GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Noustrop

Neil Cochrane

Dit is die naderende voetstappe wat die prisonier tot raserny wil dryf. Meetbare voetstappe. Linker, regter, linker, regter oor die blinkgepoleerde vloere van Die Blok. Nader en nader kom dit, die geluid van teregstelling. Altyd slegs hoorbaar vanuit die ander blokke. Blok A, B en C, maar nog nooit binne die ruimte van Blok D nie, Die Blok waar prisoniers wag op die dood.

Die klik-klak van vasberade skoenhakke stuur reguit op sy sel af, op niemand anders sn nie, want hy is volgende op die lys. Sy laaste maaltyd staan onaangeraak. Biefstuk, kapokaartappels en soetwortels. Die galgtou is plek-plek al deurgeskaaf. Die laaste teregstelling was moeilik, Johnny H se nek was dik, Johnny H het oor die twee honderd pond geweeg.

Die gesig behorende tot die voetstappe is so te s meters weg. Die prisonier hou sy linkerhand oor sy o, om nie die dood in die gesig te staar nie.

Hoe lyk die gesig van n laksman? Geskend, gemasker of gewoon soos di van n staatsamptenaar? Daar is nie tyd vir die prisonier om verder te spekuleer nie, want die asemhaling van die laksman is digby sy seldeur. Die asemhaling transformeer tot stem.

Kyk vir my, jou fokken cockteaser. Gedink jy kan met my mors. Julle donnerse trassies wat nie weet wat julle wil h nie.

Hy herken die stem onmiddellik, hy hoef nie eers na die gesig te kyk nie. Dit is die superintendent. Stadig beweeg hy sy hand voor sy o weg. Hy kyk vas in die staalgrys kykers van die superintendent. Uitlaatkleppe van bitterheid, maar dit is nie dit wat hom verdwaas laat nie. Dit is die galgtou om die superintendent se nek. Dit is besig om reeds noustrop te trek, die einste tou wat vir die wagtende prisonier bestem was.

Metaal begin teen metaal te klap. Blikbekers. Dit is n bekende ritueel, almal weet wat om te doen. Binne sekondes neem n oorverdowende lawaai van Die Blok besit. Vinniger en vinniger tot n onuithoubare crescendo, afgewissel deur n lerskare van tronkvolstemme: Dead man walking. Dead man sleeping. Dead man living. Stadig kom die superintendent in beweging. Die tou trek al stywer om sy nek

Regardt Lourens skrik natgesweet wakker. Hy kyk op sy radiohorlosie. 04:00. Sy afspraak is om 08:30.

Dit is jou eerste keer by ons, Meneer?

Ja, dis reg, ek is deur dr Venter verwys.

Ag, as Meneer net vir ons die ou vormpie kan voltooi, asseblief. Arnaud sal nou met u wees. Die sekretaresse laat hom aan n kerkbasaartannie dink.

Hy gaan sit op een van die outydse stoele en draf die vrae een vir een deur. Vorige diagnoses? Ja, akute depressie met geassosieerde angs. Medikasie? Ja, 20 mg fluoxetien hidrochloried daagliks voor of n etes. Vorige selfmoordpogings? Ja, twee keer, maar wat doen hy met die halwes? Waar is al die grys gebiede wat hierdie eenvoudige prentjie moet inkleur? Wanneer word oorspronge, gebeurlikhede, toevallighede en noodlottighede tot verantwoording geroep?

Skielik gaan die deur van die biegkamer oop. n Man in n donkerblou pak kom uitgeloop. Die hoogs opgeleide sielkundige kort op sy hakke.

Now remember, Jonathan, what we had talked about. Take it easy. Delegate, delegate and delegate and try not to do sums after five in the afternoon. Consider those cooking classes you talked about. Die korporatiewe reus knik sy kop verle. Werkstres, beroertes, direksievergaderings, keeping up with the competition. Die reus verdwyn in die gekkegang van die stad.

Goeiemre, ek is Arnaud le Grange. U kan maar deurstap.

"Regardt Lourens. Aangename kennis.

Hy gaan sit op een van die twee kantoorstoele voor sy lessenaar. n Lang sofa van egte leer staan teen een muur.

"Meneer Lourens, weet jy waar jy is?

Ja, ek is in die spreekkamer van n sielkundige.

"Goed, en weet jy waarom jy hier is?

Hy aarsel. Wat moet hy nou s?

Die afgelope paar maande word ek geteister deur angsaanvalle en skrikwekkende nagmerries. In elkeen van hierdie nagmerries sit ek in n tronksel en wag dat my doodsvonnis voltrek moet word. Dieselfde persoon is in al hierdie nagmerries teenwoordig. n Polisieman. n Superintendent, om meer spesifiek te wees.

Is hierdie persoon aan u bekend?

"Ja, ek het hom eenmaal in n nagklub ontmoet, maar daarna het ek hom nog nooit weer gesien nie. Ek het sy telefoonnommer gehad, maar het dit intussen verloor.

Ek sien. Voel u bedreig deur hierdie persoon?

Ja, dit voel of hy heeltyd op my spoor is. Asof hy my agtervolg en net wag vir die regte oomblik voor hy gaan toeslaan. Die man hou my die heeltyd gevange. Ek is te bang om uit my huis te gaan.

Waarom dink u is hy op u spoor? Waarom is u bang vir hom?

Ek het n desperate man tot die dood toe verneder toe ek nie aan sy eise wou voldoen nie. Is dit nie genoeg rede nie?

n Indringende frons verskyn op die sielkundige se voorkop. Ek sien.

Hy wonder hoe dit werklik voel, dink Regardt Lourens terwyl hy parkeerplek soek. Le Grange het tog alles oor en oor verduidelik. Dat die pasint altyd in beheer is. Dat dit slegs gedoen word om mediese of tandheelkundige redes en n honderd ander dinge, maar nog steeds. Die hele idee bly vir hom vreemd. Hoe dit ook al sy, daar sal op die een of ander manier tot die kern van daardie nag deurgedring moet word. Dit is reeds sy vyfde of sesde sessie en nog steeds kan hy nie oor daardie nag praat nie. Hopelik kry hy vandag antwoorde. Dan sal dit hopelik beter gaan.

Uiteindelik kry hy n parkeerplek. Hy vervies hom vir die plekaanwyser wat ambisieus met n verflenterde lap beduie. Ek kan verdomp sien waar om te parkeer, ek is nog nie heeltemal blind nie, dink Regardt ergerlik.

Regardt l op die swart leersofa. Sy kop rus op n sagte verekussing. Langsaam begin hy om te ontspan. Die eerste keer in maande.

Voel hoe die spanning jou liggaam deur jou vingerpunte verlaat. Voel hoe word jy lig, lig soos n veer. Voel hoe word jou ooglede al swaarder en swaarder. Swaar asof twee stukke soliede lood daaraan vas is. Regardt het geen verweer teen die duidelike, dog sagte, suggesties van sy sielkundige nie. 20-19-18-17, hy wil nie meer sy o oophou nie, 5-4-3-2-1, hy kan nie meer sy o oopmaak nie.

Regardt, jy ontspan nou baie lekker. Ek weet jy sien saam met my uit na wat nou gaan gebeur.

Ja.

Nou goed, kan jy vir my aandui wanneer jy gereed is om na my stem te luister?

Oukei, ek luister.

Nou goed, Regardt, dink jy jy is gereed om terug te gaan na daardie aand?

Ja.

Na die nagklub?

Ja.

Wat sien jy?

Ek sien n groot vistenk teen die een muur van die ingangsportaal staan. n Klomp eksotiese visse beweeg heen en weer. Gapende bekke. Hulle hou my en die ander mense met stokstywe o dop, maar hul verklap niks. Hul o rek nie wyer nie. Geen knippe nie. Geen medelye nie. Net heeltyd die neutrale blikke. Orals is dansende mense. Ek hoor polsende musiek.

"Wat doen jy nou?

"Ek beweeg na die dansvloer. Ek kan nie stilstaan nie. Ek dink iemand het vir my n White Dove gegee. Ek moet beweeg, want anders sterf ek. Ek moet beweeg, heeltyd beweeg. Op Ecstacy moet jy beweeg, want anders verander jy in n soutpilaar.

Hoe voel jy nou?

Ek voel ongelooflik sexy. Ek voel verskriklik naby aan God. God is vanaand die DJ. Ekself is n god. Ek dans en dans sonder ophou. Dit voel of ek ure en ure lank kan aanhou.

Dit voel vir jou asof jy ure en ure lank kan aanhou?

Nee, ek begin later vasgekeer te voel. Ek moet vir eers buite kom. Ek het vars lug nodig. Dit voel asof die plafon my gaan vasdruk.

Wat gebeur nou?

Ek loop na buite en gaan staan op die balkon. Ek kyk uit oor die stad. Absa se hoofkantoor, die Reserwebank, Buitelandse Sake. Skielik praat iemand langs my. n Fris middeljarige man met staalgrys o. Hy is goed gebou. Bultende arms.

Dink jy jy kan vir my s wie dit is?

Dit is die superintendent.

Wil jy vir my vertel wat hy s?

Is jy lus? Ek het jou daarbinne gesien en ek dink jy wil. Fok, jy is sexy. Ek het n lekker grote, en eks moer toe jags.

Wil jy vir my s hoe die gesprek verder verloop?

Fok, ou, kan jy ooit praat? Het jy gehoor dat ek lus is? Ek is lekker jags. My vol ...

Ja, goed, maar kan ons eers iewers gaan sit. Wat drink jy?

Kry vir my n Black Label.

"En ...?"

Ja, maar daar is iets anders. Iets anders gebeur skielik.

Iets anders?

Daar is n oproer binne die klub. Dit is die polisie. Mooi, sterk manne. Vleiende uniforms. Hulle beveel ons om in rye teen die symure aan te tree. Die musiek het opgehou. Die ligte word aangesit. Duitse herdershonde begin orals rond te snuffel. Gelukkig het ek geen Ecstacy by my nie.

En die superintendent?

Hy staan langs my. Dit lyk asof die klopjag hom die minste skeel. Hy knyp my aan die arm. Hy haal iets uit sy broeksak. Dit lyk soos n ID-kaart. Hy gee dit vir my aan.

n ID-kaart?

Superintendent Armand Adriaan Schoeman. Hy gryp die kaartjie vinnig by my af en plaas dit terug in sy broeksak.

Hy neem die kaartjie by jou af en ...

Moenie worry nie, maar as jy iets s, maak ek jou vrek. Niemand mag weet ek was vanaand hier nie.

Sy stem spoeg die woorde uit. Soos haatlike gif.

Niemand mag weet hy was vanaand hier nie?

n Sersant kom staan voor my. Hy deursoek my, maar kry niks, maar hy is nog nie tevrede nie. Hy beveel my om my skoene uit te trek. Die superintendent staan met n sarkastiese glimlag op sy gesig.

Die superintendent lag sarkasties?

Iets gekry, sersant? Dit is goed julle doen nog hierdie soort van ding, maar was julle al in Hillbrow? Dit is vrot van die dwelms.

Kan jy vir my vertel wat nou gebeur?

Ons gaan weer na buite en gaan sit in die verste hoek by n tafel. Dit is deurmekaar, orals praat en lag mense. Hy maak aanhoudend voorstelle vir seks. Hy druk my duim in sy mond. Ek ruk weg. Die hoek van sy een tand haak was aan my naelbed. Daar is bloed. Hy suig dit af. Hy gee my n love bite in my nek.

Fok, ek soek jou. Kom saam met my huis toe. Vir wat wil jy nie aan my vat nie? Weet jy dat my vrou my gelos het? Ek is fokken klaar met vrouens. My beste pel is twee maande terug doodgeskiet in n rooftog.

Daar is trane, snikke ruk deur sy harde lyf. Trane wat nie kan lieg nie. Trane wat sy butch liggaam tot in die nerf verraai. Was dit maar dronkverdriet, daarmee sou ek nog kon cope, maar hierdie ongekende eensaamheid ...

Hy voel ongekend eensaam?

Ek sit my arms om hom, sy pyn swel, smagtend vra dit om vrylating. Verlies wagtend op bevryding. Ek weet ek is magteloos om enigiets aan sy lewe te verander. Allermins met my lyf of met my tong. Ek kan niks vir hom doen nie. Hy probeer die soveelste keer om my hand voor by sy broek in te druk. Ek ruk vir die soveelste keer weg. Hy begin aggressief raak.

Ek is nou gatvol vir jou kak. Jy is n fokken cockteaser. Hier is baie mans hierbinne wat my lyf vanaand wil h.

Hy pluk aan my hand en sit dit oor sy broeksak. Ek kan die harde loop van n rewolwer voel.

S vir een bliksem my naam en ek maak jou vrek. Ek sal jou nog kry, jou donnerse mofgat.

Hy dreig jou met sy rewolwer?

Hy stamp my uit die pad, sy bier val om en stort oor die tafel. Ek bly sit. Hy gluur my vir n laaste keer met sy staalgrys o aan, voor hy in die rigting van die toilette verdwyn. Ek offer hom aan die nag. Iewers loei n ambulans. Die nag alleen sal weet.

Nou goed, Regardt, ons is nou klaar. Ek gaan stadig tot nul tel. Daarna sal jy uit hipnose wees, weer terug hier in die spreekkamer. Is jy gereed?

Ja.

Nou goed. Ek wil h dat jy na my aftelling luister. As jy uit die hipnose kom, sal jy heerlik ontspanne voel. 5-4-3-2-1-0 ...

Regardt voel gedisorinteerd toe hy buite kom. Hy kan slegs brokstukke van sy pas afgelope sessie onthou. Flitsende ligte, honde, blou uniforms, n rewolwer. Arnaud het ges dat hulle volgende keer verder daaroor sal praat. Sy gefragmenteerde geheue, vermeng met die sensasies van die stad teen die middaguur. Toeters, blink chroompanele, geroosterde chillidogs, oorverdowende kwaito. Ek lewe om na liefde te strewe, basuin Anneli van Rooyen vanuit n damesboetiek.

Hy het vergeet waar hy sy kar geparkeer het. Op en af loop hy. Haastige stadswerkers skarrel soos miere verby hom. Vlagswaaiers wys nog steeds met haastige gebare parkeerplekke aan.

My kar, my kar, waar het ek my kar geparkeer? roep hy saggies uit.

By die naaste kruising gaan hy staan. Die pakkende massa wag geduldig op die groen lig. Die kort staatsamptenaar voor hom kyk vasgenael na die koerantvoorblad, asof gehipnotiseer deur die berig. Regardt kan egter nie die paar staalgrys o miskyk nie. Dit is onmiskenbaar.

Nog n supt. hang homself, lees hy die opskrif.

Blindelings begin Regardt Lourens hardloop, voordat die mannetjie groen word.

Ook deur Neil Cochrane: n Les in biologie, Om nee te s, Hy kom met die glitterball: n Belydenis in n pastiche en Terug na Eden.


LitNet: 27 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.