GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Oor Madonna en moffies in kombi’s

Cobus van der Merwe

Eroties-humoristies vir as jy dronk wil wees

(Dit  gaan ’n kortverhaal wees hierdie, weet ek toe ek onthou. Want die begin is soos die einde, maar aan die einde is dit nie meer soos aan die begin nie. Ietsie het gebeur sodat iemand ’n lewensles geleer het. So, ek moet net die les uitfigure, aangesien ek reeds die begin en die einde het.)

So kyk ek toe na ’n video van Madonna en daar is ’n man wat gevaarlik uit ’n kombi leun. En ek onthou toe die storie van die dakklimmery oor die kombi, en van die glitter-piel en die pop, en van die kunstenaar.

Ons klomp ry toe met my pvc-geverfde kombi Riebeek toe. Dronk, man. Die Lesbiër bestuur, en die Sexy Een, die straight een, sit langs haar. Haar wilde vriend uit die Kaap, helfte van ’n tweeling, al die jare my fantasie. En ek sit agter hom en vat kort-kort aan hom en streel sy hare per ongeluk as ek nog drank vir hom gooi. En hy raak al lawwer van al die aandag en maak perkate en so.

Hy het skielik ver uit by die venster gehang, goed geskree in die lug. Buite-binnetoe gedraai sodat ek sy jean se gulp kon dophou. En daar verdwyn eers die gulp, en toe die deurgeskuurde jean-knieë, en toe die kaal voete. Eers angs toe my liefde verdwyn, toe angs omdat ek in die kak gaan wees as hy iets oorkom. Toe gemengde gevoelens toe sy voete aan die bestuurderskant se venster verskyn en ingly voor die jeans uit. Net sowel, dink ek, maar dit sou darem ’n romantiese einde van ’n niks-verhouding gewees het.

Elk geval, ons klomp loop toe in Riebeek rond en daar is ’n kunstenaar wat winkelpoppe omtower met inlegwerk en verfwerk en klerewerk en als. Een freaky-mooi pop het ’n glitterbal-en-piel-g-string aan en paradeer hooghartig in die lug. Hoeveel, vra ek. R2 500. Ek bedoel hoeveel vir die glitter-broekie, ek het poppe by die huis. So verwissel my gunsteling-pop  van gedaante tot groot vermaak van my straight vriende nog maande daarna.

Maar my pop het nie so glamorous soos daardie pop gelyk nie, en ek het gespaar. Ry toe besadigd-opgewonde Riebeek toe met die note in my sak. By die ateljeestoor haal iemand ’n laaste paar rakke af.

Het jy dan nie gehoor nie? Hy en sy girl was met die kombi op pad see toe vir die feesvakansie. Hy klim toe deur die venster omdat, het hy gesê, hy vir haar in haar regteroor wil kom hallo sê. Is jy gek, skree sy, en trap rem. En hy rol van die dak af en sy ry bo-oor hom. Net voor Nuwejaar, sê die man en laat die plank val.

Die begin en die einde is oor ’n kombi, en by gebrek aan beter sê ek dan ter wille van ’n kortverhaal: Laat dit vir jou ’n les wees.

(Wat dit is weet ek nie. Maar ek sweer dit is ’n ware verhaal.)



Oor die skrywer:

Cobus van der MerweTerwyl Cobus van der Merwe besig was met sy LLM aan die Universiteit van Kaapstad, besluit hy hy wil nie Engels praat, pakke dra en gholf speel om kliënte te werf nie. Daarom koop hy op 25 'n streekskoerant op Malmesbury. Ná 13 jaar verkoop hy dit in Mei 2002 aan Naspers. Tans lê hy hom toe op fotografie (kyk na www.gaydar.co.za/photolook) en skryfwerk.

Lees nog verhale deur Cobus op Gay@LitNet.




LitNet: 16 Augustus 2006

NOTA: Stuur jou reaksie op hierdie teks na Neil Cochrane by gaylit@mweb.co.za

boontoe / to the top