GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kunsmatige kuiwe, skotteljonsheid en ... Elizabeth Taylor

Kalie Burger

'n Ruiker staaltjies oor Ou Grote, 'n bloemis met groot lewenslus

Diť huldeblyk aan 'n ontslape prinses is op versoek van 'n klomp Johannesburgse queens geskryf. Elke woord is op die waarheid gegrond.
Kalie Burger

Dit is verstommend dat daar mense is wat 'n dwarsklap van die lewe kry en tog die onverstaanbare vermoŽ besit om alles passievol uit die lewe te wil haal.

"Ou Grote" noem ek hom maar. Hy was 'n voorbeeld van so 'n persoon. My laaste woorde aan hom in die kliniek waar hy rustig in 'n koma op sterwe gelÍ het was: "Ja, jou ou bitch, ten minste het jy gelewe!"

Selfs as jong, baie oorgewig laerskoolseun het hy al 'n sin vir die teatrale gehad. Hy het my vertel dat hy toe al sy skoolmaatjies wou vermaak, en daardeur kon hy die spilpunt van aandag wees. Die arme ou kindertjies moes 'n pennie of tiekie as toegangsfooi opdok vir sy solokonserte, wat hy fyn beplan het. Die gehoor is voor sy slaapkamervenster in rye laat sit. Die kombuistafel is voor die venster in sy kamer gesleep en as verhoog gebruik. Die slaapkamergordyne moes natuurlik as verhooggordyne dien. Ek kan nie meer onthou wat die rol was wat hy uitgeleef het nie, maar ek sal my nie verbaas as dit 'n eerste "drag show" was nie. Die maatjies het in elk geval gedink dat hy wonderlik was, en so het hy sy debuut as plaaslike selebriteit gemaak.

Sy kreatiwiteit het soms so effentjies handuit geruk. Op hoŽrskool het hy hom radio-omroeper gehou. Hier moes die stomme buurvrouens dit ontgeld. As van die maats se ouers uithuisig was, het hy hulle aangetree om as agtergrondsgehoor te dien vir 'n kammakompetisie vir die destydse Springbokradio. Hy het die vra- en praatwerk oor die telefoon gedoen. Die vraag: "Wat het 'n stertjie van voor en wat het 'n stertjie van agter?" Eenvoudig, ja, maar nie vir 'n arme verbouereerde vrou wat die kans gestaan het om duur meubels by 'n eksklusiewe meubelwinkel te kon uitkies nie. As die bewende huisvrou die antwoord "'n olifant" met so 'n bietjie hulp geuiter het, het Ou Grote haar juigend gelukgewens met die slag van 'n ghong en 'n handegeklap op die agtergrond. Sy is meegedeel waar en wanneer sy haar prys moes gaan afhaal. Dit het die jongklomp die kans gebied om hulle naby die winkel tuis te maak om die petalje te aanskou en hulle in die stommerik se vernedering te verlustig.

Op Ou Grote se begrafnis het ek my so in die agterste gestoeltes verwonder oor die belaglike huldeblyke. Ek het in 'n stadium selfs gewonder of ek op die regte begrafnis was. Die predikant het natuurlik die meeste spek geskiet. Die hoogheilige mens wat daar geskilder is, het ek gelukkig nooit geken nie. Ek het skoon lekker gekry om te dink dat die hoŽrskoolseun hier, in diť kerk, op 'n Sondagoggend op die galery met adolessenteskotteljonsheid gesit en speel het met 'n jongelied se geslagsdeel. Nee wat, Dominee, ek het eerder verwag dat daar 'n geklop uit die binnekant van die kis sou wees om uit te breek vir nog so 'n ou laaste plesiertjie.

Met sy skoolloopbaan agter die rug was dit asof sy lewenslus heeltemal oorgeneem het. Selfs terugslae kon hom nie stuit nie. Naas 'n boggelrug en 'n geweldige stryd met die weegskaal het hy boonop bles geword. Ek wil liewer nie sy gewig in ponde of kilogram gee nie. Kom ons sÍ dit was ver oor die dertig "stone". Maar om terug te keer na die bolla, of die ontbreking daarvan. Hy het my vertel dat dit hoogmode in die sestigs was om blond te wees. Die probleem was natuurlik dat die tegnologie nie so gevorderd op die gebied van haarkleur was nie. Peroksied is sommer so skoon gebruik as bleikmiddel. Sy hele bolla het glo uitgeval en nooit weer uitgegroei nie. Dis nou sy storie. Hierdie petalje het aanleiding gegee tot die dra van pruike, of, soos die woordeboek dit sagkens stel, "kunsmatige kuiwe". Duur haarstukke het hy gedra, so effe kastaiingbruin. 'n Familielid het hom soms gevra waarom hy 'n eekhoring toegelaat het om hom op sy kop tuis te maak.

Dit was in 'n groot mate sy lengte van so ses voet vier en sy sprankelende persoonlikheid wat sy fisieke tekortkominge in die niet laat verdwyn het. Hy het onverpoos daaraan gewerk om by mense se harte in te kruip. Selfs ruwe sportmanne het 'n tipe deernis met hom gehad. Verder wil ek liefs nie uitwei nie.

Verskeie voorliefdes was daar in sy lewe, maar by die nievleeslikes het parfuum en juwele geseŽvier. Parfuum sluit nie naskeermiddels in nie. Naskeermiddels was net goed genoeg vir onder die arms. Hy het besete geraak as daar 'n nuwe parfuum op die mark verskyn het. Hy het in 'n stadium gespog dat die verskeidenheid in sy hangkas groter as diť in enige winkel in Suid-Afrika was. Enige van sy vriende kan dit beaam. Ek het baie maal gewonder of hy nie maar 'n tweede verband op sy huis moes uitneem om sy parfuumobsessie te kon bevredig nie. Ons was eenkeer tegelykertyd in die buiteland. Hy het omtrent vyftig bottels parfuum in belastingvrye winkels gekoop. Ek is gesmeek om net twintig saam te bring huis toe sodat hy nie voorgekeer sou word vir belastingontduiking nie.

Ek was 'n slag saam met hom op so 'n inkopie-uitstappie. Dit was in Desember, met bonustyd. Die spesifieke winkel het glo die grootste verskeidenheid parfuums teen die billikste pryse aangebied. Hy het so 'n snaakse uitdrukking op sy gesig in die winkel gekry, so al asof hy te veel verslankingspille op een slag gedrink het. Wasig die oŽ. Hy het heeltemal beheer oor homself verloor. Die bestuurderes het sy kredietkaart deur die masjien getrek. Hy was oor sy limiet. Dit het hom nie van stryk laat bring nie. Ewe kordaat pluk hy nog 'n kaart uit en oorhandig dit aan haar. Buite die winkel vra ek hom of hy hom nie oor mŰre bekommer nie. Ewe kalm antwoord hy: "Ag nee wat, my ander skuldeisers sal maar 'n bietjie moet wag vir hulle geld."

Sy karige salaris as staatsdiensamptenaar moes hy aanvul met vryskutwerk as bloemis. Sy kliŽnte was gelukkig meestal uit die welgestelde Joodse gemeenskap. Hy het geweldig baie siekteverlof geneem, veral wanneer daar 'n Joodse troue was. Raai wie die bloemis was?

Nou kom ons by die tweede grootste nievleeslike sonde, naamlik goud en diamante. Enigeen wat Ou Grote ontmoet het, sou dadelik die ooreenkoms tussen hom en Liberace kon raaksien. Laasgenoemde se smaak was natuurlik net meer Amerikaans. Kyk, Ou Grote het nie van simpel winkeljuwele gehou nie. Hy het net die grootste plaaslike ontwerpers genader vir kommissies. 'n Enkele ring van hom het uit twee onse goud en agt en dertig diamante van verskillende groottes bestaan. Die kunswerk was op uitstalling by die eertydse Randse Paasskou in Milnerpark. Sy armband was 'n replika in goud van 'n fietsketting. Hy het selfs stringe pÍrels en kamees gedra.

Hy wou bitter graag ook klere met 'n ontwerpersetiket dra. Sy postuur het hom ongelukkig verhinder. Selfs hier het hy 'n slim plan gemaak. Hy het op die een of ander manier etikette van 'n taamlik bekende ontwerper in die hande gekry. Egter nie heeltemal op 'n kosjer manier nie. Die etikette het hy op sy tuisgemaakte hemde laat werk. Ongelukkig was die ontwerper se etikette en sy smaak nie juis in dieselfde klas nie, en net hyself kon so naÔef wees om te dink dat iemand anders beÔndruk sou wees. Sy smaak was nie ingetoŽ nie. "Uitspattig" kan dit eufemisties beskryf.

So belangrik as wat juwele en parfuum vir hom was, so onbelangrik was 'n motor. Ek sal nooit vergeet dat ek en hy op 'n keer vir tee genooi was by 'n baie deftige dame in Parktown nie. Marita Napier, die bekende sopraan, was juis diť tyd in Johannesburg, en ook by die teeparty. Die rygoed was merendeels baie luukse Duitse en Britse statussimbole. Die ding waarmee ons daar aangekom het, was ongelukkig nie veel meer as skrootwerfmateriaal nie. Selfs die enjinkap kon nie meer toebly nie, en is ewe netjies en kunstig met 'n pienk bloemistelint vasgemaak. NŠ die samesyn wou Marita 'n geleentheid hÍ Rosebank toe. Ou Grote het aangebied om haar te neem. Sy het ewe hoflik gevra of die Bentley buite ons kar is. Ek sal nooit, ooit die uitdrukking op haar gesig vergeet toe ons haar meedeel dat sy in die effe nederige motor sou moes ry nie. Sy het gelag soos 'n ondeunde kind.

Ek wonder of sy al ooit haarself so spontaan kon geniet het. Sy het nie alleen vir die strik gelag nie, maar ook vir die paraffien- en verfblikke wat die voorste sitplekke moes regop hou. Die kar was voos. Dit was op hierdie tydstip dat hy die vraag aan my gestel het of dit normaal is om ewe veel olie as petrol in 'n kar te gooi. Dit het hom min geskeel.

Hier moet ek tog die storie vertel van die slag toe hy my van poging tot moord op hom beskuldig het. Die einste kar wat pas beskryf is, was natuurlik eens nuut. Hy was vreeslik trots op die blink sierwiele met die vreeslike giftige speke. Hy het Írens 'n pap wiel opgedoen, en ek is opgekommandeer om die wiel om te ruil. Hy was heeltemal te kamp om sulke butch werkies te doen. Ek is darem beloon vir sulke takies - feitlik altyd met 'n ete by 'n Chinese restourant. Hy was mal oor die kos, en dit was natuurlik bitter goeie waarde vir geld. In iedere geval, om terug te keer na die pap wiel. Ek het die wiel omgeruil en die wielboute begin vasdraai. Ou Grote het my begin verskreeu en daar en dan die opdrag gegee om nie die goed so vas te draai nie. Ek sou die chroom-m**re of -boute, wat die verskil ook mag wees, beskadig. Daar gelaat. Ek is huis toe. Nie 'n halfuur later nie of ek kry 'n oproep van 'n histeriese queen wat my daarvan beskuldig dat ek hom om die lewe wou bring. Dit was laakbaar van my. Ek sou glo kwansuis geweet het dat ek iets van hom sou erf. Waaroor die bohaai gegaan het, was dat hy met die motor gaan ry het. So 'n paar honderd meter van sy huis af was daar so 'n steil bultjie en die pad nogal besig. Dit was net hier waar die linkervoorwiel losgekom en self padaf gehardloop het. Die wiel het die kar selfs verbygesteek. Ou Grote het gelukkig die motor teen die rand van die sypaadjie tot stilstand gebring. Volgens hom het die verbygaande motoriste so vir hom gelag dat daar 'n verkeersknoop ontstaan het. 'n Jong man moes vir 'n paar rand die wiel gaan soek. Dit was glo omtrent 'n kilometer padaf. Die heilige boute moes ook gevind word. Ek glo dit is die grootste enkele rede waarom my naam uit sy testament weggelaat is. Van daardie dag af was ek 'n potensiŽle Daisy de Melker in sy oŽ, iemand wat met wantroue bejeŽn moes word.

Dit val my by hoe uitbundig hy tydens vakansies kon wees. Skoon laf. Hy had die volgende staaltjie te vertelle. Tydens 'n vakansie in Durban - dit moes so in die laat sestigs gewees het - het hy en sy reisgenoot besluit om per riksja na die IndiŽrmark te gaan. Beide was van voller figuur en hulle het hulleself gou gemaklik gemaak in die ou karretjie. Die trotse, fors Zoeloe met sy deftige maar kitsch veredos met spieŽls en al het so 'n hupse sprong gegee om sy krag te vertoon. Hy het homself egter liederlik met die twee goggies se gewig misgis. Sy karretjie het reg agteroor geslaan, met hom hangende tussen hemel en aarde. Hoe meer hy gespartel het om af te kom aarde toe, hoe lekkerder het die karnallies gegiggel. Glo hulle stertrieme heeltemal natgemaak. Dit was eers toe hulle vorentoe buk dat die fladderende figuur met 'n slag die aarde tref. Soos 'n steeks donkie het hy geweier om hulle 'n enkele tree verder te vervoer.

Dit was tydens dieselfde vakansie dat die twee by die IndiŽrmark die kamtige s*ksstimulant "tong yong" bekom het. Ek dink dit was wat die salfie genoem was. Die salf moes glo liggies aan die glans van die p*nis gesmeer word om 'n goeie er*ksie te verseker. Ou Grote het natuurlik weer eens geglo dat oordadigheid ook hier net ten goede kon werk. Die effek was skrikwekkend. Die verskriklikste er*ksies ten gevolg, brandend soos gloeiende kole. Koue storte, was met seep en selfs ysblokkies kon geen lafenis bied nie. Ure later kon die twee reisgenote post mortem hou en skater oor die plesiertjie wat soveel pyn en angs veroorsaak het.

Ek wil darem nie die kans by my laat verbygaan om weer so 'n ou stukkie gaykultuurgeskiedenis in te sluit nie. In die sestigerjare was Sondagaande optof-aand vir die susters vir samesyn by die New Library Hotel in die Johannesburgse middestad. Die meeste van die besoekers moes daardie jare maar van munisipale busvervoer gebruik maak. Die horlosie moes maar fyn dopgehou word vir die laaste bus, of jy tel 'n stukkie wat 'n kar het, op.

'n Vriendin van my van Portugese herkoms se eggenoot het voor hulle troue as jong en beeldskone immigrant by die einste kroeg gewerk. Bedags straight, Sondagaande gay - die kroeg, nie hy nie. Hy moes glo goed bontspring om van die rowwe dagbesoekers ontslae te raak voor die fynere kliŽnte hul binnekoms gemaak het. Hy het met sy Europese finesse geweet hoe om sy sjarme te gebruik en het gou-gou genoeg geld bymekaar gemaak vir 'n ryding. Dit was glo uit fooitjies van queens wat valslik gehoop het op 'n meer permanente vriendskap as kroeggeselskap. Hy was ongelukkig nie 'n huurklong nie.

Die eerste volwaardige, egte, regte gaykroeg was, volgens Ou Grote, die Pianola. Dit het glo aan dieselfde eienaar behoort wat nou die baas van die Oh!-kroeg in Melville, Johannesburg is. Beide suksesverhale.

Nou wil ek weer terugkeer na die tye van verdrukking. Ek neem die volgende storie met 'n groot knippie sout, maar dis so kostelik dat ek dit moet insluit vir wat dit werd mag wees. Gays kon mos glad nie saam partytjie hou nie, want dit was onwettig. Die polisie kon te eniger tyd toeslaan op hierdie volksvreemde en walglike partytjies. Meer gevrees as die polisie was glo die Libanese bendes en die eendsterte. Die skarminkels het 'n terreurbewind gevoer met fietskettings en skeermeslemmetjies. Hoe kon die arme skoner geslag nou teen hierdie boewe opstaan? Gaan hulle by die polisie kla, word hulle in elk geval eers opged****r en dan toegesluit. Dis nou waar die storie 'n angel het. Op 'n goeie aand met so 'n lekker drag partytjie was die meisies voorbereid op 'n aanslag van buite. 'n Bende het toegeslaan, maar is onkant betrap. Soos die bullebakke probeer het om met die trappe op te beweeg, het die lede hulle met kookwater en bottels van bo-af getakel. Hulle moes stert tussen die bene die aftog blaas met jillende queens op die agtergrond. Mens voel mos so half trots op die heldinne.

Die grootste enkele hoogtepunt in Ou Grote se lewe was Elizabeth Taylor en Richard Burton se besoek aan Johannesburg in 1975. Me Taylor was sy heldin. Ek glo nie dat daar 'n enkele rolprent was waarin sy gespeel het wat hy nie minstens twee keer gesien het nie. Hy was 'n wandelende Elizabeth Taylor biografiese woordeboek.

Nou ja, ten tye van die Burtons se besoek is 'n groot banket in Johannesburg by die spoggerige Carlton-hotel gehou. Nie slegs die Burtons nie, maar ook ander baie belangrike persone sou by die geleentheid teenwoordig wees, soos die destydse staatspresident en mevrou Diedericks, Dino Martin en natuurlik wÍreldklas tennissterre. Kaartjies is beskikbaar gestel vir die publiek vir die glansgeleentheid - egter peperduur. Ek sou nie die storie vertel het as 'n frappie (f*kk*n ryk agv pappie) betrokke was nie. Dat 'n arm kerkmuis feitlik sy hele salaris moes uitgee vir die geleentheid, en 'n ewe arm vriend moes oortuig om dieselfde te doen, is vir my 'n heldedaad. Die vreugde van die oomblik en die glans was natuurlik veel belangriker as die swaarkry van mŰre.

Opgetof moes beide wees. Ou Grote het elke stukkie goud met diamante gedra. 'n Goue muntstuk aan 'n dik, goue ketting om sy nek. 'n Kamp syserp van die Oosterse Plaza sou alles afrond. Miss Dior of Youth Dew parfuum het hom heel waarskynlik gevolg soos sy skaduwee.

Soos tevore vermeld, was die motor in sy besit nie bypassend tot die res van sy beeld nie. Ondergrondse parkering was egter hulle redding. Veel belangriker, die feŽkoningin met haar towerstaf was diť besondere aand aan 't rondvlieg en het hulle onder haar ragfyne vleuels geneem. Nadat die twee uit die kar geklim en aangestap het hysbakke toe, verskyn daar 'n spierwitte Rolls-Royce uit die niet. Net chauffeur, sonder insittendes. Ou glansjagter keer op die plek die chauffeur voor en vra of hy gewillig sou wees om hulle vir 'n fooitjie om die blok te neem.

"Klim in," sÍ die man. "Waar moet ek julle aflaai?"

"By die rooi tapyt," gee hy opdrag. Die metgesel moes voor sit, langs die chauffeur, en Ou Grote agterin, soos die koninginmoeder, stoksielalleen. Die doel was natuurlik om glansryk te arriveer, in styl. Wat egter op hulle gewag het, was meer as waarop hullle voorbereid was. Die statige motor het voor die hotelingang stilgehou en die voorste passassier het uitgeklim. Koninginmoeder het gewag dat die deur vir haar oopgemaak word. Die publiek het vir die gaste gewaai en geskreeu. Die angs om die massas te kon hanteer, was verskriklik, maar gelukkig het hulle onthou om liggies, soos die Britse koninklikes, vir die spul te waai.

Dronk van die adrenalien is hulle binnetoe, weg van die gepeupel. Die vrede was kortstondig, want veiligheidspersoneel loop hulle tegemoet. "O wee, die tronk is ons voorland," sÍ Ou Grote. Die angs pak hulle verder beet.

"Waarheen lei julle ons?"

"Nee, net die gewone mense gaan soontoe, julle kom saam met ons."

Tot bedaring kom hulle toe uit by 'n privaat onthaal vir BBP's. Elizabeth Taylor was vir 'n intieme geselsie beskikbaar. Ek onthou nog hoe Ou Grote uitgebrei het oor Taylor se wimpers wat in dubbele rye was, nie soos gewone mense s'n in enkel rye nie. Nie dat hy haar ooit sou verbind het met vals wimpers nie. Haar viooltjieblou oŽ was sy einde. Van haar sproete het hy net stilletjies en kortliks gepraat. Volgens hom moes Burton baie grimering dra om sy pokmerkvel te verberg.

NŠ hierdie privaat aangeleentheid is almal voort na die groot banket waar almal hulleself terdeŽ geniet het.

Die spreekwoordelike twaalfuur het gouer gekom as wat begeer is en die feŽkoningin was die volgende oggend weg en die lewe moes weer vaal voortgaan.

Dit is so tragies dat die aftakelende Alzheimer se siekte Ou Grote so gou in sy lewe van sy waardigheid en sy lewensvreugde weggeruk het. Al wat ek kan sÍ, is: "Ons salueer jou! Requiescat in pace."



Kalie Burger is ’n bibliotekaris wat in Africana spesialiseer. Aanvanklik was hy verbonde aan die Harold Strange Africana-Biblioteek in Johannesburg, daarna navorser by die Africana Museum (nou die Museum Africa). Hy is tans hoof van die Biblioteek vir Uitvoerende Kunste vir die Groter Johannesburgse Metropolitaanse Raad. Sy skets oor fopdossers van weleer was een van die gewildste tekste in Party van Ons: Die Homeros Leesboek 2001, saamgestel deur Danie Botha.



LitNet: 08 Julie 2004

Stuur asseblief jůķ storie(s) oor sulke onvergeetlike karakters van gister en vandag na dbbotha@mweb.co.za ;
faks 021-4230030.

DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.