GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Om nee te s

Neil Cochrane

What is a rebel? A man who says no. — Albert Camus


Die jong navorser van die Eenheid vir Kollektiewe Kennis en Eietydse Navorsing (kortweg EK KEN) maak gereed om huis toe te gaan. Dit is 34 grade. Hy is bewus van die hitte in sy 3x3 m2-kantoor wat deur die ventilasiegleuwe sypel. Voor sy o dans ’n fata morgana van nommers, wagwoorde, noodprosedures, sleutels en vorms in triplikaat.

Gisternag het hy gedroom van ’n nuwe navorsingsprojek wat hy moes lei: Die etiese en finansile implikasies van liggaamlike behoeftes binne Hor Onderwys: ’n Terreinverkenning. Deur die loop van die nag is hy deur ’n magdom navorsingsvrae geteister: “Uit hoeveel elemente het u stoelgang vandag bestaan?” “Het u vandag in die teenwoordigheid van kollegas en/of studente ’n wind gelos?” “Het u die plek waar u misgekorrel het, voldoende ontsmet (volgens regulasie P 1/5656)?” “Het u die voorgeskrewe lengte van 30 cm toiletpapier per geleentheid streng nagekom? (Na berekening kan u nog 200 drolle vir die res van hierdie belastingjaar los. Selfs u kak is nie meer u eie nie.)” Die jong navorser het deurmekaar oor sy lakens getas, maar daar was niks.

Vanoggend het hy soos vantevore die kode van sy kantoordeur vergeet. Gelukkig is Sekuriteit altyd binne veilige bereik by uitbreiding 457. Die operateur is al keelvol vir die jong navorser. “Dink hy ons sit heeldag op ons gatte en kodes onthou? Eintlik is sulke take nie deel van ons strategiese beplanning nie.”

Die jong navorser trek sy kantoordeur agter hom toe en loop na die bushalte. Dalk sal die kode mre van geen nut wees nie.

Hy wag op die bus. Al het hy ’n motor op huurkoop gekoop, maak hy steeds van stedelike vervoer gebruik. Die verwerwing van ’n bestuurderslisensie bly vir hom ’n mislike alledaagsheid. Hy weier om individuele heil s deur die gemeenskaplike voortfok te verkrag. Dronk bestuurders, kapers cum koerantverkopers, minibustaxi’s, sakemanne op selfone en tolhekwagte. Hy wil niks met die hele spul te doen h nie. Gister het hy gelees van ’n predikant wat deur ’n medepadgebruiker met ’n tennisraket gedood is. ’n Haastige eiendomsagent wys haar hoofligte vir iemand en kry ’n koel deur die kop. ’n Voetganger lig sy middelvinger vir ’n jong moeder met ’n Magnum Special in haar hand. Haar motor is twee maande vantevore gekaap. Posttraumatiese-stres-sindroom laat moekie in ’n weerwolf verander.

In di land bou frustrasie in uitlaatpype op voordat dit oor myle teer ontplof. Haat luier op haat.

Uiteindelik kom die bus. Verbleikte letters dui die bestemming aan: Stad/City.

Die hitte is onuitstaanbaar. Sweetdruppels loop teen sy ruggraat af en laat sy boude teen die leer vasklou. Die busrit is rukkerig, maar hy kry nrens vashouplek nie. Die reling van die sitplek voor hom ontbreek. Eintlik kan geen fisiese hulpmiddels hom meer vashou nie; slegs sy herinneringe bied nog ’n greep. Die jong navorser is gewoond daaraan om aan die rokspante van sy verlede te klou. Hy bly daaraan ruk, terwyl die bus deur die verkeer aansnork. Hy bly ruk en ruk. Die soom wat vyftien jaar aanmekaar hou, kom naat vir naat los.

Die bus kom tot stilstand om hordes skoolkinders op te laai. Hy hou voorlopig op karring, want hy is bang vir dit wat gaan uitval. Hy wens soms ’n dwaalkoel wil die geheuesentrum van sy brein tref en alles uitwis.

n gebeurtenis pen hom egter vas soos ’n mot onder ’n speld. Die n gedagte wat hom op die onmoontlikste tye infiltreer. ’n Urogenitale skopie is ’n roetineprosedure, sal enige uroloog met professionele sekerheid beweer. “Net om doodseker te maak al die goggas is dood,” het dr Wolmarans nog probeer om ’n grappie te maak. Dr Wolmarans is straight. Orals in sy spreekkamer hang foto’s van sy twee haasbekdogtertjies. Sal dr Wolmarans ooit weet wat volkome oorgawe beteken? Oorgawe met geen skuld, geen spyt en geen straf. ’n Simbiose wat homself skep uit nodigheid, maar tog iets meer blywends is as die blote saamleef van bosluisvols en koeie. Strek dr Wolmarans se simbiotiese bestaan met sy geliefde verder as die maak van talentvolle nasate?

Dit was die skuld van ’n student in die anestesiologie. Sy kon nie ’n nuwe verdowingstegniek bemeester nie. N die sewende insteekslag het die jong navorser omgedraai en gekyk. Twee strome rooi beenmurg het teen sy boudspleet begin afloop. Niemand kon verstaan waarom sy ruggraat soos ’n wapenskild die aanslae van die spuitnaald bly afweer nie. Hy het nie in ’n soutpilaar verander nie, maar vir die geamuseerde professor ges: “Nee, dit is genoeg. U eksperiment is verby.”

Die teatersuster het onmiddellik die hoofnarkotiseur oor die interkom ontbied: “Dokter Steward, dokter Steward, kom asseblief dringend na teater 2.” Daardie dag het hy besluit om nooit weer ’n vrywilliger in die Stryd om die Pielkop te wees nie, maar nooit is altyd ’n knalskoot in die verskiet.

Dit was net n die ding met Frans. Hy het hom verlede Sondagaand weer by die kerk gesien: die gaykerk soos dit in die omgang bekend is. Elke Sondagaand probeer hy om van sy wraak ontslae te raak, maar elke keer as hy hom sien, wel daar ’n giftige sampioen in sy binneste op. ’n Sampioen groter as wat die witgepleisterde mure en houtplafonne kan weerstaan. Frans kom staan voor hom en groet skrams. Iets soos geveinsde skaamte speel oor sy gesig.

Dieselfde vingers wat nou die relevante teksvers in Die Bybel opsoek, het een aand die eksegese van die jong navorser se lyf leer ken; dieselfde stem wat sing “en vergeef ons al ons skulde, net soos ons vergewe di wat teen ons sondig”, het een aand vir hom ges: “Jy is fokken amazing. Ek het jou s nodig.” Snaaks hoe maklik een bron van genesing ’n ander kan vervang.

Die dominee het juis oor genesing gepraat en dat volkome rus by geen mens te vind is nie. Die dominee s vir hom niks nuuts nie, maar wat doen hy met die vakuum wat sedert kleintyd in hom skuil? Hierdie verterende drang na drdie liefde wat alle begrip en verstand oortref. Iets meer ewig as die genotvolle suig van ’n bosluisvol of die verligte bulk van ’n spikkelkoei.

Waarom is dit so moeilik om ’n ring aan Jesus se vinger te steek? Waarom voel Jesus dan nie soos ’n lover nie? So baie mense beloof elke dag trou aan soveel Jesusse, maar hulle bly steeds lam, melaats, blind en van duiwels besete.

Hy en Frans het hulself ook een aand vir mekaar gekruisig. Frans het twee jaar lank bly hang. Elke dag het die jong navorser die pikkende kraaie uit sy hart losgelaat en sy bitter spuug op Frans laat ren. Hy weet dit is tyd om Frans te begrawe.

Die hele dag dwaal hy in ’n Bermuda-driehoek. Trouens, dit is altyd daar soos ’n dal van doodskaduwee. Die enigste plek wat hy ken om daarvan te ontsnap, is in die stilte van sy binnekamer. Dit is nie die Bybel of gebed wat meer red nie, want daar is te veel woorde. Die jong navorser is tot oorlopens toe moeg vir spraak: “In die begin het God die hemel en die aarde geskep”; “Enjoyed your wank, I did”; “Ek het vrede begeer”; “For a good fuck call ”; “Halleluja Amen.”

Die afstandbeheer van sy video-opnemer maak dit maklik om woorde uit te doof. Tog het hy eenmaal in ’n oomblik van onuitstaanbare woede Army Boys en Hot Studs 4 flenters gegooi. Hy wou so graag nee s.

Die bus nader die middestad. Hy kyk by die venster uit. Dit is of alles in stadige aksie gebeur. Asof hy vir die eerste keer sien hoe alles regtig lyk. Die vensters van bekende wolkekrabbers lyk soos opgestapelde Lego-blokkies. Strydomplein het tot in die aarde weggesak. Van die eens beroemde bedpan het net puin oorgebly. Al wat nog staan, is die onstuimige perde. Een middag lank, lank gelede het hier mense soos winkelpoppe verstrooi gel. “Wolf, wolf, hoe laat is dit?” het hulle gevra. “Dit is die verdoemende middaguur, dis tyd vir ’n kafferjag,” het die antwoord gekom. Die graniet was bevlek met plasse bloed. Vanuit ’n advertensiebord oorkant Van der Walt het ’n supermodel die teregstelling gadegeslaan. Sy het oopbek die nuutse Rouge-lipstif geadverteer.

Hy wil glo dat iewers in ’n hyskraan, kantoor of kantien daar ’n man sit. ’n Man wat ook deel in hierdie dag, ’n man wat weet van vrede en in alle mense ’n welbehae. Tussen al hierdie duisende kantoorwerkers, advokate, versekeraars, bankiers en restaurateurs moet daar n wees wat hom kan verlos? ’n Doodgewone man wie se mond soos ’n troffel oor die krake van sy lyf vee. ’n Ou wat met sy spoeg die barste van ’n verweerde mens kan vul. Bouers met speeksel so helend soos sement.

Dis amper tyd om af te klim. Hy is al weer in ’n tweestryd gewikkel. Sal hy of sal hy nie ’n besoek aan Lovers Paradise afl nie?

Die bus se deure swaai oop. Voor hom staan ’n polisiewa, maar dit is nie dit wat sy aandag trek nie. Die blou letters op die wit bakwerk spel: Mortuary. Daar is geen ligte of sirene op die voertuig te bespeur nie, want hierin word nie gevangenes vervoer nie, maar lyke. Hy ys. Sou daar ’n lyk in wees? ’n Lyk wat eens op ’n tyd gebore is, nadat ’n spermsel ’n eiersel bevrug het. Dalk in ’n oomblik van onvoorsiene hartstog op ’n agtersitplek of dalk onder die dwang van paringsnood?

Dalk was dit die slagoffer van ’n liefdesdriehoek. ’n Man steek in ’n oomblik van onbeteuelde jaloesie sy lover dood. Sal iemand ook bereid wees om dit aan die jong navorser te doen? In die ergste eensaamheid is selfs jou eie liefdesmoord ’n strelende gedagte. Ten minste het jy dan its vir imand beteken. Ek wil so graag betken, dink die jong navorser. Hierdie besef stuur hom wel in die rigting van Lovers Paradise, want soms kan jy net betken deur in gesprek te tree met beelde wat nie vrae het om te vra nie.

Hy loop twee keer om die blok om moed bymekaar te skraap. Hy sien ’n ou omie aansukkel. Agter sy grys baard kruip hy weg. Wie het hy almal in sy lewe geken? Wie onthou hy en wie het hy lankal vergeet?

Skielik wel daar ’n groot verlange in die jong navorser op. Hy wens hy kon ook so oud wees. Om net te bestaan sonder jeugdige persepsie en drang.

Die ou omie skuifel om die straathoek en verdwyn. Binne sekondes sal sy tre deur ratser voetstappe tot niet gemaak word.

Een organisme teer so maklik op die oorskot van ’n ander. Dit is die enigste wet wat nooit verbreek kan word nie. Hy onthou eenkeer toe hy oor ’n wasbak gekom het. Skaars tien minute later het ’n kolonie miere op die spatsels toegesak. Aangevuur deur die sout-, lewegewende reuk van semen. Wywater vir die insekte. Met ’n bietjie skommeling sou “semen” selfs “mense” kon beteken. Dalk gaan daar tog niks verlore nie.

Voor die deur sit ’n ou vroutjie met ’n sakdoek voor haar mond. Dalk moet sy liewers elders gaan bedel. Jagsheid en goeie dade gaan nie noodwendig hand aan hand nie.

Hy lui die sekuriteitsklokkie. Selfs sekswinkels is beroofbaar. Binne sekondes spring die hek oop. Hy oorhandig sy boektas aan die oorvriendelike verkoopsdame of wat jy haar ook wil noem. Niemand hoef hier deur die krag van oorreding tot ’n koopbesluit gedwing te word nie. Jy besluit self wat jy hier soek. Dildo’s, swepe, smeermiddels, mans met uitdagende houdings, vrouens in onderdanige posisies. So baie moontlikhede om hierdie verbysterende leegheid te vul. Draai alles dan rondom die smagting na vol? Hy vat Wild Wallabies van die rak. Kaalbolyf Australiese mans. R190,00 vir vyf mans in aksie: Pete, Jesse, Donovan, Butch en Dave. Want some dick, mate?

Doelgerig loop hy na die bushalte. Nog ’n twee-trek tot by die huis. Hy klem sy boektas stywer vas, want daarbinne is sy relikwie teen die demoniese vakuum. Hy loop verby ’n haarsalon. Op die maat van Mandoza val hare geluidloos op die grond. Die reuk van gebraaide mielies maak hom naar. ’n Winkelassistent gil winskopies oor ’n megafoon uit: “Buy one blouse and get a matching skirt for only R20.”

Die bushalte is twee blokke van die bank wat jare gelede byna deur ’n bomaanval vernietig is. Toe was hy nog klein en onskuldig. Is enigiemand ooit onskuldig? Die polities onderdrukte of die sekretaresse met twee glaso, wat oor die pels van ’n gidshond streel? Vandag gaan die lewe aan asof daar niks gebeur het nie. Een se hel is dikwels ’n ander se bevryding. Skrapnelstraat het Wandellaan geword. Klein meisietjies marsjeer op die maat van Afrika-tromme op die plaveisel. Hul mars geskied onder streng bewaking van wagte in koelvaste baadjies.

Hy kyk na sy horlosie. Hy wens hy kon sy stophorlosie op 00:00 stel en alles tot ’n vriesbeeld dwing. Motors wagtend op ’n groen lig, die bene van die trompoppies gevange deur willose swaartekrag, ’n halfgeskeerde kop, iemand wat mik om die eerste hap aan ’n sappige mielie te vat.

Skielik hoor hy die geskreeu van bande. Alles kom stadig in beweging. “Your fuckin’ faggot, look where you are going!” Die aasvol mis hom met meters.

Sy o is so seer gekyk, so brandend seer gesoek na die vuller van leegheid. Hy kyk vas in rye en rye figure. Nrens is a sight for sore eyes nie. Waar is die een wat weer moet sterf sodat hy kan leef? Almal soek na Hom. Gay, straight, MIV+, MIV-, XX, XY, swart, blank, kleurling. Almal op hierdie psigedeliese Golgota. Daar is nie weer ’n seun om te offer nie.

Hy haal die bus net-net. Hy gaan sit langs ’n bejaarde vrou. Sy bly aan iets kou, terwyl sy in haar handsak rondvroetel. Haar ringe skitter in die laatmiddagson. Sy bied hom ’n peperment aan. Sy hostie om te deel in die bloed en vlees van hierdie dag.

Die bus nader weer eens die ingesonke bedpan. Di keer vanuit ’n ander rigting. Hy sien blou ligte flits. ’n Swart vrou l onder die voorste band van ’n sportmotor. Haar nek is in die verkeerde rigting gedraai. Waar hou een mens se verantwoordelikheid teenoor ’n ander op? By ’n graf, in ’n hofsaal of in ’n tronksel? Die verkeerspolisie het moeite om die gewone bewondering in bedwang te hou. ’n Man met ’n donker bril se hande beduie wild soos hy probeer verduidelik.

Die vrou langs my s: “Shame, poor thing. I wonder if she has any kids.” Ja, die vrou het kinders. Sy het nog vanoggend vir hulle elkeen R5 vir snoepie in die hand gestop. ’n Moeder soos enige ander.

Die jong navorser maak sy o toe. In sy kop volg hy die roete soos ’n bekende gebed.

Hy kom by die huis. Sy kop voel dof. Soos ’n robot sluit hy die veiligheidshek oop, sluit dit weer toe, bre sy boektas, haal die foon van die mik. Hy skakel die TV aan. Die Koningin van Klets is in ’n begeesterde bui. “In my life I’ve learned one crucial lesson: everyone of us needs validation. Yeah, validation, people, that is what everyone wants.”

Hy sit die video in en zip hom oop. Hy wil nee s, maar, God weet, hierdie dag was t lank. Hy spring van die een kanaal na die ander op soek na die videokanaal. Sy vingers tastend na absolusie. ’n LP pleit vir die herinstelling van die doodstraf. Die Teletubbies spring op en af. Bye Dixie, bye Po, bye Tinkie-Winkie. Hy druk Play en skakel die klank af.

Vyf figure staan in uitgewerkte formasie onder die skadu van ’n boom. Hulle is in wisselende stadiums van naaktheid. Op watter een sal hy sy visier rig? ’n Nuwe video beteken nuwe moontlikhede. Hy sit op sy voyeuristiese troon en kyk hulle een vir een uit. Sy oog steek op die donkerkop vas. Pete lyk met sy donker o net soos Frans. Dieselfde smekende o en skaam trek om die mond. Frans het waarlik opgestaan en Pete geword.

Verlange swel op in sy vol, dit word langsaam klammer soos wat Frans die wit lendedoek van sy lyf afstroop, maar Frans het nie vir hom opgestaan nie. Jesse begin Frans afsuig. Jesse se mond is vol silwer stopsels. Jesse het twee ryp puisies op sy linkerboud. Die jong navorser wil nee skreeu, nee vir ’n opgewekte Frans, nee vir bedrieglike beelde, nee vir gebraaide mielies, nee vir ...

Hy wil stop en eject druk, maar dit is te laat. Hulle trek hom soos ’n magneet by die klug in. Sy hand is nie meer syne nie, maar dit het ’n protese geword. ’n Ledemaat behorende aan ’n kuborg. Iets van klipharde staal. Buite stop karre steeds by rooi verkeersligte, hadidas roep hul doodstyding uit, God gee en God neem.

Sy vol is tot barstens toe vol. Hy voel hoe dit klop van versamelde haat, hoon en verlies. Dit kan nie anders nie. Alles moet uit. Verspil tot die laaste druppel. Sonder redigering beur die eerste skoot deur sy gapende lens. Sy kop ruk agteroor. Hy snak na asem en alles word stil. ’n Paar oomblikke lank is hy in staat om hierdie stad tot ’n vriesbeeld te dwing.

Langsaam kom alles weer in beweging. Hy weet dit is volbring, want die skemer strek reeds soos ’n kondoom oor sy Kruis.


Lees ook Neil Cochrane se “Hy kom met die glitterball — ’n Belydenis in ’n pastiche”.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.