbersteins, wat in 1964 met die Hertzogprys bekroon is, aan die Podlashucs opgedra.

Dit was egter die kuslandskap & die voortdurende stryd met die elemente wat vir my as binnelander fassinerend was.

Kusdorp

Hier veg die see sy landgoed terug:
dit sien mens aan die soutsweet
teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
vasgeroes, bome deur die seewind
teruggedryf, 'n plaag duiwe
op 'n weggeroeste dak. Dieper in
verbrei hy sy domein met newelbank,
brak oewerende siltrivier.
Ook binnenshuis skryf hy op:
meubels ruik na diepversonke hout,
brood muf, gordyne skif, verf skilfer af,
slotte en sleutels slaan aan.

In die kamer waar twee heupe beuk,
herhaal die see sy seminale reuk.

(Uit: Wordende naak, 1990)

Alexander Podlashuc (van Russiese afkoms as ek reg onthou - hy het vir my & Johan ou sepia foto's gewys van familielede in hulle fleur & ons het behoorlik gekwyl by die skoonheid van sommige, & gerou omdat hulle deur tyd & noodlot vir ewig buite ons bereik geplaas is) was in daardie stadium 'n baie gewilde illustreerder vir De Kat. Hy was 'n aangename man & maklik om mee te gesels. Heeltemal anders as sy vrou, Marianna, uit eie reg 'n talentvolle, hoewel 'n meer troebel kunstenaar. Sy, kort & met 'n Breughelagtige voorkoms, is in Nederland gebore, het in 1952 na Suid-Afrika gemigreer & is in 1957 met Alexander Podlaschuc getroud.

Tydens ons besoek was sy beneuk & ons het uit die staanspoor nie gekliek nie. Elke poging van my om 'n "maklike" gas te wees, so het dit vir my voorgekom, was 'n persoonlike affront. Ek & Johan het ons in die sitkamer tuisgemaak saam met Alexander toe haar kort gestalte stuurs in die deurkosyn verskyn. Sy wou weet of ek wil koffie h. My antwoord - net as sy vir hulle ook gaan maak - was nie wat sy wou hoor nie. Die ketel is aan, so wil jy nou koffie h of nie? Nurks.

Die aand besluit ek om Port Elizabeth se naglewe te gaan verken & vra of sy vir my 'n sleutel het sodat ek hulle nie wakker maak as ek inkom nie. Nee, sy sal wag. Dit mag dalk laat wees? Maak nie saak nie, klop my dan maar op. Ek het my op die plek vererg & gesorg dat ek haar die oggend vieruur opklop, in haar lang wit nagkabaai soos iets uit Chaucer. Johan was filosofies daaroor. "Die goeie vrou het dit nie maklik nie," het hy die volgende oggend opgemerk.

Die week saam met Johan in sy vakansiehuis was heerlik. Ons het baie eenvoudig geleef. Vuur gemaak om te kook, ver moes ry om te gaan shop, ons verkneukel aan die kostelike eenvoud van sulke kafeetjies, nagte om gesels. In "Strandhuis" figureer Johan ten slotte as "'n nukkerige Teiresias".

Strandhuis

Met aankoms al
val op, die verval;
onderduims
is die kombuis
se vensterrame bros,
'n skuifslot voos,
daar's kewers
in die brandhout,
en vadsige strandloperkatte
meld hul aan vir sorg.

Liesbet wag
van vroeg af al -
nou klits en kletter dit
in die windkombuis.
Daar's die geur van vis,
vars carpenter
- soos die visman s -
vars silwervis
wat tussen skulpe
ge-yin-yang l.

Hy peuter
deur die huis, neuk
met hamer en spykers
'n spiel vas
teen die muur.
Dit weerkaats
die kamer,
en 'n bed.
Hy raak versonke weer,
'n nukkerige Teiresias.
Op die kortgolf-
transistor
raak Radio Moskou
kort-kort weg.

(Uit: Wordende naak, 1990)

Ek het lang ente met die stormagtige strand langs geloop & relikwie teruggebring: skulpe, die versaakte harnas van 'n krap, 'n klip wat lyk soos die torso van 'n seun kompleet met fallus. En gedigte geskryf. "Strandwandeling" was my "antwoord" op Wilma Stockenstrm se "By L'Agulhas 'n wandeling":

Strandwandeling

1
Neffens die drietoon van 'n vol
trag ek in die vergeetsand
m treetjies in te plant,
in te trap teen die see
se swaarder tred,
teen die gesoute verval,
die aanvreet van 'n kus,
'n vasteland
se herbesit.

Ek kry 'n jellievis,
'n helder slymerige ghwel
waaraan jong slakkies vreet.
Verder weg
staan swartvlerk-meeue
kraaloog wag,
en kyk ironies,

weet: die molmende mag
van die see.
Steeds word ons niks
wys uit die antieke
lig wat talm
rondom Dias-kruis.

2
Die oggendson spaander
van die water weg
met die geeu van meeue.
Onder die dag
se speurende oog
l die baai
se omgekeerde skuit:
meerminbeursies, rooiaas,
seeluis en perlemoen,
fyn takkies van 'n seeboom
en stekelige seepampoen.

En skulpe:
al die volmaakte
gebreekte skulpe,
terracotta, silwer, persswart;
en klippe,
n 'n blonde platklip
met 'n piepie
soos 'n kind,
sy jongsout
op my tong,
die dood
van seegoed.

Ek stryk
met vlerkhart
oor die sandspiel aan.
Die dag haal asem
deur 'n blinknat kieu.

'n Entjie verder
kry ek: drie alikreukels
en die borsbeen van 'n meeu.

(Uit: Wordende naak, 1990)

Die wilde see by Boknes het vir my iets gehad van die Afrika waaroor Wilma dit het "wat nog so vriendelik niks prysgee". Die vakansie was 'n wonderlike ding wat Johan vir my gedoen het, juis op 'n tyd toe ek aan lager wal was.

Die nuus van sy dood het my onkant gevang. Ons het in 'n baie lang tyd nie kontak gehad nie & ek het nie besef hoe hy agteruit gegaan het nie. Ek was weldeeglik bewus van 'n selfdestruktiewe streep in sy persoonlikheid, & dat sy lewe op 'n manier 'n selfmoord in stadige aksie was, 'n gestadige dood, maar dit was nie ongewoon by s 'n kreatiewe mens nie. Ek is nietemin oorval deur 'n gevoel van verlies, & het terug gedink aan rels van Thom Gunn:

X
The art of designing life
is no excuse for that life.

People will forget Shakespeare.
He will lie with George Formby
and me, here where the swine root.
Later, the solar system
will flare up and fall into
space, irretrievably lost.

For the loss, as for the life,
there will be no excuse, there
is no justification.

(Uit: "Confessions of the life artist")

Ons laaste keer saam was 'n ete by die Vineyard-hotel waar hy tuisgegaan het tydens 'n besoek aan die Kaap. Ek het (met huiwering) die uitnodiging aanvaar: ek was slf maar baie broos in daardie stadium & nie seker of ek oor die innerlike reserwes beskik het vir 'n aand alleen saam met Johan nie. N 'n paar bottels wyn was daar nie huis te hou met hom nie, & in sulke omstandighede het hy dikwels onvergeeflike (alhoewel soms uiters vermaaklike) sosiale flaters begaan, soos die keer toe hy 'n burgemeestersvrou heel eie op haar boud geklap het. Ek het slf 'n keer of wat sulke walpurgisnagte meegemaak, wanneer Johan begin praat het oor jeugletsels, sy ouers, begin wroeg het oor wat hy gesien het as 'n verknoeide lewe. En uiteindelik die onbeheerste trane. Die aanslag van soveel rou emosie was vir my te veel. Maar die aand by die Vineyard-hotel het goed verloop. Ons het lekker gekuier & ek is relatief vroeg daar weg.

Toe op 'n dag vroeg in 1999 kry ek via Philip de Vos 'n pakkie van Johan: 'n getekende eksemplaar van DF Malherbe se Agterland, & 'n brief. Die brief was ongewoon. Ek kan nie dink dat ek, in al die jare wat ons mekaar geken het, ooit van hom 'n brief gekry het nie. Of een vir hom geskryf het nie. Ons het mekaar altyd gebel, of van aangesig tot aangesig te siene gekry. En die emosionele intensiteit, die onverwagse uitreiking, het my ontstel:

Liewe De Lange

Dis die alliterasie wat my so diep tref. M.a.w.: Hallo Johann! Ek stuur aan jou 'n kleinood (of klei-noot?) wat ek slegs aan j kan toevertrou. Hierdie kosb're ding moet jy koester, want dit haal pale en bereik perke. En soos jy slf maar te goed weet is alles in ons geestelike lewe pale toe! Dis buig of bars! In my eie jeug het 'n volksdigter selfs hierdie dieper waarheid besing en verdig: "Nader, nader, nader na die pale toe!" Mooi, n? Vir jou, as jongmens, doe so voort en onthou: "Wakker op die uitkyk!"

Pop! Onthou: "Met die waters wat verby is sal jou meule nooit weer maal." Spyt my dat ek jou moet stem. Ek voel pligsgebonde. As digter kan 'n mens so maklik vals klink. Ek, soos jy ook maar weet, haat dit om te tug. Ek is slf 'n vrye gees. (Ek het wel heimlik daarna uitgesien om jou te kon tugtig - en nou hierdie gulde geleentheid.) Jy moet net eenvoudig stemmiger in jou skeppingsdaad. Asseblief. Ek het die vrymoedigheid, as vriend, om dt, ten minste, van jou te vereis! Nou ja, dit, ten minste van my bors, dig nou voort en maak iets moois!

Liewe Pop, ek beny jou so dikwels, dikwels. Jy met jou mooi talente. Weet jy, skryf is tog so 'n uitlaatklep. Van al die spanninge van die ou lewe. Ek voel altyd as ek iets onder die woord kan bring, waarom nie? En weet jy Johann-klong, ek het tog so plesier aan party van jou versies. Hulle is mooi man! Jy s partykeer ietsie s raak! Jy moet tog net nooit beginne twyfel aan jou godgegewe talent nie. Waar, wr kry jy 'n ander een? Ek het self oor al hierdie dinge geworstel. Ek weet waarvan ek praat, my liewe vriend. Jy s tog maar 'n ou pennelekker!

Altoos as ek aan jou dink, kom net die mooiste. Verkwalik my tog nie hierdie opregte kommer oor jou koers nie. Jy is ver van my. In 'n ander stad. Ek is besorg oor jou. Mens kan so maklik. Ai. En j so alleen. Ek dra jou op. Dis maar al wat ek kan doen. My vriend, my vriend. Poppie-my-hakskeen, weerhou jou van valse vriende. Hulle bring jou niks in die sak nie. Behalwe vreeslike skade soos jy nie van ken nie. En nie van wil weet nie. Ek is so besorg oor jou. As jy mt skryf, skrf. Maar gedenk tog die besadigdheid. Ds so belangrik in hierdie ou lewe. Perke n pale. Maar ek weet jy druk altyd jou drie! Moeder.

Ek het nie geweet wat om daarvan te maak nie. Aan die een kant was dit vintage Johan - ek kon hom hr praat terwyl ek dit lees; hy skryf altoos soos hy praat - maar aan die ander kant was dit vreemd: hy het nooit in al die jare wat ons mekaar geken het, laat blyk dat hy hom oor die koers van my skryfwerk bekommer het nie. En oor watter boek het hy dit gehad? Tog seker nie Nagsweet nie. Hy het self laat blyk dat hy van die geil gedigte gehou het, & het selfs toegelaat dat ek twee waterverwe wat Walter Battiss vir (& van) hom persoonlik gemaak het, op die omslag gebruik.

Kon dit Vreemder as fiksie wees? Ek weet dat hy ontsteld was oor die koers wat Koos Prinsloo met sy fiksie ingeslaan het & die wyse waarop hy dinge wat in vertroue vir hom vertel is, gebruik het in sy stories. Ek het gemengde gevoelens gehad oor die brief: dit was baie ontroerend, maar (het ek gevoel) ook ietwat patroniserend. Of nie? Ek het getob oor hoe om daarop te reageer. Een nag laat, toe die slaap uitbly, het ek 'n brief begin: "Liewe Johan, dis laatnag, die slaap bly uit, & jou brief is ongemaklike kooigoed " En daar het ek vasgesteek. Ek het 'n ietsie onder die tong gesit & uiteindelik ingesluimer.

Met die verloop van tyd het dit al hoe moeiliker geword om op sy brief te reageer. Uiteindelik het ek so lank getalm dat dit nie meer sin gehad het nie. En toe daag die volgende brief op.

                                  Steeds: Soebatsfontein
                                  Ek glo dis: 9.4.99

De Lange!

Op die plaas s dit so. En ek glo deur die genade. Maar die geloof raak nou dun. Drf mens jou nog geluk toewens? Ag, die dinge van 'n kind!

Duif! In my fladderende gedagtes duik jy deesdae so dikwels op. Ek sien jou hier en ek sien jou daar. Pop: deurmekaar! Naak soos ek is op hierdie oomblik - dis immers slapenstyd - verknie (waarvandaan kom verknog tog?) ek my opnuut aan jou.

Verkneukeld, soos ek altoos maar is, verlang ek na jou. S iets! Philip het by my, so 'n maand of wat gelede, die vermoede geplant, wel, iets in die rigting van, jy weet, lewensgeluk, en so. Daaroor is ek bly. Hy't net laat val. Ek hoop jy het die mooi versbundel van Malherbe gekry. Goeie gedagtes hou mens op 'n onbepaalde spoor. Daarvoor en -oor is ek ook dankbaar. Mens het inderdaad baie om r en vr dankbaar te wees. Ek hoop net jy onthou dit. Op my maniertjie dring ek nogal daarop aan. Skryf vir my 'n briefie, toe! Sit so 'n ou ietsie op skrif. Verkieslik op papier.

Nou ja, muis, jou moeder het haar pas in die afgetredenheid begeef. Nogal 'n nuutjie vir di goeie vrou. Ledig skyn sy. Bedrog, roep ek uit. Tweespalt en dialoog! En jy weet wat drvan word! 'n Geredekabel - to no purpose! Silly! Silly! 'n Mens s so laf! En alles bo verdienste.

Ek hou vir jou/en joelie 'n kooi in die noorde - sou joelie wou. 'n Wenk. Bloot 'n wenk. O, hart! Ek sit daglank en droom. Nie aan te bevele nie. Stay young, sweetheart. "As sweet as you are." All them voices! En dt alles: um mitternacht! Ek verlang na jou - en katte! Veel liefs. Johan (v R.)

Die tweede brief was ng meer ontstellend. Die opgewekte toon & lawwighede het iets donkerders verdoesel. Hy het uitgereik na my; hy wou iets van my h, iets vir my s. Ek het nie geweet hoe om daarop te reageer nie. Die onbeantwoorde brief het ook swaar tussen ons gel. En die Malherbe waarvoor ek hom nie bedank het nie. Weer het ek pen op papier gesit. Verskillende aanslae probeer. Maar een aanhef na die ander het in die asblik beland.

'n Keer daarna het ek hom in Seepunt sien uitkom by 'n kafee, maar ek het die straat nie oorgesteek nie. Uit skuldgevoel, maar ook uit selfbehoud. Ek het stil bly staan & hy het my nie gesien nie. Hy het baie oud gelyk, & gebroke. Bleek, & met die yl hare. Van die mens wat hom 'n leeftyd lank omring het met mooi dinge & vriende, was daar net 'n afskynsel. Ek het nie die straat oorgesteek nie, want ek wou my beeld van hom behou, hom nie toelaat om dit te ontluister nie.

Geleentheid om met hom te praat, in lewende lywe, het nie weer gekom nie. Met die nuus van sy dood het ek die verweerde rooi Malherbe uitgehaal. Toe ek dit oopmaak, val sy twee briewe uit & ek lees hulle weer, asof vir die eerste keer. En meteens verstaan ek wat hy wou, dat hy lig wou reis, dat hy uiteindelik ook oor homself gerou het. Oor wat kon wees. En toe kon ek huil oor hom. Oor ek hom nie gerusgestel het nie. Met 'n ietsie op skrif. Verkieslik op papier. Vir 'n ou vriend, alleen op Soebatsfontein.



13 Augustus 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.