GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sonbruin kom nie maklik nie

Cobus van der Merwe

Sonstrale veroorsaak kanker, s wetenskaplikes. Kanker kan oorwin word, s die kennisgewingborde. Voorkoming is beter as genesing, s my ma. Ek wil in die son wees, s ek.

Dus, eerder as om uit die son te bly, gebruik ek liewer sonskermmiddels. Daar is net een olie vir die huis, s my ma: 3-in-1, maar vir my lyf is daar drie, s ek.

Dit is 'n hele ritueel om die volle lyf dieselfde kleur te kry. 'n Vriendin het eendag by aanskoue daarvan ges dit is die naaste aan Neapolitan-roomys wat sy ng in lewende vlees tegekom het. Wit-pienk-bruin in een doos.

Op my bruin skouers spuit ek Faktor 2, en ruik reeds die keratien wanneer dit kontak maak. (Die reuk wat my jare later nog steeds aan die "tan"-dak van die toilette in die Strand laat dink - with a hint of coconut.) Op die witter gedeeltes van my lyf smeer ek waterwerende Faktor 7 om heelmiddag die son en see te trotseer. Laastens, as kroon op die koek, so to speak, smeer ek Faktor 30 op my vol, omdat ek kaal swem en rondloop. Ekstra beskerming nodig, het ek verlede seisoen gesien. Het agterna gelees dis die naasdunste vel aan jou lyf (net jou ooglede is dunner, het die tandarts se voorportaalboekie ges), en dus verbrand of verbruin dit die vinnigste. Daarom nou 'n total block-out vir daardie gedeelte.

Tussen al die Neapolitan-lae was ek eers my hande deeglik met seep. Sodat dit nie meng en die beskerming bederf nie. Ek wil tog nie block-out op die wit gedeeltes h nie, en nog minder quick tan op die sensitiewe bron van my begeerte nie.

Ek het eintlik vergeet van die afspraak met die plaveiselman. My sonskerms, drankie en boek was voor my op die tafel uitgepak toe hy daar aankom. Luister nukkerig toe hy die proses verduidelik. Eers sand kompakteer, dan stene pak, dan dro sement in die laste instoffeer, dan natmaak. Fok my tan-sessie vir die dag, dink ek, maar hy s hy is voor drie klaar. Ek sug, staar in die verte, en vat 'n sluk. En ek dwing myself om te dink aan die son en die tan en die keratien, en onthou skielik van die bruingebrande verwer

(Ek dwaal te maklik van 'n storie af, s almal wat my ken. Maar voor ek by vandag se plaveiselman kom, wil ek net eers van die verwer vertel )

* * *

Hy moes die spaarkamer uitverf. Ek en sy was in die hoofslaapkamer, het reeds haar broekie onder haar kort rokkie uitgetrek gehad. Toe roep hy in die gang af dat iemand die kandelaar moet kom afhaal, want hy gaan nie verantwoordelikheid vat nie. Ek het hr gestuur.

Ek het 'n lang tyd gewag voordat ek gaan voyeur wees het in die deurkosyn. Kaalbolyf in sy verslete dungarees kon ek sy bruin sleutelbene, en veral sy onvermydelike ereksie dophou, terwyl hy die leer vashou sodat sy veilig kan opklim. En hy haar natuurlik trap vir trap van onder af dophou. Vasgenael dophou terwyl haar beenspiere werk met die afhaal van die kandelaar.

Met die afklimslag het hy steeds die kante van die leer bly vashou. Sodat sy tussen sy arms moes deurskuur, en haar rok teen die knop opgetrek het.

Agterna, terug in die slaapkamer, het sy met baie aanpor erken: sy het bo-op die leer skielik van sy o op haar rug (!) en vinnige asemhaling teen haar bene bewus geraak en klam begin word. Wat het jy gedink? het ek gevra. Niks, het sy ges. Net dat hy moes bly kyk het.

Ek en sy het ongelooflike seks gehad. Nog lank agterna het ek op my eie onvergeetlike orgasmes gehad terwyl ek die herinnering trap vir trap in my kop en lyf gevolg het

* * *

Ek dwaal af. Terug na my plaveiselman toe. Dit was 'n mooi sonskyndag tussen die winterwolke deur, en ek het skryfwerk gehad; by die stoeptafel gesit met my glas, papiere, boek en foon voor my uitgewaaier. Ek gaan nie skuif nie, en vir hom ges ek hoop nie hy dink ek sit daar om sy handewerk dop te hou nie, want ek haat dit as iemand dit met my doen, maar ek het werk van my eie en dis lekker hier. In die son, voeg ek by.

Hande-viervoet skraap hy die sand gelyk. Ek kom agter hy doen dit baie tydsaam. Seker om 'n voldag se loon te kry, dink ek eers sinies. Maar hy skraap dit sistematies in 'n patroon soos vir 'n Zen-tuintjie. Daarna pak hy die een steentjie na die ander in 'n patroon van sy eie.

Eers het ek die bakstene dopgehou, die patroon van sy legkaart probeer vooruitskat. Toe ek die herhaling daarin sien, het ek my o na sy hande verskuif. Die ritmiese verstyf-en-los van die senings in sy fyn bruin hande. Opbeweeg na die spiere in sy arms. En soos hy skuif-skuif, die beweging van sy boude deur die oorpak. Met 'n losgetoiingde agtersak wat ondertoe flap-flap, kom ek agter.

En hy ook. Dit sou hom nie gepla het as hy alleen was nie, maar onder my voelbare o is selfs die stilte hoorbaar. Sodat dit hom te veel pla. Hy ruk die loslap af en smyt dit op die grasperk neer.

Hy kom nie agter dat die afskeur die middelsloot en die kant van een boud ontbloot het nie. Of dan, hy wys nie dat hy weet nie. Kruip-kruip plavei hy onder my toesig verder. Boud-sloot, boud-sloot, boud-sloot

My hande is natgesweet toe hy opstaan en hom uitrek. Sy plat maag maak tg 'n Mercedes-bonnet, omdat die spiere v-vormige kepe in sy lieste vorm. En die are bult uit.

My mond is droog toe ek vir hom koeldrank aangee en my pinkie teen syne bewe.

'n Oomblik t lank kyk hy my in die o, buk dan af en begin weer kruip-kruip verder plavei, maar ek wil hom nie weer raaksien nie. Staar blind na my bladsye, maar niks wil in fokus kom nie. Hoor net my hartklop en sy sagte vee-vee op die agtergrond.

Ek het hom betaal en hy is weg.

Nou is die dag weer myne, s ek vir myself. Ek trek my klere uit en begin my sonfaktors in volgorde insmeer.

Hierdie keer konsentreer ek lank op Faktor 30. Heen en weer. Deeglik, s die aanwysings.

Heen en weer. Dink aan die verwer, maar veral aan die plaveiselman.

Totdat ek in die dro gras spuit.

* * *

Om die perfekte sonbruin te kry, is nie maklik nie. Soos ges, om tussen wit en bruin te kom, moet jy jou hande was. En nou was daar 'n nuwe rede. Die wit saad op my amper-bruin hand, die wit saadstreep op my rooi-bruin vol.

Sy agtersaklap het voor my gel. Ek het my hand en vol daaraan afgevee.

Ek het reeds vroer intens gewens dat dit groot genoeg vir 'n handskoen kon wees. Sodat ek daarmee my vol kon omvou en, in my gedagtes, syne ook. Die beskutting van sy sterk boude, nou die vars een om 'n nuwe lyf.

Ek kyk na die ondergaande son en hou 'n persoonlike en private post mortem. Vergeet dan van die handskoen; as hyself net t daar was. Of dan net toegekyk het om te sien hoe k na hm gekyk het.

Ek het nog die lap. En sy nommer.

Maar ek sal liewer in vrede tan


Oor die skrywer:

Cobus van der MerweTerwyl Cobus van der Merwe (39) besig was met sy LLM aan die Universiteit van Kaapstad, besluit hy hy wil nie Engels praat, pakke dra en gholf speel om klinte te werf nie. Daarom koop hy op 25 'n streekskoerant op Malmesbury. N 13 jaar verkoop hy dit in Mei 2002 aan Naspers. Tans l ek my toe op fotografie (kyk na www.gaydar.co.za/photolook) en skryfwerk. Ek ondersoek nou moontlikhede vir 'n Kaapse winkel in homo-erotiek, en enige voornemende mede-entrepreneur se oproep sal verwelkom word by digitalpix@magicmail.co.za."



LitNet: 23 September 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.