GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

 

Neil Cochrane

Neil Cochrane het in die uitgewerswese studeer. Hy is tans werksaam as junior dosent by die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Naas akademiese artikels skryf hy ook gedigte en kortverhale. Hy beskou skryf as onontbeerlike psigoterapie. Ander liefdes van hom (in geen spesifieke volgorde van belangrikheid nie) sluit in: die Lieder van Schubert, flieks van Pedro Almodovar, melktert, sy chihuahua, Tessa en Jeremy Irons. Sy gunsteling outeurs is Gabriel Garca Mrquez, Frank McCourt, Hemingway en Etienne Leroux.

’n Les in biologie

Neil Cochrane

Die klok kondig die einde van die Duitse periode en die begin van pouse aan. Ek gaan sit by my so-called vriende op die oorvol grasperk. Eintlik verdra ek hulle maar net, omdat die kringetjie wat hulle om my vorm, ’n mate van beskerming bied. Hulle is in elk geval almal besig om huiswerk af te skryf. Ek luister maar na die jongste skindernuus van die groepie langsaan. Dik Tina het nog vyf kilo’s vetter geword, juffrou Swanepoel is blykbaar al weer pregnant, meneer Lategan het permanent ’n horing in die houtwerkklas, en daardie nerd moet regtig iets aan sy zits begin doen. Bla, bla, bla 

Die lekkerste skinder is biologiese skinder, want dit is s deel van iemand anders se lyf, s iemand anders se probleem. Ek probeer myself onsigbaar hou, sodat niemand van my moet skinder nie. Tog voel dit asof almal van my geheim weet. Soms verbeel ek my dat bo “Akademies en Kultuur” nog ’n balkie op my kleurbaadjie aangewerk is wat s “Homoseksueel”.

Almal lyk so happy-go-lucky. Hul grootste bekommernis is hoe om hulle dors te les. Wat sal dit vandag wees: Coke, Sprite, Fanta of kraanwater? Hulle raak nie soos ek uitgefreak deur testosteroonvlakke en chromosoomstringe nie en soek nie heeltyd vir oorsake nie. En as ek sou weet wat die oorsaak is, sal dit makliker wees?

Miskien moet ek net aanvaar dat my yskas volgepak staan met blikke en blikke Coke. Die bekende smaak wat ek sedert my kinderjare ken. Ek sal nooit ’n sip van die vroulike geslag kan vat nie. Selfs al proe dit soos Franse champagne of bubblegum milkshake. Borste, vaginas en ’n sagte vel doen dit nie vir my nie. Daarom bly ek clueless waarom seuns en meisies oor mekaar kan jags raak. Is daar iets anders in hulle bloed? Kyk hulle te veel Days of our Lives of The Bold and the Beautiful? Ek sal nog duisende oorsake kan uitdink waarom party mense straight en ander gay is. Miskien het dit alles met stres te doen. Daar was al dokters wat ges het dat stres in die verwagtende moeders kan lei tot die geboorte van moffiebabas. Dalk het al die moeders van straight mense vir nege maande lank Valiums gesuip of iewers op Mauritius ’n break gaan vat.

My ma was redelik gestres toe sy my verwag het. Pa het nagskof gewerk en sy moes alleen na my kolieksussie kyk. Moet ek haar dan blameer, omdat sy nie kon relax nie? Ag, fok, ek weet ook nie meer nie. Ons behandel nie die oorsake van homoseksualiteit in seksopvoeding nie. Niemand s vir jou hoe jy daarmee moet deal nie, want moffies bestaan mos nie binne die vier mure van Horskool Jakaranda nie.

Ek is byna klaar met skool. Nog net ’n paar maande. Gisteraand het ek in my dagboek geskryf: “Ek is Waldo Malan en gay, I am Waldo Malan and gay, Ich bin Waldo Malan und gay.” Ek weet net nie lekker van die Sotho nie. Vanoggend het ek DJ Dube oor die radio hoor s: “To be homosexual is totally unafrican.” Dan trek Eskimo’s seker ook nie draad nie.

Al skryf ek die sinnetjie “Ek is gay” ’n duisend keer oor en s dit soos ’n spelrel op, sukkel ek soms met myself. As die hele wreld jou haat, hoe kan jy vir jouself lief wees? Daardie song van Amanda Strydom s mos: “As almal jou stank noem, begin jy ook later stink.” So ’n jaar terug het ek probeer om alles wat ek nie verstaan nie, uit te kots. Ek het agt van my ma se skildklierpille gedrink. Die dokter het vir my slegte goed gegee om te drink saam met ’n geel emmertjie. Toe ek by die hospitaal kom, was die emmertjie vol. ’n Maagspoeling was nie eers nodig nie. Ek het besef dat jy nie jou probleme kan uitkots nie, maar daarmee moet deal.

Ek cope darem op ’n manier. Solank ek my Prozac elke oggend sluk en die shrink elke week sien. Sy is nice en baie beter as daardie student by psigiatrie wat vir my ges het: “In the beginning God created Adam and Eve, not Adam and Steve. Jy gaan net deur ’n fase.” Asshole. Ek onthou hoe hy sy vingers kitaar oor my lyf laat speel het. Soort soek soort. Jy hoef nie medies te swot om dit te weet nie.

Dit is erg tussen die 1 199 “normales” in hierdie gestig, maar ek weet dat daar binne hierdie vier heinings ander is. Die LO-meneer wat loer hoe die rugbyseuns uittrek, die geografie-juffrou met die spikey hare, die ongetroude koorafrigter, en dan is daar Johan.

Daar sit hy op die saaltrappe saam met die terte: Lisa, Mary-Ann en Monique. Hulle is Horskool Jakaranda se grootste celebs. Almal skinder oor hulle, maar hulle voel ’n veer. Hulle is die sondebokke vir die gewete van ’n hele horskool. Ek wens ek kon meer soos Johan wees, want met al sy gegil lyk dit of hy deur sy dae kom. Anders as ek wat tob, lees, bid en swyg. Maar tog lyk dit soms of Johan iets baie seers probeer wegsteek met al sy geflaf.

Die skielike lui van die klok ruk my terug na die werklikheid. Vaarwel chips en doughnut, welkom sternum en patella. Ek stap stadig na K34: die laboratorium van mej Know-it-all.’n Dubbelperiode van menslike anatomie is die laaste ding waarvoor ek nou lus is. Buitendien is my huiswerk al weer nie gedoen nie. Waarom het ek ooit biologie gevat? Gelukkig is dit oor twee dae wintervakansie.

Die laboratorium ruik na bottels gif met kopbene op. Op die bottels staan in groot rooi letters: Wees versigtig! Caution! Alles is dood in hierdie klas. Opgeswelde fetusse, oopgespalkte rotte en skoenlappers wat nooit weer sal vlieg nie. Ek wens ek kon die volgende uur lank ook in ’n ongebore skaap verander. Die ander graad 12’s praat aanmekaar oor die matriekafskeid, al is dit eers oor drie maande. Wie gaan ek vra? Seker maar vir Claudette wat lyk asof sy al jare lank ’n sekretaresse in die een of ander staatsdepartement is. Die meisies s sy dra net Royal Secret na LO. Is sy ook so gebore?

Juffrou Bester is besig om aantekeninge op die bord te skryf. Sy het ’n helderkleurige blommetjiesrok met ’n lae hals aan. Haar parfuum trek in my neusgate op. Die seuns koek permanent om haar tafel met die een of ander “probleem” met hierdie skets of daardie proef. Hulle doen dit aspris sodat hulle voor by hulle rok kan inloer, want teen di tyd weet elke Jan en Koos dat sy nie lief is om bra’s te dra nie. Sy is omtrent elke matriekseun se draadtrekdroom, maar met haar twee groot voortande laat sy my eerder aan ’n knaagdiertjie dink.

Almal dink die son skyn uit haar gat. Juffrou Bester het ’n vinger in elke pie. Jeugleier van die ACSV, afrigter van die eerste netbalspan, organiseerder van jeugweerbaarheidskampe und so weiter. Haar rol as hoofbeoordelaar van die jaarlikse Mejuffrou en Meneer Jakaranda l haar veral na aan die hart. Sy besluit watter meisie het die mooiste bene en watter outjie die beste gat. Sy s wie is ware Afrikanerjeug en wie is biologies gefok. Hitler moes vir hr ’n job gegee het.

Juffrou Bester haat kinders wat anders is, want dit gooi haar idees van geen en gameet deurmekaar. Byna elke dag gaan sy af oor hoe siek moffies is. Johan het haar eenkeer geklap toe sy hom ’n frats genoem het. Dit was ’n moerse storie, maar sy het obviously niks oorgekom nie.

Sy beveel ons om gister se huiswerk uit te haal. “Waldo, het jy jou huiswerk gedoen?” Ek ruk soos ek skrik. My keel voel droog. “Moenie net daar sit nie. Het jy of het jy nie?” vra sy gerriteerd.

“Nee, Juffrou, ek het nie,” antwoord ek traag.

Sy verskree my in haar piepstem: “Ag so, jy kan goeie punte kry in elke ander vak, maar in myne weier jy om huiswerk te doen? As jy dink jy vermaak my, maak jy ’n fout. Jy benadeel net jouself.” Ek kyk haar vol in haar kraalogies en sien haar tandjies flits. “Ek kan nie verstaan wat jou probleem is nie. Biologie is ’n vak waar alles tog afhang van logiese verbande.” Sy gee ’n suggie en piep voort: “Dit is tog nie moeilik nie, want daar is nie plek vir skakerings van grys nie. Biologie is swart of wit!” Eager beaver, verstaan ook niks. Die enigste manier om myself teen haar te beskerm, is om nie haar huiswerk te doen nie. Hoe kry ek dt in haar fokken kop!


Dit is stil in die biblioteek. Hier en daar is ’n ou tannie besig om deur liefdesverhale te snuffel. ’n Omie kyk na prentjies van rose. ’n Vrou lees vir ’n groepie kinders voor uit die sprokies van Hans Christian Andersen: “Lank, lank gelede was daar ’n keiser wat baie lief was vir nuwe klere. Hy het al sy geld op nuwe klere gespandeer en vir niks anders omgegee nie. Vir elke uur van die dag het hy ’n ander kostuum gehad.” Ek luister nie verder nie, want ek weet hoe die sprokie eindig.

Iewers moet daar tog seker antwoorde wees tussen al hierdie boeke: Abnormal psychology, Human sexual behavior, Die manlike homoseksueel, Homosexuality in context. Ek is te skaam om die boeke uit te neem; dus sit ek maar liewer hier. My plek in die verste hokkie is gelukkig nog oop. Psychological aspects, social dynamics en biologiese verklarings. Ek blaai verder. Wisselende breingroottes, hormonale wanbalanse, genetiese stoornisse en stres in die verwagtende moeder. Eintlik het ek nie ’n clue wat hulle probeer s nie.

In een boek is daar horrible foto’s van hermafrodiete, gevalle van Klinefelter-sindroom en ander genetiese fratse. Hulle gesigte is toegesmeer met pikswart ink. Hulle is maar net prentjies in ’n boek wat so hard probeer om moffies te verstaan. Ek sleep ’n ander boekie nader: Seksopvoeding vir tieners: Maatstawwe ter voorkoming van homoseksualiteit en pedofilie. Dan is daar selfs ’n boek wat sal keer dat jy gay of ’n vroetelpappie word. Wrd enigiemand ooit gay? Dit maak my die moer in dat twee tannietjies op ’n dag besluit het dat gays en pedofiele hoort in dieselfde boek. Kiddies doen dit verseker nie vir my nie. Ek gooi die boekie eenkant neer en loop.


“Biologie is swart of wit,” hoor ek weer vir tandmuis. Yeah right. Almal het ’n eier te l. Almal het die regte antwoorde. Hoeveel eksperimente nog? Hoeveel parende rotte wat ingespuit word met di of daardie hormoon? Ek hoor weer vir ou dominee Van Tonder in die aannemingsklas: “Jong geliefdes in die Here Christus, die Kerk het in beginsel nie ’n probleem met die homoseksueel as ’n persoon nie, maar veroordeel wel die homoseksuele daad.” Ja, Dominee, dit is so goed as om vir Fifi te s: Wees ’n poedel, maar jy mag nie blaf, kwyl, deur jou tong sweet of jou stert swaai nie. Dalk is dit die werk van die duiwel en kraak hy homself vir my. Dalk is dit die gevolg van Eva se sonde.

My kop draai, want ’n klomp stemme praat gelyk: dominees, shrinks, dokters. Ek stap deur die parkie huis toe en voel nes die kaalgatkeiser in Andersen se sprokie. Almal s hulle weet waarom ek gay is, maar hulle lieg net soos almal vir die keiser gelieg het. Elkeen spin net sy eie storie.


Dit is die laaste biologieperiode van die kwartaal. Juffrou Bester het haar maroen kleurbaadjie aan. Onder die wapen staan daar in goue letters: “In u glans”. Vandag wil sy weer vir ons wys dat sy aan ’n Christelike universiteit gestudeer het. Dat sy deur en deur ’n Christen is. Niemand mag twyfel daaraan nie.

Ons is by die laaste deel van die sillabus: die voortplantingstelsel. Juffrou Bester het ons mooi deur die hele liggaam gevat. Spiere, bene, bloetvate, aorta, hart, die endokriene stelsel, hare, naels en vel. Eenkeer het sy vreeslik afgegaan oor mans met borshare en snorre: “Oe, ek hou van ’n man met ’n snor. Meneer Botha het so ’n mooie. Dit lyk vir my so manlik.” Ja, ek hou ook van mans, maar nie van snorre nie.

Sy s dat ons na bladsy 256 van ons handboeke moet blaai. Die twee illustrasies toon die belangrikste skaamdele aan. Fig 8.2 toon die manlike geslagsorgane aan en fig 8.3 die vroulike geslagsorgane. Ek kyk nie eers na fig 8.3 nie, al begin ons eerste daarmee. Ek kyk stip na fig 8.2 en wonder: Hoe voel ’n lewende man se vol? Hoe is dit om sy tong in jou mond te laat dans? Ek wens ek kon asem blaas in die lewelose figuur op bladsy 256. Ek sou die swart buitelyne van sy mond inkleur totdat dit soenbaar is. Vol en vleserig rooi. Net reg vir ’n French kiss.

Juffrou Bester geniet haarself. Sy leef vir haar vak en swaai haar arms wild soos sy die werking van die ovaria verduidelik. “O-va-ri-a,” spreek sy elke klank met oorgawe uit. Sy tuit haar bekkie vir Janus, kaptein van die eerste rugbyspan. Soos altyd vra juffrou Bester of daar enige vrae is. Janus se hand gaan op. “Juffrou, wat het moffies soos daardie Johan?” Hier en daar giggel iemand.

Nou is Bester op haar stukke. “Mense soos hy is abnormaal en siek. Hulle verdien nie om te lewe nie. Hulle walg my. Hlle moes eerder uitgesterf het in plaas van die bloubok of bergkwagga.” Gelukkig is Johan nie hier om te hoor hoe sy afgaan nie. Nie eens ds Van Tonder se beste hel-en-swael-preke is so erg nie.

Ek voel asof sy direk met my praat. Ek kyk verward rond en begin ongemaklik rondskuif. Janus en sy pelle sit met smalende gesigte. Hulle geniet elke oomblik. Ander staar haar oopmond aan. Ek kyk vir Claudette. Sy kyk by die venster uit, met geen uitdrukking op haar gesig nie. Haar boetie het twee jaar gelede selfmoord gepleeg. Homself op haar bed doodgeskiet. Almal het ges hy het dit gedoen omdat hy en Johan betrap is, terwyl hulle besig was om te soen. Ek voel ’n skerp pyn deur my maag skiet. Die pyn sit om in woede, omdat ek magteloos is teen haar haat. Janus weet baie goed wat moffies het. Hy was net op soek na ’n cheap thrill. Waarom het ek nie die guts om op te staan teen haar nie?

“In my woonstelblok bly daar juis twee. Wie dink julle is die mannetjie en wie is die vroutjie?” vra sy sarkasties. Weer bars almal uit van die lag. Snaaks genoeg ook die wat Johan gereeld na sy huis nooi. Ek wens ek kon haar bek toeklap. Gelukkig red die klok my. Toe ons uit die klas stap, voel ek hoe Claudette na my kyk. Ek loop vinnig weg, want op hierdie oomblik kan ek haar nie in die o kyk nie.


Die hele vakansie sny Bester se woorde. Ek voel hoe haar fake naels steeds in my ingewande rondkrap, terwyl sy iewers op ’n leierskamp besig is om die leiers van mre te vorm. Die shrink s sy ly aan homofobie: ’n mal vrees vir moffies.

Die shrink s ook dat ek vir my ma-hulle ’n brief moet skryf. ’n Brief om te s dat hul enigste seun gay is. Die hele vakansie werk ek aan die brief. Skryf dit oor en oor. Ek gaan gooi die probeerslae in die buite-asblik. Dit voel soms of ek wil huil van frustrasie. Wat s jy nou eintlik? Hoe verduidelik jy dat dit nie ’n keuse is nie? Ek weet nie, maar miskien is die belangrikste om dit net te s 

Beste Ma en Pa

Eerstens wil ek net s dat ek baie bly is dat julle my ouers is. Julle is ouers om op trots te wees. Ek is jammer dat ek hierdie brief moet skryf, maar ek dink dit is onregverdig teenoor julle en teenoor myself om dit langer weg te steek. Ek is gay.

Die afgelope paar jaar was dinge baie moeilik vir my. Die rede waarom ek probeer selfmoord pleeg het, was nie omdat ek ’n deurmekaar tiener is nie, maar omdat ek nie meer geweet het hoe om almal tevrede te hou nie.

By die skool is daar ’n juffrou wat my lewe elke dag hel maak, omdat sy mense soos ek haat. En sy is nie die enigste een nie. Ek wil net h julle moet weet dat julle nooit iets verkeerd gedoen het nie. Ek is nou maar so en daar is niks wat enigiemand kan doen om dit te verander nie. Meisies doen dit net nie vir my nie.

Onthou, ek bly nog steeds net Waldo. Ek bly nog net dieselfde mens wat julle al agtien jaar lank ken. Ek het julle steeds baie lief. Niks sal dit ooit verander nie.

Moet asseblief nie nou vir Ouma-hulle iets s nie. Dit is dalk beter as hulle nie weet nie.

Julle seun

Waldo

Ek het dit nou geskryf, maar het nog nie die moed om dit vir hulle te gee nie. Miskien later.

Ek haat saalbyeenkomste. Gelukkig sit die matrieks op stoele agter in die saal. Nog ’n kwartaal van klokke, luidsprekers en samesang. Ek sien al die hele oggend op teen die derde periode: biologie by tandemuis. Ek het haar nog nie met ’n oog gesien nie. Gewoonlik lei sy die voorsang, maar vanoggend doen die huishoudkundejuffrou dit. Terwyl almal traag aan Gesang 5 voortsing, soek ek na Bester, maar sien haar glad nie op die verhoog sit nie. My hart klop woes, ek hoop sy is afwesig! Ek hoop sy het van ’n krans afgeval en l iewers in traksie. Ek skrik vir my wreedheid. Ons wroeg deur die vaste program van skriflesing en gebed, verslae van presterende sportspanne, administratiewe relings en afkondigings. ’n Bedompige reuk hang oor die skoolsaal.

Iets laat almal egter regop sit. Die skoolhoof stel ’n nuwe onderwyser aan ons voor. “Ons heet graag vir meneer Minnaar baie welkom hier by Horskool Jakaranda. Meneer Minnaar gaan vir die graad 10’s, 11’s en 12’s biologie aanbied in die plek van juffrou Bester, wat ons ongelukkig om persoonlike redes moes verlaat. Meneer Minnaar, ons is bly om u aan boord van ons skip te h.” ’n Gefluister trek soos ’n Mexican wave deur die saal.


Die volgende paar dae praat almal daarvan: juffrou Bester wat wydsbeen oor Janus se fris bobene sit. Vorentoe en agtertoe soos ’n bloeddorstige muskietwyfie. Janus het besluit om matriek deur Damelin te doen. Daar sou later ook ’n hofsaak wees. Die storie loop net ’n week, want oor ’n maand is dit rekordeksamen, oor drie is dit eindeksamen en iewers tussenin is die matriekafskeid. Ek het nie gedink Jakaranda sou haar so gou vergeet nie; of dalk w hulle van haar vergeet. Jakaranda se reputasie was op die spel.

Die volgende Maandag toe ek by die skool kom, hardloop die storie weer, want almal kan die spuitverf teen die hoofingang sien. Horskool Jakaranda het oor die naweek ’n nuwe naam gekry: Hoerskool Jagsrand met Bester on top. Almal s dit is die handewerk van Johan en die terte.

Die laboratorium lyk ook anders. Daar is oral groot plakkate. Leonardo da Vinci se bydrae tot die menslike anatomie, ’n klomp dolfyne wat in die lug rondspring en twee pandabere wat met mekaar speel. Ek sien nie meer bottels alkohol en chloroform rondstaan nie. In plek van die fetusse is groot varings, stekelrige kaktusse en potjies vetplante. Mr Bones staan nie meer agter my nie, maar ’n tenk met baie visse. Alles skree van uitbundige lewe.

Ons o ontmoet kort-kort. Dit is asof ek al die antwoorde in sy o kan lees sonder om bang te wees. Vir die eerste keer in ’n baie lang tyd steek ek my hand op om vrae te beantwoord. In die middae gaan ek nie meer biblioteek toe nie, maar teken my sketse oor en oor. Ons skryf elke periode ’n klastoets waarvoor ek elke keer volpunte kry. Die figuur op bladsy 265 bly net ’n figuur soos enige ander, want elke biologieperiode staan ’n lewende skets voor my. Die laaste skooldae vlieg verby.

Uiteindelik breek die matriekafskeid aan. Ek gaan saam met Claudette. Eintlik gaan ek net omdat ek haar nie wou drop nie. Niemand anders wou saam met haar gaan nie.

Ek sien hom by die opskeptafels staan. Hy het alleen gekom. Dit is asof hy nie inpas tussen hierdie spul nie. Ek weet nie hoe ek en Claudette saam met Johan en die terte aan een tafel beland het nie. Ek sien hoe hulle onderlangs vir Claudette lag. Sy het haar swart aannemingsrok matriekafskeid toe aangetrek.

“Het julle meneer Minnaar se cute boudjies gesien?” vra Johan vir Mary-Ann.

“Los hom uit, jou mof, hy sal tog nie vir jou gaan nie. Meneer Lategan is in any case sexier,” antwoord sy beterweterig. Claudette se wange word nog rooier. “Hy het sulke regte boetie-maak-vir baba-bang-o. Ag fok, ek moes ook biol gevat het,” haak Lisa af. Claudette begin iets babbel van ’n sekretarile diploma wat sy volgende jaar wil gaan doen. Haar pa het ges dat hy vir haar ’n rekenaar sal koop. Ek moet toilet toe gaan.

Dit is stil in die kleedkamer. Ek is gatvol. Die toesprake en bedankings moet nog gedoen word. Agter die toiletdeur het iemand geskryf: “Where has all the good men gone?” Terwyl ek my hande was, dink ek hoe universiteit volgende jaar gaan wees. Skielik hoor ek die skarniere van die kleedkamerdeur kraak. Toe ek omdraai, kyk ek vas in twee oases.

“Hi, Waldo. Geniet jy die matriekafskeid?”

“Ja, Meneer, dis oukei,” lieg ek.

“Ek hoop jy gaan vir Claudette vir ’n dans vra,” skimp hy met ’n effense glimlag.

“Ek sal seker, Meneer,” antwoord ek onseker. Hy gaan staan by die krip. Ek hoor hoe sy ritssluiter oopgaan. Hy draai sy kop skuins na my. “Sterkte vir die eksamen, Waldo. En onthou, nie alle antwoorde is in handboeke nie. Soms kry jy antwoorde waar jy dit die minste verwag.”


Drie weke n die matriekafskeid begin die eindeksamen. Ek skryf eerste biologie. Ons kry die oog om te teken. Ek dink aan sy twee helderbloues en teken die perfekte oog, voorsien van al die regte byskrifte. Juffrou Bester is vandag gevonnis. Drie jaar opgeskort vir drie jaar. Sy mag nooit weer ’n onderwyser wees nie en sy moet ’n shrink gaan sien. Die kinders s haar woonstel staan leeg.

Die res van die eksamen s ek Goethe en Rilke vir die vols op, vertel ek vir James Dean oor en oor die oorsake van die Tweede Wreldoorlog. Paulina is al moeg om te hoor van die Groepsgebiedewet, Sharpeville en die Soweto-onluste. Sy s ek hou haar uit die werk.

Elke uur vat ek ’n break. Luister na twee songs van die Beach Boys en swot verder. Ek is seker die enigste kandidaat wat nog na hulle luister, maar hulle laat my altyd dink aan ’n moerse goeie tyd wat nie meer is nie. Ek oorleef die eindeksamen op die ritme van “Help me, Rhonda”, “Don’t worry, baby” en “When I grow up (to be a man)”.


Dit is vroeg Januarie. Die lang gewag op my uitslae is verby. Ek het die stukkie papier vanoggend by die skool gaan haal. Ek het gehoor ons almal het dit gemaak. Ook Johan en die terte.

Di keer hoef ek darem nie weer ’n Ek-is-gay-brief vir Ma en Pa te gee nie. Hulle was nogal geskok oor my uit-die-kas-vallery. Die hele vakansie by Umhlanga was maar ongemaklik. Ma het natuurlik haarself blameer en was heeltyd bekommerd oor Ouma. “Ons s net niks vir jou ouma nie. Sy sal my nooit vergewe nie.” Pa het dae lank niks ges nie, maar byna ontplof toe Ma weer aanhou oor ’n moontlike familieskandaal. “Ag, God man, wat maak dit saak as die hele donnerse wreld weet? Wil jy nie jou seun vir ’n slag gelukkig sien nie!” Eintlik is my pa glad nie so ’n bad ou nie.

“Jou uitslae lyk goed, seun. Veral die A in biologie. Lyk my daardie nuwe meneer het jou bietjie onder sy vlerk geneem.”

Ja, Pa, jy sal nooit weet nie. Ook nie van meneer Minnaar se besoek die volgende dag nie. Sy rooi Alfa Spider het die gewroeg van vyf jaar in ’n stofwolk laat verdwyn. Ons het oor Voortrekkersnek gery en Horskool Jakaranda het soos kryt uit ’n borduitver weggetrek.

Eers toe sou my ware les in biologie aanbreek.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.