GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Maankinders: 'n Fantasieverhaal

Carel Coetzee

The greatest waste in the world is the difference between what we are and what we could become.
- Ben Herbster

Eens, in die geboortedae van die aarde, was alles in harmonie. Die lug, grond en water was tevrede in balans met mekaar - elkeen in sy eie plek. Die nag en dag het mekaar gekomplementeer. Die voŽls in die lug, asook die diere wat gekruip het op die grond en die visse in die see, was in balans met mekaar. Die lug was tevrede om af te kyk na die grond. Daar was geen rede om ondertoe te waai nie. So ook was die water tevrede rondom die grond versamel, en die grond het geen begeerte gehad om in die see te tuimel nie. Dit was 'n tydperk van volmaakte tevredenheid en geluk. Alles was versadig en het niks anders nodig gehad om enige iets beter te maak nie. Alles was goed.

Dis in hierdie dae dat die mense in pare, almal aan die naeltjie vas, viervoetig oor die aarde geloop het. Die linker- en regterkant het mekaar aangevul. Die linkerkantmens was die vrou wat kreatiwiteit, menseverhoudings en vrugbaarheid aan die wese verleen het. Die regterkantmens het die wese van krag, stabiliteit en passie voorsien. Saam was die viervoetige mens een skepping, dog twee verskillende individue op hul eie met hul eie brein en hart. Die linker- en regterkant het mekaar ondersteun, alhoewel heeltemal verskillend in funksie.

Omdat hierdie menslike wesens as een geskape was, was dit nie nodig vir die manlike en vroulike kant om gewoond te raak aan mekaar, of om mekaar te leer ken nie. Hulle het saam gegroei en as 't ware een geword. Dit het reg en natuurlik gevoel.

In 'n klein groepie mense was dit twee mans of twee vrouens wat aan die naeltjie vas was, wat gesamentlik sterker eienskappe van passie en kreatiwiteit gedra het. Waar die gewone man-vrou-mens die algemene funksies tot die samelewing verrig het, was die funksies van die man-man-mens en die vrou-vrou-mens meer spesifiek en gespesialiseerd.

Die grond se gesig was altyd na die son gekeer, en die energie wat oor die menseryk gehang het, was positief en vol lig. Die vroukant van die mens het begrip en liefde verleen. Die mankant het stabiliteit en standvastigheid verleen. Elke mens se siel was ook verdeel in twee, en het in harmonie met sy sielsgenoot hierdie aarde bewoon.

Tot die dag van die groot botsing.

Orpheus, 'n planeet tussen Mars en die aarde, het met sy veraf en misterieuse energie uit die heelal getuimel in die rigting van die aarde. Orpheus het met hom saamgebring alles wat hierdie planeet nie geken het nie. Dit sou 'n ommekeer wees in die lewe van die mens. Orpheus het die aarde aan die een kant getref en aan stukke gebars. 'n Deel van Orpheus wat weggeskiet het, het al brandende in die hemelruim bly tuimel. Alles op die aarde het in stukke geskeur: die grond wat een groot kontinent was, die water wat een oseaan was en die mensewesens. Die energie het die mense by die naeltjie in twee geskeur, en die twee sielsgenote is deur die chaos in verskillende rigtings verwyder van mekaar. Diegene wat hierdie vreeslike botsing oorleef het, moes alles wat hier op aarde was, van voor af herbou.

Die botsing het die aarde om sy eie as laat begin draai; die kontinent het gebreek en oor miljoene jare weggedryf van mekaar. Dit het mense en opinies van mekaar geskei. Oor die res van die leeftyd op aarde sal die aarde steeds poog om weer balans en harmonie te vind in alles.

Een van die stukke van Orpheus wat weggeskiet het, het ook, weens swaartekrag, om die aarde begin draai en 'n stuk ronde grys rots gevorm.

Dis die jaar 2004, 'n paar miljard jaar later nŠ die "groot botsing". Selfs vandag nog is elkeen van ons op soek na daardie "ander helfte" - ons sielsgenoot wat van ons geskei en verwyderd is. En wanneer twee sielsgenote by mekaar uitkom, dan voel dit asof dit so hoort. Die twee mense kyk na mekaar asof hulle mekaar in hulle oŽ herken. Asof die twee mense een moes gewees het. Of jou sielsgenoot die teenoorgestelde geslag is as jy, of dieselfde geslag - dit voel reg van die begin af. Dis om weer die totaliteit van opregte geluk te beleef, en om in harmonie met jouself te wees. Soos in die begin, toe alles in harmonie met mekaar was. Om opregte liefde te ervaar, is om voor 'n spieŽl te gaan staan en totale aanvaarding te beleef. Selfs as jou sielsgenoot dieselfde geslag is, en ander mense weet nie dat dit vir jou reg en natuurlik is nie. Selfs al veroordeel ander jou, sal hierdie mens weer al hierdie emosies van aanvaarding en harmonie in jou opbring. Julle sal mekaar bly soek tot in lengte van dae.

En wanneer ons in die nag opkyk in die hemelruim, sal ons 'n grys stuk rots uit die hemelruim oor ons sien afkyk - die maan, 'n deel van Orpheus wat oor ons waak. (Dieper in die aarde se maag sal ons vandag nog dele van die maan kan vind.)


CAREL COETZEE: "Ek is werksaam as 'n rekenmeester by 'n firma in Johannesburg, nadat ek by RAU my graad verwerf het. Gebore en grootgeword in die Vrystaat, waar ek van oopte en vryheid geleer het. Van kleins af het ek reeds 'n liefde en natuurlike aanvoeling vir skryf ontwikkel, waarmee ek my in my vrye tyd besig hou. Alhoewel my beroep my van 'n vaste inkomste verseker, sal my hart altyd in die kreatiewe wÍreld bly."


NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA


LitNet: 09 Desember 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.