GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

By n besoek aan Wene

Neil Cochrane

Neil Cochrane het 'n indringende lesing oor Gay@LitNet in Wene gelewer. Dis te lees as Uit in die kuberruim. Maar wat het alles in en om di internasionale sekskongres gebeur?

Ter inleiding
Ek het onverwags op die kongresaankondiging afgekom. Sommer eendag so uit die bloute na my omswerwinge in die kuberruim. Die Second Global Conference on Sex and Sexuality: Critical Issues. Net daar en dan het ek besluit: ek sal einde November 2005 in Wene wees, om vir ander in die veld te gaan vertel van Gay@LitNet, sodat hulle kan weet: ons is besig met n unieke en dinamiese inisiatief hier aan die suidpunt van die mooiste kontinent. Trots Afrikaans. Trots Suid-Afrikaans. Kyk julle, dit is hoe gays in Suid-Afrika dit doen.

Ek het nog dieselfde dag die referaatopsomming weggestuur. Later is dit aanvaar as een van sestig referate wat gelewer sou word.

Wel, dit is nou lank n my besoek. Die wreld het sedertdien nie tot stilstand gekom nie; duisende akademici poog steeds onverpoos om die ontwykende vakgebied van seks te verstaan. My bydrae was ongetwyfeld beskeie. Niemand het my intussen n oorsese doseerpos aangebied nie. Ek is ook nie intussen tot professor bevorder nie. Maar tog voel ek dat ek my s ges het. Vat dit of los dit.

Wat nou gaan volg, is my perseptuele relaas oor die gebeure wat hom binne die bestek van n paar dae afgespeel het.

Vertrek
Die butcherige Russe voor my is onrustig. Veral die een wat nie sy sit wil kry nie, die een met die sonbril op. Hulle praat aanhoudend, opruiende klanke aangehits deur die inname van verbode middels, sou ek dink. Hulle stink na drank en sweet en swets agter die rug van die verfynde vlugkelner. Dit is lekker in Afrika, hier hoef jy jou mos nie aan rels te stuur nie.

Op die een of ander manier het hulle dit reggekry om n bottel drank aan boord te smokkel, wat hulle oor een weer vir mekaar aangee. Die vlugkelner versoek hulle telkens vriendelik, dog ferm, om dit weg te bre of die gevolge te dra. Drank word nie aan boord toegelaat nie en verseker nie op vlugte van die Duitse lugdiens nie. Ag, gee tog dat hulle tot rus sal kom, want ek is moeg. Ek het nog tot laat gisternag geswoeg aan my referaat.

Later kom die Russe uiteindelik tot rus. Wat gaan hulle vir hulle mense in Moskou vertel?

Om 05:30 land ons in Frankfurt. Ek wikkel my stre na die hek van my aansluitingsvlug na Wene op Austrian Airlines. Ek sterf vir n sigaret. Gelukkig is daar orals in die enorme lughawegebou lugversorgde hokkies aangebring, waar nog nikotienverslaafdes rondstaan. Verslawing is n universele taal, besef ek.

Aankoms
Die vlug na Wene word met n halfuur vertraag. Iets van swaar verkeer en ys op Schwechat se aanloopbaan. Ek kom 11:30 in Wene aan. Dit is yskoud. Ek neem dan n taxi na Parkhotel Schnbrunn. Ek is doodmoeg, maar is te opgewonde om te dink aan slaap. Ek gryp vir my n bier uit die minikroeg en sluk dit met Suid-Afrikaanse lus weg.

Ek gaan loop in die tuine van die Schnbrunn-kasteel rond. Ou tannies in dik woljasse voer kraaie. Die koue sny deur my, dit maak my ongemaklik. My ore tref dit die ergste. Ek moes ander skoene aangetrek het. Tekkies of iets; hierdie gladde Italiaanse skoene is n beroepsrisiko.

Ek besluit om na die dieretuin te gaan. Ek is mal oor dieretuine: dit het n rustige impak op my gemoed. Die res van die middag dwaal ek deur die enorme dieretuin. In die bedompige renwoud met sy eksotiese vols en hangende vlermuise vind ek respyt teen die koue. Deur die glasvensters is die wreld wit bedek met ys. Net om daarna te kyk laat my van voor af bewe, maar die dieretuin is groot en daar is nog baie om te sien. Die ysbeer wat behendig repe takbokvleis verorber, die bedreigde pandas, die Bengaalse tier en helaas die Afrikakoning wat nrens te sien is nie. As ek n leeu was, sou ek ook abdikeer in hierdie bittere weer.

Later die aand gaan kyk ek n opera in die Staatsoper. Donizetti se L'elisir damore. Net die regte ding op die vooraand van n internasionale sekskongres. Net die regte medisyne vir iemand soos ek: iemand wat nog glo aan die idee van liefde in stede van die liefde self. Ek gaan alleen, en kom weer alleen terug. Adina en Nemorino het mekaar gekry, terwyl ek niks het om te verloor nie.

Toe ek laatnag by my hotelkamer kom, gaan val ek op die bed neer. Wene is die beste stad om in n doodse slaap te verval.

Die verrigtinge neem n aanvang
Die volgende dag begin die kongres. Uit alle kontreie vandaan sit die akademici mekaar van n afstand en betrag. Indi, die VSA, die Verenigde Koninkryk, Hongkong, noem maar op. Seks is inderdaad n globale gegewe. Sommiges het al klaar begin om te network, maar ek is maar n skaam mens en hou my vir eers eenkant.

Die eerste referaat word gelewer deur n Brit wat praat oor die verhouding tussen straights en gays in die werksplek. Baie interessant hoe hy die werksplek as n erotiese sone beskou. Deeglik deurdink, goeie beredenering. Die tweede referaat gaan oor seksuele belewings in nagklubkulture, opgevolg deur referate oor boeke wat ek nog nie gelees het nie.

Vols van eenderse vere
Reeds tydens die wynonthaal ontmoet ek my vertrouelinge (gewonder wanneer hulle te voorskyn sou kom). Snaaks hoe gays mekaar soos magnete kan aantrek sonder om n enkele woord te s. Soort soek soort, besef ek opnuut. Hy is van Sloweni en sy van Switserland en ek van Suid-Afrika. Is die herhalende letter S veronderstel om simbolies te wees? Oor glase chianti debatteer ons oor kwessies van gemeenskaplike belang. Uit-die-kas-donder-stories, gayregte, gayhuwelike, queer theory en die plek daarvan binne die akademie.

Later die aand sluit nog n vertroueling hom by ons aan. n Duitser uit Hamburg. n Man met n plan, want hy kommandeer ons summier op om saam met hom die scene te gaan uitkyk. Nie juis veel van n scene met nagklubs om elke hoek en draai nie, maar nietemin. So ges, so gedaan. Ek, die Switser, die Sloween, die Duitser, n Indir en n straight vrou van Hongkong haal die underground na Pilgrimgasse.

Net n entjie van die stasie is die Caf Waldorf, n soort sosiale bymekaarkomplek vir die gays van Wene. Ons drink bier uit enorme glase en hou ons eie kongres-in-die-kleine. Dit is lekker om tussen jou eie mense te wees. Skielik voel ek nie meer soos die onttroonde leeu in die dieretuin nie.

Die oomblik van waarheid breek aan
Die dae sleep verby. Dit is Donderdagmiddag. Ek is aan die beurt. Ek lewer my referaat saam met n professor uit Turkye wat dit het oor seksualiteit in die Koran. Ek is gelukkig eerste aan die beurt. Ons sou vier gewees het in hierdie sessie, maar die referente uit Jamaika en die Kameroen het nooit opgedaag nie. Dus begin die sessie reeds op n afgewaterde noot. Ek lewer my referaat, waarna die Turkse prof lang gedeeltes uit die Koran aanhaal en bespreek. Ongoddelik filosofies. Hy praat van teologiese konsepte waarvan ek geen snars verstaan nie. N sy betoog is dit tyd vir vrae.

Tipiese vrae van mense wat geen benul het van die konteks van Suid-Afrika nie. Een vrou stel Afrikaans gelyk aan n dialek, in haar o n minderheidstaal dus, nadat ek pertinent ges het dat Afrikaans die derde grootste tl in Suid-Afrika is. Die ander vrou wil weet wat ek nou presies met die term diversiteit bedoel. Dit is nou maar eenmaal n ding met akademici. Hulle wil alles tot op die nerf teoretiseer. Al die lesings by hierdie kongres was tot dusver hoogs teoretiese relase: Lacan, Butler, Freud, feminisme Myne was alles behalwe teoreties; dit was n referaat wat gefokus het op gewone mense met gewone stories. Die akademici voel hul skielik ontuis.

Oorwegend het dit goed gegaan,; ten minste weet hulle nou van Gay@LitNet. Hulle waardeer die inisiatief, al kan hulle nie die oorwegend Afrikaanse inhoud begryp nie. Miskien sal hulle gaan nadink of miskien nie.

Nie vir sensitiewe kykers nie
Op die laaste aand besoek ons (ek, die Duitser, die Sloween en n Amerikaner) n uitstalling wat die geskiedenis van gays in Oostenryk uitbeeld. n Gruwelike, maar hoogs informatiewe ervaring. Ek begin by die uittreksels uit Krafft-Ebing se notaboeke, akademiese wysheid wat die gay tot psigopatiese geval verdoem, ontdaan van enige menslike gevoelens, bloot n navorsingsubjek. Wat sou Krafft-Ebing van ons gedink het? Sou hy ons ook as psigopaties gediagnoseer het? Ek bevind my immers in hoogs intelligente geselskap, gay mans met doktorsgrade in die sosiologie en letterkunde agter hul name.

In een uitstalvenster het iemand notatjies gaan uitstal wat in optelplekke oor en weer aangestuur is. Uitnodigings tot lyflike plesier, haastig neergekrabbel. Outentieke voorbeelde van vergete en vergeefse ontmoetings. Leef die skrywers van hierdie notatjies nog? Wat sou van hulle geword het? n Ondraaglike, dog intense gevoel van verlies neem van my besit.

Dit word vererger deur die lyste en lyste van vervolgings deur die Nazis. Name en vanne sonder enige betekenis vir my, maar hierdie name het gesigte gehad. Hierdie name het eens op n tyd lief gehad, harte wat vinniger klop by die aanskou van n geliefde, maar ongelukkig het hul liefde n verskriklike prys gehad. n Oneerbare dood in n gaskamer. Dit is nie net Jode wat gesterf het nie mag ons dit nooit vergeet nie.

Ek beweeg aan na die minder ontstellende uitstallings. Fotos van lesbiese sokkerspanne, kleurvolle drag queens en opruiende optogte deur die mooi strate van Wene.

Dan is daar die dagboek. Die dagboek van n naamlose gay man wat al sy seksuele ondervindings gaan lys het. Van nommer 1 tot nommer 102 in n kwessie van n paar maande. Datum, plek, tyd en die tipe seks is duidelik aangestip, belig deur n opmerking oor die gehalte van elke klandestiene geval. Die dagboek van n naamlose skrywer oor honderde naamlose karakters.

Ek dink aan die laslappiekombers van gestorwe Vigs-slagoffers wat ek minute gelede nog aanskou het. Sou onse dagboekskrywer ook n lappie iewers aangestik h? Op n ander kombers, in n ander stad miskien? Geen mens kan meer as 100 anonieme seksmaats h en lewend daarvan afkom nie. Selfs al sou Mr V nie meedoen nie, moet iets tog binne jou breek. Maar wie is ek om enige waarde-oordele uit te spreek? Hy moes tog sy redes gehad het, en die liefde neem n duisend vorme aan

Ons verlaat die uitstalling om n laaste dop by die Waldorf te gaan maak, want mreoggend is dit tyd om afskeid te neem. Ek voel broos; hierdie uitstalling is nie vir sensitiewe kykers nie. Lewens weggesmyt deur totalitre sisteme, onverdraagsaamheid en godskreiende eensaamheid wat alleenlik gestalte kon kry in notatjies, vervolgingslyste en seksdagboeke. Die verskil tussen seks en dood is slegs n haarbreedte van mekaar, dink ek, terwyl ek nog n fles bier bestel.

Ek weet dat ek nooit weer vir Christian, Andrej en Juan gaan sien nie. Waarom ruil ons hoegenaamd nog visitekaartjies uit? Maar miskien is nooit wel n lang tyd.

Vertrek
Ek verlaat Wene met n somber gemoed. Gisteraand se uitstalling spook steeds by my. Wene is mooi, Wene is musikaal, maar Wene is ook bemoeisiek met die dood. Dit is seker een van die stede met die meeste grafte. Wene is nie n stad vir die eensames van hart nie.

Op die terugvlug sit n Skotse vrou van Edinburgh langs my. Haar bleeksielman sit aan die ander kant van haar, verdiep in sy Excel-spreitabel. Cathy kla en kla, sy maak haar hart teenoor my oop. Dat sy al so moeg is vir rondreis, maar wat kan sy doen? Henry se sakebelange kom eerste. Henry kan elke woord hoor wat sy s, maar sy gee nie om nie, want sy is n eensame getroude. So hoop ons almal op die koms van n dr Dulcamara om ons weer in die elikser van liefde te laat glo

Lees ook Neil Cochrane se verhale: Noustrop, Terug na Eden, 'n Les in biologie, Om nee te s en Hy kom met die glitterball: n Belydenis in n pastiche.



LitNet: 16 Mei 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.