GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Weet jy dat ons Bothas se stammoeder ’n owerspelige was?

Danie Botha

Beste Danie

Sedert jou “Wenners”-jare het mense my kamma of regtig met jou verwar. Ek het dan altyd skertsend “ten sterkste ontken” dat ek Danie Botha die sanger is.

Jy het later veral as gospelsanger bekend geword, terwyl ek my intussen op die gayletterkunde toegespits het: self al kortverhale gepubliseer, ander gays se werk onder die heengegane Homeros-imprimatuur uitgegee, en tans hanteer ek ’n gayletterkundeblad vir LitNet. Gay@LitNet vier hierdie maand sy eerste verjaardag.

My leefstyl toon etlike dekades lank al sekere gaykenmerke. Ek stel dit so versigtig, want, boeta, moenie dat ons veralgemenings begin maak nie. Nes heteroseksueles is ons mense en individualisties. Ons verskil van mekaar in ons doene en late.

Toe Slaptjips Rossouw se wonderlike ma my verlede jaar op ’n oop trok in die Kalagadi-wildpark vra of ek “’n kind van die Here is”, het ek daardie bekende ongemak beleef. Ek dink ek het ja gesê. Maar in my kop was daar ’n “maar”. Iets daarvan het jy met jou uitlating ook oor my gebring.

Ek beskou myself al my lewe lank as gelowige Christen. Ek kan vir jou opnoem hoe kerklik aktief ek was: as verenigingsmens, kerkraadslid en byna dertig jaar as kategis. Ek wonder of ek nie die Here en my naaste beter sou gedien het as ek in daardie jare uitgekom het as gelowige én gay nie. Ek kan ook vir jou vertel van menigvuldige geestelike belewenisse wat ek al gehad het. Nou nog in die kerkbank tydens ’n diens, in die stilte van my sitkamer, in ’n gesprek met my dominee en ander ewemense. Daar was al soveel gebedsverhorings en beskikkings, dikwels juis waar dit om my verhoudingslewe gaan. Nou onlangs het ek ná ’n lang spanning ’n saak uitgepraat met ’n vriend. In my verligting daarna kyk ek op na die gryswit wolke bo Kaapstad, en dis of my hele wese in ’n intense dankbaarheid opreik na die Here.

In ons gays is daar goedheid én boosheid, nes in die straights. Weet jy dat ons Bothas se stammoeder ’n owerspelige was? My broer het genealogies vasgestel dat haar ou bedriegde man die eerste Bothatjies soos koekoekkuikens grootgemaak het en dat hulle eers hier in die Kaap in die kerk “eg” gemaak is ná die uiteindelike egskeiding. Praat van “in sonde ontvang en gebore”.

Maar jou uitlatings maak my tog onrustig. Sê nou jy het tog reg met jou oorvereenvoudiging? Wat ’n wonderlike dag sal dit nie wees as ons teoloë uiteindelik tog uitsluitsel gee nie! Maar dan moet hulle nie sommer in die Kaapse sinode op ’n punt van orde van die saak afstap nie. (Sal graag die volle storie wil verneem dááragter.) Maar wat gaan ons maak as ons uiteindelik moet hoor ons gaan vir ewig sonder God bestaan? Ek dink ek sal dan hardkoppig bly glo: God se perspektief is anders.

Toe ek teen 1990 nog “in die bediening” was, wou ek vir eens en vir altyd uitvind of ek as gelowige gay die kerk se seën het. Daarom het ek vir berading na ’n pastorale sielkundige gegaan. Terwyl ek my eerste sekservaring met ’n man beskryf, prewel hy: “Ons moet vir jou ’n swart vrou kry!”

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.