GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

My vriend se vriend

Carel Coetzee

All but Death, can be Adjusted -
Dynasties repaired -
Systems - settled in their Sockets -
Citadels - dissolved -
Wastes of Lives - resown with Colors
By Succeeding Springs -
Death - unto itself - Exception -
Is exempt from Change -
Emily Dickinson

Die pad na die Kaap kan baie lank wees, dink hy terwyl sy o ook vertroebel saam met die hittegolwe op die horison vol stof en klip. Die uitgestrekte woestynlandskap laat mens baie dink. Aan alles wat sin maak en soveel meer oor dit wat dit nie doen nie. Hy stel die radio harder om die gedreun van die motor te demp. Gelukkig kan hy op die nuwe tegnologie van ons tyd met lugversorging en strelende laserskyfklank staatmaak. Anders sou hy nie die lang pad alleen kon aandurf Kaap toe nie. Maar hy moes dit doen. Dis 'n deel van sy lewe waarmee hy vrede moet maak. Meer met homself as met die ander party. Dan dink hy weer: Hoe het hy hier gekom? Drie jaar gelede sou hy nooit kon dink hy sou homself op pad Kaap toe in 'n motor bevind om sy vriend (eks-?) in die o te gaan kyk en erken hy was verkeerd nie.

Die dag toe sy ou hom los vir een van sy ou universiteitsvriende, het hy gedink hy kan nie aangaan met sy lewe nie. Sy eerste verhouding. Sy eerste ware liefde. Vir die eerste maal kon hy 'n ou heeltemal aanvaar met sy foute n goeie eienskappe. Vir hom was daar net hierdie n ou. Sy honger soeke was versadig en sy leemtes gevul. Met die skeiding het sy geloof en die manier hoe hy na die lewe kyk, ook verander. Hy het toe ook soos nou gevoel: Waarheen nou? Hoe het hy hier gekom? Dit herinner hom aan iemand wat voorheen vir hom ges het: as jy nie weet waarheen jy gaan nie, is dit beter om te bly waar jy is. Dis moeilik om iemand te vergewe aan wie jy so baie van jouself gegee het. Drie jaar later sou hy terugkyk en verstaan, maar nie t nie. Dis moeilik om 'n huis in sy totaliteit te sien as jy binne staan. Jy moet uitgaan, die deur agter jou toemaak en die huis vanaf 'n bult beskou, om die huis te sien vir wat dit is.

Nou, drie jaar later, het hy dieselfde gedoen. Al het hulle reeds uitgemaak en weet hy hulle opbreek was geensins sy verantwoordelikheid nie (sy vriend s'n), het hy skaars 'n maand n die opbreek met sy vriend se eks in die bed gespring. Wel, so het dit altans gelyk as mens van die bult af na die huis kyk. Daar was altyd energie tussen hom en sy vriend se ou. Vreemde, vloeiende energie wat hom bang gemaak het. Dis verbode grond, het hy gedink en alles in sy kop en hart gestil. Maar die spook het hom bly jaag. Of dit die leemte was nadat hy met sy eie ou opgebreek het of net 'n vonkie wat lank reeds gewag het om vlam te vat, weet hy nie. Miskien was dit iets in homself wat hy raakgesien en hom aangetrek het. Die stil manier waarop hy na die lewe kon kyk en laat invloei het. Nou moet hy sy vriend in die o gaan kyk en vertel Hoe s mens aan iemand jy verstaan, jy weet die tyd was verkeerd en jy weet hoe seer hy moes gekry het (jy was ook al daar!), maar nogtans het jy toegelaat dat jou emosies en dierlike drange die oorhand kry en jy verby die vriendskapsband kyk en voortgaan? As hy in sy vriend se skoene gestaan het, sou hy verstaan het? Kon vergewe? Nou het hy gedoen soos die res van die gemeenskap wat hy so verafsku. Hy het nie respek vir enigiemand anders se gevoelens nie. Hy moet homself eers kan vergewe.

Hy merk die eerste tekens van die bergagtige Kaapse landskap. Die Hexriviervallei se driehoekige rooi berge lyk veroordelend en onvriendelik. Dis nou nie meer ver nie.

Drie jaar gelede met sy eie (eg-)skeiding was hy ook in die Kaap. Dis vreemd hoe mens altyd na hierdie plekke kom vir 'n soort gesondmaking. Die Kaap het nogal 'n manier om onder jou are in te klim. Anders as die metropoolse gejaag na geld waar hy bly. Hier in die Kaap kom jou kop rus. En voor jy jou o kan uitvee, hang jou hart aan 'n druiwestok, wagtende vir die son se stralevingers om die korrels in te kleur.

Die laaste deel van die pad is makliker as die lang gesloer deur die Karoo. Die landskap is dragtig aan groen verwagtinge. Hy hoop hy het die adres reg. Hy vou die stukkie afgeskeurde papier oop en lees hardop die letters in blou ink geskryf. Sy palms voel sweterig en hy kan voel hoe sy hart de-doef-doef, de-doef-doef. Hy parkeer die motor in die straat, bekyk die gebou op en af en stap dan die trappies op om die klokkie te lui. Hy aarsel. Dis 'n ou gebou, vasgevang met baie voetstappe en stemme. Dit voel soos 'n kerk waar hy belydenis by die priester kom afl. Hy haal diep asem en druk dan die knop. Dit skril iewers in 'n gang. Sy vriend maak oop en kyk geskok na hom.

Hy is nie ingenooi nie (hy't dit eintlik verwag).

Hulle moet praat, het hy vir sy vriend ges. Met sy vriend se reaksie het hy geweet, iets is dood. Maar selfs met dood gaan die lewe aan; die geritsel in die bome hou nie op nie en die verkeer staan nie stil nie.

Sy vriend kyk hom met swart o aan en uiter die woorde met 'n beheerde lae stemtoon: "Sonder om lelik te wees, ek verstaan nie heeltemal die doel met jou besoek nie. Ek's nie meer kwaad nie en het nie meer weersin in jou nie. Ek sien net nie meer 'n rol vir jou in my lewe en 'n rol vir my in jou lewe nie."

Hy het nog 'n paar sekondes daar voor die toe deur gestaan met die oop hemel en berg soos 'n rugleuning, voordat hy motor toe gestap het. 'n Oomblik lank het dit seergemaak. Dis tyd dat hy dit moet laat gaan. Hy dink tog hy het die regte ding gedoen, vir homself. Hy weet die tyd was verkeerd. Maar hulle s niks gebeur toevallig nie. Dan druk hy sy motor in die rigting van Chapman's Peak, na die see aan die ander kant van die berg waar die gladde massa water 'n vrede teen die berge weerspiel.

Hy dink aan wat 'n goeie vriend eenkeer gevra het: Is daar dan niks anders in die lewe waarop mens jou primre belangstelling kan fokus as op romanse nie? Om iemand in jou lewe te h nie? Ons het soveel ander fasette, soveel ander godgegewe talente wat ons eintlik maak wie en wat ons is. Hoekom is dit nodig dat mens iemand anders moet h wat waarde aan jouself en die lewe gee? Is dit omdat homoseksuele mense so lank verwerp is - ons verwerping in ons vormingsjare is fondamente - dat ons so sukkel om minder skuldig oor onsself te voel en meer waarde in ons te sien? Moet dit dan nie andersom wees nie? Om genoeg selfvertroue en waarde in jouself te h, en dan jou ervarings en geluk in die lewe met iemand anders te deel nie? Ons offer soveel van onsself op net om iemand in ons lewe te h dat ons soms vergeet om goed te wees vir onsself.

Hy staan op 'n piek bo die Atlantiese Oseaan en gee homself oor aan hierdie oomblikke. Vir die eerste keer in 'n lang tyd is hy gelukkig. Wat tevore gebeur het, maak nie meer saak nie. Wat mre gaan gebeur, is nie die werklikheid nou nie. Al wat ons het, al wat saak maak, is hierdie oomblikke. En ons het altyd 'n keuse: om te vergewe of om verbitterd te wees. Om jouself te aanvaar en toe te laat om te groei, of om vir jouself te bly s jy's nie goed genoeg vir iets of iemand nie. Hoekom jouself beperk? Ons is so vry soos ons besluit ons is. Hy wil terugstaan en na homself kan kyk met 'n glimlag. Hy wil oor homself voel soos hy oor sy eerste liefde gevoel het. Niemand anders het sy ervaringe nie. Niemand anders sien en voel soos hy nie. Dis onmoontlik. Die lewe lyk vir elkeen soos dit waarin mens glo. En elke mens se interpretasie verskil.

Die pad na die Kaap kan baie lank wees, dink hy. Of sal hy s die pad na vryheid? Hy het gehoor vergifnis maak mens vry. Hy het toe nie besef die spasie wat met die vryheid gepaardgaan, is so oop nie.

Kopiereg voorbehou.


LitNet: 28 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

Klik hier vir Moedersdaggeskenke!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.