GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Pil in die drinkwater

Carel Coetzee

Daar was twee van hulle. Bitsig en giftig, soos die "meisies" sou s.

Ampie het in 'n arm deel van Pretoria-Wes grootgeword. Ook maar bietjie stadig as dit by flinkdink kom, maar sy lyf het mooi uitgekom. En dit het opgemaak vir sy brein, wat bietjie langer as die gemiddelde vat om op te warm.

Ampie het vir Pieter by 'n huispartytjie, een van sy soustannie-vriende s'n, ontmoet. Di is gedurigdeur met sy vingers in die kospotte, besig om 'n nuwe dis (altyd in een of ander geheime sous) voor te berei. Hy het nooit toegelaat dat enige van sy vriende met 'n le maag huis toe gaan nie - of dit nou gevul is deur 'n proteenskommel uit 'n langwerpige houer of een van sy gunstelingresepte.

Ampie het dadelik sy oog op Pieter gehad. Met sy verleidelike lyf het hy die slangdans gedoen om Pieter se oog te vang, en toe op sy mooiste geglimlag. Pieter se donker voorkoms was nogal iets wat mens nie kan versmaai nie. Miskien was dit die feit dat Ampie nog aan Luke verbonde was wat die versoeking soveel groter gemaak het.

'n Week later word dierbare Luke ingeruil op donker Pieter met sy groot beursie. Sien, Pieter se ma was 'n hooggeplaaste vrou in die gemeenskap van die Laeveld, en veral nadat haar man (en Pieter se pa) so vroeg in sy "midlife crisis" oorlede is, het Ampie mos hier vir hom vooruitsigte gesien. Ampie was 'n gefynste ou met 'n duur lyf. Hy wou net die beste h. As Ampie nie sy sin kon kry nie, het hy sy gewone toertjies uitgehaal en sy ou armblankekind-van-Pretoria-Wes-houding op homself getrek. Dan raak Ampie vreeslik bedruk en begin vertel van hoe swaar hy as kind gekry het. Hoe hy, Ampie, vingeralleen sy ma moes beskerm as sy besope pa handgemeen begin raak het. Ampie het van kleins af soos Het van Verlangekraal in die jaart by sy ma-hulle gesit en dink dat hy 'n toertjie sal moet uitdink om uit hierdie hool te kom.

N Pieter se pa se dood het Ampie dadelik Pieter begin aanpor dat hulle na sy ma moet omsien en daar moet intrek. Ampie het s gedink: dit is immers 'n vooraanstaande buurt en die tannie se beddens is sagter as hulle s'n. Maar dit het hy nie ges nie.

Pieter en sy pa was baie na aan mekaar, maar hy en sy ma het nie te wel oor die weg gekom nie. Sy het altyd 'n groot en duur troue in die toekoms op haar sosiale kalender gesien, maar dinge met haar seun het skeefgeloop. So, dit was ook nie moeilik vir Ampie om Pieter verder te oorreed dat dit maar beter is as die tannie 'n stadige, dog vreedsame, dood in haar eie huis sterf nie. Pieter sal vanselfsprekend die huis en alles daarmee saam kry. So sal die twee fyn outjies lank en gelukkig saam woon, tot die losbandigheid hul skei (soos in die meeste verhoudings van di aard gebeur).

"Hoe gaan ons dit doen? Ek meen, ek wil nie 'n gemors h om skoon te maak nie. Dit is tog my ma!" Pieter vat 'n diep trek aan die sigaret en blaas die rook ken omhoog uit dat sy adamsappel dik staan.

"Jong, engel, ek het nog nie daaraan gedink nie," s Ampie en streel liefderyk aan sy ou se hare.

"Ek wil ook nie daaraan dink nie. Wil dit net oor en verby kry "

'n Kort stilte volg.

"Wel, Pieter, ek't gehoor van 'n soort gif wat in jou ingewande aanpak. Dit gebeur stadig met verloop van tyd en is glad nie pynlik nie. Mens kan dit daarna nie opspoor nie, vanwe die samestelling daarvan of iets. Hulle sien dit as vette wat nie kan verteer nie. Dit kom in 'n pilvorm wat in water oplos."

Pieter gee 'n harde trek aan die sigaret en kyk nie na sy ou nie. "Kan jy dit in die hande kry?" vra hy.

"Jong, dis moeilik. Maar ek is seker met 'n telefoonoproep of twee sal ek iets kan rel. Is oormre oukei? Of is dit te laat?"

"So vroeg al?!"

"Jy en daardie ma van jou baklei heeldag. Hoe lank kan jy nog uithou? Jou privaatheid en jou hele lewe word in beslag geneem, liefie! Onthou jy gisteraand?! En ek is ook nie meer lus om genhibeerd seks te h soos 'n priss prinsessie wat nie mag boe of ba s nie. Die spanning is besig om my plooie te gee - op my ouderdom!" Ampie vryf met twee vingers oor sy ooglede en staar soos 'n plaasvrou wat bid vir ren in die verte. Hy gaan voort: "Jou ma hou niks van my nie. Voor jy jou o kan uitvee, gaan sy jou teen my opsteek."

"Nou kry dan net die goed."

Tannie Poppie het elke dag haar glas water geneem. Die Laeveldse hitte is 'n dodelike ding, maar nie so dodelik soos die lafenis van die water nie, soos sy later sou agterkom. Dit het eendag begin toe sy besig was om koek te bak. Poppie se hare was hoog in 'n bolla geklits en haar gesig was wit opgemaak soos gewoonlik. Sy het min geglimlag, wat haar altyd die voorkoms van 'n porseleinpop gegee het. Ampie het haar help koek bak in die kombuis. Sy het die koek vasgehou terwyl Ampie die versiersuiker opgespuit het. Daar was 'n harde stuk versiersuiker wat die opening verstop het, en Ampie moes baie hard druk om iets uit te kry. Skielik pop die versiersuiker uit en blaas oor die tafel en oor tannie Poppie se voorskoot.

"Kan jy nie korrel nie, Ampie!?"

"Jammer, Tannie. Ek sal volgende keer nie weer so hard druk nie. Dis moeilik as hierdie ding eers aan die spuit gaan, tannie. Dan kan g'n mens die ding beheer nie!"

"Miskien is dit tyd dat ek die spuitkan in eie hande neem."

"Ek sal die koek vashou." Ampie vat die koek by tannie Poppie en sy neem die spuitkannetjie. "Het Tannie al Tannie se water gedrink?" Ampie glimlag giftig, maar mooi, vir die tannie.

Sy kyk hom vraend aan. Die koek gly oor die tafel en sy s skerp: "Jy moet my koek vasvat, Ampie!"

"Hierdie koek van Tannie is baie glyerig."

"Jy moenie my koek bederf nie."

"Ek sal nie, Tannie. As Tannie die versiersuiker uitdruk, druk hier aan die punt. Dit werk beter."

Terwyl tannie Poppie nog so die koek versier, gaan sit sy skielik op die stoel, bleek in die gesig.

"Iets fout, Tannie?" Ampie kyk na die wasbak. "Tannie bietjie watertjies h?" Weer sy giftige glimlag.

"Ek voel snaaks. Ek dink ek moet net bietjie gaan l." Haar wange begin nou rooi kolle uitslaan. Ampie help haar tot op die bed. "Nee, moenie loop nie. Sit bietjie hier by my." Ampie begin wonder of die pille hierdie uitwerking op mens moet h. Dit wil amper lyk of die tannie dit half geniet. Sy haal diep teue asem soos wanneer 'n mens 'n orgasme het. Sy sit haar hand op Ampie se been. "Vertel my hoe doen julle dit?"

"Tannie?" Ampie wil opstaan. Hy sien hoe groot die tannie se kykers is.

"Julle ouens jy weet mos! Hoe doen julle dit? Jy weet, jy's 'n baie mooi jong outjie, Ampie?" Haar hand gaan na sy binnebeen.

Ampie het die Laeveld vinniger verlaat as wat hy gedink het, sonder Pieter en sonder enige belofte van 'n erfporsie. Sy kontakpersoon het per ongeluk aan hom 'n dwelmmiddel voorsien wat alle inhibisies laat verkrummel. Vir Ampie was dit 'n drol in die drinkwater, oftewel 'n pil in die drinkwater, wat sy plan (en later die koek wat verbrand) bederf het.

"Ampie, my koek is aan die brand!"

Die Citi Golf se bande skreeu soos Ampie, met sy twee koffers op die agterste sitplek, wegjaag.


CAREL COETZEE: "Ek is werksaam as 'n rekenmeester by 'n firma in Johannesburg, nadat ek by RAU my graad verwerf het. Gebore en grootgeword in die Vrystaat, waar ek van oopte en vryheid geleer het. Van kleins af het ek reeds 'n liefde en natuurlike aanvoeling vir skryf ontwikkel, waarmee ek my in my vrye tyd besig hou. Alhoewel my beroep my van 'n vaste inkomste verseker, sal my hart altyd in die kreatiewe wreld bly."





LitNet: 21 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.