GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Housesitter

Thys de Beer

Wanneer die swembad groen en slymerig raak, vis nie feature nie en Italiaanse passie sy kop wil uitsteek, moet mens voordeel trek.

"Hou jy van my?"

"Hoekom vra jy?"

Hy't my platgedruk en grafstil op my tannie se nuwe Ralph Benz-bank gesoen. Glad nie sleg nie (die soen, nie die bank nie)

"Wag nou, jy's orig," het ek geveins-ongemaklik gegiggel en my uit sy greep probeer wriemel toe hy weer sy manlike hand in my broek probeer druk. Sy hande was kunstig, maar sterk, met are wat passievol die bloed deur sy Italiaanse lyf stuur.

(My tannie was weg op nog 'n retreat, en toe die swembad soos 'n visdam begin lyk, moes ek plan maak. Hy was die buurvrou se aanbevole keuse, en niemand weet mr van suburb management - picket fence cum laude - as di sepieverslaafde nie. Ek't hom gekry om die swembad se pomp te kom regmaak, toe bly hy langer. Heelwat langer. My buurvrou het my beloof hy weet van pompe.)

"Jy maak my dol soos 'n hond," het hy in my oor gehyg. Sy lyf was 'n Men's Health-omslag, en sy hondsdolheid het onmiddellike aandag geverg. (Spuit hulle mens nie in as die ding jou tref nie?)

So van diere gepraat ek't vergeet om die vis te voer! Shit! Ek't my uit sy seekatgreep gewoel om die vis te gaan voer.

"Kan dit nie wag nie?" het hy gesmeek. Hy kon die leepoog-act beter as die buurvrou se baba-Labrador doen. Nee, die koeksister maak my die nuutste castrati as die ding iets sou oorkom. Dis 'n gedoente wat met groot fanfare uit Japan laat kom is. Sonder soja of wasabi. (Wat is dit met vrouens en hul visse?)

(Hy't daar aangekom met 'n ou Levi aan. 'n Jon Bon Jovi in Ally McBeal-sjarme met 'n Italiaanse lyf wat 'n straight man bronstig sal maak! Van waar ek in my onskuld staan en staar het, kon ek nie help om te wonder of daai nie maar net 'n kous voor in sy broek is nie.)

Toe ek by die vis kom, het die arme ding net flou-flou rondgeswem. "Hoeveel van die goed moet mens ingooi?"

"Wie gee om?" het hy geglimlag en 'n halwe bottel van die visgoed in die bak gegooi.

Hier gaat ons al weer! "Is jy gek?! Ag, los nou die vis," het hy ferm ges en my woes oor die antieke tafel gevry. (Sy't laas week die ding vir duisende laat waardeer. Ek dink nie dis regtig ontwerp vir kreatiewe kotus nie.)

Bliksem. Die man het 'n libido wat mens bewerig maak! "Jy's wonderlik," het ek gesug.

"Ek't jou lief," het hy in my oor gefluister, en sy gespierde lyf oor my gegooi.

"Oeps," was al wat hy te s gehad het toe hy die visbak van die tafel afstamp en Cleo die kat die vis in 'n see van glas opvreet. "Ek sal later skoonmaak," het hy gekreun, en my stywer vasgegryp. My hart en my kop was in 'n tweestryd, maar my lendene het die oorblywende bloedtoevoer na my brein afgesny en loshande die oorhand gekry en besluit dis tyd om voordeel te trek!

(Toe ek hom die pomp gaan wys, het hy sy hemp uitgetrek en dadelik aan die werk gespring. Stevie Wonder kon sien ek's 'n moffeliena soos ek aan die bloos gegaan het. Hy't by homself geglimlag en hom by die swembadpomp bepaal. Ek't iets oor die hitte en koeldrank sal lekker wees gemompel en bewerig by die huis in verdwyn.)

"Ons moet 'n ander vis kry," het ek ges toe die afterglow begin verflou "Nee, ek weet nie watse vis dit is nie!"

"Fok! Ontspan jou boudjies" (ex post facto!). Hy't my voete masseer terwyl ons My Own Private Idaho l en kyk. Saligheid Ek't van die man begin hou. Mens sal jou boedel vir sy tipe in 'n oogwink opgee.

"Wie't my rooiwyn gedrink? Ek't ges jy moenie my glas op die mat neersit nie!"

Seker daai simpel kat wat die wyn gedrink het. Ek't moerig en half ongemaklik en huilerig (soos 'n seuntjie met 'n groot nood) die kat gaan soek en uiteindelik gevind. Sy't in 'n plas kots op my tannie se ontwerpersduvet gel en ruk. (Ingevoer van die Ooste, met ragfyn borduurwerk. Hoeveel tannies sonder Discovery Health en voortanne moes hulle nie afsloof in 'n stowwerige Oosblok-landjie en bottels goedkoop wodka verorber om di gedoente te maak nie ?) Voor ek kon help, het die kat in my arms gevrek. (Ek sien al die skrywe in Beeld: Sag het sy die tydelike met die ewige verwissel. Sy't darem nie gely nie )

It never rains

(Toe ek terugkom in die pompkamer, het sy denim op die vloer gel. Ek't senuagtig besef dat mens tog 'n swembad kan regmaak met 'n broek aan. Met 'n swaar toolbox en 'n onderbroek vol idees het hy verleidelik langs die HTH-bottel gestaan. HTH, nothing else Vrugtesap is so "on"-sexy, het ek gedink, en die skinkbord laat val - nogal soos in die movies. Daar was 'n swanger stilte in die pompkamer. Soos net voor 'n aardbewing as selfs die voltjies ophou sing. Wel Dit was toe nie 'n kous voor in sy broek nie. My ma het altyd ges die waarheid maak seer. Verder kon ek niks doen nie. Maar hy't geweet wat om te doen. Hy verstaan mos van pompe.)

"Dink jy dit was die wyn?" het hy gegrinnik en my boud geknyp. Hy't weer daai denim aangehad, en dit was moeilik om kwaad te bly. Ek kon voel hoe my brein in my broek ontwaak. "Waar gaan ons 'n ander kat kry?"

"By dieselfde pet shop waar ons 'n ander vis gaan kry." Altyd tyd vir 'n grappie! Ek't voorgegee dat ek moerig was en het loop aantrek.

"Anyway, dit was 'n useless kat," het hy ges en vir ons van my tannie se Dom Perignon geskink. (God, nou moet ek nog die sjampanje ook uit my studentebegroting betaal! Ek het wit om die kiewe begin raak en het oorweeg om immodium aan te skaf.)

"Ag, skat, shit happens, so cheers. Ons het elkeen 'n moord gepleeg vandag," het hy gelag.

Twee bottels later het ons in mekaar se arms aan die slaap geraak.

Hy't homself, sonder veel weerstand van my kant, vir die res van die tyd genooi. Ek kon nie mooi onthou hoe lank sy sou weg wees nie. Ek't gehoop om die heuwels en valleie van vleeslike vieslikheid behoorlik te verken voordat ek my John-boy Walton act moes hervat wanneer die dro rangskikking haar kille opwagting maak. Ek't 'n wyle soos die Sedelose Vrou van Openbaring 17 gevoel. 'n Vol in die hand is beter as twee in die bos, het iemand altyd ges

Die volgende oggend was hy voor die deur met 'n nuwe vis. Ek't hom gesoen totdat die trane oor sy wange rol. "Ek ken nie sulke emosies nie," het hy in Italiaans gefluister. (Dis so mooi as die butch-tipes so sissierig raak.) Daar's nog baie waar di vandaan gekom het, het ek gedink, en daar verkrummel alle weerstand in my toe opnuut soos in die Flake-advertensie van ouds.

Nadat ons die Thrupps-snuisterye in die yskas verorber het (ek dink sy't ges dis vir die gala-aand of iets, maar ons wou nie h dat iemand dalk siek raak by die fondsinsameling vir dro-ys-prinsesse nie), het ons op die nuwe bank opgekrul. Ek hou van die reuk van leer. Ons het tevergeefs probeer om ons hande van mekaar af te hou.

Ons het haar nie hoor inkom nie.

Die stilte was koud en skraal (met apologie aan Eugne Marais se windjie).

"Ek dog jy kom my by die lughawe haal," het sy bitter en berekend ges (met 'n Hermien Dommisse-trek om die mond), en in haar kamer verdwyn. Haar lyf was kalm, maar haar o was geskok. Sy moes tog geweet het. Vrouens is dan so intutief oor di dinge. Hulle ingeboude gaydar maak op vir hul gebrek aan 'n ingeboude GPS (lesbiteriaanse susters natuurlik uitgesluit). Wel, nou weet sy (What would Oprah do?)

Die volgende oggend het ek haar in die tuin gekry. Sy't nog kwiktan-merke in haar nek gehad van die vakansie (al die geld kon toe nie regte sonskyn in die Riviera koop nie).

"Het jy vir Cleo gesien?"

"Wie?"

"Cleo, my kat, die een wat jy moes oppas." (Katterig, s ek jou. Nee, maar ek kan vir jou 'n pierinkie melk bring as jy wil, het ek gedink.)

"O, Cleo, wel " (Waar begin mens?)

Sy't nogal hartseer gelyk toe sy s ek moet eerder loop. Ek was bly. Hy't vir my by die hek gewag in sy witste T-hemp en styfste denim. Sy lyf het 'n natuurlike tan gehad

Ek was bly om hom weer te sien. Toe ek die hek agter my toetrek, het hy my net daar gesoen. Lank gesoen.

Want hy't geweet sy sal deur die gordyn loer.



LitNet: Desember 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.