GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sodom verby

Nelius Boshoff

Ek kom in die puine by
en hoor verbaas ’n padda
hoor ’n vlieg
en sluimer bloedsoet in.

         — Sheila Cussons

Toe die oudstes van die stad aan die deur klop en vra om met haar pa te praat, het Kari reeds geweet wat sou volg: hulle moet Soar verlaat.

Al die vorige nag toe hulle daar aankom, sy en haar pa en Rana, kon sy die vrees in die mans se o sien. Hulle is slegs ’n kamer gegee omdat almal vir hulle bang was. Al was hulle gehawend, verneder tot bedelaars met net die klere aan hul lywe, het ’n naam agter hulle uitgekring soos swart rook; magtig en geil soos ontelbare swart skape. En dt het die mense aan die gis gehad. Die baie gefluister het die naam ’n siel gegee, en die siel was ontsettend en verstrooid en het ’n mens se liggaam gesoek om dit bymekaar te hou en sag te brei. Dis toe dat almal begin praat van mal Abram se god.

Abram was haar pa se oom. Woorde het in sy kop gemaal en gemaak dat haar pa saam met hom weg is uit Mesopotami, kort nadat sy gebore is. Haar vroegste onthou was in ’n tent, oom Abram altyd net daar. Baiekeer het sy op sy skouers geklim en met haar oor teen syne geluister of sy ook die god kon hoor. Maar net die bokke het geblr. Soms, as sy gelukkig was, het die wind die sand opgelig en het iets soos ’n mens doer in die verte gedans. Dan het oom Abram wild beduie: daar, dr! Sy het god begin soek in die sand, met haar vingers na hom gegrou, selfs geproe. Uiteindelik het die sand sout geword toe hulle naby Sodom kom.

Sodom — die eerste wakkerword in ’n huis. Vroue het in en uit getrippel by die kamer waar sy met ’n lap tussen haar bene sit. Daar was oral blomme. Hr lap, gefrommel soos ’n roos, was die mooiste; die kleur haar eie. Haar pa het vir ’n slavin beduie om die slaapgoed te was. Bloed het hom stilgemaak soos vir oom Abram se god. Boonop het oom Abram weggetrek en die meeste woorde saamgevat. Di dat haar ma begin praat het. Sy het vertel dat die stadsmure haar stut, dat sy nie meer in die oopte is met net stukke vel teen die wreld nie. Sy het die pot met die prentjie gesit waar almal dit kon sien.

Kari het geweet die prentjie spel die naam van ’n vrou. Meer wou haar ma nooit s nie. Eers toe die invallers haar pa ontvoer, sou sy die storie hoor.

Hulle wat magteloos toekyk hoe hy voortstrompel tussen die ander mans, net kleiner word totdat hy weg is. Elke huis was geplunder, enkele vroue verkrag en saamgesleep. Daardie nag kon Sodom nie sy l kry nie. Doodbenoud het sy en Rana by haar ma ingekruip, onder haar pa se sweetkaros.

“Ek hoop nie hulle laat val die pot nie!”

“Hoekom nie, Ma?” wou Rana weet. “Dis mos maar net klei.”

“As dit moet breek ...!”

“Ma?”

In ’n stortvloed woorde het haar ma vertel dat sy ’n meisie liefgehad het toe sy jonk was. ’n Egiptiese meisie. Maar dat die meisie siek was en wou terug na haar land om dood te gaan.

“Sy het belowe sy sal tekeninge van my in haar graf laat maak. As haar siel rondsoek in die graf, sal sy die tekeninge sien en my onthou. Maar ek het mag in my hand, het sy ges. Die pot met haar naam daarop. As ek dit breek, is sy vervloek. Dit sal haar siel wegdryf. Dan sal sy in haar onthou nie meer by my kan wees nie.”

“Wat was haar naam?” Kari ms weet.

“Rosetta.” Haar ma het gesug. “Maar nou moet ons probeer slaap. Dis soms beter om jou o toe te knyp en te vergeet. Mre, oormre lag ons weer.”

En dit was so: fluite en tamboeryne het dit uitbasuin. Hordes diere is geslag vir die fees. Almal was vrolik en dronk en het haar pa omhels oor hy oom Abram se neef was. Want oom Abram het sy knegte bymekaargemaak en haar pa-hulle bevry, al wou hy self nie sy voete in die stad sit nie. Saam met haar pa was Simron, ’n familielid van haar ma uit een van die ander stede. Hy het die pot op sy skouer gebring, dragtig van die vye, en die boonste vrug gekeer wat wou afgly; dit half slordig vir haar afgeskil. Sy het die vy skaam geet.

Simron sou die hele nag by haar sit langs die vuur. Die mense het later in groepies in die huise verdwyn. Skaars dertien, albei van hulle, maar reeds het hul geweet van lywe wat gestapel is soos hout, dat dit vlam vat, al is die binneste klam. Ure se gesis en gesweet, vog wat uitloop en die rustige geknetter agterna. Toe die dag breek, het hy hom uitgerek en die as oopgekrap. ’n Enkele kool het rooi gegloei. Sy het opgekyk en dieselfde kleur in die lug herken.

Jare sou verloop: sy het grootgeword, die liefde saam met haar. Haar pa het bly karring dat hulle moes trou. Simron kon egter nooit tot ’n besluit kom nie. Maar hy het dikwels by hulle gekuier, lang rukke, en dan ng langer rukke weggebly.

Met sy laaste kuier het Simron haar geneem na ’n spelonk. Hy het vertel dat sy oupa daar begrawe l, asook enkele van sy familie. Hy self sou daar begrawe word. Die gedagte aan sy liggaam, vasgepen onder die groen klippe, was intiem, maar onrusbarend: sy ken sy einde, maar ken hy hr? Binne die spelonk, het sy geweet, is daar oorgenoeg beendere vir sy siel om die murg te onthou, om die stem en die o terug te dink en die presiese plek van die hart en elke vettigheid van die lyf. Maar hoe sal sy siel haar kan onthou as sy nie tot hom deurdring nie, as daar niks van haar in hom agterbly nie?

Met ’n skerp klip het sy die sirkel en lyne begin trek, so diep as wat sy kon: ’n stokkerige vrouefiguur teen die spelonk se wand.

Agterna het hulle geswem en in die veld gel en droogbak. Sy het hom gestreel, die stuk skelet by die wang en ken, en met haar ander hand ’n klompie sand vasgevat. Die oorwig was onseker. Dit het gevoel of twee dinge in haar bymekaar kom. Of dalk het sy dit maar net reggekry om ’n bars toe te druk.

“Wat’s nuus in Sodom?” het hy gevra.

Kari het gesug. Hy wou deel wees van ’n groep. Dit weet sy al lank. Maar hoe kan sy hom deel maak van iets wat sy self nie ken nie? Alewig op die rand van gesprekke, van oomblikke, nooit in die middel nie, want n al die jare in Sodom is haar kop steeds in ’n tent, dwaal sy in ’n woestyn op soek na die dansende god; alles net vir ’n glimp van die waarheid.

Wat kon sy hom vertel?

Dalk: Volg my, ons kan ons eie stad word, ek en jy; ver by Sodom verby?

Of moet sy haar hart uitdop en s wat sy voel: Ek het jou lief, baie meer as wat jy sien en dink? Maar my lyf is net te dom oor jy ook van mans hou?

Eenkeer wou sy met haar ma oor hierdie dinge praat, maar kon nie die woorde kry nie. Toe gaan staan sy voor die pot, volg met haar vinger die prentjie se inkeping.

“Ek weet jy spel ’n naam wat vir iemand iets beteken. Maar ek verstaan jou nie.”

Het Rosetta di fluistering gehoor?

Sy moes, want daar was krapmerke in die lug. Asof iemand wou deurbreek.

Dieselfde aand kom daar twee mans.

Oom Abram se god het hulle gestuur, het haar pa ges. Die hemel is kwaad. Kari het eers gedag hy maak ’n grap. Ook Simron het gelag en die besoekers met sy o probeer lok. Maar toe ’n skare die deur skop en skreeu om seks met die mans, was sy angsbevange. Haar pa sou nooit vreemdelinge in sy huis laat verneder nie, nie mans nie. Sy en Rana moes buitentoe om in hul plek verniel en gemoor te word. Haar ma het gegil en probeer keer. Wat presies gebeur het, weet sy nie. Toe sy haar weer kom kry, was hulle aan die hardloop. Haar ma voor en sy en Rana en haar pa agterna. En die barsgeluid van klei op klip. Of was dit donderweer?

Dis toe dat haar ma versteen, die potskerwe by haar voete.

Daar’s ’n stuk pyn wat ’n glimlag word oor dit so seer is dat jy nie meer die verskil agterkom nie. Want warm sand en sout kan kleef en brand, wt brand, skn brand. Uit alle rigtings het dit gekom en ’n sluier oor haar ma gegooi; haar lyf die bruid vir elke god van die aarde.

En hulle, die ongenooide bruilofsgaste, uitgewerp in die duisternis.

Donker het hulle in Soar aangekom. Vroegdag is hulle verjaag. Berge toe. Die stilte in — daardie ongoddelike, misvormde stilte. Net Rana wat torring.

Uiteindelik het Kari ingestem. Smart is skaamteloos; so ook haat en die stuk gat waar jou hart moet wees. Maar Rana se plan was prakties, gerig op oorlewing: g’n man sou hulle wou h. Hulle kort kinders om vir hulle te sorg, seunskinders. Sy moes hul pa dronk maak en met hom speel, hrd speel.

En haarself skeur. Terwyl sy beweeg, het sy gehuil. Oor Simron nie saam met haar wou vlug. Oor hy dood was en daar nooit weer vir haar ’n jong man sou wees nie. Oor sy by haar pa moes slaap om haar ma se groei voort te sit.

Watse kwaad stoot in my op? het sy gewonder.

Maande se geswel, afwagting. En toe die sweer uiteindelik wou bars, het sy die pad gevat. Sodom toe. Maar die stad was nie meer nie. Net ’n troostelose see en vlie wat brom en maal bo die stank van sout. Nie eens beendere nie. Alles, lles oorstroom.

Sy het gesien en verstaan: die sand loop in die see en die see is kop in een mus met die hemel.

Maar dis buite haar. Sy het teruggedraai berge toe, waar daar klip is, net rots vir ’n dak en geen see nie. Sy het haar rok geskeur en n die pyn die naelstring afgebind, die lap gefrommel soos ’n roos.

Wat bly, is die bloed.

Jare later, toe die kind groot was, sou Kari ’n pot bekrap. Twee onskuldige prentjies: haar pa se oom en ’n spul sand.

Wat het sy gedink toe sy die pot laat val, toe dit breek
in twee?
Net dt:
Vlak by haar voete l Abram en ver van haar sy god.


  • NELIUS BOSHOFF is ’n navorser by die Sentrum vir Interdissiplinre Studies aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy kortverhaal “Gaasgordyn” het in Party van Ons: Die Homeros Leesboek 2001 verskyn. ’n Eie bundel nader voltooiing. Hy kan by scb@yebo.co.za bereik word.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.